Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Skielik is jy vry " deur KOOS DU PLESSIS
" Skielik is jy vry " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61911] |
Sat, 11 May 2002 03:21 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Skielik is jy vry
Koos du Plessis
As niemand van jou hoor nie;
as niemand van jou weet nie,
kan jy tog niks verloor nie --
kan niemand jou vergeet nie.
As niemand jou bemin nie;
as niemand jou ooit raak nie,
kan niemand trou versin nie --
kan niemand jou versaak nie.
Dis tog so eenvoudig:
Dis jy, alleenlik jy;
en die groter sorge
gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie --
en skielik is jy vry.
As jy op niemand leun nie
en niks van iemand vra nie,
hoef niemand jou te steun nie;
hoef niemand jou te dra nie.
Dis tog so eenvoudig:
Dis jy, alleenlik jy;
en die groter sorge
gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie --
en skielik is jy vry.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Thu Jan 02 08:33:32 UTC 2025
|