Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die somer is verby " deur KOOS DU PLESSIS
" Die somer is verby " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61872] Vr, 10 Mei 2002 15:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Die somer is verby
Koos du Plessis

Daar was 'n vroeër tyd van drome droom,
van vlinders-jag, van boom tot boom,
van stil beloftes om die storievuur.
Onthou jy ? Iemand het geglimlag,
iemand het geweet
dat jy en ek tog iewers, eendag,
alles sou vergeet.
En nou's daar niks wat ek kan doen nie;
niks kan ons versoen nie;
dis reeds diep in Junie.... die somer is verby.

Want tyd is wind en wind is, nes 'n kind,
op soek na iets, iets ver en nuut,
en so raak hy uiteindelik verdwaal.
En daardie aand toe ek tot siens sê,
die rook ons half verblind,
en jy jou wêreld in my hand lê,
was ek net 'n kind.
En nou's daar niks wat ek kan doen nie;
niks kan ons versoen nie;
dis reeds diep in Junie...
ons somer is verby.
Vorige onderwerp: " As jy my kon volg " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: "Mornay " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 04:22:02 MGT 2024