|
|
|
|
|
|
| Re: Kopligte en Kyoto [boodskap #61887 is 'n antwoord op boodskap #61877] |
Vr., 10 Mei 2002 19:37   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sies DD man!!! Hou jou in!
Om sommer hier openlik van Danielle se banddruk en petrolverbruik te
praat!:))))
Hoe moet sy voel? Sy het mos ook 'n hart?:)))
Annette
"Dave Du Plessis" skryf in boodskap news:jv2oducmeb83j6663hl15tcqbpa3e9vulh@4ax.com...
> On Thu, 09 May 2002 18:33:13 -0400, Katryn
> wrote:
>
>> Dave Du Plessis wrote:
>>
>>> Wat Arthur hier sê is logika Danielle
>
> ens
> ens
> ens
>>
>> Okay - ek sal van nou af my deel doen, en my ligte afskakel ...
>> :-))
>
> Besef jy dat selfs jou banddruk jou petrolverbruik affekteer Katryn?
>
> DD
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Slapskyfie [boodskap #61892 is 'n antwoord op boodskap #61886] |
Vr., 10 Mei 2002 19:51   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Tobie, ek dink nie Brenda is so oud dat iets al af hang nie;))
Annette
"Tobie" skryf in boodskap news:abh74q$rve$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Hang af wie Brenda is.
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> "Dave Du Plessis"
>> 'n paar weke gelede het ek na die boonste vloer gegaan
>> en vir Brenda gehelp met iets waarmee sy op haar rekenaar
>> gesukkel het.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kopligte en Kyoto [boodskap #61906 is 'n antwoord op boodskap #61901] |
Sa., 11 Mei 2002 00:03   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur wrote:
Wat die driedubbele Skotse skeepseend (waarom geen
> makliker naam gekies soos Donald?
Omdat hy aandag wil trek, en omdat hy
soos baie Afrikaners dink dis meer chic
om Engels te praat as Afrikaans. Totdat
mense soos hy ophou om so te dink, het
ons nog nie die Derde Vryheidsoorlog
gewen nie.
Tant Hessie van die Derde Republiek.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Australië [boodskap #62722 is 'n antwoord op boodskap #61562] |
Sa., 25 Mei 2002 10:28  |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: Desember 2001
|
Senior Lid |
|
|
Wouter nee ek weet nie. Footy is die liefling spel hier. En dan natuurlik
krieket. Soos Bobby verduidelik het is hier mense wat met mag en mening
probeer om 'n SA in die kleine hier te skep en in die proses hulself uiters
ongewild maak. (Ek weet van 'n ou wat gesweer het hy gaan die Aussies leer
pap eet :-) Slagters het kilogramme boerewors weggegee aan Aussies om hulle
die lig te laat sien en in toue voor die slaghuis te laat staan. Nodeloos om
te se - tevergeefs. Om hulle nou te oortuig om rugby union bo footy te
verkies ....
Aan die anderkant van die spektrum is daar die SA's wat hier aanland en
"verdwyn." Hulle wil niks met SA te doen he nie en verbreek alle bande met
taal en kultuur. Dit is tipies (oi, nou moet ek mooi dink hoe ek dit gaan se
anders haal dit my weer grimmigheid op die hals ;-) persone uit die
kleurling gemeenskap. Of persone wat dan tradisioneel na verwys was as
kleurlinge. Jy herken die aksent en staan nader vir 'n geselsie maar jy loop
jou teen 'n beton muur vas. Daar is baie in Perth.
Dus die blote feit dat hier minstens 200,000 (dit mag dalk meer wees) expats
is gaan nie rugby union se saak juis bevorder nie.
Hantamkind
"Wouter"
> Wat ek nog nooit lekker kon verstaan nie, is hoekom daar nie in
> Wes-Australië rugby (union) gespeel word soos ons hom ken nie.
> Ek verstaan daar is 200 000 (?) ex-Suid Afrikaners net in Perth,
> heelwat meer as in bv Stellenbosch. ;-)
>
|
|
|
|