Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Soektog " deur KOOS DU PLESSIS
" Soektog " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61912] Sa, 11 Mei 2002 03:34
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Soektog
Koos du Plessis

Ek bly hunker na jou.
Sou jy ook nog bestaan?
Maar die kimme bly blou
watter koers ek ook gaan.

Ek het lankal vergeet
van rigting en tyd,
want ek soek jou planeet,
maar die heelal is wyd.

In die swyende ruim
sing die stilte sy lied
en die donker is al
wat my heenkome bied.

Maar ek soek sonder rus,
want iewers is jy.
En ek stap, onbewus,
by die heelal verby.

In 'n eindelose nag
bly ek roep: "Waar is jy?"
Skuif jou donker gordyn oop;
laat een ster brand vir my.
Vorige onderwerp: " Skielik is jy vry " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " Gebed " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 21:28:49 MGT 2024