Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Geskende Grafte " deur FERDI GREYLING
" Geskende Grafte " deur FERDI GREYLING [boodskap #63148] Wo, 05 Junie 2002 19:57
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

GESKENDE GRAFTE
Ferdi Greyling

Winter het gekom en die gras geel gebrand
bo in die park in Bezuidenhoutsvallei.
Skemer het die aand al koud gelê op die land
toe ons in die park gestap het, ek en jy.

Op die park se rant lê ou, geskende grafte;
geslagte vroeë setlaars lê hier vergete en begrawe.
Hulle was boere - uitdagers van die natuur se kragte,
maar was op die einde net kos vir wurms en rawe.

Jy het gesê die lewe het g'n sin - elke naam
op elke graf gaan vervaag en elke steen gaan val,
want mense breek en skend alles, niks bly staan
teen die koue brande van tyd, alles sal val.

Die sin lê in die val - mense moet breek om te bou,
en om te leef is om te bou aan wat nooit gaan hou.
Vorige onderwerp: " Patzers " deur LOUIS ESTERHUIZEN
Volgende onderwerp: " Die Klippe Praat " deur P.J. PHILANDER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 19:01:39 MGT 2024