Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Skielik is jy vry " deur KOOS DU PLESSIS
" Skielik is jy vry " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61911] Sa, 11 Mei 2002 03:21
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Skielik is jy vry
Koos du Plessis

As niemand van jou hoor nie;
as niemand van jou weet nie,
kan jy tog niks verloor nie --
kan niemand jou vergeet nie.

As niemand jou bemin nie;
as niemand jou ooit raak nie,
kan niemand trou versin nie --
kan niemand jou versaak nie.

Dis tog so eenvoudig:
Dis jy, alleenlik jy;
en die groter sorge
gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie --
en skielik is jy vry.

As jy op niemand leun nie
en niks van iemand vra nie,
hoef niemand jou te steun nie;
hoef niemand jou te dra nie.

Dis tog so eenvoudig:
Dis jy, alleenlik jy;
en die groter sorge
gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie --
en skielik is jy vry.
Vorige onderwerp: " Skadu's teen die Muur " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " Soektog " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 03:30:38 MGT 2024