Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aanddiens
Aanddiens [boodskap #62381] So, 19 Mei 2002 19:08 na volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Goeie naand my liewe broeders en susters.

We are gawwerd here tonaait om yttie Groot Boek te lees... Moses 10 vers 10.
Maar ook net oorlat 'n donner die vorige bladsy gesteel het om 'n zol van te
draai.

En ons lees dour dat die Witbors kraai 'n wit eiertjie gele het.

Nademaal die kraai haantjie die kraai hennetjie daar agter die hooimied op
'n bybelse vlak geleer ken het, het die Witbors kraai 'n wit eiertjie gele.

Dit was 'n WITBORS kraai, my liewe broeders en susters. Dit wassie 'n
GROENVOET kraai nie. Dit wassie 'n PERSGAT kraai nie. Dit was 'n WITBORS
kraai. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.

En dit was 'n KRAAI, my liewe broeders en susters. Dit wassie 'n BULLDOG
nie. Dit wassie 'n RENOSTER of 'n KROKODIL nie. Dit was 'n Witbors KRAAI.
Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.

Sy het 'n WIT eiertjie gele, my liewe broeders en susters. Nie 'n ORANJE
eier nie, o nee. Dit was okkie 'n INDIGO of 'n GENTLE PEACH of 'n BINNEBOUD
BRUIN eiertjie wat onse kraai gele het nie. Maar 'n WITTE... spierwit. Die
Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.

En dit was 'n EIERTJIE wat sy gele het. Sy't nie te probeer with-it wees
deur 'n KLAVIER te probeer le nie. Dit was okkie 'n AALWYN of 'n JOHN DEERE
TREKKER of 'n AAMBEELD nie, my liewe broeders en susters. NEE!!! Dit was 'n
ou klein wit EIERTJIE gewees. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.

En sy't die eiertjie GELE, my liewe broeders en susters. Sy't hom nie
GESTAAN nie. Sy't hom nie GESIT of GEHURK of GEKNIEL nie. Ek se vir julle
nou, sy't hom GELE. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.

So my liewe broeders en susters, kom ons sluit af deur hartlik saam te sing
aan Gesang 25: "Aai, aai die Witbors kraai, hiervandaan na Mosselbaai..."
Re: Aanddiens [boodskap #62383 is 'n antwoord op boodskap #62381] So, 19 Mei 2002 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Q" wrote:

> GROENVOET kraai nie. Dit wassie 'n PERSGAT kraai nie. Dit was 'n WITBORS

Hey Q - dai goet wat djy nou roek....ek soek ok!!
:-)))

Maar broeder - laat ons nie spot dryf met die heilige boek van moses
nie.
Kom ons luister eerder wat sê die woord. Slaan julle bybels oop na
Spreuke 31:6-7.
" Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter
bedroef is,
Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink
nie."

So my broeder - gaan in vrede en syp lekker.
:-)
Re: Aanddiens [boodskap #62388 is 'n antwoord op boodskap #62383] So, 19 Mei 2002 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:v7ufeugg97c03hcrjmv9qibk0h9oebaeg0@4ax.com...
> "Q" wrote:

> So my broeder - gaan in vrede en syp lekker.

Wyse woorde Katryn... En ek is 'n godsdienstige man. Ek doen wat die Groot
Boek vir my se :-)

Q
Re: Aanddiens [boodskap #62392 is 'n antwoord op boodskap #62388] So, 19 Mei 2002 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Q" wrote:
> "Katryn" wrote in message
>> So my broeder - gaan in vrede en syp lekker.
>
> Wyse woorde Katryn... En ek is 'n godsdienstige man. Ek doen wat die Groot
> Boek vir my se :-)

Hemel toe gaan, sal jy.

"Already know you that which you need"... Yoda

Groetnis - Katryn Yoda
:-))
Re: Aanddiens [boodskap #62394 is 'n antwoord op boodskap #62383] So, 19 Mei 2002 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:v7ufeugg97c03hcrjmv9qibk0h9oebaeg0@4ax.com...
> "Q" wrote:
>
> So my broeder - gaan in vrede en syp lekker.
> :-)
>

Moes net gou die volgende gaan soek:

Aankondiger: Ek saai vanmore uit hier uit die ateljees van Radio Jakaranda.
Ons loods vanmore 'n veldtog teen drankmisbruik. Drankmisbruik het ongekende
afmetings in Suid Afrika aangeneem. Huwelikke is opgebreek, plase is
uitgesuip, families het ten gronde gegaan...

Ons het vanmore hier in die ateljee om te getuig wat drank in sy lewe gedoen
het, vir Sopie van der Merwe van Brannewynvlei

Sopie: More luisteraars. Drank het my oupa-grootjie twee ossewaens laat
omgooi en twee plase gelaat uitdrink. En binne in sy graf.

Luisteraars, drank het my oupa deur drie huwelikke en sewe kindertjies -
enetjie is nou nog op universiteit. Hy's daar in 'n bottel. Hy't twee koppe.
En in die graf, as gevolg van drank.

My eie vader het my ontval op sewe jarige ouderdom as gevolg van drank.

Maar vir my sal hy nie wen nie, sy moer...

Oorspronklik vertel deur Koos Meyer en oorvertel deur Tolla van der Merwe
Re: Aanddiens [boodskap #62398 is 'n antwoord op boodskap #62394] So, 19 Mei 2002 20:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Laat my dink aan die sendingkerk hier iewers in die Kaap -
Kleurlingpredikant ( hulle skree-praat mos so - gaan luister net na hulle
elke Saterdag op die Parade).
Dja!! Dit staan hier innie Bybel. Daar sal 'n geween wees en 'n gekners van
tande!!.
En djulle wat daar agter so haasbek sit en smaail, vir djulle sal daar
valstande ge-issue word.!!
Annette

"Q" skryf in boodskap news:JrTF8.70773$7R.77505@NewsReader...
>
> "Katryn" wrote in message
> news:v7ufeugg97c03hcrjmv9qibk0h9oebaeg0@4ax.com...
>> "Q" wrote:
>>
>> So my broeder - gaan in vrede en syp lekker.
>> :-)
>>
>
> Moes net gou die volgende gaan soek:
>
>
>
> Aankondiger: Ek saai vanmore uit hier uit die ateljees van Radio Jakaranda.
> Ons loods vanmore 'n veldtog teen drankmisbruik. Drankmisbruik het ongekende
> afmetings in Suid Afrika aangeneem. Huwelikke is opgebreek, plase is
> uitgesuip, families het ten gronde gegaan...
>
> Ons het vanmore hier in die ateljee om te getuig wat drank in sy lewe gedoen
> het, vir Sopie van der Merwe van Brannewynvlei
>
> Sopie: More luisteraars. Drank het my oupa-grootjie twee ossewaens laat
> omgooi en twee plase gelaat uitdrink. En binne in sy graf.
>
> Luisteraars, drank het my oupa deur drie huwelikke en sewe kindertjies -
> enetjie is nou nog op universiteit. Hy's daar in 'n bottel. Hy't twee koppe.
> En in die graf, as gevolg van drank.
>
> My eie vader het my ontval op sewe jarige ouderdom as gevolg van drank.
>
> Maar vir my sal hy nie wen nie, sy moer...
>
>
>
>
> Oorspronklik vertel deur Koos Meyer en oorvertel deur Tolla van der Merwe
>
Drank [boodskap #62409 is 'n antwoord op boodskap #62394] Ma, 20 Mei 2002 00:23 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Q"
Luisteraars, drank het my oupa deur drie huwelike en sewe kindertjies -

Wouter
Smaak my drank en poef het sy lewe verwoef?
Vorige onderwerp: Ek is weer hier
Volgende onderwerp: Die F-woord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 18:50:03 MGT 2024