Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Patzers " deur LOUIS ESTERHUIZEN
" Patzers " deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #63074] Di, 04 Junie 2002 13:19
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

PATZERS
Louis Estehuizen

Pa,
noudat ek self twee ruiters
het wat heen en weer oor die bord
vleg, dink ek meer en meer
aan jou -
Aan die aande om die skaakbord
die gulsige ure
van noukeurig speel
om die onafwendbare skaakmat
uit te stel. Was dit om my onthalwe,
of om die wêreld buite die spelgrens
nog 'n wyle te vermy? Waarom is ek
dan so vroeg reeds
as gambiet geoffer, uitgestuur
met die promosieblok onhaalbaar
ver?

Hoe goed onthou ek nie
die trekkings om jou mond waarmee jy
die posisie beheer. Was daar dan
geen beter spel vir my? Jy weet tog -

Al sal ek jare van nou
as oorwinnaar staan na jy jou kroon
neer moes lê.

Jy sal weer na vore tree,
weer heers met jou strakke dame
aan jou sy
Want ook ek
sal my lieflingstukke
offer

soos jy my geleer het
Vorige onderwerp: " Seekoevlei " deur NP van Wyk Louw
Volgende onderwerp: " Geskende Grafte " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 04:20:34 MGT 2024