Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wêreld Rooklose Dag
Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62937] Vr, 31 Mei 2002 09:06 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Moet 'n taf dag wees vir die rokers.
Annette
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62938 is 'n antwoord op boodskap #62937] Vr, 31 Mei 2002 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - ek luister nou na RSG en "SêWie" - die ou Nicky verdien 'n
medalje. Ek het pas afgeskakel.

"Annette" skryf in boodskap news:ad7epq$tunro$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Moet 'n taf dag wees vir die rokers.
> Annette
>
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62939 is 'n antwoord op boodskap #62937] Vr, 31 Mei 2002 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:ad7epq$tunro$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Moet 'n taf dag wees vir die rokers.
> Annette

Die meeste rokers is van dié tipe wat hulle totaal nie aan so iets sal steur
nie.

As jy mooi daaraan dink, dit is dieselfde as om van jou (Annette) te verwag
om 'n dag sonder 'n wyntjie te moet deurgaan! Pure mishandeling!

Maar ek moet sê ek het totaal nie respek vir 'n roker nie. Dit is nou een
spesie wat my sommer dwars in die krop steek. (ja, toe kry maar uit jul
slaan goed...ek is reg vir julle!) ;))

Kekkel
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62941 is 'n antwoord op boodskap #62938] Vr, 31 Mei 2002 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jammer - nie geluister nie - ek het sokker gekyk:)
Waarvoor verdien Niekie 'n medalje?

Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:ad7prs$i46$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Annette - ek luister nou na RSG en "SêWie" - die ou Nicky verdien 'n
> medalje. Ek het pas afgeskakel.
> "Annette" wrote in message
> news:ad7epq$tunro$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Moet 'n taf dag wees vir die rokers.
>> Annette
>>
>
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62943 is 'n antwoord op boodskap #62939] Vr, 31 Mei 2002 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het +/- 18jr gelede opgehou. So 80+ (Gunston gewoon) plus pyp gerook. (Jy
het nog nie gerook as jy nie pyp gerook het nie ...)
As ek kon ophou - dan behoort almal op te kan hou.
Ek mis my nikotien elke dag - en sou ek terminaal verklaar word - koop ek
onmiddelik 'n groot gros van die beste twak en diep een van my 20 versteekte
pype op en rook my terminale kondisie in sy m..r in.

"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3cf770af.0@news1.mweb.co.za...
>
> Annette wrote in message
> news:ad7epq$tunro$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Moet 'n taf dag wees vir die rokers.
>> Annette
>
> Die meeste rokers is van dié tipe wat hulle totaal nie aan so iets sal steur
> nie.
>
> As jy mooi daaraan dink, dit is dieselfde as om van jou (Annette) te verwag
> om 'n dag sonder 'n wyntjie te moet deurgaan! Pure mishandeling!
>
> Maar ek moet sê ek het totaal nie respek vir 'n roker nie. Dit is nou een
> spesie wat my sommer dwars in die krop steek. (ja, toe kry maar uit jul
> slaan goed...ek is reg vir julle!) ;))
>
> Kekkel
>
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62948 is 'n antwoord op boodskap #62943] Vr, 31 Mei 2002 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou ongeveer 23 jr gelede dat ek het opgehou. Ek het toe tot 30
sigarette/dag gerook. Ek het daar tot nou toe nog geen spyt oor gehad
nie. Voor daardie tyd had ek minstens 2 maal per jaar 'n ernstige
brongitis. Dit het daarna 20 jare geduur voordat ek terug n' brongitis
gekry het wat bewys dat rook 'n mens rêrig siek maak. Ek mis my twak
nie. Ek sal nooit meer rook nie.

Die groete

Norbert (uit Vlaanderen)
--------------------------------------

"Jonas" schreef:

> Ek het +/- 18jr gelede opgehou. So 80+ (Gunston gewoon) plus pyp gerook. (Jy
> het nog nie gerook as jy nie pyp gerook het nie ...)
> As ek kon ophou - dan behoort almal op te kan hou.
> Ek mis my nikotien elke dag - en sou ek terminaal verklaar word - koop ek
> onmiddelik 'n groot gros van die beste twak en diep een van my 20 versteekte
> pype op en rook my terminale kondisie in sy m..r in.
> "Kekkelbek" wrote in message
> news:3cf770af.0@news1.mweb.co.za...

>> Annette wrote in message
>> news:ad7epq$tunro$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Moet 'n taf dag wees vir die rokers.
>>> Annette

>> Die meeste rokers is van dié tipe wat hulle totaal nie aan so iets sal
> steur
>> nie.

>> As jy mooi daaraan dink, dit is dieselfde as om van jou (Annette) te
> verwag
>> om 'n dag sonder 'n wyntjie te moet deurgaan! Pure mishandeling!

>> Maar ek moet sê ek het totaal nie respek vir 'n roker nie. Dit is nou een
>> spesie wat my sommer dwars in die krop steek. (ja, toe kry maar uit jul
>> slaan goed...ek is reg vir julle!) ;))

>> Kekkel


>
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62949 is 'n antwoord op boodskap #62943] Vr, 31 Mei 2002 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf in boodskap news:ad8117$ja0$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek het +/- 18jr gelede opgehou. So 80+ (Gunston gewoon) plus pyp gerook. (Jy
> het nog nie gerook as jy nie pyp gerook het nie ...)
> As ek kon ophou - dan behoort almal op te kan hou.

Ek haal my hoed vir jou en Norbert af, om op te hou met rook is nie 'n
maklike ding
nie. My pa het gerook tot ek so in gr2 was en het besluit genoeg is genoeg.
Alles weggesmyt en nie een keer weer probeer nie.

Ek onthou nou nog die lekker geur van sy pyptabak, daar is net i�ts anders
daaraan. Ek kan nou nog die geur van die nat tabak onthou. Met daai geur
kan ek ook goed glo dat iemand kan pruim! (nie dat ek 'n idee het hoe dit
is nie!)

> Ek mis my nikotien elke dag - en sou ek terminaal verklaar word - koop ek
> onmiddelik 'n groot gros van die beste twak en diep een van my 20 versteekte
> pype op en rook my terminale kondisie in sy m..r in.
> "Kekkelbek" wrote in message
> news:3cf770af.0@news1.mweb.co.za...
>>
>> Annette wrote in message
>> news:ad7epq$tunro$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Moet 'n taf dag wees vir die rokers.
>>> Annette
>>
>> Die meeste rokers is van dié tipe wat hulle totaal nie aan so iets sal
> steur
>> nie.
>>
>> As jy mooi daaraan dink, dit is dieselfde as om van jou (Annette) te
> verwag
>> om 'n dag sonder 'n wyntjie te moet deurgaan! Pure mishandeling!
>>
>> Maar ek moet sê ek het totaal nie respek vir 'n roker nie. Dit is nou een
>> spesie wat my sommer dwars in die krop steek. (ja, toe kry maar uit jul
>> slaan goed...ek is reg vir julle!) ;))
>>
>> Kekkel
>>
>
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62957 is 'n antwoord op boodskap #62939] Vr, 31 Mei 2002 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kekkelbek skryf in boodskap news:3cf770af.0@news1.mweb.co.za...
> Die meeste rokers is van dié tipe wat hulle totaal nie aan so iets sal
steur nie.
Ja, net soos die meeste vreeters hulle nie sal steur aan 'n
oorvretingsvryedag nie.
Ditto vir drinkers. Waarom is daar nie sulke dae nie?
Meer mense gaan waarskynlik dood aan vetsugverwante siektes as aan rook.
Baie meer mense gaan defnitief dood aan die gevolge van drank.
En boonop maak hulle baie onskuldige mense dood wanneer hulle onder die
invloed is, in ongelukke ens.

> As jy mooi daaraan dink, dit is dieselfde as om van jou (Annette) te verwag
> om 'n dag sonder 'n wyntjie te moet deurgaan! Pure mishandeling!
Ek kan eenvoudig nie sien hoe mens enige drank kan geniet nie.
Dit laat jou basies net vir daai kort tydperk die mens wees wat jy dink jy
is of wil wees.
Dit laat jou maw. "ontspan". Ontspan beteken dan seker "wegkom" van jouself
of realiteit?
En sigarette smaak baie beter as drank.

> Maar ek moet sê ek het totaal nie respek vir 'n roker nie.
Het jy nou al jou respek vir my verloor? :-)

Waarom kan 'n roker enige pos beklee, maar 'n dronkie of vetgat het beperkte
vooruitsigte?
Dis seker meer aanvaarbaar om te rook.

Ja ok, ek weet alle drinkers is nie alkoliste nie ......., ens ens ad
infinitum.
En dis 'n sosiale ding ......., ens ens ad infinitum.
Elke mens het maar sy of haar vice, dis maar al.
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62958 is 'n antwoord op boodskap #62949] Vr, 31 Mei 2002 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n sisteem daarvoor gevolg om met rook op te hou... Ek het my
aantal sigarette getel wat ek besig was om te rook en ek het my dag so
ingedeel dat ek op vaste tydstippe 'n sigaret kon rook sodat ek die
eerste week nog eweveel sigarette gerook het as daarvoor. Dit was dus
nog nie eg werklik ophou nie. Die volgende week het ek toe die periode

tussen twee sigarette lanker gemaak, byvoorbeeld 15 minute lanker. En
die week daarna weer 15 minute. Ek herinner my eie dat ek na 6 weke
(of soiets- ek weet nie meer juis nie) nog slegs 2 sigarette per dag
gerook het. Toe het ek na 'n week vir my eie gesê: "Norbert, as jy nou
met slegs 2 sigarette per dag kan lewe dan kan jy daar net so goed mee
ophou!" En dit het gewerk! Ek het nooit meer 'n sigaret aangeraak nie!
Nou, die eerste jaar, as daar soms 'n feestjie was, dan kon dit
voorval dat ek nog eens sin daarin had om nog eens 'n sigaret aan te
steek maar ek het dit toe nie gedoen nie. Sosiale byeenkomste is baie
gevaarlik vir mense wat rook afleer! Daardie innerlike drang het na 'n

paar jare heeltemal verdwyn. Maar moenie vergeet nie: die meeste mense
wat ophou om te rook gaan agteraf tog 'n bietjie swaarder word want
hulle gaan lekkergoed eet!
Ek vind veral vroue moenie rook nie. Hulle kry daar rimpels van!!

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

"Kekkelbek" schreef:

>
> Jonas wrote in message
> news:ad8117$ja0$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Ek het +/- 18jr gelede opgehou. So 80+ (Gunston gewoon) plus pyp gerook.
> (Jy
>> het nog nie gerook as jy nie pyp gerook het nie ...)
>> As ek kon ophou - dan behoort almal op te kan hou.
>
> Ek haal my hoed vir jou en Norbert af, om op te hou met rook is nie 'n
> maklike ding
> nie. My pa het gerook tot ek so in gr2 was en het besluit genoeg is genoeg.
> Alles weggesmyt en nie een keer weer probeer nie.
>
> Ek onthou nou nog die lekker geur van sy pyptabak, daar is net i�ts anders
> daaraan. Ek kan nou nog die geur van die nat tabak onthou. Met daai geur
> kan ek ook goed glo dat iemand kan pruim! (nie dat ek 'n idee het hoe dit
> is nie!)
>
>> Ek mis my nikotien elke dag - en sou ek terminaal verklaar word - koop ek
>> onmiddelik 'n groot gros van die beste twak en diep een van my 20
> versteekte
>> pype op en rook my terminale kondisie in sy m..r in.
>> "Kekkelbek" wrote in message
>> news:3cf770af.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>> Annette wrote in message
>>> news:ad7epq$tunro$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Moet 'n taf dag wees vir die rokers.
>>>> Annette
>>>
>>> Die meeste rokers is van dié tipe wat hulle totaal nie aan so iets sal
>> steur
>>> nie.
>>>
>>> As jy mooi daaraan dink, dit is dieselfde as om van jou (Annette) te
>> verwag
>>> om 'n dag sonder 'n wyntjie te moet deurgaan! Pure mishandeling!
>>>
>>> Maar ek moet sê ek het totaal nie respek vir 'n roker nie. Dit is nou
> een
>>> spesie wat my sommer dwars in die krop steek. (ja, toe kry maar uit jul
>>> slaan goed...ek is reg vir julle!) ;))
>>>
>>> Kekkel
>>>
>>>


>
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62970 is 'n antwoord op boodskap #62937] Sa, 01 Junie 2002 08:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Nee dit is nie. Hulle steur hulle nie daaraan nie :)))))
Basies sal ek my ook nie so laat intimideer nie.

"Annette" skryf in boodskap news:ad7epq$tunro$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Moet 'n taf dag wees vir die rokers.
> Annette
>
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62989 is 'n antwoord op boodskap #62958] Sa, 01 Junie 2002 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3cf7d011.20180326@news.skynet.be...
> Ek het 'n sisteem daarvoor gevolg om met rook op te hou... Ek het my
> aantal sigarette getel wat ek besig was om te rook en ek het my dag so
> ingedeel dat ek op vaste tydstippe 'n sigaret kon rook sodat ek die
> eerste week nog eweveel sigarette gerook het as daarvoor. Dit was dus
> nog nie eg werklik ophou nie. Die volgende week het ek toe die periode
>
> tussen twee sigarette lanker gemaak, byvoorbeeld 15 minute lanker. En
> die week daarna weer 15 minute. Ek herinner my eie dat ek na 6 weke
> (of soiets- ek weet nie meer juis nie) nog slegs 2 sigarette per dag
> gerook het.

Die manier wat jy gebruik het, sal dit seker die maklikste maak om
uiteindelik op te hou.

Toe het ek na 'n week vir my eie gesê: "Norbert, as jy nou
> met slegs 2 sigarette per dag kan lewe dan kan jy daar net so goed mee
> ophou!" En dit het gewerk! Ek het nooit meer 'n sigaret aangeraak nie!
> Nou, die eerste jaar, as daar soms 'n feestjie was, dan kon dit
> voorval dat ek nog eens sin daarin had om nog eens 'n sigaret aan te
> steek maar ek het dit toe nie gedoen nie. Sosiale byeenkomste is baie
> gevaarlik vir mense wat rook afleer! Daardie innerlike drang het na 'n
>
> paar jare heeltemal verdwyn. Maar moenie vergeet nie: die meeste mense
> wat ophou om te rook gaan agteraf tog 'n bietjie swaarder word want
> hulle gaan lekkergoed eet!
> Ek vind veral vroue moenie rook nie. Hulle kry daar rimpels van!!

Rimpels? Die woord is plooie. En ja, hier op die ouderdom van 40 kan mens
die verskil erg sien, tussen die rokers en nie-roker dames.

>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
>
> "Kekkelbek" schreef:
>
>>
>> Jonas wrote in message
>> news:ad8117$ja0$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Ek het +/- 18jr gelede opgehou. So 80+ (Gunston gewoon) plus pyp
gerook.
>> (Jy
>>> het nog nie gerook as jy nie pyp gerook het nie ...)
>>> As ek kon ophou - dan behoort almal op te kan hou.
>>
>> Ek haal my hoed vir jou en Norbert af, om op te hou met rook is nie 'n
>> maklike ding
>> nie. My pa het gerook tot ek so in gr2 was en het besluit genoeg is genoeg.
>> Alles weggesmyt en nie een keer weer probeer nie.
>>
>> Ek onthou nou nog die lekker geur van sy pyptabak, daar is net i�ts anders
>> daaraan. Ek kan nou nog die geur van die nat tabak onthou. Met daai geur
>> kan ek ook goed glo dat iemand kan pruim! (nie dat ek 'n idee het hoe dit
>> is nie!)
>>
>>> Ek mis my nikotien elke dag - en sou ek terminaal verklaar word - koop ek
>>> onmiddelik 'n groot gros van die beste twak en diep een van my 20
>> versteekte
>>> pype op en rook my terminale kondisie in sy m..r in.
>>> "Kekkelbek" wrote in message
>>> news:3cf770af.0@news1.mweb.co.za...
>>>>
>>>> Annette wrote in message
>>>> news:ad7epq$tunro$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> > Moet 'n taf dag wees vir die rokers.
>>>> > Annette
>>>>
>>>> Die meeste rokers is van dié tipe wat hulle totaal nie aan so iets
sal
>>> steur
>>>> nie.
>>>>
>>>> As jy mooi daaraan dink, dit is dieselfde as om van jou (Annette) te
>>> verwag
>>>> om 'n dag sonder 'n wyntjie te moet deurgaan! Pure mishandeling!
>>>>
>>>> Maar ek moet sê ek het totaal nie respek vir 'n roker nie. Dit is
nou
>> een
>>>> spesie wat my sommer dwars in die krop steek. (ja, toe kry maar uit jul
>>>> slaan goed...ek is reg vir julle!) ;))
>>>>
>>>> Kekkel
>>>>
>>>>
>
>
>>
>
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #62990 is 'n antwoord op boodskap #62957] Sa, 01 Junie 2002 17:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen skryf in boodskap news:ad8jgh$m9e$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Kekkelbek wrote in message
> news:3cf770af.0@news1.mweb.co.za...
>> Die meeste rokers is van dié tipe wat hulle totaal nie aan so iets sal
> steur nie.
> Ja, net soos die meeste vreeters hulle nie sal steur aan 'n
> oorvretingsvryedag nie.
> Ditto vir drinkers. Waarom is daar nie sulke dae nie?
> Meer mense gaan waarskynlik dood aan vetsugverwante siektes as aan rook.
> Baie meer mense gaan defnitief dood aan die gevolge van drank.
> En boonop maak hulle baie onskuldige mense dood wanneer hulle onder die
> invloed is, in ongelukke ens.
>
>> As jy mooi daaraan dink, dit is dieselfde as om van jou (Annette) te
> verwag
>> om 'n dag sonder 'n wyntjie te moet deurgaan! Pure mishandeling!
> Ek kan eenvoudig nie sien hoe mens enige drank kan geniet nie.
> Dit laat jou basies net vir daai kort tydperk die mens wees wat jy dink jy
> is of wil wees.
> Dit laat jou maw. "ontspan". Ontspan beteken dan seker "wegkom" van jouself
> of realiteit?

Dit hang af wat jou motivering is om te drink. Ek drink 'n bier omdat ek
lus is vir sy smaak. (gewoonlik net een- elke 3 maande) Ek het nog nooit
gedrink om te 'ontspan' of om 'weg te kom' nie. Ek is seker die slegste
persoon om te moet vra waarom mens drink. Ek drink te min!
Ek 'vermors' eerder die brandewyn deur dit in my pannekoekdeeg te gooi, so
'n eetlepel of twee. (maak die pannekoek sag)

> En sigarette smaak baie beter as drank.

Jaaaaa, daai rookbek wat mens so soen. (grillllllll)

>
>> Maar ek moet sê ek het totaal nie respek vir 'n roker nie.
> Het jy nou al jou respek vir my verloor? :-)

Ja, sorrie man! ;) Die grootste persentasie van rokers gee nie 'n duit om
hoe 'n ander persoon oor sy steurende gewoontes voel nie. As hulle so by my
staan en praat....as my klere en hare na hul rookgoed stink...
euuuuuuwwwwww!

>
> Waarom kan 'n roker enige pos beklee, maar 'n dronkie of vetgat het beperkte
> vooruitsigte?

Die dronkie kan agter die tafel sit, maar is te beskonke om die werk te kan
doen... die dikke kan die werk doen, maar kan nie agter die tafel inpas nie?
;) Maar ernstiger, ons land het nogal 'n probleem wat die voorkoms van mense
betref en of jy dink hulle die werk kan doen.

> Dis seker meer aanvaarbaar om te rook.
>
> Ja ok, ek weet alle drinkers is nie alkoliste nie ......., ens ens ad
> infinitum.
> En dis 'n sosiale ding ......., ens ens ad infinitum.
> Elke mens het maar sy of haar vice, dis maar al.

Jammer vir jou, ek het nie een nie! Dalk my onverdraagsaamheid met rokers?
;))
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #63080 is 'n antwoord op boodskap #62957] Di, 04 Junie 2002 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman

On Fri, 31 May 2002 21:28:18 +0200, skryf "Kobus Pietersen"
:

> Ja, net soos die meeste vreeters hulle nie sal steur aan 'n
> oorvretingsvryedag nie.

Ek het nog nie een oorvreter in my lewe teegekom wat my hare en klere
laat stink nie. Oorvreters het ook nog nooit my gesondheit geskend
nie.
> Ditto vir drinkers. Waarom is daar nie sulke dae nie?

Stig een, niks stop jou nie.

> Meer mense gaan waarskynlik dood aan vetsugverwante siektes as aan rook.
> Baie meer mense gaan defnitief dood aan die gevolge van drank.

Weereens, nog 'n duimsuig statistikus. Waarom doen jy nie moeite om
die werklike feite rond te gooi nie? Die feit ldat jy "waarskynlik" in
jou sin insit om jou te beskerm teen mense soos ek is lafhartig. Die
feite bewys jou verkeerd.

> En boonop maak hulle baie onskuldige mense dood wanneer hulle onder die
> invloed is, in ongelukke ens.

Feite, pel, feite. Jy praat snert.

> Ek kan eenvoudig nie sien hoe mens enige drank kan geniet nie.
> Dit laat jou basies net vir daai kort tydperk die mens wees wat jy dink jy
> is of wil wees.
> Dit laat jou maw. "ontspan". Ontspan beteken dan seker "wegkom" van jouself
> of realiteit?

> En sigarette smaak baie beter as drank.

Die enigste rede waarom jy die sigaret se smaak kan verduur is omdat
dit lankal jou smaaksintuie doodgemaak het. Hou op rook vir twee weke
en kom dan terug na my toe en redeneer "smaak."

> En dis 'n sosiale ding ......., ens ens ad infinitum.

Dis anti-sosiaal ou pel, julle laat alles om julle stink en dan noem
jy dit sosiaal?

> Elke mens het maar sy of haar vice, dis maar al.

Dis waar, maar meeste van ons se vices word nie ander mense se
probleme nie. As jy in 'n vertrek rook dan rook ek ook. As ek in 'n
vertrek na pornografie kyk/coke snort/ smeer dit nie aan jou af nie.

Johan Bornman
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #63186 is 'n antwoord op boodskap #63080] Do, 06 Junie 2002 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Kobus Pietersen"
>> Ditto vir drinkers. Waarom is daar nie sulke dae nie?
>> Meer mense gaan waarskynlik dood aan vetsugverwante >>siektes as aan
rook. Baie meer mense gaan defnitief dood >>aan die gevolge van drank. En
boonop maak hulle baie >>onskuldige mense dood wanneer hulle onder die
>> invloed is, in ongelukke ens.

Johan Bornman
> Feite, pel, feite. Jy praat snert.

Rosie:
Johan, besoek hospitale vir ongelukstatistiek. Eenvoudig en maklik.

Kobus:
>> Ek kan eenvoudig nie sien hoe mens enige drank kan >>geniet nie. Dit laat
jou basies net vir daai kort tydperk die >>mens wees wat jy dink jy is of
wil wees.
>> Dit laat jou maw. "ontspan". Ontspan beteken dan seker >>"wegkom" van
jouself of realiteit? En sigarette smaak baie beter as drank.
> Johan Bornman:
> Dis anti-sosiaal ou pel, julle laat alles om julle stink en dan noem jy dit sosiaal?
>
Kobus:
>> Elke mens het maar sy of haar vice, dis maar al.

Johan Bornman:
> Dis waar, maar meeste van ons se vices word nie ander >mense se probleme
nie. As jy in 'n vertrek rook dan rook ek >ook. As ek in 'n vertrek na
pornografie kyk/coke snort/ >smeer dit nie aan jou af nie.
> Johan Bornman

Gesels met sosiale werkers en kyk wat drankmisbruik deur ouers aan kinders
doen. Geen effek nie? Get real.
Dis behalwe kindermolestering, vrouemishandeling, finansiële krisisse, en
ander onheile wat uitbroei.

Die sosiale ontwikkeling van daardie kinders word uitermate gestrem en
emosionele intelligensie kom tot stilstand. Die gevolge is legio. Dis
behalwe die stank wat dae lank luier.....

Met dwelmmisbruik geld dieselfde simptome en euwels.

Voor jy nou verder gaan, Johan, ek drink ook nie. Nie eers wyn nie. Maar dit
beteken nie dat ek kwaad is vir ander mense wat anders as ek is nie. Sheesh.
Terloops, ek raak ook nie ontsteld oor andermense se troetel byname nie.
Hel, wil jy nie maar 'n bietjie begin ontspan nie?
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #63263 is 'n antwoord op boodskap #63186] Sa, 08 Junie 2002 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

Anonieme Rosie skiet skote vanuit haar donker skuiling uit:

> Johan, besoek hospitale vir ongelukstatistiek. Eenvoudig en maklik.

OK Rosie, hier's die feite:

Tot 4 jaar gelede het ongelukke (meestal motorongelukke, maar ook
industrieele en huishoudelilke ongelukke) die meeste jong mense
(onder 45) se lewens geeis. Vandag is ongelukke nommer twee en VIGs
nommer een.

Nommer 3 is tabaksiektes: hartaanvalle, kankers, emfiseem en dies
meer. Om presies te wees, 26 000 mense per jaar sterf in Suid Afrika
voor hulle tyd rerig om is. Ek praat van voorkombare sterftes. Ek het
hospitale besoek - vele. Hier's die feite, nege uit tien pasiente in
die longkankersale is rokers. Die ander een is met 'n roker getroud of
werk in rookplekke. Trek jou eie gevolgtrekkinge.

> Gesels met sosiale werkers en kyk wat drankmisbruik deur ouers aan kinders
> doen. Geen effek nie? Get real.

Rosie, wie het gesê dit het geen effek nie. Beslis nie ek nie.

> Dis behalwe kindermolestering, vrouemishandeling, finansiële krisisse, en
> ander onheile wat uitbroei.
Jy klink nou soos die ou apartheid regering. Lang hare en popmusiek
versoorsaak dat allerande dinge "uitbroei." Sonder drank is daar nog
steeds onheile. Ek is geen apologis vir alkohol nie, maar die saak wat
ek veg is rook. As jy wil kan jy mar teen alkohol gaan koukus. Ek sal
jou nie stop of teegaan nie.

> Die sosiale ontwikkeling van daardie kinders word uitermate gestrem en
> emosionele intelligensie kom tot stilstand. Die gevolge is legio. Dis
> behalwe die stank wat dae lank luier.....

Jy klin al hoe meer soos Albert Hertzog of DF Malan. Is jy seker jy is
Rosie?

> Met dwelmmisbruik geld dieselfde simptome en euwels.

Jy vergeet weereens van popmusiek en lang hare. Waarom sluit jy nie
sommer tatoeering en neusringe by jou euwels in nie?

> Voor jy nou verder gaan, Johan, ek drink ook nie. Nie eers wyn nie. Maar dit
> beteken nie dat ek kwaad is vir ander mense wat anders as ek is nie.

Lyk dit asof ek omgee of jy drink of nie? Hou op om jou skynheiligheid
te bewys.

> Terloops, ek raak ook nie ontsteld oor andermense se troetel byname nie.
> Hel, wil jy nie maar 'n bietjie begin ontspan nie?

Ja Rosie, dis jou reg om anoniem deel te neem aan 'n debat. Dan kan jy
maar enige snert kwytraak en niemand sal weet jy is eintlik
ongekunsteld nie.

Johan Bornman
Re: Wêreld Rooklose Dag [boodskap #63281 is 'n antwoord op boodskap #63263] Sa, 08 Junie 2002 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Sien die ander skrywe elders.

> Anonieme Rosie skiet skote vanuit haar donker skuiling uit:
> Nommer 3 is tabaksiektes: hartaanvalle, kankers, emfiseem en dies
> meer. Om presies te wees, 26 000 mense per jaar sterf in Suid Afrika
> voor hulle tyd rerig om is. Ek praat van voorkombare sterftes.

Goed, Johan, terwyl die onderwerp nou "wereldwye rooklose dag" is, is
hierdie feite van jou relevant.

Ek wag nou vir die loodvrye- en flouriedvrye dae, maar die skade kan
ongelukkig nie verminder word nie, en daar sal ook nooit sulke dae kom nie.
Ongelukkig nie.

> Jy klink nou soos die ou apartheid regering. Lang hare en popmusiek
> versoorsaak dat allerande dinge "uitbroei." Sonder drank is daar nog
> steeds onheile. Ek is geen apologis vir alkohol nie, maar die saak wat
> ek veg is rook. As jy wil kan jy mar teen alkohol gaan koukus. Ek sal
> jou nie stop of teegaan nie.

Dankie hoor.........

>> Die sosiale ontwikkeling van daardie kinders word uitermate gestrem en
>> emosionele intelligensie kom tot stilstand. Die gevolge is legio. Dis
>> behalwe die stank wat dae lank luier.....
>
> Jy klin al hoe meer soos Albert Hertzog of DF Malan. Is jy seker jy is
> Rosie?

Hulle moes hulle tyd ver vooruit gewees het......

>
>> Met dwelmmisbruik geld dieselfde simptome en euwels.
>
> Jy vergeet weereens van popmusiek en lang hare. Waarom sluit jy nie
> sommer tatoeering en neusringe by jou euwels in nie?

Dit kos die middelklas nie geld om mediese onkostes te delg nie. Is dit rede
genoeg?

> Lyk dit asof ek omgee of jy drink of nie? Hou op om jou skynheiligheid
> te bewys.

Dis nou 'n lae een. Ok, ek noem andermense pruimbekke. Dan mag jy my
skynheilig noem.

>
> Ja Rosie, dis jou reg om anoniem deel te neem aan 'n debat. Dan kan jy
> maar enige snert kwytraak en niemand sal weet jy is eintlik
> ongekunsteld nie.

Jy is 'n besondere ingeligte persoon. Ek is beïndruk met jou
mensekennis................
Oor rook en feite [boodskap #63303 is 'n antwoord op boodskap #63263] Sa, 08 Junie 2002 21:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johan Bornman
OK Rosie, hier's die feite:
Tot 4 jaar gelede het ongelukke (meestal motorongelukke, maar ook
industrieele en huishoudelilke ongelukke) die meeste jong mense
(onder 45) se lewens geeis. Vandag is ongelukke nommer twee en
VIGs nommer een.

Wouter
Jammer Johan, maar dis nie feite nie. Baie min mense gaan amptelik
aan vigs dood, hulle sterf van longontsteking, karsinome,
nierversaking, ens. Die syfers wat jy noem is bloot ingeligte spekulasie.
Ek het toegang tot die eenheid wat daardie navorsing doen. As jy
belangstel om jou bron(ne) en die detail te gee, sal ek die nodige
gate daarin skiet.

Jy noem ook nie dat gewelddadige sterftes as ongelukke geklassifiseer
word nie. Daar sterf baie meer mense van messteke, ens. as van
nywerheids-en huishoudelike ongelukke saam. Maar dit het eintlik
niks met die prys van eiers te doen nie.

Johan
Nommer 3 is tabaksiektes: hartaanvalle, kankers, emfiseem en dies
meer. Om presies te wees, 26 000 mense per jaar sterf in Suid Afrika
voor hulle tyd rerig om is. Ek praat van voorkombare sterftes. Ek het
hospitale besoek - vele.

Wouter
Weereens is dit nie feite nie. Blote spekulasie. Want niemand in die
hele wye wêreld het al wetenskaplike bewyse gebring dat tabak
enige van daardie siektes veroorsaak nie. Daar is baie sterk
anekdotiese "bewyse", maar geen empiriese bewyse bestaan nie.
Alhoewel die getuienis oorweldigend is dat rook wel 'n bydraende
faktor is, is daar GEEN wetenskaplike bewys dat rook dit
veroorsaak nie. Om dus al daardie siektes as tabaksiektes te
klassifiseer is idioties, dit wys bloot 'n hewige vooroordeel en
disrespek vir die waarheid. En om dit voorkombaar te noem is
nog 'n groter grap, daarvoor is daar nog minder bewys.
Inteendeel, dit sal makliker bewys kan word dat jou sommige
van daardie sterftes nie rookverwant kan wees nie

Johan
Hier's die feite, nege uit tien pasiente in die longkankersale is rokers.

Wouter
Kom ons aanvaar dit is regtig so. Ek is oortuig dat sulke statistiek net
selektief bestaan, alhoewel jy dit as 'n absolute feit aanbied. Maar
kom ons aanvaar dis 'n feit. Wat bewys dit? Dalk dat mense met
longkanker geneig is om te rook? Of bloot dat 90% van mense
in die gebied wat die betrokke hospitaal bedien rook? Dit bewys
beslis op sy eie nie dat rook longkanker veroorsaak nie.

Daar is byvoorbeeld onomstootlike statistiese getuienis oor 'n lang
periode dat stede in die VSA met meer kerke ook meer tronke het.
'n Baie goeie korrelasie. Sou jy dit ook as bewys aanvaar dat
kerke gebruik word om alle misdaad te pleeg, te organiseer of
minstens te bevorder? Of dalk dat alle kerkgemeenskappe in
tronke beplan word?

En is jy bewus dat daar sterker bewyse bestaan dat rokers meer
aan ongelukke sterf as dat hulle meer aan enige van jou "tabaksiektes"
sterf? Hoe sou jy dit verklaar, maak rook jou meer geneig tot
ongelukke? Of is mense wat accident-prone is bloot meer geneig
om te rook? En dalk ook so ten opsigte van jou sogenaamde
tabaksiektes?

Daar is toevallig ook sterk anekdotiese getuienis dat matige rook
heilsaam is vir mense in hoë-stres beroepe. En dat selfs oormatige
rook vir sulkes beter is as om nie te rook nie.

Ek het nie 'n probleem as jy teen rook wil lobby nie. Maar ek het
'n probleem as jy spekulasie hier as feite kom aanbied. Veral as jy
as 'n nuweling hier dit so aggressief doen. Ek laaik dit nie, en as jy
dit met my ook probeer, is dit waarskynlik die einde van hierdie
gesprek van my kant af.

Ek lei uit die onbeskofte wyse waarmee jy met Rosie gesels af dat jy
nie sal belangstel of ek rook nie. Vir die rekord, want jy is nie al wat
hier lees nie, ek het 19 jaar gelede opgehou rook.

Maar ek pes die bleddie rookwet. Om 'n paar redes. Ek lys van hulle.

1. Dit plaas 'n groot demper op die besigheid van restaurante, ens.
Hulle moet onkostes aangaan om rookareas af te sonder en hulle
winsgewendheid daal. Dit beteken ek gaan meer betaal om daar
te eet en drink. En daar is reeds van hulle aan die toemaak, omdat
hulle nie meer winsgewend is as gevolg van die rookwet nie. So nou
gaan ek langer wag om 'n plek te kry en meer betaal. Ek laaik dit nie

2. 'n Ekstra las op besigheid verhoog pryse en vernietig werk. Ons het
dit nie nodig in SA nie. Ek laaik dit nie.

3. Rook in restaurante het my nog nooit gepla nie. Die restaurante
se lugreëling, ens was grootliks ingerig om dié wat wel rook te
hanteer en ek kon sit waar ek wil. Nou word die rokersgedeeltes
afgesluit en so donker gerook dat dit nie meer vir my aanvaarbaar
is nie. Dit beteken dat ek soms moet wag vir 'n plek in die
nie-rook deel terwyl daar plek in die rokersdeel is. Ek besef ek is
waarskynlik bietjie van 'n uitsondering hiermee, maar ek laaik dit nie.

3. SA het 'n onlangse geskiedenis van wette op die wetboek wat nie
toegepas word nie. Die rookwet het 'n klomp belaglike bepalings
wat nooit algemeen toegepas sal kan word nie. Dit verhoog die
algemene disrespek wat daar in ons land vir die wetboek is, en dit
gaan wyer as die rookwet. In 'n land waar misdaadbekamping ons erns
behoort te wees, is dit 'n imbesiele stuk wetgewing. Die prys is te
hoog.

Ek beskou die nuwe rookwet as 'n ondeurdagte en onbesonne stuk
wetgewing, wat 'n ontwikkelende land soos SA nie kan bekostig nie.
Dit was wat my betref 'n ego-trip van minister Zuma, en gaan baie
meer nadele as voordele bring.
Re: Oor rook en feite [boodskap #63304 is 'n antwoord op boodskap #63303] Sa, 08 Junie 2002 23:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:


> Daar is toevallig ook sterk anekdotiese getuienis dat matige rook
> heilsaam is vir mense in hoë-stres beroepe. En dat selfs oormatige
> rook vir sulkes beter is as om nie te rook nie.

Ek daag vir jou uit om hierdie bewering
van jou te bewys. Enige dokter sal vir
jou sê dat jou bloeddruk opgaan as jy
rook. En die sug na 'n sigaret maak mense
net nog meer op hulle senuwees as hulle
nie kan rook nie. Ek weet. Ek het ook gerook,
en ek was in klaskamers waar onderwysers
ingesluip het gedurende hulle klasperiodes
om net 'n kort rokie te rook. Van watter
"hoë-stres" beroepe praat jy nou van? As
die persoon noual reeds verslaaf is, dan
is dit natuurlik 'n ander storie.

Gloudina
Re: Oor rook en feite [boodskap #63305 is 'n antwoord op boodskap #63303] Sa, 08 Junie 2002 23:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Maar ek pes die bleddie rookwet. Om 'n paar redes. Ek lys van hulle.
>
> 1. Dit plaas 'n groot demper op die besigheid van restaurante, ens.
> Hulle moet onkostes aangaan om rookareas af te sonder en hulle
> winsgewendheid daal. Dit beteken ek gaan meer betaal om daar
> te eet en drink. En daar is reeds van hulle aan die toemaak, omdat
> hulle nie meer winsgewend is as gevolg van die rookwet nie. So nou
> gaan ek langer wag om 'n plek te kry en meer betaal. Ek laaik dit nie

Die oplossing van hierdie probleem is dat
daar geen rokery toegelaat moet word in
enige restourant nie. Dit is wat Ottawa
se munisipaliteit 'n jaar of wat gelede
ingebring het, en alhoewel die restourante
aanvanklik getjank het, is daar geen teken
dat hulle 'n verlies aan klante het nie.
Die teendeel is waar. Mense wat in die ou
dae nie na publieke plekke met hulle kinders
wou gaan as gevolg van die rokery nie, gaan
nou in groter getalle uit om te eet.
Nou moet ons nog net doen wat Kalifornië
doen: dat mense glad nie buite in die openbaar
kan rook nie. Dan sal ons die dampe verwyder wat
nou om al ons publieke geboue is. Een van die dae
dagvaar ek die hospitaal waar ek moet ingaan deur
die krytdampe van die rokers.
Ek hoop julle Minister van Gesondheid het die
guts om die leiding van Kalifornië te volg.

Gloudina
Re: Oor rook en feite [boodskap #63307 is 'n antwoord op boodskap #63303] So, 09 Junie 2002 05:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter..

> Maar ek pes die bleddie rookwet. Om 'n paar redes. Ek lys van hulle.
>
> 1. Dit plaas 'n groot demper op die besigheid van restaurante>
> 2. 'n Ekstra las op besigheid verhoog pryse en vernietig werk. >
> 3. Rook in restaurante het my nog nooit gepla nie. >
> 3. SA het 'n onlangse geskiedenis van wette op die wetboek wat nie
> toegepas word nie.

Punt 5: Indien die anti-rook campaign suksesvol is sal dit miljoene uit die
staatskas haal - belasting op rookgoed is hemel hoog. Dit beteken
persoonlike belasting sal verhoog. Die rokers se stink gewoonte spaar ons
geld - ek se laat die rokies rustig trek terwyl ek smile bank toe.

Hantam
Re: Oor rook en feite [boodskap #63314 is 'n antwoord op boodskap #63303] So, 09 Junie 2002 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Sat, 8 Jun 2002 23:42:49 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Jammer Johan, maar dis nie feite nie. Baie min mense gaan amptelik
> aan vigs dood, hulle sterf van longontsteking, karsinome,
> nierversaking, ens. Die syfers wat jy noem is bloot ingeligte spekulasie.
> Ek het toegang tot die eenheid wat daardie navorsing doen. As jy
> belangstel om jou bron(ne) en die detail te gee, sal ek die nodige
> gate daarin skiet.

Ju klink nou net soos Thabo. Waarom verklaar ons rook nie as 'n
sindroom nie, en dan is ons mos skoon van enige blaam. Baie mense gaan
van ouderdom dood....ekskuus, long onsteking, hart versaking ens.

Hou op semantiek speel. Rook is nie 'n gesondheidspil nie en dit is
nadelig virl jou gesondheid.

> Jy noem ook nie dat gewelddadige sterftes as ongelukke geklassifiseer
> word nie. Daar sterf baie meer mense van messteke, ens. as van
> nywerheids-en huishoudelike ongelukke saam. Maar dit het eintlik
> niks met die prys van eiers te doen nie.

Dit hang af van jou steekproef. In gegoede samelewings waar mense meer
sigarette rook as in arm plekke (dis 'n feit) is daar minder messteke.
Vir eenvoudigheid het ek net die gegoede samelewings se statistieke
beskryf. As jy op die hele storie wil ingaan, dan doen ek dit.

> Wouter
> Weereens is dit nie feite nie. Blote spekulasie. Want niemand in die
> hele wye wêreld het al wetenskaplike bewyse gebring dat tabak
> enige van daardie siektes veroorsaak nie. Daar is baie sterk
> anekdotiese "bewyse", maar geen empiriese bewyse bestaan nie.

> Alhoewel die getuienis oorweldigend is dat rook wel 'n bydraende
> faktor is, is daar GEEN wetenskaplike bewys dat rook dit
> veroorsaak nie. Om dus al daardie siektes as tabaksiektes te
> klassifiseer is idioties, dit wys bloot 'n hewige vooroordeel en
> disrespek vir die waarheid.

Jy trek 'n salaris van British American Tobacco af, nie so nie? Wil jy
nou rerig vir my sê ons kan nie op hierdie stadium sterk gevolgtrekke
trek nie. Ek noem nie eers die hunderde (nie 'n tikfout nie) direkte
wetenskaplike bewyse dat rook ongesond is nie. Baie van hierdie
navorsing kom van tabakmaatskappye af en hulle het dit vir dekades
weggesteek.

> En om dit voorkombaar te noem is nog 'n groter grap, daarvoor is daar nog minder bewys.
> Inteendeel, dit sal makliker bewys kan word dat jou sommige
> van daardie sterftes nie rookverwant kan wees nie

OK Wouter, waarom vreet, rook en drink jy nie soos 'n regte plaasvark
vir drie jaar nie. Daarna doen ons 'n inspeksietjie op jou gesondheid
en sien of mense nog steeds lus is vir varkvleis?

> Daar is toevallig ook sterk anekdotiese getuienis dat matige rook
> heilsaam is vir mense in hoë-stres beroepe. En dat selfs oormatige
> rook vir sulkes beter is as om nie te rook nie.

Aag snert man. Wat is "heilsaam"? Dat hulle beter voel na 'n sigaret?
Tot watter ouderdom gaan hulle aanhou om "heilsaam" te voel? As hulle
emfiseem het maar nie gestres voel nie? Ja ja, Weetbix is "heilsaam"
volgens die boksie maar sigarette? Ek huil saam met jou.

> Ek het nie 'n probleem as jy teen rook wil lobby nie. Maar ek het
> 'n probleem as jy spekulasie hier as feite kom aanbied. Veral as jy
> as 'n nuweling hier dit so aggressief doen. Ek laaik dit nie, en as jy
> dit met my ook probeer, is dit waarskynlik die einde van hierdie
> gesprek van my kant af.

O, nou is ou manne hier wat agter skuilname skuil beter burgers of
rec.soc.skuilnaam? Aggressie is heilsaam in forse debatte en ek gee
nie om of jy dit laaik of nie. Verder, moet my nie dreig met wegbly
nie. Ek laaik dit nie.

> Ek lei uit die onbeskofte wyse waarmee jy met Rosie gesels af dat jy
> nie sal belangstel of ek rook nie. Vir die rekord, want jy is nie al wat
> hier lees nie, ek het 19 jaar gelede opgehou rook.

Rosie sluipskiet op my en as ek haar konfronteer dan was die skoot nie
eintlik op my gemik nie - pruimbek ens. Ek het nie 'n saak of jy rook
of nie. My punt is dat mense altyd hulle rokersstatus probeer gebruik
as een of ander versagtende omstandigheid vir hulle standpunt.

> Maar ek pes die bleddie rookwet. Om 'n paar redes. Ek lys van hulle.
>
> 1. Dit plaas 'n groot demper op die besigheid van restaurante, ens.
> Hulle moet onkostes aangaan om rookareas af te sonder en hulle
> winsgewendheid daal. Dit beteken ek gaan meer betaal om daar
> te eet en drink. En daar is reeds van hulle aan die toemaak, omdat
> hulle nie meer winsgewend is as gevolg van die rookwet nie. So nou
> gaan ek langer wag om 'n plek te kry en meer betaal. Ek laaik dit nie

Snert. Wereldwyd het restaurante en kroee" net beter gedoen na streng
rookwette toegepas is. Daar is baie feite, veral in Kalifornie waar
die regering die BTW belastings invorderings voor en na as 'n maatstaf
gebruik het. Ongelukkig het die Dept van Gesondheid hier nie toegant
tot BTW inligting nie. Nie dat dit hier iets sal bewys nie, miskien
selfs jou standpunt staaf. Ongelukkig het die rookwet in 2000 ingekom
net to Lotto, selfone en casinos mense se geld begin eet het. Hulle
het toe opgehou kos koop, vakansies neem ens. Jy behoort die hele
storie te onthou, dit was 'n groot kleinhandelskok vir die hele
sektor, nie net restourante nie. Ongelukkig het die anti-wet lobbie
dit toe gebruik.

> 2. 'n Ekstra las op besigheid verhoog pryse en vernietig werk. Ons het
> dit nie nodig in SA nie. Ek laaik dit nie.

Watse ekstra las of besigheid? Ek verstaan nie hoe 'n paar Moenie Rook
signs die besigheid belas nie?

> 3. Rook in restaurante het my nog nooit gepla nie.

Hoorah vir jou. Ander mense haat dit, ek ingesluit.

> Die restaurante se lugreëling, ens was grootliks ingerig om dié wat wel rook te
> hanteer en ek kon sit waar ek wil.
Snert, lugreelings was ingerig om lug (insluitende rook) te sirkuleer
en elke 2 minute of so te vervang met ander rookbesoedelde lug.

> Nou word die rokersgedeeltes afgesluit en so donker gerook dat dit nie meer vir my aanvaarbaar
> is nie. Dit beteken dat ek soms moet wag vir 'n plek in die
> nie-rook deel terwyl daar plek in die rokersdeel is. Ek besef ek is
> waarskynlik bietjie van 'n uitsondering hiermee, maar ek laaik dit nie.

Jy's sommer laf. Eers sê jy vir my jy het donkiejare gelede opgehou
rook en nou vertel jy my jy staan tou om in donker, toegerookte
afskortings te sit. Moet ons jou rerig ernstig opvat of is dit 'n gly
van die sleutelbord?

> 3. SA het 'n onlangse geskiedenis van wette op die wetboek wat nie
> toegepas word nie.

Dis waar, maar moet ons ophou wette maak? Ry eerder stadiger, moenie
jou rommel in die rivier gooi nie, moeinie praat en bestuur nie en
moenie ander mense met rewolvers skiet nie. Stel 'n voorbeeld.

> Die rookwet het 'n klomp belaglike bepalings
> wat nooit algemeen toegepas sal kan word nie. Dit verhoog die
> algemene disrespek wat daar in ons land vir die wetboek is, en dit
> gaan wyer as die rookwet. In 'n land waar misdaadbekamping ons erns
> behoort te wees, is dit 'n imbesiele stuk wetgewing. Die prys is te
> hoog.

Noem asb vir my die belaglike bepalings? Die nuwe wet het 5
bepalings., Weet jy ooit wat hulle is?

> Ek beskou die nuwe rookwet as 'n ondeurdagte en onbesonne stuk
> wetgewing, wat 'n ontwikkelende land soos SA nie kan bekostig nie.

Jy maak 'n fout. Ons kan nie bekostig om nou mal te gaan met
onontwikkelde mense se gesondheid en dit dan 15 jaar later op die
staat se gesondheidstelsel probeer laai nie. Dis juis 'n onontwikkelde
land wat dit nie kan bekostig dat tabakmaatskappye nou jong mense
aanwerf vir verslawing nie.

> Dit was wat my betref 'n ego-trip van minister Zuma, en gaan baie
> meer nadele as voordele bring.

Kyk, Zuma is nou nie eintlik Dale Carnegie nie, maar dit is een van
die beste moves wat enige Suid Afrikaanse gesondheidsministers ooit
gemaak het.

Johan Bornman
Re: Oor rook en feite [boodskap #63315 is 'n antwoord op boodskap #63307] So, 09 Junie 2002 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

Nog 'n anonieme en ongeligte skoot, die keer van "Hantamkind" wat
agter Yahoo wegkruip.

> Punt 5: Indien die anti-rook campaign suksesvol is sal dit miljoene uit die
> staatskas haal - belasting op rookgoed is hemel hoog. Dit beteken
> persoonlike belasting sal verhoog. Die rokers se stink gewoonte spaar ons
> geld - ek se laat die rokies rustig trek terwyl ek smile bank toe.

Kyk Hamtand, jy het die kat aan die stert beet. Tabaksiektes kos die
staat 11 (elf) keer meer in die gesondheids department as wat Trevor
Manuel invorder. Teoreties, as ons tabak afskaf, kry Trevor minder
geld maar hy sal so baie kan spaar dat hy vir ons almal Vrydae roomys
kan koop.

En jy dink hulle (rokers) spaar jou geld. Dink weer. Hulle kos jou
geld in:
1) belasting (sien bo)
2) Lewensversekering
3) Mediese versekering.
4) Skoonmaak
5) Sjampoe en seep.

Word wakker en hou op om British American Tobacco se sluipskutter te
wees.

Johan Bornman
Re: Oor rook en feite [boodskap #63317 is 'n antwoord op boodskap #63315] So, 09 Junie 2002 07:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
He he he neem 'n chil-pil Johan. Jou kort humeur gaan jou doodmaak voor die
tabak jou gaan beetkry. Jy het duidelik nie die tong-in-kies-gesien nie.

Wouter, as jy nou weer giggel stuur ek jou uit die klas uit...

Hantam.

Johan Bornman
> Nog 'n anonieme en ongeligte skoot, die keer van "Hantamkind" wat
> agter Yahoo wegkruip.
>
>> Punt 5: Indien die anti-rook campaign suksesvol is sal dit miljoene uit die
>> staatskas haal - belasting op rookgoed is hemel hoog. Dit beteken
>> persoonlike belasting sal verhoog. Die rokers se stink gewoonte spaar ons
>> geld - ek se laat die rokies rustig trek terwyl ek smile bank toe.
>
>
> Kyk Hamtand, jy het die kat aan die stert beet. Tabaksiektes kos die
> staat 11 (elf) keer meer in die gesondheids department as wat Trevor
> Manuel invorder. Teoreties, as ons tabak afskaf, kry Trevor minder
> geld maar hy sal so baie kan spaar dat hy vir ons almal Vrydae roomys
> kan koop.
>
> En jy dink hulle (rokers) spaar jou geld. Dink weer. Hulle kos jou
> geld in:
> 1) belasting (sien bo)
> 2) Lewensversekering
> 3) Mediese versekering.
> 4) Skoonmaak
> 5) Sjampoe en seep.
>
> Word wakker en hou op om British American Tobacco se sluipskutter te
> wees.
>
> Johan Bornman
Re: Oor rook en feite [boodskap #63318 is 'n antwoord op boodskap #63307] So, 09 Junie 2002 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Die toerismebedryf in Suid-Afrika stem saam met Hantamkind en Wouter
Plaasvark. Die oorsese toeriste maak die meeste beswaar teen die plaaslike
wetgewing en dit klap die plaaslike bedryf hard.

In 'n onlangse gesprek met 'n SATOUR- beampte is genoem dat die wet hersien
gaan word. Meer toegewings. Daar word beoog om meer ruimte vir rokers toe te
laat, ens.

"Hantamkind" skryf in boodskap news:WyBM8.277010$o66.715918@news-server.bigpond.net.au...
>
> Wouter..
>
>> Maar ek pes die bleddie rookwet. Om 'n paar redes. Ek lys van hulle.
>>
>> 1. Dit plaas 'n groot demper op die besigheid van restaurante>
>> 2. 'n Ekstra las op besigheid verhoog pryse en vernietig werk. >
>> 3. Rook in restaurante het my nog nooit gepla nie. >
>> 3. SA het 'n onlangse geskiedenis van wette op die wetboek wat nie
>> toegepas word nie.
>
> Punt 5: Indien die anti-rook campaign suksesvol is sal dit miljoene uit die
> staatskas haal - belasting op rookgoed is hemel hoog. Dit beteken
> persoonlike belasting sal verhoog. Die rokers se stink gewoonte spaar ons
> geld - ek se laat die rokies rustig trek terwyl ek smile bank toe.
>
> Hantam
>
Re: Oor rook en feite [boodskap #63322 is 'n antwoord op boodskap #63318] So, 09 Junie 2002 08:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek's verwonderd dat oorsese toeriste kla. In België is daar ook rookvrye
ruimtes in restourante en jy mag nie rook in openbare geboue - in skole is
daar aparte ruimtes vir rokers. In treine ook, maar hulle beplan om dit oor
een of twee jaar (ek kan nie onthou of dit een of twee is nie) heeltemal te
verbied. Die Europese lynvlugte is heeltemal rookvry en ek glo na Amerika
toe ook. Ek weet nie van Afrika nie. Ek volg dit nie regtig nie, want ek
rook nie dus hoef ek my nie daaroor te bekommer nie.
Maar ek sal eerder beswaar maak teen 'n roker naas my in 'n restourant as
teen 'n anti-rookwet.
Hilda.

"Rosie" skryf in boodskap news:adv1uu$m9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die toerismebedryf in Suid-Afrika stem saam met Hantamkind en Wouter
> Plaasvark. Die oorsese toeriste maak die meeste beswaar teen die plaaslike
> wetgewing en dit klap die plaaslike bedryf hard.
Re: Oor rook en feite [boodskap #63327 is 'n antwoord op boodskap #63318] So, 09 Junie 2002 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Rosie wrote:

> Die toerismebedryf in Suid-Afrika stem saam met Hantamkind en Wouter
> Plaasvark. Die oorsese toeriste maak die meeste beswaar teen die plaaslike
> wetgewing en dit klap die plaaslike bedryf hard.

Iemand lieg hier. Ek sou dink dat toeriste
uit Noord-Amerika die rokery meer en meer
aanstootlik sal vind nadat hulle aan die
skoner lug gewoond is. En nog NOOIT, NOOIT
is daar enigsins deur enige toerisme-bedryf
hier aangevoer dat toeriste nie meer Kanada toe
wil kom omdat hulle nie hier kan rook nie.
Toeriste van alle lande oorstroom Ottawa, en
hier mag jy in geen gebou rook nie.

Gloudina
Re: Oor rook en feite [boodskap #63334 is 'n antwoord op boodskap #63304] So, 09 Junie 2002 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter:
> Daar is toevallig ook sterk anekdotiese getuienis dat matige rook
> heilsaam is vir mense in hoë-stres beroepe. En dat selfs oormatige
> rook vir sulkes beter is as om nie te rook nie.

Gloudina
Ek daag vir jou uit om hierdie bewering van jou te bewys.

Wouter
Dalk verstaan jy nie die term anekdotiese getuienis nie, Gloudina?
Dit impliseer dat daar nie bewyse is nie, bloot omstandighede
wat dit (dalk mag) staaf. Jy kan my nie uitdaag om iets te
bewys waarvoor daar geen bewys is nie, have a heart. :-)
Bewys jy eerder dis nie waar nie...

My stelling was bloot dat daar getuienis is dat matige rook
heilsaam kan wees, niks meer nie, beslis geen bewyse nie.
Vir bewyse het 'n mens kontrolegroepe nodig in
laboratoriumtoestande en dis nie haalbaar met rokers in die
algemeen en veral nie met mense in hoë-stres beroepe nie.

Maar daar is seker so 25 jaar gelede 'n interessante boek
gepubliseer deur 'n Australiese mediese dokter. Die boek se
naam is "Smoking is good for you", as ek reg onthou. Die
skrywer se naam ken ek nie meer nie. Ek stem nie met alles
saam wat die ou skryf nie, maar dit laat jou dink en dit maak
jou gedagtes oop vir alternatiewe. Die boek het destyds baie
media-aandag getrek, met die gewone beskuldiging dat hy
deur tabakmaatskappye betaal is om dit te skryf. Soos wat
JohanB met my en ander hier doen wanneer sy "feite" as
bespiegelings uitgewys word.

Die skrywer maak onder andere 'n vergelyking met staatshoofde
van die belangriker lande in die eerste deel van die 19de eeu. Dis
tog duidelik 'n hoë-stres beroep, die betrokke lande was basies
almal in oorloë betrokke. Omtrent sonder uitsondering het die
staatshoofde wat gerook het, hoë ouderdomme behaal, selfs
dié soos Churchill wat oormatig gerook het. Die vroeë sterftes
was basies almal by nie-rokers. Dit bewys niks, maar dit laat 'n
mens dink oor die moontlike redes. Daar is ook verdere
soortgelyke anekdotes ten opsigte van ander beroepe in die boek,
wat die skrywer se punt ondersteun.

Maar as medikus waarsku hy oor die gevaar van te veel rook,
as ek reg onthou beskou hy 5 per dag as die grens vir
"heilsame" rook en 10 of meer per dag as die gevaarsone.

Wat my betref is die anekdotiese getuienis oor die gevare van
rook so oorweldigend dat 'n mens dit moet aanvaar. Maar dit
bly spekulatief van aard. En daarom moet 'n mens ook
getuienis tot die teendeel oorweeg, selfs al geld dit net selektief.

Ek self sal nie weer rook nie, ek beskou dit as 'n morsige
gewoonte. Maar ek het vrede met ander wat dit doen.
En ek pes die histeriese en onwetenskaplike manier waarop
die anti-rook brigade "feite" interpreteer om hulle agenda te
ondersteun.
Re: Oor rook en feite [boodskap #63335 is 'n antwoord op boodskap #63327] So, 09 Junie 2002 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Rosie wrote:
> Die toerismebedryf in Suid-Afrika stem saam met Hantamkind en Wouter
> Plaasvark. Die oorsese toeriste maak die meeste beswaar teen die plaaslike
> wetgewing en dit klap die plaaslike bedryf hard.

Gloudina
Iemand lieg hier. Ek sou dink dat toeriste
uit Noord-Amerika die rokery meer en meer
aanstootlik sal vind nadat hulle aan die
skoner lug gewoond is.

Wouter
Jy sê iemand lieg, maar dis nie noodwendig so nie. Ek het nie
syfers nie, maar minstens in die Kaap is die groot toename in toeriste
uit Suid Amerika. Dis gerieflik en goedkoop vir hulle. En onder dié
van hulle wat ek hier in die Waterfront, ens sien is daar baie rokers.

Toerisme uit Noord-Amerika is nie 'n groot storie hier by
ons nie, Gloudina. Ek sien selfs meer Asiatiese toeriste as
Amerikaners hier. En hulle is oor die algemeen nie rookbeperkings
gewoond nie. Hulle kultuur is egter nie om te kla nie, dié wat
nie daarvan hou nie, kom bloot nie weer nie.

In my omgewing het ek toegang tot die boeke van twee
restaurante/kroeë. Albei het 'n groot daling in omset gehad
wat jy moeilik aan iets anders as die rookwet kan toeskryf.
Een van hulle is nie meer winsgewend nie en is verkoop. Ons
sal maar moet sien of die nuwe eienaar kan oorleef.
Re: Oor rook en feite [boodskap #63336 is 'n antwoord op boodskap #63334] So, 09 Junie 2002 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Dalk verstaan jy nie die term anekdotiese getuienis nie, Gloudina?
> Dit impliseer dat daar nie bewyse is nie

> My stelling was bloot dat daar getuienis is dat matige rook
> heilsaam kan wees

> Wat my betref is die anekdotiese getuienis oor die gevare van
> rook so oorweldigend dat 'n mens dit moet aanvaar.

Aai rest maai kys.

Gloudina
Re: Oor rook en feite [boodskap #63339 is 'n antwoord op boodskap #63315] So, 09 Junie 2002 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johan Bornman
Kyk Hamtand, jy het die kat aan die stert beet. Tabaksiektes kos die
staat 11 (elf) keer meer in die gesondheids department as wat Trevor
Manuel invorder. Teoreties, as ons tabak afskaf, kry Trevor minder
geld maar hy sal so baie kan spaar

Wouter
Daar is nie so 'n ding soos 'n tabaksiekte nie. Daar is geen
wetenskaplike bewyse dat tabak siektes veroorsaak nie en 'n
mens weet nie hoeveel die siektes sou verminder as jy tabak
kan uitskakel nie. En jy kan ook nie tabak met wetgewing
uitskakel nie, dit het byvoorbeeld nie dagga uitgeskakel nie.
Jy verhoog bloot die prys deur dit te verbied.

En ek glo ook nie jou 11 keer nie, daardie syfers bestaan nie.
Hospitaalkoste is 'n provinsiale begrotingsitem en die Dept
gesondheid beskik nie oor syfers oor op watter siektes die
geld bestee is nie. Meer waarskynlik spekulasie van een of
ander freak?

Johan
En jy dink hulle (rokers) spaar jou geld. Dink weer. Hulle kos
jou geld in:
1) belasting (sien bo)

Wouter: Blote spekulasie
Dis wel waar dat die aksyns op tabak nie 'n groot komponent
van staatsinkomste is nie, die rede vir die hoë belasting is meer
om dit te ontmoedig. Ongelukkig word al hoe meer van daardie
belasting ontduik deur sigarette via buurstate in te smokkel.

2) Lewensversekering

Wouter: Onwaar. Rokers betaal meer vir versekering as ander
en finansier hulle eie versekering. Die hoofrede vir die hoër
premies is dat rokers meer in ongelukke sterf. Maar jy sal
dit nie weet nie en ook nie wil hoor nie, want dit pas nie jou
argument nie. Maar dis waar, ek was persoonlik gemoeid
met navorsing hieroor.

3) Mediese versekering.

Wouter: Waarskynlik reg, maar onbewysbaar.

4) Skoonmaak
5) Sjampoe en seep.

Wouter: My maaind boggels oor die ekstra koste hiervan :-)
Re: Oor rook en feite [boodskap #63340 is 'n antwoord op boodskap #63305] So, 09 Junie 2002 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Maar ek pes die bleddie rookwet. Om 'n paar redes. Ek lys van hulle.
> 1. Dit plaas 'n groot demper op die besigheid van restaurante, ens.
> Hulle moet onkostes aangaan om rookareas af te sonder en hulle
> winsgewendheid daal. Dit beteken ek gaan meer betaal om daar
> te eet en drink. En daar is reeds van hulle aan die toemaak, omdat
> hulle nie meer winsgewend is as gevolg van die rookwet nie. So nou
> gaan ek langer wag om 'n plek te kry en meer betaal. Ek laaik dit nie

Gloudina
Die oplossing van hierdie probleem is dat
daar geen rokery toegelaat moet word in
enige restourant nie. Dit is wat Ottawa
se munisipaliteit 'n jaar of wat gelede
ingebring het, en alhoewel die restourante
aanvanklik getjank het, is daar geen teken
dat hulle 'n verlies aan klante het nie.
Die teendeel is waar.

Wouter
Nie by ons nie. Daar is heelwat restaurante wat teen
laer pryse te koop is of wat onderdeur is. 'n Voorbeeld
is op hierdie webadvertensie vir 'n restaurant wat tans in
die mark is :
http://www.aldes.co.za/dbnho%203329.htm
"The average monthly turnover is R107 771 - this was calculated
over a period of 11 months. The turnover was greatly affected during
February / March 2001 when the anti smoking law came into effect.
The owner rectified this by putting in a pub / smoking area."

Die mense moes óf koste aangaan om 'n afgeskorte rokersgedeelte
te voorsien of kwyn. Hier is nog baie mense wat rook. En as daar
net een in 'n groep is wat rook, dan gaan hulle elders.
Re: Oor rook en feite [boodskap #63341 is 'n antwoord op boodskap #63339] So, 09 Junie 2002 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Rokers betaal meer vir versekering as ander
> en finansier hulle eie versekering. Die hoofrede vir die hoër
> premies is dat rokers meer in ongelukke sterf. Maar jy sal
> dit nie weet nie en ook nie wil hoor nie, want dit pas nie jou
> argument nie. Maar dis waar, ek was persoonlik gemoeid
> met navorsing hieroor.

Dis baie interessant. Hoekom sterf meer
rokers in ongelukke as nie-rokers?

Gloudina
Re: Oor rook en feite [boodskap #63342 is 'n antwoord op boodskap #63340] So, 09 Junie 2002 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Die mense moes óf koste aangaan om 'n afgeskorte rokersgedeelte
> te voorsien of kwyn. Hier is nog baie mense wat rook. En as daar
> net een in 'n groep is wat rook, dan gaan hulle elders.

Soos ek vantevore gesê het: die oplossing
is om geen rook in enige gebou toe te laat
nie. As jy nou in 'n restourant in Ottawa
inloop, kan jy enige plek sit. Daar is
eenvoudig nie meer asbakkies op die tafels
nie.
Ons het wel een interessante eksperiment
hier, so lees ek die ander dag in die koerant.
'n Kroegeienaar wil 'n ding met plastiek oprig
wat in sy oë dan "buitekant" sal wees, maar
die klante tog teen die wind en die weer
beskerm. Maar hy is 'n geveg met die Munisipa-
liteit oor hoeveel dit "buite" is en hoeveel
dit maar net 'n glorified kroeg is. Die
Munisipaliteit staan vas: GEEN rook in enige
publieke plek nie. Dan word almal oor dieselfde
kam geskeer. Hierdie hokkies vir rokers is uit
die bose.

Gloudina
Re: Oor rook en feite [boodskap #63344 is 'n antwoord op boodskap #63322] So, 09 Junie 2002 15:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hilda
Ek's verwonderd dat oorsese toeriste kla. In België is daar ook
rookvrye ruimtes in restourante

Wouter
Maar is dit fisies afgeskort, Hilda? Ons het ook in die meeste
restaurante rookvrye gedeeltes gehad, maar nou moet jy 'n muur
of glaspartisie tussen die rokers en die res bou. Dis waarteen ek
dit het, nie teen aparte nie-rook areas nie
Re: Oor rook en feite [boodskap #63345 is 'n antwoord op boodskap #63344] So, 09 Junie 2002 15:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Hilda
> Ek's verwonderd dat oorsese toeriste kla. In België is daar ook
> rookvrye ruimtes in restourante
>
> Wouter
> Maar is dit fisies afgeskort, Hilda? Ons het ook in die meeste
> restaurante rookvrye gedeeltes gehad, maar nou moet jy 'n muur
> of glaspartisie tussen die rokers en die res bou. Dis waarteen ek
> dit het, nie teen aparte nie-rook areas nie

Katryn
Ek wens so hulle wil dit hier by ons ook so doen. Daardie
glaspartisie maak soveel sin.
Dit gaan nog 'n hele ruk neem voordat die algemene samelewing die hele
anti-rook ding aanvaar. Kyk maar hoe lank het dit hier in Amerika
geneem (en nogsteeds neem). Die meeste (en ek veralgemeen nou
vreeslik), mense wat nog rook hier in Amerika is of die jong studente
wat rebels is, of die armer, ongeskooldes. Dis nie juis meer sosiaal
aanvaarbare gedrag om te rook in hierdie samelewing (USA), nie.
Re: Oor rook en feite [boodskap #63346 is 'n antwoord op boodskap #63314] So, 09 Junie 2002 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter aan Johan
Die verskil tussen ons is dat jy met 'n lobby besig is en ek nie. Ek het nie
'n beginselprobleem met skoner lug of anti-rookwetgewing nie en sou verkies
om die voor- en nadele te debatteer. Ek het wel 'n probleem met die impak
van die spesifieke wetgewing wat ons het.

Maar jou styl maak dit onmoontlik om 'n gebalanseerde gesprek te voer, jy
gaan op 'n tangent as jy uit argumente raak en maak valse opmerkings soos:
"Jy klink nou net soos Thabo. Waarom verklaar ons rook nie as 'n sindroom
nie" en "Jy trek 'n salaris van British American Tobacco af, nie so nie?".

Op die ng kan 'n mens kies met wie jy debatteer en wie nie, en ek hou nie
van jou styl nie. Soos Hantamkind ook sê, chill out, man.

Ek los die hele boodskap hier onder, maar reageer net selektief. Net soos
jy hoogs selektief op my boodskap gereageer het. Jy sê niks oor die
onwetenskaplikheid van wat jy "feite" genoem het nie en ek aanvaar
dat jy nou saamstem dat dit blote spekulasie is

-------------

> W: Nou word die rokersgedeeltes afgesluit en so donker
> gerook dat dit nie meer vir my aanvaarbaar
> is nie. Dit beteken dat ek soms moet wag vir 'n plek in die
> nie-rook deel terwyl daar plek in die rokersdeel is.

J: Jy's sommer laf. Eers sê jy vir my jy het donkiejare gelede
opgehou rook en nou vertel jy my jy staan tou om in donker,
toegerookte afskortings te sit. Moet ons jou rerig ernstig opvat
of is dit 'n gly van die sleutelbord?

Wouter
Dis eerder iets in jou kop wat gegly het? Ek sê ek moet vir
die *nie-rook deel* wag omdat die rokersgedeelte nou afgesluit
moet wees. Voor die wetgewing, toe rokersgedeeltes nog vrywillig
geskei en oop was, het ek nie 'n probleem gehad met die
rokersdeel nie. Nou het ek nêrens waar ek gemaklik saam met
rokers kan gaan eet nie.

-----------------------

J: In gegoede samelewings waar mense meer sigarette rook
as in arm plekke (dis 'n feit) is daar minder messteke.

Wouter
Jy het duidelik nie 'n kloe nie. Die omgekeerde is waar,
mense met hoë inkomstes in SA rook minder en leef
langer as armes. My bron is landwye versekeringstatistiek
oor veertig jaar, wat is joune?

--------------------

> 2. 'n Ekstra las op besigheid verhoog pryse en vernietig werk. Ons het
> dit nie nodig in SA nie. Ek laaik dit nie.

J: Watse ekstra las of besigheid? Ek verstaan nie hoe 'n paar
Moenie Rook signs die besigheid belas nie?

Wouter
Jy gee voor om die wet te ken? Ek praat van die koste van 'n aparte
afgeskeide rokersdeel. Die fisiese koste en die verlies aan aantal
tafels en hoër bedieningskoste. Of die verlies aan omset as jy
rokers verbied, hulle en die wat saam met hulle kuier gaan
dan elders. Beide kos derduisende

--------------------

> W: Dit verhoog die algemene disrespek wat daar in ons land vir
> die wetboek is, en dit gaan wyer as die rookwet. In 'n land
> waar misdaadbekamping ons erns behoort te wees, is dit 'n
> imbesiele stuk wetgewing. Die prys is te hoog.

J: Noem asb vir my die belaglike bepalings? Die nuwe wet het 5
bepalings., Weet jy ooit wat hulle is?

Wouter
Noem jy hulle gerus. Ek verwys onder meer na die verbod op rook in
openbare plekke. (Behalwe in rookareas wat deur soliede partisies
geskei is.) In die massiewe Velodrome hier naby ons mag niemand
nou meer by daglange sportbyeenkomste, vlooimarkte of expo's rook
nie. Maar in die praktyk rook die wat wil lustig voort. En in die kantoor
langs my rook my kollega as hy so voel. Dit pla my nie en ook
niemand anders nie. Maar dis nou onwettig, hy is nou 'n krimineel.
Daar is geen manier waarop die wet op hom toegepas kan word as
niemand kla nie, en ons gaan ook nie kla nie omdat ons dink dat dit
'n simpel wet is. Al wat verander het is dat ons nou nog minder
respek vir SA se wette het.

------------------

J: Dis juis 'n onontwikkelde land wat dit nie kan bekostig dat
tabakmaatskappye nou jong mense aanwerf vir verslawing nie.

Wouter
Ek verskil baie sterk hiervan. Die suksesvolle ontwikkelende
lande (veral in die Ooste) konsentreer op besigheidsbevordering
en steur hulle later aan omgewingskwessies. As ons anders
optree gaan ons die verloorders wees, want ons ekonomie
gaan nooit kan kompeteer met ander ontwikkelendes nie.
En dan help al jou mooi wette jou niks.

wrote in message
news:3d02f8c6.1232291@news.icon.co.za...
On Sat, 8 Jun 2002 23:42:49 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Jammer Johan, maar dis nie feite nie. Baie min mense gaan amptelik
> aan vigs dood, hulle sterf van longontsteking, karsinome,
> nierversaking, ens. Die syfers wat jy noem is bloot ingeligte spekulasie.
> Ek het toegang tot die eenheid wat daardie navorsing doen. As jy
> belangstel om jou bron(ne) en die detail te gee, sal ek die nodige
> gate daarin skiet.

Ju klink nou net soos Thabo. Waarom verklaar ons rook nie as 'n
sindroom nie, en dan is ons mos skoon van enige blaam. Baie mense gaan
van ouderdom dood....ekskuus, long onsteking, hart versaking ens.

Hou op semantiek speel. Rook is nie 'n gesondheidspil nie en dit is
nadelig virl jou gesondheid.

> Jy noem ook nie dat gewelddadige sterftes as ongelukke geklassifiseer
> word nie. Daar sterf baie meer mense van messteke, ens. as van
> nywerheids-en huishoudelike ongelukke saam. Maar dit het eintlik
> niks met die prys van eiers te doen nie.

Dit hang af van jou steekproef. In gegoede samelewings waar mense meer
sigarette rook as in arm plekke (dis 'n feit) is daar minder messteke.
Vir eenvoudigheid het ek net die gegoede samelewings se statistieke
beskryf. As jy op die hele storie wil ingaan, dan doen ek dit.

> Wouter
> Weereens is dit nie feite nie. Blote spekulasie. Want niemand in die
> hele wye wêreld het al wetenskaplike bewyse gebring dat tabak
> enige van daardie siektes veroorsaak nie. Daar is baie sterk
> anekdotiese "bewyse", maar geen empiriese bewyse bestaan nie.

> Alhoewel die getuienis oorweldigend is dat rook wel 'n bydraende
> faktor is, is daar GEEN wetenskaplike bewys dat rook dit
> veroorsaak nie. Om dus al daardie siektes as tabaksiektes te
> klassifiseer is idioties, dit wys bloot 'n hewige vooroordeel en
> disrespek vir die waarheid.

Jy trek 'n salaris van British American Tobacco af, nie so nie? Wil jy
nou rerig vir my sê ons kan nie op hierdie stadium sterk gevolgtrekke
trek nie. Ek noem nie eers die hunderde (nie 'n tikfout nie) direkte
wetenskaplike bewyse dat rook ongesond is nie. Baie van hierdie
navorsing kom van tabakmaatskappye af en hulle het dit vir dekades
weggesteek.

> En om dit voorkombaar te noem is nog 'n groter grap, daarvoor is daar nog minder bewys.
> Inteendeel, dit sal makliker bewys kan word dat jou sommige
> van daardie sterftes nie rookverwant kan wees nie

OK Wouter, waarom vreet, rook en drink jy nie soos 'n regte plaasvark
vir drie jaar nie. Daarna doen ons 'n inspeksietjie op jou gesondheid
en sien of mense nog steeds lus is vir varkvleis?

> Daar is toevallig ook sterk anekdotiese getuienis dat matige rook
> heilsaam is vir mense in hoë-stres beroepe. En dat selfs oormatige
> rook vir sulkes beter is as om nie te rook nie.

Aag snert man. Wat is "heilsaam"? Dat hulle beter voel na 'n sigaret?
Tot watter ouderdom gaan hulle aanhou om "heilsaam" te voel? As hulle
emfiseem het maar nie gestres voel nie? Ja ja, Weetbix is "heilsaam"
volgens die boksie maar sigarette? Ek huil saam met jou.

> Ek het nie 'n probleem as jy teen rook wil lobby nie. Maar ek het
> 'n probleem as jy spekulasie hier as feite kom aanbied. Veral as jy
> as 'n nuweling hier dit so aggressief doen. Ek laaik dit nie, en as jy
> dit met my ook probeer, is dit waarskynlik die einde van hierdie
> gesprek van my kant af.

O, nou is ou manne hier wat agter skuilname skuil beter burgers of
rec.soc.skuilnaam? Aggressie is heilsaam in forse debatte en ek gee
nie om of jy dit laaik of nie. Verder, moet my nie dreig met wegbly
nie. Ek laaik dit nie.

> Ek lei uit die onbeskofte wyse waarmee jy met Rosie gesels af dat jy
> nie sal belangstel of ek rook nie. Vir die rekord, want jy is nie al wat
> hier lees nie, ek het 19 jaar gelede opgehou rook.

Rosie sluipskiet op my en as ek haar konfronteer dan was die skoot nie
eintlik op my gemik nie - pruimbek ens. Ek het nie 'n saak of jy rook
of nie. My punt is dat mense altyd hulle rokersstatus probeer gebruik
as een of ander versagtende omstandigheid vir hulle standpunt.

> Maar ek pes die bleddie rookwet. Om 'n paar redes. Ek lys van hulle.
>
> 1. Dit plaas 'n groot demper op die besigheid van restaurante, ens.
> Hulle moet onkostes aangaan om rookareas af te sonder en hulle
> winsgewendheid daal. Dit beteken ek gaan meer betaal om daar
> te eet en drink. En daar is reeds van hulle aan die toemaak, omdat
> hulle nie meer winsgewend is as gevolg van die rookwet nie. So nou
> gaan ek langer wag om 'n plek te kry en meer betaal. Ek laaik dit nie

Snert. Wereldwyd het restaurante en kroee" net beter gedoen na streng
rookwette toegepas is. Daar is baie feite, veral in Kalifornie waar
die regering die BTW belastings invorderings voor en na as 'n maatstaf
gebruik het. Ongelukkig het die Dept van Gesondheid hier nie toegant
tot BTW inligting nie. Nie dat dit hier iets sal bewys nie, miskien
selfs jou standpunt staaf. Ongelukkig het die rookwet in 2000 ingekom
net to Lotto, selfone en casinos mense se geld begin eet het. Hulle
het toe opgehou kos koop, vakansies neem ens. Jy behoort die hele
storie te onthou, dit was 'n groot kleinhandelskok vir die hele
sektor, nie net restourante nie. Ongelukkig het die anti-wet lobbie
dit toe gebruik.

> 2. 'n Ekstra las op besigheid verhoog pryse en vernietig werk. Ons het
> dit nie nodig in SA nie. Ek laaik dit nie.

Watse ekstra las of besigheid? Ek verstaan nie hoe 'n paar Moenie Rook
signs die besigheid belas nie?

> 3. Rook in restaurante het my nog nooit gepla nie.

Hoorah vir jou. Ander mense haat dit, ek ingesluit.

> Die restaurante se lugreëling, ens was grootliks ingerig om dié wat wel rook te
> hanteer en ek kon sit waar ek wil.
Snert, lugreelings was ingerig om lug (insluitende rook) te sirkuleer
en elke 2 minute of so te vervang met ander rookbesoedelde lug.

> Nou word die rokersgedeeltes afgesluit en so donker gerook dat dit nie meer vir my aanvaarbaar
> is nie. Dit beteken dat ek soms moet wag vir 'n plek in die
> nie-rook deel terwyl daar plek in die rokersdeel is. Ek besef ek is
> waarskynlik bietjie van 'n uitsondering hiermee, maar ek laaik dit nie.

Jy's sommer laf. Eers sê jy vir my jy het donkiejare gelede opgehou
rook en nou vertel jy my jy staan tou om in donker, toegerookte
afskortings te sit. Moet ons jou rerig ernstig opvat of is dit 'n gly
van die sleutelbord?

> 3. SA het 'n onlangse geskiedenis van wette op die wetboek wat nie
> toegepas word nie.

Dis waar, maar moet ons ophou wette maak? Ry eerder stadiger, moenie
jou rommel in die rivier gooi nie, moeinie praat en bestuur nie en
moenie ander mense met rewolvers skiet nie. Stel 'n voorbeeld.

> Die rookwet het 'n klomp belaglike bepalings
> wat nooit algemeen toegepas sal kan word nie. Dit verhoog die
> algemene disrespek wat daar in ons land vir die wetboek is, en dit
> gaan wyer as die rookwet. In 'n land waar misdaadbekamping ons erns
> behoort te wees, is dit 'n imbesiele stuk wetgewing. Die prys is te
> hoog.

Noem asb vir my die belaglike bepalings? Die nuwe wet het 5
bepalings., Weet jy ooit wat hulle is?

> Ek beskou die nuwe rookwet as 'n ondeurdagte en onbesonne stuk
> wetgewing, wat 'n ontwikkelende land soos SA nie kan bekostig nie.

Jy maak 'n fout. Ons kan nie bekostig om nou mal te gaan met
onontwikkelde mense se gesondheid en dit dan 15 jaar later op die
staat se gesondheidstelsel probeer laai nie. Dis juis 'n onontwikkelde
land wat dit nie kan bekostig dat tabakmaatskappye nou jong mense
aanwerf vir verslawing nie.

> Dit was wat my betref 'n ego-trip van minister Zuma, en gaan baie
> meer nadele as voordele bring.

Kyk, Zuma is nou nie eintlik Dale Carnegie nie, maar dit is een van
die beste moves wat enige Suid Afrikaanse gesondheidsministers ooit
gemaak het.

Johan Bornman
Re: Oor rook en feite [boodskap #63347 is 'n antwoord op boodskap #63344] So, 09 Junie 2002 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, dis nie fisies afgeskort nie en net restaurante en kroeë wat 'n
oppervlak van meer as 50m2 het, moet 'n rookvrye ruimte hê. Daar moet ook 'n
'lugafsuigsisteem' ingebou word wat die rook dan moet verwyder.
In België rook iets meer as 30 % van die bevolking. Jammer genoeg is daar
baie jong mense (onder twintig) wat begin rook en dan maar moeilik kan stop.
Reklame vir tabakprodukte is verbode, maar dit het die rook nie doen
verminder nie.
In ons huis word daar nie gerook nie. As ons vriende het wat rook, dan gaan
rook hulle hul sigaretjie in die tuin :-). Van ons kinders is daar slegs een
wat rook.
Sigarette is ook verskriklik duur hier, maar darem goedkoper as in Engeland.

In die treine is daar wel 'n soort glas/plastiekpartisie, maar die gang bly
natuurlik vry. Daar's baie min sitplekke waar rokers kan sit.

Ek moet daar nog aan toevoeg dat 'n deel van ons Belge nie baie
gedissiplineer is nie : jy sal nog steeds mense kry wat rook waar hulle nie
mag nie : bv. op die lughawe, in stasies en selfs in klein winkels
(kaffees). Ek het nog nooit gehoor van iemand wat daarvoor 'n boete gekry
het nie. "Hulle" is te hard besig om mense te motiveer om minder vinnig
met hul karre te ry ! Ons het dubbel soveel dodelike verkeersslagoffers as
in Nederland !

Hilda.

"> Wouter
> Maar is dit fisies afgeskort, Hilda? Ons het ook in die meeste
> restaurante rookvrye gedeeltes gehad, maar nou moet jy 'n muur
> of glaspartisie tussen die rokers en die res bou. Dis waarteen ek
> dit het, nie teen aparte nie-rook areas nie
Ons stem alweer saam!! [boodskap #63349 is 'n antwoord op boodskap #63336] So, 09 Junie 2002 15:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> My stelling was bloot dat daar getuienis is dat matige rook
> heilsaam kan wees

Gloudina
Aai rest maai kys.

Wouter
Great, jy stem dus saam dat matige rook heilsaam kan wees.
En dat die teendeel nie bewys kan word nie.

:-)
Re: Ons stem alweer saam!! [boodskap #63350 is 'n antwoord op boodskap #63349] So, 09 Junie 2002 15:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> Great, jy stem dus saam dat matige rook heilsaam kan wees.
> En dat die teendeel nie bewys kan word nie.

Katryn:
Skies (dit was bleddie snaaks), maar jou stelling is nie heeltemal
verkeerd nie, hoor. Daar is al BAIE navorsing gedoen op die
potensiële goeie (bevorderlik? "beneficial") effekte van nikotien.
Dis 'n feit, en ek kan die verwysingsartikels gaan opsoek as jy wil -
maar dit sal makliker wees as jy my net glo. :-))
Die meer algemeen bekende effekte van nikotien is o.a aangedui by
alzheimers pasiente.
Maar mens moet onthou dat nikotien nie die enigste middel in sigarette
is nie - as dit so was, sou ek amper 100% met jou stelling hierbo kon
saamstem - maar dis daai ander karsinogeniese byvoegsels wat die
sigaret rook so uiters ongesond maak - nie die nikotien alleen nie.
(Ek sit nou so en dink - een van die dinge wat gebeur in 'n roker se
liggaam is dat hy BAIE meer witbloedselle vervaardig. Sal dit nie
voordelig wees vir AIDS pasiente nie?) :-)
Re: Oor rook en feite [boodskap #63365 is 'n antwoord op boodskap #63341] So, 09 Junie 2002 18:30 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Rokers betaal meer vir versekering as ander
> en finansier hulle eie versekering. Die hoofrede vir die hoër
> premies is dat rokers meer in ongelukke sterf. Maar jy sal
> dit nie weet nie en ook nie wil hoor nie, want dit pas nie jou
> argument nie. Maar dis waar, ek was persoonlik gemoeid
> met navorsing hieroor.

Gloudina
Dis baie interessant. Hoekom sterf meer
rokers in ongelukke as nie-rokers?

Wouter
Daaroor kan 'n mens net spekuleer, want daar is absoluut geen
manier om die rede vas te stel nie. Dit het duidelik min of niks
met hulle rookgewoontes te doen nie. Een verklaring is dat
rokers persentasiegewys meer in die lae-inkomste groepe
voorkom. En laag-besoldigdes se ongeluksterftes is hoër.

Die mees waarskynlike verklaring is dat rokers as 'n groep
minder verantwoordelik optree as nie-rokers. Hulle kyk
waarskynlik minder goed na hulle gesondheid en wag langer
voor hulle mediese hulp inroep. En hulle stel hulle moontlik
meer aan ongeluksrisiko's bloot. 'n Soortgelyke redenasie
kan ook die hoër sterftes onder laagbesoldigdes verklaar.
Mense in beroepe met aansien kyk waarskynlik beter na
hulle self as ander, wat minder gepla is. Die rookgewoonte
is dus bloot 'n goeie aanduier van lewensstyl, dit het niks
met die sterfte direk te doen nie. Dit kan net so geld vir
kanker, hartsiektes, ens. Maar dit bly spekulasie.

In 'n destydse groot steekproef (uit die VSA) het rokers
proporsioneel nege maal meer selfmoord gepleeg as nie-rokers.
Die grootste verskil vir enige oorsaak van dood, insluitende
kanker, ens. Hoe verklaar 'n mens dit? Dalk omdat mense
wat onder spanning is meer geneig is om te rook? Of dat
mense maklik begin rook as hulle selfmoord oorweeg? Ek
weet nie, maar dit sou baie onwetenskaplik wees om, soos
wat Johan elders vir longkanker gedoen het, hiervan af te
lei dat rook tot selfmoord lei.
Vorige onderwerp: Koi vs San op Smitsdrif
Volgende onderwerp: Ongesellige mense
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 09:23:49 MGT 2024