| " Insomnia " deur KOOT PIETERSE [boodskap #62568] |
Do., 23 Mei 2002 02:50  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Insomnia
Koot Pieterse
Sferies kring my laaste sin
die nag se donker stilte in
en let ek met groot oë op
die lub-dub van my hart se klop.
Hier langs my adem jy al sag.
Die fyn geluidjies van die nag
bons soos ballonne teen die dak
van waar hul stadig grond toe sak
en eindelik is dit net ons twee:
ek, en die wil wat jy my gee.
|
|
|
|
| Re: " Insomnia " deur KOOT PIETERSE [boodskap #62569 is 'n antwoord op boodskap #62568] |
Do., 23 Mei 2002 02:55   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Ek plaas toe sommer hierdie gedig sonder
jou toestemming. (Ek het al voorheen gesê
ek sal tronk toe gaan as iemand my hof toe
vat.) Maar ek sal nie die ander drie plaas
tensy jy toestemming gee nie. Olraait?
Gloudina
@rogers.com wrote:
>
> Insomnia
> Koot Pieterse
>
> Sferies kring my laaste sin
> die nag se donker stilte in
> en let ek met groot oë op
> die lub-dub van my hart se klop.
> Hier langs my adem jy al sag.
> Die fyn geluidjies van die nag
> bons soos ballonne teen die dak
> van waar hul stadig grond toe sak
> en eindelik is dit net ons twee:
> ek, en die wil wat jy my gee.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " Insomnia " deur KOOT PIETERSE [boodskap #62613 is 'n antwoord op boodskap #62593] |
Do., 23 Mei 2002 13:32  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Koot Pieterse wrote:
> Demmit, dit was scary. Dit voel asof ek met my hand in die koekieblik betrap
> is... Maar dit was darem half gaaf ook - ek voel geëerd.
So ek neem aan jy gee toestemming
vir die ander drie?
'n Teken van 'n volwaardige digter
is dat hy rymskemas kan volg, al is
dit dan nie met elke gedig nie. Jy
het die vermoë. Ek hou daarvan.
Gloudina
|
|
|
|