|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kopligte en Kyoto [boodskap #61906 is 'n antwoord op boodskap #61901] |
Sa., 11 Mei 2002 00:03   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur wrote:
Wat die driedubbele Skotse skeepseend (waarom geen
> makliker naam gekies soos Donald?
Omdat hy aandag wil trek, en omdat hy
soos baie Afrikaners dink dis meer chic
om Engels te praat as Afrikaans. Totdat
mense soos hy ophou om so te dink, het
ons nog nie die Derde Vryheidsoorlog
gewen nie.
Tant Hessie van die Derde Republiek.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Australië [boodskap #62722 is 'n antwoord op boodskap #61562] |
Sa., 25 Mei 2002 10:28  |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wouter nee ek weet nie. Footy is die liefling spel hier. En dan natuurlik
krieket. Soos Bobby verduidelik het is hier mense wat met mag en mening
probeer om 'n SA in die kleine hier te skep en in die proses hulself uiters
ongewild maak. (Ek weet van 'n ou wat gesweer het hy gaan die Aussies leer
pap eet :-) Slagters het kilogramme boerewors weggegee aan Aussies om hulle
die lig te laat sien en in toue voor die slaghuis te laat staan. Nodeloos om
te se - tevergeefs. Om hulle nou te oortuig om rugby union bo footy te
verkies ....
Aan die anderkant van die spektrum is daar die SA's wat hier aanland en
"verdwyn." Hulle wil niks met SA te doen he nie en verbreek alle bande met
taal en kultuur. Dit is tipies (oi, nou moet ek mooi dink hoe ek dit gaan se
anders haal dit my weer grimmigheid op die hals ;-) persone uit die
kleurling gemeenskap. Of persone wat dan tradisioneel na verwys was as
kleurlinge. Jy herken die aksent en staan nader vir 'n geselsie maar jy loop
jou teen 'n beton muur vas. Daar is baie in Perth.
Dus die blote feit dat hier minstens 200,000 (dit mag dalk meer wees) expats
is gaan nie rugby union se saak juis bevorder nie.
Hantamkind
"Wouter"
> Wat ek nog nooit lekker kon verstaan nie, is hoekom daar nie in
> Wes-Australië rugby (union) gespeel word soos ons hom ken nie.
> Ek verstaan daar is 200 000 (?) ex-Suid Afrikaners net in Perth,
> heelwat meer as in bv Stellenbosch. ;-)
>
|
|
|