Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Mornay " deur KOOS DU PLESSIS
"Mornay " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61876] Vr, 10 Mei 2002 17:08
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Mornay
Koos du Plessis

Mornay, Mornay, wie anders kan daar wees
as jy, Mornay?
Want jy is die tuiskoms vir my.

Ek's 'n kind, in die wind;
jy's die vér vreugdevure,
die lamp en die pad
en die vier kamermure
en ek weet jy vergeet soms
die nagte van soek in die reën,
alleen, want die hoop en jy is één.

Soms, as ek vergeet,
pak skimme my beet...

Maar jy, Mornay, sien skaduwees, maar kyk
verby, Mornay,
die dae dryf soos wolke verby.

En jou oë laat my glo dat daar iewers tog sin is;
dat iewers, ná alles, daar nog 'n begin is.
Want verby is verby en die toekoms is helder
vir my, Mornay,
want die toekoms is jy.

Die nag word soms kil;
jou lag raak soms stil...
Maar jy, Mornay, kan woordeloos my hart
verbly, Mornay,
uiteind'lik móét ek tog bely, Mornay;
Jy is alles binne my, Mornay.
Jy is alles vir my, Mornay.
Jy is alles, Mornay.
Vorige onderwerp: " Die somer is verby " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " Hier's ons almal tesaam " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:45:53 MGT 2024