Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skuilname en 'n voorbarige nuweling
Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63377] |
Ma., 10 Junie 2002 01:43  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan B
Ek vemoed dat solank as jy agter jou skuilnaam wegkruip jy
sal aanhou snert kwytraak sonder enige vrees vir jou stellinge.
Wouter
Daardie deuntjie gaan jou niks in die sak bring nie, en ek kruip
vir niks weg nie. Ongeveer almal skryf hier onder skuilname,
daar is redes daarvoor wat ek nie aan jou hoef te verduidelik
nie. Ek staan in vir wat ek sê, die plaasvark het sy eie reputasie
hier. Bly 'n rukkie hier, dan sal jy dit verstaan. Of gee pad as
ons gevestigde manier jou nie aanstaan nie. Maar moenie vir ons
probeer voorskryf hoe ons ons dinge hier moet doen nie.
Jou naam beteken vir my niks en al wat jy hier het is 'n klomp
vermanings om te chill. Word tog groot. Of gaan speel elders.
Soos die boere sou gesê het, jou hele ou moer op 'n mikstok.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63437 is 'n antwoord op boodskap #63377] |
Ma., 10 Junie 2002 19:42   |
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
On Mon, 10 Jun 2002 03:43:45 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:
Wouter, twee dinge:
Is jy die moderator van hierdie nuuusgroep? Dalk is jy die Dokter
Barkhuizen van ouds of selfs god? Wat het 'n nuweling en voorbarigheid
met ons gesprek te doen? Verwag jy nou rerig van my om eerbiedig op te
tree net omdat ek baie selde hier kuier? Waarom sê jy my nie hoe oud
jy is nie, dan kan ek jou dalk oom noem. Of is jy 'n antie?
Gaan spring pe^l.
Punt twee: Die feit dat jy end die ander aanhangers hier al lank agter
skuilname wegkruip dra geen gewig nie. Ek verpes dit. Hierdie sideshow
van jou hou my weg van die rookkwessie af en ek het beperkte tyd op
hierdie PC.
Johan Bornman
|
|
|
|
|
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63447 is 'n antwoord op boodskap #63437] |
Ma., 10 Junie 2002 22:38   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan B vra vir my:
Vraag 1. Is jy die moderator van hierdie nuuusgroep?
Vraag 2. Dalk is jy die Dokter Barkhuizen van ouds of selfs god?
Wouter
Basiese netiket vereis dat as jy 'n nuwe groep of poslys betree, dan
kyk jy eers hoe dinge daar gedoen word. Jy loer tot jy die gevoel
van die plek het. As jy vinniger wil uitvind hoe dinge werk, dan vra
jy of en waar die argief is en jy gaan lees daar. Daarom voel ek dis
reg en nodig om jou daarop te wys dat jou kubermaniere stink. Met
dié agtergrond antwoord ek graag jou vrae.
Antw 1. As jy basiese netiket gevolg het sou jy reeds geweet het die
ng is ongemodereer
Antw 2. Nee, ek is Wouter
Vraag 3. Wat het 'n nuweling en voorbarigheid met ons gesprek te doen?
Antw 3. Nogal baie. As jy nie ordentlik kan kommunikeer nie,
veroorsaak jy opvlammings wat 'n gesprek strem en die die vlak
daarvan verlaag. Dis plein vervelig, hier is baie mense wat lees
en jy behoort hulle in ag te neem
Vraag 4 Verwag jy nou rerig van my om eerbiedig op te tree
net omdat ek baie selde hier kuier?
Antw 4. Nee, ek verwag geen eerbied nie. Maar beslis maniere.
En nie eise of agressiewe persoonlike vrae soos in jou volgende vraag nie.
Vraag 5 Waarom sê jy my nie hoe oud jy is nie, dan kan
ek jou dalk oom noem. Of is jy 'n antie?
Antw 5. My ouderdom is geen geheim nie, maar dit het presies
niks met jou of ons gesprek te doen nie. Gaan vlieg pêl.
Johan Die feit dat jy end die ander aanhangers hier al lank
agter skuilname wegkruip dra geen gewig nie.
Wouter : Daarmee stem ek saam. Daarom behoort jy nie eers daarna
te verwys nie. Dis ons voorreg en dit het niks met jou uit te waai nie.
Jy hoef net te aanvaar dis hoe dinge hier gedoen word. Niemand het
jou gevra om hier deel te neem nie.
Johan: Ek verpes dit.
Wouter : Dis jou probleem. Aanvaar dit of kry jou ry.
Johan: Hierdie sideshow van jou hou my weg van die rookkwessie
af en ek het beperkte tyd op hierdie PC.
Wouter Dis ook jou probleem, jou gebrek aan maniere het die
sideshow veroorsaak. Skoert, kry jou ry, pêl. Of kom reg, dis jou keuse
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling (vir kat55) [boodskap #63505 is 'n antwoord op boodskap #63498] |
Di., 11 Junie 2002 19:03   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Katryn wrote:
(kat55) wrote:
>
>> Vergeet om by te voeg: Hoekom het jy nie die guts om die vloek op sy
>> naam te noem nie? "moer op 'n mikstok" ??
> Sies - jy is darem 'n stuk gemors, nè? En dan sien ek het jy nog die
> vermetelheid om so ewe skynheilig op 'n privaat poslys as "Kjoetsje
> Kloeliss" te skryf. (Ja, ek loer ORAL - so ek het 'n goeie vermoede
> wat jou wettige/werklike naam ook is).
Kyk mense, tannie hou nie van hierdie gang
van sake nie. Tant Hessie hou nie daarvan as
Wouter Plaasvark praat van "jou moer op 'n
mikstok" nie. Tant Hessie hou nie daarvan nie,
want dit lok net ander mense uit om ook soos
Shane te praat. En Tant Hessie hou nie daarvan
as Katryn met haar speurwerk kom en dinge wat
op ander groepe aangaan, in hierdie groep
insleep nie. Dit versteur die dinamiek van die
groep. As ons met mekaar moet baklei, kom ons
baklei oor onderwerpe, nie persone nie.
Tant Hessie Koekemoer.
|
|
|
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63508 is 'n antwoord op boodskap #63421] |
Di., 11 Junie 2002 19:16   |
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
On Mon, 10 Jun 2002 15:12:39 GMT, "Haantand"
sluipskiet:
> Ek is seker Johan kan 'n positiewe bydrae tot die nuusgroep lewer. Maar
> Johan, dan moet jy meer verdraagsaam wees en nie so vinning warm onder die
> coller word nie.
Aag skat, dankie vir die beskermheiling ligimiteit wat jy aan my
bydrae lewer, maar ek het nie jou toestemming, goedkeuring,
aanmodeiging of reels nodig om hier te wees nie.
Spreek die kwessie aan, nl skuilname.
Johan Bornman
|
|
|
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63509 is 'n antwoord op boodskap #63462] |
Di., 11 Junie 2002 19:16   |
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
On 10 Jun 2002 20:44:55 -0700, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:
> Ek gesels deesdae té lekker onder een van my ander name op een van my
> ander groepe. En verder het ek met n uitgebreide navorsing oor my
> voorsate begin en op allerhande interessante dingetjies afgekom.
OK Kinky, aangesien jy ook sluipskryf en ek nie weet wie jy is nie,
vertel ons tog wat so verskriklik is in jou voorsade se geskiedenis
dat jy nie jou gesig wil wys en geassosieer word nie?
Johan Bornman
|
|
|
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63510 is 'n antwoord op boodskap #63447] |
Di., 11 Junie 2002 19:16   |
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
On Tue, 11 Jun 2002 00:38:21 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:
> Wouter
> Basiese netiket vereis dat as jy 'n nuwe groep of poslys betree, dan
> kyk jy eers hoe dinge daar gedoen word. Jy loer tot jy die gevoel
> van die plek het. As jy vinniger wil uitvind hoe dinge werk, dan vra
> jy of en waar die argief is en jy gaan lees daar. Daarom voel ek dis
> reg en nodig om jou daarop te wys dat jou kubermaniere stink. Met
> dié agtergrond antwoord ek graag jou vrae.
My eie sarkasme het my gevang. As jy 'n bietjie navorsing gedoen het
oor die grope, of miskien al 'n paar jaar hier rondhang sou jy weet
dat Dr Barkhuizen homself (as 'n grap) as DIE MODERATOR voorgedoen
het.
> Antw 1. As jy basiese netiket gevolg het sou jy reeds geweet het die
> ng is ongemodereer
>
> Antw 2. Nee, ek is Wouter Sadie vanuit Stellenbosch
OK, daai ou? G'n wonner jy is so vir rook nie. Jy's seker bure meet
oom Anton, die man wat die meeste Suid Afrikaners ooit in hulle graf
in gehelp het.
> Vraag 3. Wat het 'n nuweling en voorbarigheid met ons gesprek te doen?
>
> Antw 3. Nogal baie. As jy nie ordentlik kan kommunikeer nie,
> veroorsaak jy opvlammings wat 'n gesprek strem en die die vlak
> daarvan verlaag.
Ek vra weereens, met die klem op NUWELING. Wat het 'n nuweling en
voorbarigheid met ons gesprek te doen?
> Dis plein vervelig, hier is baie mense wat lees en jy behoort hulle in ag te neem.
Eers dreig jy my dat jy gaan stilbly en nou sê jy ek moet mooi skryf
en ander in ag neem. Jy is die moderator, is jy nie? Komaan, sê ons.
> Vraag 4 Verwag jy nou rerig van my om eerbiedig op te tree
> net omdat ek baie selde hier kuier?
>
> Antw 4. Nee, ek verwag geen eerbied nie. Maar beslis maniere.
> En nie eise of agressiewe persoonlike vrae soos in jou volgende vraag nie. (te doen met sy ouderdom en geslag - JB)
Man, as ek jou gevra het hoe lank jou...pe...blindederm is, dan sou
dit persoonlik gewees het. As ek 'n mes teen jou keel gehou het en jou
gevra het HOE LANK JOU *&^% BLINDEDERM is dan sou dit persoonlik En
aggresief gewees het.
>
> Johan Die feit dat jy end die ander aanhangers hier al lank
> agter skuilname wegkruip dra geen gewig nie.
>
> Wouter : Daarmee stem ek saam. Daarom behoort jy nie eers daarna
> te verwys nie. Dis ons voorreg en dit het niks met jou uit te waai nie.
> Jy hoef net te aanvaar dis hoe dinge hier gedoen word.
Jy klink al hoe meer na DF Malan of John Voster - "aanvaar wat ons jou
sê en hou jou bek". Is jy seker jy's Plaasvark Sadie?
Johan Bornman
|
|
|
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling (vir kat55) [boodskap #63511 is 'n antwoord op boodskap #63505] |
Di., 11 Junie 2002 19:26   |
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
On Tue, 11 Jun 2002 19:03:17 GMT, "@rogers.com" wrote:
> Kyk mense, tannie hou nie van hierdie gang
> van sake nie. Tant Hessie hou nie daarvan as
> Wouter Plaasvark praat van "jou moer op 'n
> mikstok" nie. Tant Hessie hou nie daarvan nie,
> want dit lok net ander mense uit om ook soos
> Shane te praat. En Tant Hessie hou nie daarvan
> as Katryn met haar speurwerk kom en dinge wat
> op ander groepe aangaan, in hierdie groep
> insleep nie. Dit versteur die dinamiek van die
> groep. As ons met mekaar moet baklei, kom ons
> baklei oor onderwerpe, nie persone nie.
>
> Tant Hessie Koekemoer.
Moer ons nou die koek of moer ons die mikstok?
Tante het vergeet om vir Wouter Sadie ook uit te k... vreet. Hy delf
ook graag vir varkkos op ander nuusgroepe.
OK, ernstig nou. Solank almal hier met maskers rondloop IS die
bakleiery oor onderwerpe en nie persone nie. En wat hier gebeur is
tipies van nuusgroepe waar mense skuilname gebruik - hardloop uit, kry
'n nuwe naam en pleeg sluipmoord daar, sluipowerspel hier en
sluipwurgroof daar.
Johan Bornman
|
|
|
|
Re: Kienkie [boodskap #63514 is 'n antwoord op boodskap #63473] |
Di., 11 Junie 2002 21:10   |
Rosie
Boodskappe: 94 Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Kienkie, jou baie stoute meisie!!!!!!!!
En is Piet Pompdonkie ook wie ek dink dit is, so met die gedigte saam?
:)))))))))))))))
Peit of Piet. Julle leer my nou baie owerspelige pret op hierdie groep.
Eintlik dink ek dit voel soos 'n tuiste nou
En ek het altyd gedink ek is ordentlik. Sheesh.
"Peit J Pompdonkie" skryf in boodskap news:3d05bdaf$0$18842@hades.is.co.za...
Kinky
> Terloops, wat het van mý Pompdonkie geword?? Het daai
> meisietjie van die Noorde, (was dit Tinkerbell?) hom nou vir
> haar gewen? Ai, en dit net toe ek dink ek is besig om die
> donkie kienkie te maak van allerhande liste - vir my!
Piet:
Kinky, Kinky nooi van my
Ek is nog hier, glo jy my vry
Die rede hoekom jy my nie sien
Is maar net weer ou Vroetelfrien
Ek weet nie waar is Tinkerbell
Sy't net verdwyn, ja bleddie hel
Maar Frien en ek se ding gaan voort
Al is dit nie regtig soos dit hoort
Want Frien is eintlik nou verloof
Ek skrik my skoon uit my geloof
Ek vra haar wat sy doen, o hel
Sy sê sy trou met Slappes Nel
Maar hoe moet ek nou dit verstaan?
So tussen al haar kom en gaan
Sy gaan met hom na dit en dat
Maar kom by my, plesierig nat
Ons sal nou maar eers moet kyk
Of dinge later anders lyk
Want ek en Frien kom 'n lang pad
Sy't die mooiste lyf en die fraaiste g..
|
|
|
|
|
|
|
n Hartseer einde [boodskap #63536 is 'n antwoord op boodskap #63473] |
Wo., 12 Junie 2002 06:24   |
Kinky[1]
Boodskappe: 193 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Peit J Pompdonkie" skryf in boodskap news:...
> Kinky
>> Terloops, wat het van mý Pompdonkie geword?? Het daai
>> meisietjie van die Noorde, (was dit Tinkerbell?) hom nou vir
>> haar gewen? Ai, en dit net toe ek dink ek is besig om die
>> donkie kienkie te maak van allerhande liste - vir my!
> Piet:
> Kinky, Kinky nooi van my
> Ek is nog hier, glo jy my vry
> Die rede hoekom jy my nie sien
> Is maar net weer ou Vroetelfrien
KinkY:
Piet, Peit, Piet van Vroetelfrien
Jy het my hart gebreek, sien?
Ek was dan nie werklik jou nooi
Dis net Vroetelfrien daar in jou kooi
Piet:
> Ek weet nie waar is Tinkerbell
> Sy't net verdwyn, ja bleddie hel
> Maar Frien en ek se ding gaan voort
> Al is dit nie regtig soos dit hoort
KinkY:
Tinkerbell het ook deur jou gesien
Vir jou en jou ewiglike Vroetelfrien
Tinkerbell is seker nie in die hel
Maar jy hoort gewis daar - ja bleddie hel
Piet:
> Want Frien is eintlik nou verloof
> Ek skrik my skoon uit my geloof
> Ek vra haar wat sy doen, o hel
> Sy sê sy trou met Slappes Nel
KinkY:
n Verloofde meisie is jy mee tevree
Wat het geword dan van ons twee
Vroetelfrien trou met Slappes Nel
En jy Pompie hoort binne in die hel
Piet
> Maar hoe moet ek nou dit verstaan?
> So tussen al haar kom en gaan
> Sy gaan met hom na dit en dat
> Maar kom by my, plesierig nat
KinkY:
Sjoe, is al wat ek nou kan sê
En ook dat ek jou nie meer wil hê
Of jy nou kom en of jy nou gaan
Vir jou laat ek gewis nou staan
Piet:
> Ons sal nou maar eers moet kyk
> Of dinge later anders lyk
> Want ek en Frien kom 'n lang pad
> Sy't die mooiste lyf en die fraaiste g..
KinkY:
Daar is niks om meer te kyk
Niks sal ooit weer anders lyk
Vaarwel Piet, Peit van Vroetelfrien
vir jou wil ek nimmer weer sien
|
|
|
|
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63545 is 'n antwoord op boodskap #63377] |
Wo., 12 Junie 2002 09:50   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi, hoekom skryf jy so die toekoms in?
Hierdie berig van jou is om 12.04 afgelaai, en dit is nog nie eers 11:50
nie.
Kan/mag/wil jy jou horlosietjie regstel?
Annette
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3d0c18e0.2646362@news.is.co.za...
> On Tue, 11 Jun 2002 19:16:07 GMT, Johan Bornman
> (johanaticondotcodotza) wrote:
>
>
> dit nooit uitgekom nie. Hoekom sou hy nou ewe skielik se wie hy is?
>
> En hoekom sou hy voorheen sy identiteit so weggesteek het? Hy het
> sterk menings (soms deurmekaar, maar soms helder ook) en is soms
> beledigend.
>
> Koppel dit nou daaraan dat hy dink hy besit die nuusgroep, dat dit om
> die een of ander rede sy en twee, drie ander se "domain" is. Dat hy
> kan se wie hier pos en wie nie!
>
> Voeg verder by dat hy klaarblyklik woedend raak oor wat hy sien as
> "slegte maniere" wanneer jy as 'n "nuweling" (wat dit ookal mag wees,
> vir al wat ons weet het jy al op die groep gepos voor hy nog van
> nuusgroepe geweet het) pos.
>
> Fok. Die ou het waarskynlik meer as een Napoleon suit in sy kas....
>
> In elk geval - As jy nou hom vat en jy voeg so twee ander by - waarvan
> een waarskynlik baie op die Praag-webblad ook pos, maar daar onder sy
> eie naam, dan het jy die Afrikaanse nuusgroep se bende.
>
> Dan is daar een of twee ander by wat bydraes maak van uitstekende
> kwalieteit - eintlik ge-"waste" op die groep.
>
> Dus, so vyf, ses mense wat groep bevolk. Party waarskynlik onder meer
> as een naam.
>
> Dan die wat soms inval en weer waai.
>
> Geen wonder hulle het aanvallend geraak met iemand soos jy wat nuut
> inkom en oor iets baie toepaslik wil praat nie.
>
|
|
|
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63546 is 'n antwoord op boodskap #63510] |
Wo., 12 Junie 2002 10:04   |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 11 Jun 2002 19:16:07 GMT, Johan Bornman
(johanaticondotcodotza) wrote:
> Jy klink al hoe meer na DF Malan of John Voster - "aanvaar wat ons jou
> sê en hou jou bek". Is jy seker jy's Plaasvark Sadie?
Dis gewoonlik die reaksie van die meeste op die groep - hy ook.
Maar dis interresant wie hy is.
Wouter Sadie van Stellenbosch, he?
In al die argumente wat ek 'n tyd gelede op die groep gehad het het
dit nooit uitgekom nie. Hoekom sou hy nou ewe skielik se wie hy is?
En hoekom sou hy voorheen sy identiteit so weggesteek het? Hy het
sterk menings (soms deurmekaar, maar soms helder ook) en is soms
beledigend.
Koppel dit nou daaraan dat hy dink hy besit die nuusgroep, dat dit om
die een of ander rede sy en twee, drie ander se "domain" is. Dat hy
kan se wie hier pos en wie nie!
Voeg verder by dat hy klaarblyklik woedend raak oor wat hy sien as
"slegte maniere" wanneer jy as 'n "nuweling" (wat dit ookal mag wees,
vir al wat ons weet het jy al op die groep gepos voor hy nog van
nuusgroepe geweet het) pos.
Fok. Die ou het waarskynlik meer as een Napoleon suit in sy kas....
In elk geval - As jy nou hom vat en jy voeg so twee ander by - waarvan
een waarskynlik baie op die Praag-webblad ook pos, maar daar onder sy
eie naam, dan het jy die Afrikaanse nuusgroep se bende.
Dan is daar een of twee ander by wat bydraes maak van uitstekende
kwalieteit - eintlik ge-"waste" op die groep.
Dus, so vyf, ses mense wat groep bevolk. Party waarskynlik onder meer
as een naam.
Dan die wat soms inval en weer waai.
Geen wonder hulle het aanvallend geraak met iemand soos jy wat nuut
inkom en oor iets baie toepaslik wil praat nie.
|
|
|
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63548 is 'n antwoord op boodskap #63508] |
Wo., 12 Junie 2002 10:28   |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Skat? Nou hoekom het nie vir my gese jy is "so" nie. Ek se jou wat, jou
oulike ding. Ons vergeet die rusie, jy kry 'n pot vaseline en ek vat die
eerste aeroplane oor.
Innige liefde,
Hantamkind.
wrote in message
news:3d064545.3453926@news.icon.co.za...
> On Mon, 10 Jun 2002 15:12:39 GMT, "Haantand"
> sluipskiet:
>
>> Ek is seker Johan kan 'n positiewe bydrae tot die nuusgroep lewer. Maar
>> Johan, dan moet jy meer verdraagsaam wees en nie so vinning warm onder die
>> coller word nie.
>
> Aag skat, dankie vir die beskermheiling ligimiteit wat jy aan my
> bydrae lewer, maar ek het nie jou toestemming, goedkeuring,
> aanmodeiging of reels nodig om hier te wees nie.
>
> Spreek die kwessie aan, nl skuilname.
>
> Johan Bornman
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63572 is 'n antwoord op boodskap #63517] |
Wo., 12 Junie 2002 17:21   |
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
On Wed, 12 Jun 2002 07:51:25 +1000, "me & bobby magee"
wrote:
>
>
>> As jy 'n bietjie navorsing gedoen het
>> oor die grope
>
> Nee kyk, nou raak dinge interessant! Wie grope nou vir wie? Kan ek ook
> iemand grope?
>
Voor ek daai een antwoord en instem on deel te neem, wie skryf hier,
jy of Bobbie. Nou dat ek daaroor dink was Me of was Bobbie die girl?
Johan Bornman
|
|
|
Bladsye (3): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 07:59:31 UTC 2025
|