Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skuilname en 'n voorbarige nuweling
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63573 is 'n antwoord op boodskap #63377] Wo, 12 Junie 2002 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Wed, 12 Jun 2002 20:32:50 GMT, nospam@at.all (Ferdi Greyling) wrote:

> On Wed, 12 Jun 2002 11:50:32 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> > Hierdie berig van jou is om 12.04 afgelaai, en dit is nog nie eers 11:50
>> nie.
>> Kan/mag/wil jy jou horlosietjie regstel?
>> Annette>
>
>
> I rest my case. Tipies die soort pos van die nuusgroep. Sy/Hy dink
> waarskynlik dis 'n skerp opmerking of iets.
>
> So reageer hulle op omtrent enige onderwerp - behalwe rassistiese
> opmerkings wat swrtmense in 'n slegte lig stel. Dan raak hulle meer
> openhartig.
>
> Ook nie voluit rassisme nie. Dis nie dat hulle iets teen rassisme het
> nie (rassisme beteken vir hulle swartmense word beledig - hulle weet
> nog nie van enige ander soort nie, laat staan nog dat die een vorm die
> deure oopmaak vir die ander vorm ). maar hulle het baie teen die
> ongebrydelde uitrukking daarvan.
>> .......
> Wanneer iemand dan op (vir hulle) aanvaarde wyse rassisme besig (sien
> die thread oor Peter Mokaba se dood), dan begin hulle twitter soos 'n
> klomp vinke in 'n boom.

Ek het ook iets opgemerk hier wat ek eers nie as rassisme wou sien
nie, maar nou kliek ek. Wouter Sadie haat die rookwet omdat 'n swart
vrou wat nie te goed is op die "PR" front nie, dit ingebring het. Hy
haar Dr Zuma en nou haat hy die rookwet en sommer almal wat iets goed
daarin sien.

Ek wonder wat Sadie se gevoel is oor die regering se buitelandse
beleid. Ek wonder ook of 'n mens sy gevoel daaroor kjan manipuleer
deur verskillende persoonlikhede daaragter te sit. So ietsie soos 'n
Sci-Fi "mind game".

Hmmm. laat ek daaraan werk.

Johan Bornman
Re: Vir Ferdi [boodskap #63574 is 'n antwoord op boodskap #63559] Wo, 12 Junie 2002 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

Bang Hielda en skaam Annet kla ooor anner mense se spelling en en lag
soos kinders wat 'n oumatjie haar valstande sien uitval in die
straat...

As julle twee nie nou ophou om spellling te krietiseur nie, gooi ek
julle in Ferdi se G4 groep met Wouter aan bewind.

Of val spelling nou ook onder Sadie se Kubermanierewet 3.21 van 2002
soos gewysig?

Johan Bornman
Re: Vir Ferdi [boodskap #63577 is 'n antwoord op boodskap #63574] Wo, 12 Junie 2002 17:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanaticondotcodotza wrote:

> Of val spelling nou ook onder Sadie se Kubermanierewet 3.21 van 2002
> soos gewysig?

Ek weet nie wat Wouter die Plaasvark
oor die kwessie van spelling sal sê
nie, want sover ek kan onthou het hy
al vir Tant Hessie oor die vingers
getik omdat Tant Hessie so daarop staan
dat, sover as wat dit moontlik is, daar
tog aandag gegee moet word aan die
spelling van Afrikaanse woorde.
Tant Hessie reken dat spelling wel
soveel as moontlik gerespekteer moet word
op hierdie nuusgroep. As jy nou met Tant
Hessie wil argumenteer, gaan voort. Maar
doen dit tog maar in keurig-gespelde
Afrikaans. Anders sal Tannie vir jou wys
waar dawid die wortels gegrawe het.
(Dawied = Khoi vir wortel.)

Tant Hessie van die Derde Taalbeweging.
Re: Vir ferdi [boodskap #63579 is 'n antwoord op boodskap #63551] Wo, 12 Junie 2002 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark"
Ons kan sommer CV's ook ruil as jy wil, stuur gerus joune saam
:-)
---
Die vark het weer in die messelaai geslaap ......
---
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63580 is 'n antwoord op boodskap #63546] Wo, 12 Junie 2002 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 12 Jun 2002 10:04:23 GMT, nospam@at.all (Ferdi Greyling) wrote:

>
> Dan is daar een of twee ander by wat bydraes maak van uitstekende
> kwalieteit - eintlik ge-"waste" op die groep.
>

Ou Ferdi, ek loer weer vanaand hier in
en jou waarlik waar, 'n kompliment van
jou af! Dis werklik 'n verassing want
nooit het ek verwag dat jy my ooit sou
komplimenteer nie!!!

Pssst... jou spelling is steeds van
swak kwalieteit:-)))

DD
Spelling [boodskap #63581 is 'n antwoord op boodskap #63577] Wo, 12 Junie 2002 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Tant Hessie
Ek weet nie wat Wouter die Plaasvark
oor die kwessie van spelling sal sê
nie, want sover ek kan onthou het hy
al vir Tant Hessie oor die vingers
getik omdat Tant Hessie so daarop staan
dat, sover as wat dit moontlik is, daar
tog aandag gegee moet word aan die
spelling van Afrikaanse woorde.

Wouter
Nee, dit was nie ek nie. Ek het wel al 'n paar van jou
taalfoute uitgewys. :-)
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63583 is 'n antwoord op boodskap #63545] Wo, 12 Junie 2002 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 12 Jun 2002 11:50:32 +0200, "Annette" wrote:

> Ferdi, hoekom skryf jy so die toekoms in?
> Hierdie berig van jou is om 12.04 afgelaai, en dit is nog nie eers 11:50
> nie.
> Kan/mag/wil jy jou horlosietjie regstel?
> Annette>

I rest my case. Tipies die soort pos van die nuusgroep. Sy/Hy dink
waarskynlik dis 'n skerp opmerking of iets.

So reageer hulle op omtrent enige onderwerp - behalwe rassistiese
opmerkings wat swrtmense in 'n slegte lig stel. Dan raak hulle meer
openhartig.

Ook nie voluit rassisme nie. Dis nie dat hulle iets teen rassisme het
nie (rassisme beteken vir hulle swartmense word beledig - hulle weet
nog nie van enige ander soort nie, laat staan nog dat die een vorm die
deure oopmaak vir die ander vorm ). maar hulle het baie teen die
ongebrydelde uitrukking daarvan.

Mens moet wollerig praat, sien, vol hints en bybedoelings - die
middelklas Afrikaanse manier. Reguit praat is swak maniere vir hulle.

Wanneer iemand dan op (vir hulle) aanvaarde wyse rassisme besig (sien
die thread oor Peter Mokaba se dood), dan begin hulle twitter soos 'n
klomp vinke in 'n boom.

Dan se hulle dinge ---- en dank die sterre vir hul skuilname.

Die ander twee reaksies is of die doodskreeu - bv. die skreeusnaakse
"wie is jy, nuweling om....bla bla" of die beroep op "maniere" ens.
of die soort reaksie wat jy hierbo sien.

Dowwe gemeenplasigheid.as intellektuele reaksie.

("Haaai! Ja, en toe?? En waar nou??? Daai dominee is darem sooooo
oulik! Nee! Ek sit maar hier!!! Maar waar kom jy vandaan!?? Haai,
oeee!! Jaaaaa..... natuurlik my dier.....dit is so, ne???" ---
en so aan tot opgooi toe. Woorde in plaas van denke. )
Re: Vir Ferdi [boodskap #63585 is 'n antwoord op boodskap #63551] Wo, 12 Junie 2002 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 12 Jun 2002 13:22:58 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Ferdi
> Maar dis interresant wie hy is.
> Wouter Sadie van Stellenbosch, he?
>
> Wouter
> Jammer Ferdi, maar ek is Wouter Plaasvark, dis jou nuutgevonde
> vriend Johan Boorman wat jou mislei het met sy pragtige
> kubermaniere toe hy my daardie woorde in die mond gelê het.
>
> Maar terwyl jy nou so graag wil weet wat my van is, vra my by
> plaa...@metroweb.co.za Dis nie 'n geheim nie, was nog nooit
> nie. Ons kan sommer CV's ook ruil as jy wil, stuur gerus joune saam :-)
>
> Hier is en bly ek die Plaasvark, en trots daarop.

My naam het ek vir jou hier in die NG gese.

Se jou naam hier in die nuusgroep.
Re: Vir Ferdi [boodskap #63586 is 'n antwoord op boodskap #63566] Wo, 12 Junie 2002 21:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 12 Jun 2002 16:30:41 +0200, "Annette" wrote:

> :))))) Gawe gedagte - maar dit sal alle jongetjies uitskakel, want vandag se
> kinders kan mos nie spel nie:)
> Annette>

Begin jou sinne met 'n hoofletter en eindig dit met 'n punt.

En hou op om daai irriterende klomp tekens agter jou sinne te tik. Dis
die NG-weergawe van vliee"nde eende teen die muur.
Re: Skuilname ? [boodskap #63587 is 'n antwoord op boodskap #63580] Wo, 12 Junie 2002 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hierby my wellig slegs 2cts gedagtes:

Maak dit werklik saak onder watter naam enig iemand
pos? Ook my egte naam is nie 'n geheimpie nie.
Ek verspry my eie naam nooit op NG's nie nadat
"mense" my op my eige huis adres skriftelik het
bedryg en my allervriendelikst hel en verdoemenis
het toegewens en nie slegs ek ook my vrou
en kinders.
Gaan dit nie op die NG's om met mekander te bakkely
- moonlik beleefd - Dit maak vir my nie 'n saak
nie wie of watter persoon skryf.
Agtergronde van 'n persoon het my interesse nie, sy tuin,
sy vrou, sy vakansie foto's en andere goeters op 'n persoonlike
pagina maak geen saak - dit gaan oor ar-gu-men-te onderling
tusse die NG deelnemers.
AI ! stel jou tog voor onse Herbertjie se tuisblad
lankdurig te sal moet bekyk (nie beledigend bedoel nie, slegs
'n voorbeeld)
(Ag - by die weg - proos Annette!)
Patrick
Re: Vir Ferdi [boodskap #63588 is 'n antwoord op boodskap #63566] Wo, 12 Junie 2002 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ni almal van ons nie.

"Annette" skryf in boodskap news:ae7mgg$4n1ng$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> :))))) Gawe gedagte - maar dit sal alle jongetjies uitskakel, want vandag se
> kinders kan mos nie spel nie:)
> Annette
>
> "Hilda" wrote in message
> news:nMHN8.29210$ud.3808@afrodite.telenet-ops.be...
>> Hy/sy moet seker "interessant" met een "r" skryf :-)).
>> Hilda.
>> "Annette" schreef in bericht
>> news:ae7eml$4kb2e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Nou watse pedigree moet mens nou eintlik hê om hier te kan deelneem ,
>>> behalwe om in Afrikaans te kan skryf of dit te verstaan?:)
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>> news:3d072f06.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Ferdi
>>>> Maar dis interresant wie hy is.
>>>> Wouter Sadie van Stellenbosch, he?
>>
>
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63589 is 'n antwoord op boodskap #63572] Wo, 12 Junie 2002 21:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:3d077e67.1208938@news.icon.co.za...

> Voor ek daai een antwoord en instem on deel te neem, wie skryf hier,
> jy of Bobbie. Nou dat ek daaroor dink was Me of was Bobbie die girl?
>
Maar Johan, jy tref my as 'n redelik intelligente man... werk dit nou vir
jouself uit. Kyk mooi na die naampie wat ek gekies het (met goeie rede!) en
werk self uit of dit me of Bobby is wat skryf. Die geslag sal jy ook maar
vir jouself moet uitwerk - kyk maar na al die gebrabbel wat ek pos. En as
jy nou rêrig belangstel, sal ek vir jou my rêrige naam gee...
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63590 is 'n antwoord op boodskap #63447] Wo, 12 Junie 2002 22:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Jammer ek onderbreek `n persoonlike debat. Hierdie argief, waar en hoe kry
ek inligting daaruit? Nou met die eksamen kry ek selde tyd om die NG te
volg en al laai ek 600 plasings af is daar steeds `n paar wat ek mis.
Terug by die debat. Johan Bornman vertel ons `n bietjie van jouselwers of
is dit jou "skuilnaam"? Daar was so paar jaar voor my `n Johan Bornman op
skool, die dat ek wonder.

> Wouter
> Basiese netiket vereis dat as jy 'n nuwe groep of poslys betree, dan
> kyk jy eers hoe dinge daar gedoen word. Jy loer tot jy die gevoel
> van die plek het. As jy vinniger wil uitvind hoe dinge werk, dan vra
> jy of en waar die argief is en jy gaan lees daar. Daarom voel ek dis
> reg en nodig om jou daarop te wys dat jou kubermaniere stink. Met
> dié agtergrond antwoord ek graag jou vrae.
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63592 is 'n antwoord op boodskap #63589] Wo, 12 Junie 2002 23:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

me & bobby magee wrote:

Kyk mooi na die naampie wat ek gekies het (met goeie rede!) en
> werk self uit of dit me of Bobby is wat skryf. Die geslag sal jy ook maar
> vir jouself moet uitwerk - kyk maar na al die gebrabbel wat ek pos. En as
> jy nou rêrig belangstel, sal ek vir jou my rêrige naam gee...

Weet jy, jy maak my nou nog meer deurmekaar
oor watter geslag jy eintlik is. Ek opereer
altyd onder die aanname dat jy 'n man is. Maar,
Bobby Magee in die song is 'n vroumens. En
as ek nou die stukkie hierbo lees, dan voel
dit vir my jy wil aandui jy is 'n vroumens,
deur die gebruik van die woord "naampie" en
die feit dat jy aandui dat jou skrywery 'n
gebrabbel is. (Ek dink nie jou poste is
meestal 'n gebrabbel nie.) So, vir eens en
vir altyd, is jy 'n man of 'n vrou?

Gloudina
Re: Skuilname ? [boodskap #63595 is 'n antwoord op boodskap #63587] Do, 13 Junie 2002 04:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Tjorts L&P!:)))))
Annette

"L&P" skryf in boodskap news:ant122151bbaM3Mb@camerama.demon.nl...
>
> Hierby my wellig slegs 2cts gedagtes:
>
> Maak dit werklik saak onder watter naam enig iemand
> pos? Ook my egte naam is nie 'n geheimpie nie.
> Ek verspry my eie naam nooit op NG's nie nadat
> "mense" my op my eige huis adres skriftelik het
> bedryg en my allervriendelikst hel en verdoemenis
> het toegewens en nie slegs ek ook my vrou
> en kinders.
> Gaan dit nie op die NG's om met mekander te bakkely
> - moonlik beleefd - Dit maak vir my nie 'n saak
> nie wie of watter persoon skryf.
> Agtergronde van 'n persoon het my interesse nie, sy tuin,
> sy vrou, sy vakansie foto's en andere goeters op 'n persoonlike
> pagina maak geen saak - dit gaan oor ar-gu-men-te onderling
> tusse die NG deelnemers.
> AI ! stel jou tog voor onse Herbertjie se tuisblad
> lankdurig te sal moet bekyk (nie beledigend bedoel nie, slegs
> 'n voorbeeld)
> (Ag - by die weg - proos Annette!)
> Patrick
>
Re: Vir Ferdi [boodskap #63596 is 'n antwoord op boodskap #63588] Do, 13 Junie 2002 04:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Laat my dink aan die nuwe manier van praat op RSG as na iemand van de
vroulike geslag verwys word:
Muh ( me)
Asof dit 'n titel is - as iemand op haar naam genoem word, behoort die
deursnee luisteraar af te kan lei daar word van 'n dame gepraat sonder om
haar te muh.
Annette

"johanls" skryf in boodskap news:3d07bb04$0$18848@hades.is.co.za...
> Ni almal van ons nie.
> "Annette" wrote in message
> news:ae7mgg$4n1ng$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> :))))) Gawe gedagte - maar dit sal alle jongetjies uitskakel, want
vandag
> se
>> kinders kan mos nie spel nie:)
>> Annette
>>
>> "Hilda" wrote in message
>> news:nMHN8.29210$ud.3808@afrodite.telenet-ops.be...
>>> Hy/sy moet seker "interessant" met een "r" skryf :-)).
>>> Hilda.
>>> "Annette" schreef in bericht
>>> news:ae7eml$4kb2e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Nou watse pedigree moet mens nou eintlik hê om hier te kan deelneem ,
>>>> behalwe om in Afrikaans te kan skryf of dit te verstaan?:)
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>>> news:3d072f06.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Ferdi
>>>> > Maar dis interresant wie hy is.
>>>> > Wouter Sadie van Stellenbosch, he?
>>>
>>
>
Argief [boodskap #63610 is 'n antwoord op boodskap #63590] Do, 13 Junie 2002 07:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johanls
Hierdie argief, waar en hoe kry ek inligting daaruit?

Wouter
http://groups.google.com/groups?hl=en&group=soc.culture. south-africa.afrikaa
ns
(Oppas, die skakel vou om)

Of, gaan na http://www.google.com/ en klik op advanced search. .
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63615 is 'n antwoord op boodskap #63377] Do, 13 Junie 2002 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
> skryf in boodskap news:3D07D31A.6040407@rogers.com...
>>
>> Weet jy, jy maak my nou nog meer deurmekaar
>> oor watter geslag jy eintlik is. Ek opereer
>> altyd onder die aanname dat jy 'n man is. Maar,
>> Bobby Magee in die song is 'n vroumens. En
>> as ek nou die stukkie hierbo lees, dan voel
>> dit vir my jy wil aandui jy is 'n vroumens,
>> deur die gebruik van die woord "naampie" en
>> die feit dat jy aandui dat jou skrywery 'n
>> gebrabbel is. (Ek dink nie jou poste is
>> meestal 'n gebrabbel nie.) So, vir eens en
>> vir altyd, is jy 'n man of 'n vrou?
>>
>> Gloudina
>>
Aaahhhaaaa! Nou kyk, as ek eers vir Gloudina deurmekaar het, is ek slimmer
as wat ek self gedink het... Nou, Gloudina, ek is 'n ou Nemesis van jou, en
jy weet mos ek is 'n man met 'n perd in Perth! (Maaind joe, ek is in
Brisbane...)

Miskien is dit net my feminisme wat so nou en dan kop uitsteek... en dan
neem die chauvinisme weer somtyds oor. Wees jy nou maar gerus: daar is 'n
Bobby, en daar is 'n Me.
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63616 is 'n antwoord op boodskap #63615] Do, 13 Junie 2002 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
En waars die MacGee? Ons weet nou van Robert en van die "me"...

Bos Akkerloerder

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:dQZN8.11332$Hj3.37233@newsfeeds.bigpond.com...
>
> Miskien is dit net my feminisme wat so nou en dan kop uitsteek... en dan
> neem die chauvinisme weer somtyds oor. Wees jy nou maar gerus: daar is 'n
> Bobby, en daar is 'n Me.
>
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63619 is 'n antwoord op boodskap #63616] Do, 13 Junie 2002 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat? Wanneer het die Skotse aksent bygekom?
Annette

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:ae9r9g$de1$1@news.adamastor.ac.za...
> En waars die MacGee? Ons weet nou van Robert en van die "me"...
>
> Bos Akkerloerder
> "me & bobby magee" wrote in message
> news:dQZN8.11332$Hj3.37233@newsfeeds.bigpond.com...
>>
>> Miskien is dit net my feminisme wat so nou en dan kop uitsteek... en dan
>> neem die chauvinisme weer somtyds oor. Wees jy nou maar gerus: daar is 'n
>> Bobby, en daar is 'n Me.
>>
>
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63626 is 'n antwoord op boodskap #63590] Do, 13 Junie 2002 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Thu, 13 Jun 2002 00:33:30 +0200, "johanls"
wrote:

> Jammer ek onderbreek `n persoonlike debat. Hierdie argief, waar en hoe kry
> ek inligting daaruit? Nou met die eksamen kry ek selde tyd om die NG te
> volg en al laai ek 600 plasings af is daar steeds `n paar wat ek mis.
> Terug by die debat. Johan Bornman vertel ons `n bietjie van jouselwers of
> is dit jou "skuilnaam"? Daar was so paar jaar voor my `n Johan Bornman op
> skool, die dat ek wonder.

Daar was beslis geen persoon saam met my op skool genaamd Johanls nie.

Daar's seker twee Johan Bornmans in SA.

Johan Bornman
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63636 is 'n antwoord op boodskap #63592] Do, 13 Junie 2002 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur:

Gloudina, om jou aan te haal, "I beg to differ". Weet nie
wie hierdie persoon is nie, maar Bobby Magee (McGee) kan n man ook wees.

Janis Joplin

skryf in boodskap news:3D07D31A.6040407@rogers.com...
>
> me & bobby magee wrote:
>
> Kyk mooi na die naampie wat ek gekies het (met goeie rede!) en
>> werk self uit of dit me of Bobby is wat skryf. Die geslag sal jy ook maar
>> vir jouself moet uitwerk - kyk maar na al die gebrabbel wat ek pos. En as
>> jy nou rêrig belangstel, sal ek vir jou my rêrige naam gee...
>
>
> Weet jy, jy maak my nou nog meer deurmekaar
> oor watter geslag jy eintlik is. Ek opereer
> altyd onder die aanname dat jy 'n man is. Maar,
> Bobby Magee in die song is 'n vroumens. En
> as ek nou die stukkie hierbo lees, dan voel
> dit vir my jy wil aandui jy is 'n vroumens,
> deur die gebruik van die woord "naampie" en
> die feit dat jy aandui dat jou skrywery 'n
> gebrabbel is. (Ek dink nie jou poste is
> meestal 'n gebrabbel nie.) So, vir eens en
> vir altyd, is jy 'n man of 'n vrou?
>
> Gloudina
>
Re: Vir ferdi [boodskap #63645 is 'n antwoord op boodskap #63579] Do, 13 Junie 2002 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> "Wouter Plaasvark"
> Ons kan sommer CV's ook ruil as jy wil, stuur gerus joune saam
> :-)
> ---
> Die vark het weer in die messelaai geslaap ......

KinkY: Ja, so skerp soos altyd! :-)
Ek weet van een CV wat n verrassing sal wees!
:-))
Die vark van SCSAA [boodskap #63646 is 'n antwoord op boodskap #63645] Do, 13 Junie 2002 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:

Tobie:
Die vark het weer in die messelaai geslaap ......

KinkY:
Ja, so skerp soos altyd! :-)
Ek weet van een CV wat n verrassing sal wees!
:-))

Katryn:
Dit laat my nou dink aan my eerste "uitval" met die einste vark op
hierdie groep. Ek was VAS oortuig hy was een van Gloudina se
imbongi's of spaais. :-)
Soos ek hom mettertyd beter leer ken het, is dit nou rerig iemand vir
wie my respek net gegroei het. Onnutsig stout soms ( wel, okay -
meestal) - maar ek respekteer sy intellek en inbors.
Ek hoop maar net dat die trolle wat skielik hier ingevaar het, gou
uitgewoed sal raak en verdwyn. Of *DALK* leer hulle iets, en bly aan
- mens weet nooit.
Either way - maak dit sekerlik geen verskil aan die einde van die dag
nie.

En nou gaan ek hier afklim en vir die res van die dag in 'n stoel
opgekrul sit en lekker lees - Jan se boek van Smuts wat hy vir my
gestuur het, het sopas opgedaag!! Yesss....:-)

( o ja - Wouter, jy kan die tjekkie maar sommer in die pos gooi) :-)))
Re: Die vark van SCSAA [boodskap #63650 is 'n antwoord op boodskap #63646] Do, 13 Junie 2002 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Dit laat my nou dink aan my eerste "uitval" met die einste vark op
> hierdie groep. Ek was VAS oortuig hy was een van Gloudina se
> imbongi's of spaais.

Dierbaarheid. As iemand nou hierdie stukkie
sielkundig ontleed, dan sal hy darem tot
baie eienaardige slotsomme moet kom
(a) dat, in die benewelde psige van "katryn,"
Gloudina nie net een individu
is nie, maar 'n hele industrie van
mbongi's (lofswaaiers, neem ek aan
word met die woord bedoel)en spioene.
Dit wys duidelik daar is paranoia
in die mengsel.
(b) dat enige vermeende "mbongi" of
spioen met die grootste versigtigheid
behandel moet word, en liefs aangeval
moet word as eerste maatreël. Dit wys
daar is aggressie in die mengsel.

Tant Hessie Freud.
Sielkundige ontledings [boodskap #63655 is 'n antwoord op boodskap #63650] Do, 13 Junie 2002 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Dierbaarheid. As iemand nou hierdie stukkie
> sielkundig ontleed, dan sal hy darem tot
> baie eienaardige slotsomme moet kom

Nou wie sal nou so simpel ding wil gaan staan en doen?
Re: Die vark van SCSAA [boodskap #63657 is 'n antwoord op boodskap #63646] Do, 13 Junie 2002 22:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Katryn
( o ja - Wouter, jy kan die tjekkie maar sommer in die pos gooi) :-)))

Wouter
Ek sal jou maar weer "in kind" betaal. Dis baie lekkerder ;-)
Re: Vir ferdi [boodskap #63687 is 'n antwoord op boodskap #63645] Vr, 14 Junie 2002 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Jun 2002 11:15:36 -0700, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:

> "Tobie" wrote in message
news:...
>> "Wouter Plaasvark"
>> Ons kan sommer CV's ook ruil as jy wil, stuur gerus joune saam
>> :-)
>> ---
>> Die vark het weer in die messelaai geslaap ......
>
>
> KinkY: Ja, so skerp soos altyd! :-)
> Ek weet van een CV wat n verrassing sal wees!
> :-))

1. Soek julle werk?

2. Of is julle van daardie Afrikaners wat sertifikate wat verwerf is
by instelling as die hoogste goed ag?
Julle weet mos watter tipes, die wat uiteindelik 'n graad kry en dan
dink dit maak hulle beter as ander mense.
Of die wat meer as een graad kry en dan hul menslike status daaraan
heg.

Ek dink die regte Engelse term daarvoor is "pompous arseholes"

Van watter een van die twee is julle?

En dan praat ons nog ook hier van mense wat actually gedink het hulle
het - deur vir 'n jaar gereeld te pos op 'n nuusgroep - die een of
ander besitreg gekry op 'n openbare gesprek rakende openbare dinge -
een wat van 'n gewone gesprek verskil bloot deurdat dit per
telefoonlyn gestuur word.

Sien, hier het ons in elk geval nog 'n illustrasie van die gees van
die Afrikaanse nuusgroep.

"My pa het 'n groot chev. Wat het jou pa, huh?, huh? "
Re: Vir ferdi [boodskap #63717 is 'n antwoord op boodskap #63687] Vr, 14 Junie 2002 15:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi
Of is julle van daardie Afrikaners wat sertifikate wat verwerf
is by instelling as die hoogste goed ag? Julle weet mos
watter tipes, die wat uiteindelik 'n graad kry en dan dink
dit maak hulle beter as ander mense. Of die wat meer as
een graad kry en dan hul menslike status daaraan heg.

Wouter
Daar is net een graad wat die moeite werd is, Ferdi.
Jy kry hom by Die Universiteit van die Lewe en sy naam
is Ondervinding. En 'n paar ander dinge.

Dit leer 'n mens ook om nie oor alles sinies te wees nie
en nie die slegste oor ander mense te aanvaar nie.
Hopelik het jy ook 'n beter sy en sal jy dit eendag vir
ons kan wys, dalk moet jy dit nog ontwikkel?

As jy intussen elders wil raas sal dit 'n hele klomp van
ons glad nie pla nie. Maar dis jou eie keuse. Soos ek
al gesê het, het jy 'n onbetwisbare reg om jou naam
hier by herhaling te kom gat maak.
Re: Vir Wouter die WonderVark [boodskap #63729 is 'n antwoord op boodskap #63717] Vr, 14 Junie 2002 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark"
> Daar is net een graad wat die moeite werd is
---knip---
~~~~~~~~~~~~~~
Wouter, ek is bly dat jy jouself verwerdig het om van jou pêrels
voor jou 'familie' wat in die stad bly, te gooi. Hulle
sal dit in hulle uitwerpsels wegtrap.
--
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63731 is 'n antwoord op boodskap #63626] Vr, 14 Junie 2002 21:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hallo almal wat hier rondhang. Dit is al `n geruime tydjie wat ek
alles wat julle kwytraak volg. Ek het beplan om eers stil in my
hoekie sit en alles en almal mooi opsom, maar toe bars hierdie
ongeskikte mansmens sommer tussenin en ek kan my glad nie meer inhou
nie. So verskoon asseblief dat my eerste posting op hierdie groep kras
klink, maar ek dink dit is al wat die arrogante man van my kant sal
kry.
Johan Bornman, wie dink jy is jy? Jy vra uit na almal se identiteit
en bevraagteken hulle redes vir die gebruik daarvan - maar as jy gevra
word om meer van jouself te vertel, dan ignoreer jy dit met so `n
stupid posting soos hieronder aangehaal. As iemand op jou battery
gepis het, moet dit nie op hierdie groep kom uithaal nie. Plaas lewer
jy `n positiewe bydrae tot die gesprekke wat hier gevoer word of laat
jou intelligensie dit nie toe nie?
Ek kan nie verstaan waarom jy so `n herrie opskop oor die gebruik van
skuilname nie. Ek is seker dat nie een van ons ander wat onder ons
eie name skryf `n probleem daarmee het dat die ander skuilname gebruik
nie. Dit is vir my nogal interessant om te sien hoe dieselfde persone
verskillende identiteite kan handhaaf. Skisofrene? Dit maak hulle nog
nie dom soos jy nie. Bewys vir ons die teendeel deur vir `n slag `n
beskaafde en welopgevoede gesprek te voer.
Groete Chrisjolette Vos (hopelik `n aangenamer "nuweling")

Johan Bornman
> Daar was beslis geen persoon saam met my op skool genaamd Johanls nie.
>
> Daar's seker twee Johan Bornmans in SA.
>
> Johan Bornman
Welkom Chrisjolette! [boodskap #63732 is 'n antwoord op boodskap #63731] Vr, 14 Junie 2002 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Welkom hier in ons malhuis. :-)
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63733 is 'n antwoord op boodskap #63731] Vr, 14 Junie 2002 22:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Chrisjolette wrote:

Dit is al `n geruime tydjie wat ek
> alles wat julle kwytraak volg.

As iemand op jou battery
> gepis het, moet dit nie op hierdie groep kom uithaal nie.

Bewys vir ons die teendeel deur vir `n slag `n
> beskaafde en welopgevoede gesprek te voer.

> Groete Chrisjolette Vos (hopelik `n aangenamer "nuweling")

Nou, Chrisjolettatjie, soos jy seker weet
sal jy onder Tant Hessie se vlymskerp oë
en tong moet deurloop, om te sien van watter
stoffasie jy gemaak is.
Tant Hessie se eerste indrukke van jou is
nie baie positief nie. Jy stap in, 'n nuweling,
en wil dadelik jou gewig rondgooi en vir ons
dikteer. Jy praat ook ongure taal, iets wat
Tant Hessie nie kan verduur nie. ( En wat
Tant Hessie onmiddellik laat wonder of jy 'n
dame is, en nie maar net 'n ou bydraer wat
onder 'n ander skuilnaam hier probeer insluip
nie.)
So, Ms Vos, geen jakkalsstreke hier nie.

Tant Hessie Watson-Poirot
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63736 is 'n antwoord op boodskap #63733] Sa, 15 Junie 2002 02:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nou-ja-toe. Hoe's daai vir 'n vir 'n potjie selfverheerliking.

@rogers.com
Nou, Chrisjolettatjie, soos jy seker weet
> sal jy onder Tant Hessie se vlymskerp oë
> en tong moet deurloop,
>> Tant Hessie Watson-Poirot
>
Re: Welkom Chrisjolette! [boodskap #63750 is 'n antwoord op boodskap #63732] Sa, 15 Junie 2002 09:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Baie dankie Katryn. Ek sal graag probeer om net positiewe dinge te
post. Ek is nogal spyt oor my eerste posting want daarmee het ek tot
op Johan Bornman se vlak van argumentasie gedaal.
Waar woon jy? Ek het al uit vorige postings afgelei dit is iewers in
die USA. Van wanneer is jy daar en vertel biejtie van jouself (dit is
nou as jy wil of mag).
Katryn skryf in boodskap news:...
> Welkom hier in ons malhuis. :-)
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63751 is 'n antwoord op boodskap #63733] Sa, 15 Junie 2002 09:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Soos ek die ander postings gelees het, het ek nogal gewonder wanneer
en hoe my en tante se gesprek sou plaasvind. Jammer vir die negatiewe
eerste indrukke, gelukkig glo ek nie dat eerste indrukke blywend is
nie. Tante praat van jakkalstreke, wel ek loop nie draaie met `n mens
nie en net so min is ek `n tweegatjakkals. Na wat ek al van tante se
plasings gelees het, glo ek dat ons nogal goed oor die weg sal kom;
aangesien ons blykbaar oor baie dinge dieselfde gedagtes het en
redeneer.
Groete vir die oom.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Chrisjolette wrote:
>
> Dit is al `n geruime tydjie wat ek
>> alles wat julle kwytraak volg.
>
>
> As iemand op jou battery
>> gepis het, moet dit nie op hierdie groep kom uithaal nie.
>
>
> Bewys vir ons die teendeel deur vir `n slag `n
>> beskaafde en welopgevoede gesprek te voer.
>
>
>> Groete Chrisjolette Vos (hopelik `n aangenamer "nuweling")
>
>
> Nou, Chrisjolettatjie, soos jy seker weet
> sal jy onder Tant Hessie se vlymskerp oë
> en tong moet deurloop, om te sien van watter
> stoffasie jy gemaak is.
> Tant Hessie se eerste indrukke van jou is
> nie baie positief nie. Jy stap in, 'n nuweling,
> en wil dadelik jou gewig rondgooi en vir ons
> dikteer. Jy praat ook ongure taal, iets wat
> Tant Hessie nie kan verduur nie. ( En wat
> Tant Hessie onmiddellik laat wonder of jy 'n
> dame is, en nie maar net 'n ou bydraer wat
> onder 'n ander skuilnaam hier probeer insluip
> nie.)
> So, Ms Vos, geen jakkalsstreke hier nie.
>
> Tant Hessie Watson-Poirot
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63754 is 'n antwoord op boodskap #63751] Sa, 15 Junie 2002 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Chrisjolette wrote:

> Soos ek die ander postings gelees het, het ek nogal gewonder wanneer
> en hoe my en tante se gesprek sou plaasvind.
> Groete vir die oom.

So, jy dink jou en tante se gesprek het
"plaasgevind"?
Die oom sê hy praat nie met vreemde vroue
nie.
Tant Hessie van Putsonderwater.
Re: Vir ferdi [boodskap #63756 is 'n antwoord op boodskap #63717] Sa, 15 Junie 2002 16:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> Daar is net een graad wat die moeite werd is, Ferdi.
> Jy kry hom by Die Universiteit van die Lewe en sy naam
> is Ondervinding.

Nee - veel eerder "Leer uit Ondervinding". Ondervinding self het min mense
gekeer om dieselfde foute en enge vooroordele weer en weer en weer te maak.
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63763 is 'n antwoord op boodskap #63754] Sa, 15 Junie 2002 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Ag tante hoef nie so droog te wees nie. Ek weet ons gaan nog dik
stukke gesels. En as dit nou retig so droog word, haal bietjie daai
bottel voggies uit en dalk sal die oom ook sommer moed hê om met
vreemde vrouens te chat. Hy moet my net kans gee, ek sal nie vir lank
vreemd wees nie. Is hy darem `n sexy oom? Hi, hoe kan ek dit nou vir
sy vrou vra (jul is mos getroud nè?), sy sal natuurlik ja sê.
>
> So, jy dink jou en tante se gesprek het
> "plaasgevind"?
> Die oom sê hy praat nie met vreemde vroue
> nie.
> Tant Hessie van Putsonderwater.
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63775 is 'n antwoord op boodskap #63763] Sa, 15 Junie 2002 23:17 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Chrisjolette wrote:

> Ag tante hoef nie so droog te wees nie. Ek weet ons gaan nog dik
> stukke gesels. En as dit nou retig so droog word, haal bietjie daai
> bottel voggies uit en dalk sal die oom ook sommer moed hê om met
> vreemde vrouens te chat.

Vireers, Chrisjolettatjie, tannie en oom
ken goeie wyne, maar praat nie van "voggies"
nie. Dis so 'n bourgeois manier om van
alkohol te praat. Eintlik drink ons nie
veel alkohol nie. Die oom het nie
alkohol nodig om hom 'n man te laat voel
nie. Hy het ook nie vreemde vrouens nodig
om hom macho te laat voel nie.
Nouja, ek wag nog vir jou om "dik stukke"
te gesels. Tot op datum is jou gesprekke maar
taamlik platvloers. Kom, praat met my oor iets
wat my sal interesseer. Soos wie jou geliefkoosde
Afrikaanse digter is, en hoekom.

Tant Hessie van Litnet
Vorige onderwerp: Rom Rom Rom - Die Koue Kom!!
Volgende onderwerp: Annette
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 13:00:33 MGT 2024