Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Terug na Ou Medisyne?
Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61373] |
Thu, 02 May 2002 06:27  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gister was daar 'n praatjie dat met DNA toetsing daar voor die tyd vasgestel
kan word wat se siektes mens kan kry - en dus sal daar meer beweeg word na
voorkomende behandeling - wat op die langer duur goedkoper vir die paseint
sowel as die mediesehulporganisasie sal wees.
Daar is ook gemeld dat 'n klomp siektes die gevolg is van te veel yster in
die bloed, en daar word dus aanbeveel dat as mens so 'n DNA "afwyking" het,
mens een maal per week moet bloed skenk - die ystervlakke word dan in die
bloed gestabiliseer, en die gevolglike kwale bly dan weg.
Vanoggend praat iemand wat al baaaaaie bloed geskenk het, en hy het te
vertelle mens word net toegelaat om een maal elke 21 dae bloed te skenk.
Dit beteken dat daar teruggegaan word na die algemene praktyk twee eeue
gelede:
Die pasient moet bloed laat.:))
Annette
|
|
|
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61418 is 'n antwoord op boodskap #61373] |
Thu, 02 May 2002 17:25   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 2 May 2002 08:27:16 +0200, "Annette" wrote:
> Dit beteken dat daar teruggegaan word na die algemene praktyk twee eeue
> gelede:
Dis nogal nie so absurd konsep as wat jy mag dink nie. In ons strewe
om dinge te "verbeter", is ons eintlik in die geheel gesien, baie
slegter af as twee eeue gelede.
Laat my dink aan Wordsworth se "The World Is Too Much With Us; Late
and Soon"
Die gedig was in 1807 geskryf, maar dit beskryf ons wereld soos dit
vandag is nogal baie goed.
"The world is too much with us; late and soon,
Getting and spending, we lay waste our powers;
Little we see in Nature that is ours;
We have given our hearts away, a sordid boon!
This Sea that bares her bosom to the moon,
The winds that will be howling at all hours,
And are up-gathered now like sleeping flowers,
For this, for everything, we are out of tune;
It moves us not. -Great God! I'd rather be
A Pagan suckled in a creed outworn;
So might I, standing on this pleasant lea,
Have glimpses that would make me less forlorn;
Have sight of Proteus rising from the sea;
Or hear old Triton blow his wreathed horn."
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61420 is 'n antwoord op boodskap #61418] |
Thu, 02 May 2002 17:43   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja, maar nou is ek net bang vir miskien 'n inspuiting - toentertyd sou ek
liewer dood as om naby 'n dokter te kom wat my sou laat bloei vir niks:)
Annette
Katryn skryf in boodskap news:66t2du0efh3hlhkqmn37pmrnjjh73u7bgl@4ax.com...
> On Thu, 2 May 2002 08:27:16 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Dit beteken dat daar teruggegaan word na die algemene praktyk twee eeue
>> gelede:
>
> Dis nogal nie so absurd konsep as wat jy mag dink nie. In ons strewe
> om dinge te "verbeter", is ons eintlik in die geheel gesien, baie
> slegter af as twee eeue gelede.
> Laat my dink aan Wordsworth se "The World Is Too Much With Us; Late
> and Soon"
> Die gedig was in 1807 geskryf, maar dit beskryf ons wereld soos dit
> vandag is nogal baie goed.
>
> "The world is too much with us; late and soon,
> Getting and spending, we lay waste our powers;
> Little we see in Nature that is ours;
> We have given our hearts away, a sordid boon!
> This Sea that bares her bosom to the moon,
> The winds that will be howling at all hours,
> And are up-gathered now like sleeping flowers,
> For this, for everything, we are out of tune;
> It moves us not. -Great God! I'd rather be
> A Pagan suckled in a creed outworn;
> So might I, standing on this pleasant lea,
> Have glimpses that would make me less forlorn;
> Have sight of Proteus rising from the sea;
> Or hear old Triton blow his wreathed horn."
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61482 is 'n antwoord op boodskap #61461] |
Fri, 03 May 2002 13:05   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda wrote:
> Dink jy ons is slegter af as twee eeue gelede ? Ek moet sê ek's liewers 'n
> vrou in die 21ste eeu
Iemand wat oor mediese toestande praat op
TV het gesê dat die grootste uitvindsel van
die laaste paar eeue die gebruik is van
"saline solutions" (dus plein water waarin
daar sout opgelos is.) Dit meer as enigiets
anders het begin om mense se lewens te red.
As iemand wat op 'n tyd in 'n hospitaal
gewerk het, kan ek getuig van hoe 'n groot
volume soutoplossings per dag in so 'n
hospitaal versprei word.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61509 is 'n antwoord op boodskap #61461] |
Fri, 03 May 2002 17:54   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 03 May 2002 07:21:33 GMT, "Hilda" wrote:
> Dink jy ons is slegter af as twee eeue gelede ? Ek moet sê ek's liewers 'n
> vrou in die 21ste eeu as in die 18de of selfs die eerste helfte van die
> 20ste ! :-)
Jy moet my antwoord probeer lees in konteks van die onderwerp onder
bespreking "terug na ou medisyne". :-)
Gloudina het saline genoem - sout is een baie goeie voorbeeld van "ou
medisyne".
Daar is ook ander voorbeelde soos "maggots" (ek weet nou nie wat dit
in afrikaans is nie).
Alternatiewe terapie begin al hoe meer sy kop uitsteek. Ek dink ons
"progress back to basics", as dit sin maak? Dit is in hierdie konteks
wat ek dan bedoel het ons is slegter af as eeue gelede.
Mens kan bladsye en bladsye vol skryf, maar kortliks wil ek net sê dat
die miljuisende kruie en plante wat deur die eeue al effektief
gebruik was en word teen allerande siektes deur toordokters en ander
oer-genesers of watookal "ancient healers"genoem word in afrikaans,
se tegnieke word deesdae in heraanskoue geneem en ons kyk met nuwe oê
na hierdie oer gebruike en ook die rol van plante en veral medisinale
kruie.
Meer en meer mense begin BEWUS raak van die nadelige toksiese effekte
wat moderne medisyne op ons liggame het en gehad het. (Nie dat
medisinale kruie ook nadelige invloede kan hê en het nie - maar dit
raak nou 'n ander lang storie) :-)
Om dan ook nie eens te praat van die Oosterse gebruike nie (wat ek nie
eintlik wou opbring nie, want ek is bang vir 'n bombardasie van Kanada
se kant af oor Boedisme) :-)))))
(Interessant genoeg gaan "medisyne" of mediese praktyke baie keer hand
aan hand saam met geloofspraktyke deur die eeue heen)
Bottomline is dat ek glo dat die natuur alles altyd in ewewig gaan
probeer hou. Ons as mens het daardie ewewig hewiglik versteur veral
die laaste 100 jaar of so. Die wiel sal draai en is besig om te draai
om die sirkel te voltooi. :-)
> Ek dink altyd dat ons nog steeds in die beste periode leef wat bestaan het.
Persoonlik droom ek weer oor wat in die toekoms kan gebeur. Eendag
wanneer ons almal oor die weg kan kom, en nie meer mekaar doodmaak
omdat ons verskillende gode aanbid, of anders lyk of ryker of armer of
slimmer of dommer is nie.
> Ek dink ook dat ons soort (homo sapiens) nie 'n groot sukses is nie, maar as
> ek moet kies, kies ek vir 'my' eeu.
> Ek kan regtig nie sien wat daar beter was in 'n vorige eeu nie :-). Seker
> nie vir ons, vrouens, nie.
Ek verstaan, en ek sou ook met jou kon saamstem - maar alles is rerig
relatief en wat medisyne betref staan ek by wat ek gesê het. Ons het
nog BAIE om te leer van ons oervaders en van die natuur self.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61561 is 'n antwoord op boodskap #61553] |
Sun, 05 May 2002 23:01   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 05 May 2002 08:15:40 GMT, "Hilda" wrote:
> Maar die 'tegniese' deel van geneeskunde het darem baie verbeter. As dit nie
> vir daardie vooruitgang was nie, het ek nie eens gelewe nie, want my pa moes
> al op sy 25ste van 'n ontsteekte blindederm verlos word :-).
Ja, geneeskunde en medisyne het al 'n lang pad gekom - veral die
laaste paar dekades. Waarom dan dink jy sien ons dan hierdie tendens
(in Amerika ten minste), om terug te keer na alternatiewe medisyne?
> Daar's elke dag voorbeelde van mense wat deur die moderne tegnieke gered
> word.
Dit is wel so, maar ek glo dat ons alwee insien dat dit meer waardevol
en betekenisvol is om 'n gebalansseerde siening te hê van wat hierdie
"moderne" tegnologie vir ons doen/beteken. Dis nie alles goed nie -
en dit is die punt wat ek graag wil aksentueer.
Geensins is ek teen moderne tegnologie gekant nie - dis eerder net dat
ek 'n probleem het met mense wat neerhalend verwys na "ou medisyne" -
sulke stellings word gewoonlik gebore uit suiwer onkunde van o.a
wetenskaplike/mediese kennis of agtergrond.
Dan ook wil ek net uitwys dat baie van hierdie moderne tegnieke net
waardevol is vir 'n klein gedeelte van ons samelewing - die wat dit
kan bekostig. (In ons huidige eeu)
Daarom juis, glo ek dat ons nooit moet vergeet dat ons beste kanse vir
'n gesonder toekoms (vir ALMAL) lê juis in aangehoue navorsing en
nuwe uitvindinge - gebasseer op wetenskaplike en objektiewe bewyse.
Terselfdertyd speel alternatiewe medisyne, en aktiewe navorsing op "ou
medisyne" nogsteeds 'n baie belangrike rol. Ek het in hierdie verband
baie jare gelede (in die vroeë 80's as ek reg onthou), 'n baie
interessante lesing bygewoon by die mediese skool van SU se TBH kampus
- waar hulle toe al vir die mediese studente bewus wou maak van die
rol van tradisionele mediese en farmakologiese gebruike - veral die
rol van die toordokter en sangoma's. Ons westerlinge moet rerig nie
ons neuse optrek vir hierdie mense nie -ons moet eerder kyk wat ons
van hulle kan leer en visa versa.
Verder het ek het rerig ook geloof in die menslike natuur - ek glo dat
ons die negatiewe aspekte van die huidige tegnologiese tekortkominge
en nadelige effekte, sal kan oorkom - net soos wat ons die van die
vorige eeue oorkom het. Daarom sien ek juis uit na die uiteindelike
implimentering en toepassings wat die vordering wat daagliks gemaak
word in byvoorbeeld die velde van nanotegnologie veral , maar ook
'robotics' en gevorderde AI (kunsmatige intelligensie), vir die
mensdom as geheel, kan bied.
Die probleem met tegnologie dink ek, is altyd eerder dat ons nie altyd
die bedoelde effek en die eintlike (actual) effek kan beheer nie.
Partykeer is die effek goed, maar partykeer is dit deksels vrot!
(Veral wanneer dit misbruik word deur korrupte politici en ander vir
eie gewin en beheer) Tegnologie raak net soms 'n gerieflike "wapen"
in die hande van die wat wil beheer uitoefen of behou.
Dis juis hierdie neiging om te wil "beheer" dat ek dink die NCCAM/OAM
hier in Amerika, gestig was. Sovêr as wat ek weet was die OAM in 1992
gestig deur Sen. Tom Harkin, 'n Demokraat van Iowa. Die oorspronklike
doel was om m.b.v wetenskaplike navorsing te probeer bewys of daar
iets in hierdie alternatiewe medisynes en komplimentêre of
alternatiewe behandelings steek, en of dit sommer nuttelose gemors is
wat weggegooi moes word.
Nou ja - tot dusvêr was daar nog ABSOLUUT NIKS uitgerig in hierdie
verband nie. Nie daarteen of daarvoor nie - dis meer as $110 miljoen
in grants oor 'n periode van 7 jaar, deur die NIH, later (Volgens die
NIH statistieke van 1993-2000).
Laat mens maar net wonder....
> ), maar 'n feit is dat mense
> baie langer leef en in beter kondisie.
Sê dit vir die duisende honger en siek kinders in Afrika en elders in
die wereld, Hilda. (Jammer om so 'n holruggeryde 'convenience cliche'
te gebruik - maar dink weer oor jou stelling.
> Ek is dus 'n groot voorstander van moderne geneeskunde, maar ook wantrouig
> en versigtig met medisyne :-).
Dit is goed! :-)
Laat my dink aan 'n artikel wat sowat 2 jaar gelede verskyn het in die
New York Times. Die persoon het geskryf dat hy hipotiseer dat teen die
jaar 2025 sal ons goeters hê wat in ons breine ingeplant kan word wat
ons sal toelaat om o.a direkte internet toegang tot epos en web
surfing te kan hê - soos in "direct-coupled Web browsing." Die artikel
was iets soos: "The Intercranial Internet." genoem. Nou ja - jy het
seker die rot storie wat onlangs die nuusgolwe getref het gevolg. Een
van die dae hardloop ons almal soos rotte rond, en word direk beheer
deur "big brother" weens vooruitgang van die moderne geneeskunde.
:-)))
|
|
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61585 is 'n antwoord op boodskap #61577] |
Mon, 06 May 2002 11:13   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Huh???
Katryn?, Streepmuis?, Danielle?, julle is mos deesdae huisvrouens en lewer
so af en toe kommentaar as daar in 'n mediese rigting gepraat word. Siende
dat julle so bietjie meer tyd op hande het as sommige van ons, wat van
navorsing oor longontsteking. Klink die stelling hier onder nie bietjie na
'n wolhaarstorie nie.
"Jonas" skryf in boodskap news:ab5hqq$fnr$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Klaarblyklik kan jy ernstige longontsteking opdoen vanweë onaktiwiteit (soos
> stil lê) in 'n siekebed ...
> "Hilda" wrote in message
> news:iczA8.57428$Ze.8469@afrodite.telenet-ops.be...
>> 'n Mens raak vinnig gedeshidrateer as jy siek is. Ek onthou hoe hulle op die
>> Kongolese televisie toon hoe moeders vir hul kinders water, suiker en sout
>> moet meng (ek het die proporsies vergeet) as hulle siek is en bv. diarree
>> het. Dit het hul kanse op oorlewing drasties verhoog.
>>
>> 'n Ander groot ontdekking was seker ook antibiotika. Maar nou kry hulle
>> probleme daarmee. In België gebeur dit dat mense in hospitale sterf aan ...
>> longontsteking (ja, Annette :-)) ) omdat selfs die sterkste antibiotika die
>> siekte nie meer kan oorwen nie. Dokters het altyd baie antibiotika
>> voorgeskryf hier (in Nederland doen hulle dit nie) en baie bakterieë het nou
>> resistent geword.
>>
>> Ek was ook al dikwels bly dat tandartse bestaan :-)). My man het nog
>> eergister, op een Mei ('n vakansiedag), by ons tandarts (wat in ons straat
>> woon) sy wysheidstand laat trek. Hy het die hele nag vreeslike pyne
>> deurstaan en was regtig gelukkig dat die tandarts hom op sy vakansiedag wou
>> help.
>> Kan jy dink hoe dit was om in vroeëre eeue 'n tand te laat trek ?
>> Ons is baie gelukkig om nou te lewe :-).
>> Hilda.
>>
>>> Iemand wat oor mediese toestande praat op
>>> TV het gesê dat die grootste uitvindsel van
>>> die laaste paar eeue die gebruik is van
>>> "saline solutions" (dus plein water waarin
>>> daar sout opgelos is.) Dit meer as enigiets
>>> anders het begin om mense se lewens te red.
>>> As iemand wat op 'n tyd in 'n hospitaal
>>> gewerk het, kan ek getuig van hoe 'n groot
>>> volume soutoplossings per dag in so 'n
>>> hospitaal versprei word.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61606 is 'n antwoord op boodskap #61561] |
Mon, 06 May 2002 15:39   |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:n73bdu8fu630cr8m1tj11cs62rf3tq0a4i@4ax.com...
> On Sun, 05 May 2002 08:15:40 GMT, "Hilda" wrote:
>
>> Maar die 'tegniese' deel van geneeskunde het darem baie verbeter. As dit nie
>> vir daardie vooruitgang was nie, het ek nie eens gelewe nie, want my pa moes
>> al op sy 25ste van 'n ontsteekte blindederm verlos word :-).
>
> Ja, geneeskunde en medisyne het al 'n lang pad gekom - veral die
> laaste paar dekades. Waarom dan dink jy sien ons dan hierdie tendens
> (in Amerika ten minste), om terug te keer na alternatiewe medisyne?
Ek weet nie ? Dalk wil hulle nie lank lewe onder Bush nie :-)). Sorry,
grappie :-).
Hier gebruik mense ook alternatiewe geneeskunde - soos akupunktuur, ens. Dit
word nou selfs deur die siekteversekering terugbetaal.
Ek moet eerlik wees en sê dat ek oor medisyne, gewone én/of alternatiewe nie
baie weet nie. Ek neem baie min medisyne - so dalk een of twee keer per jaar
'n aspirien en dis alles. Ek was net onder die indruk dat die geneeskunde
groot vooruitgang gemaak het aangesien mense in 'ons' lande baie langer
leef.
Maar ek's nie 'n spesialis nie :-).
Hilda.
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61632 is 'n antwoord op boodskap #61585] |
Tue, 07 May 2002 06:27   |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sakkie,
Die gesaghebbende alwetende een oor hospitaalsake (NG se minister van
Hospitaalsake, Hessie Hospitaal) het mos haar mening gegee. Hoekom wil jy
dan nou nog meer inligting hê?
Thys oppie Bos
"Sakkie" skryf in boodskap news:3cd664fd$0$18842@hades.is.co.za...
> Huh???
> Katryn?, Streepmuis?, Danielle?, julle is mos deesdae huisvrouens en lewer
> so af en toe kommentaar as daar in 'n mediese rigting gepraat word. Siende
> dat julle so bietjie meer tyd op hande het as sommige van ons, wat van
> navorsing oor longontsteking. Klink die stelling hier onder nie bietjie na
> 'n wolhaarstorie nie.
>
> "Jonas" wrote in message
> news:ab5hqq$fnr$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Klaarblyklik kan jy ernstige longontsteking opdoen vanweë onaktiwiteit (soos
>> stil lê) in 'n siekebed ...
>> "Hilda" wrote in message
>> news:iczA8.57428$Ze.8469@afrodite.telenet-ops.be...
>>> 'n Mens raak vinnig gedeshidrateer as jy siek is. Ek onthou hoe hulle op die
>>> Kongolese televisie toon hoe moeders vir hul kinders water, suiker en sout
>>> moet meng (ek het die proporsies vergeet) as hulle siek is en bv. diarree
>>> het. Dit het hul kanse op oorlewing drasties verhoog.
>>>
>>> 'n Ander groot ontdekking was seker ook antibiotika. Maar nou kry hulle
>>> probleme daarmee. In België gebeur dit dat mense in hospitale sterf aan ...
>>> longontsteking (ja, Annette :-)) ) omdat selfs die sterkste antibiotika die
>>> siekte nie meer kan oorwen nie. Dokters het altyd baie antibiotika
>>> voorgeskryf hier (in Nederland doen hulle dit nie) en baie bakterieë het nou
>>> resistent geword.
>>>
>>> Ek was ook al dikwels bly dat tandartse bestaan :-)). My man het nog
>>> eergister, op een Mei ('n vakansiedag), by ons tandarts (wat in ons straat
>>> woon) sy wysheidstand laat trek. Hy het die hele nag vreeslike pyne
>>> deurstaan en was regtig gelukkig dat die tandarts hom op sy vakansiedag wou
>>> help.
>>> Kan jy dink hoe dit was om in vroeëre eeue 'n tand te laat trek ?
>>> Ons is baie gelukkig om nou te lewe :-).
>>> Hilda.
>>>
>>>> Iemand wat oor mediese toestande praat op
>>>> TV het gesê dat die grootste uitvindsel van
>>>> die laaste paar eeue die gebruik is van
>>>> "saline solutions" (dus plein water waarin
>>>> daar sout opgelos is.) Dit meer as enigiets
>>>> anders het begin om mense se lewens te red.
>>>> As iemand wat op 'n tyd in 'n hospitaal
>>>> gewerk het, kan ek getuig van hoe 'n groot
>>>> volume soutoplossings per dag in so 'n
>>>> hospitaal versprei word.
>>>>
>>>> Gloudina
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61655 is 'n antwoord op boodskap #61632] |
Tue, 07 May 2002 13:13   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Die gesaghebbende alwetende een oor hospitaalsake (NG se minister van
> Hospitaalsake, Hessie Hospitaal) het mos haar mening gegee. Hoekom wil jy
> dan nou nog meer inligting hê?
Uiteindelik, Thysie, gee jy ons die respek
wat ons toekom.
Die hospitaalraad van Swellendam
|
|
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61707 is 'n antwoord op boodskap #61700] |
Wed, 08 May 2002 11:30   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
Moenie jou sommer so op Swellendam se
> mense self kom afvorseer nie! Haai sies man! Weet Anette en Pierre daarvan?
>
> Watter inligting kan jy nog gee? Dalk kan ons kyk en self besluit of ons
> daarin sal kan skaats en 'n gly kan vang!
Maar dis dan Annette (ek dink mens skryf haar
naam met twee n's) wat vir my hier in Ottawa
sit en vertel het hulle hospitaal is nou
eintlik beter as jare gelede. Toe ek vir haar
vertel volgens die mense op die nuusgroep
klink dit of alle hospitale in duie stort, met
bloed aan die mure, toe sê sy net "Gloudina,
hulle lieg." Vra vir haar die volgende keer as
jy vir haar sien. Vertel haar ook haar naamgenoot
het blatant verklaar sy is 'n leuenaar. Gelukkig
het Gids, wat familie op Swellendam het, toe
ook uitgewys dat sy familie daar nie dink dat
die Swellendamse hospitaal in duie stort nie.
Hoekom het jy 'n skaats aan die waarheid,
Thys, tensy dit deur jou filtertjie gefilter
is?
Tant Hessie van Soekmekaar
|
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61717 is 'n antwoord op boodskap #61715] |
Wed, 08 May 2002 15:07   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Thysie - jy moet help en dig, van wat ek nou te lees het oor wat ek kwansuis
oor hospitale gelieg het - is die ou siel kens, en ek weet nie of dit PK is
om kenses voor die voet te laat brand nie;)))
Nou is dit skielik sY wat sê die hospitaal stort in duie, en ek wat te
vertelle het hoe baie beter dit nou eintlik gaan in ons hospitale;)))
Annette
"Thys de Wet" wrote in message
news:abbc4r$1hil$1@news.adamastor.ac.za...
> Dan's Swellendam se mense gelukkig. Op Somerset-Wes ruik die prentjie
> ietwat anders.
>
> Thys oppie Bos.
> skryf in boodskap news:3CD90CC2.7060905@rogers.com...
>>
>> Thys de Wet wrote:
>>
>> Moenie jou sommer so op Swellendam se
>>> mense self kom afvorseer nie! Haai sies man! Weet Anette en Pierre daarvan
>>>
>>> Watter inligting kan jy nog gee? Dalk kan ons kyk en self besluit of ons
>>> daarin sal kan skaats en 'n gly kan vang!
>>
>> Maar dis dan Annette (ek dink mens skryf haar
>> naam met twee n's) wat vir my hier in Ottawa
>> sit en vertel het hulle hospitaal is nou
>> eintlik beter as jare gelede. Toe ek vir haar
>> vertel volgens die mense op die nuusgroep
>> klink dit of alle hospitale in duie stort, met
>> bloed aan die mure, toe sê sy net "Gloudina,
>> hulle lieg." Vra vir haar die volgende keer as
>> jy vir haar sien. Vertel haar ook haar naamgenoot
>> het blatant verklaar sy is 'n leuenaar. Gelukkig
>> het Gids, wat familie op Swellendam het, toe
>> ook uitgewys dat sy familie daar nie dink dat
>> die Swellendamse hospitaal in duie stort nie.
>> Hoekom het jy 'n skaats aan die waarheid,
>> Thys, tensy dit deur jou filtertjie gefilter
>> is?
>>
>> Tant Hessie van Soekmekaar
>>
>
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61721 is 'n antwoord op boodskap #61715] |
Wed, 08 May 2002 16:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Dan's Swellendam se mense gelukkig. Op Somerset-Wes ruik die prentjie
> ietwat anders.
As ek reg onthou, is dit juis op Somerset-Wes
waarheen Annette moes gaan vir hulp met haar
hart en waar sy met groot lof gepraat het van
die "nie-blanke" tegnikus se hulpvaardigheid
en kundigheid. (Deeglik soos Annette nou is,
het sy die tegnikus uitgevra oor hoeveel
opleiding sy gekry het, en die antwoord was
"ses jaar." As ek dieselfde vraag hier aan
iemand in 'n hospitaal in Ottawa vra, sal hulle
my net daar los en by die hospitaalraad gaan
kla.) En ek kan jou verseker ons het maar ook
mense hier wat mens ook nie aldag weet of jy
hulle moet vertrou of nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61760 is 'n antwoord op boodskap #61721] |
Thu, 09 May 2002 07:31   |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
En Annette de Wet sou NIE in die Hottentots-Holland Hospitaal opgeneem
gewees het nie.
Sy sou na die private hospitaal, MediCity Vergelegen gegaan het. HHH HET
nie sulke toerusting nie. Ek weet, want my broer (geen mediese fonds) moes
in HHH behandel word, maar al die toetse is in MediCity Vergelegen gedoen.
April 2002.
Ek weet dit, want ek was daar en het hom self moes neem.
Skoonpa was ook in Februarie vir 'n paar dae in MediCity weens 'n
hartaanval. Hy het sy lewe te danke aan toegewyde en professionele
verpleging.
Ek kan net met lof praat van die MediCity Vergelegen se behandeling. Maar
daarvoor betaal mens in elk geval.
By HHH is die verpleging net so goed, maar die geriewe is meer verouderd, en
dus ook nie so op datum nie. Toerusting is ook nie vergelykbaar met
MediCity 'sn nie. Lees: MediCity = Genoeg kapitaal van aandeelhouers om
gesondheidsorg van hoë gehalte te kan waarborg. HHH = Provinsiale
regering/Dept van Gesondheid. En hulle argumenteer tans of VIGS regtig VIGS
is. Of iets in daardie rigting.
As mens na HHH as buitepasiënt gaan, moet jy ten minste teen 7:00 in die tou
wees om voor 12:00 gehelp te kan word. Waar lê die probleem? Tekort aan
personeel. Dié wat daar is doen hulle werk goed en professioneel, maar as
daar nie geld is om uitgediende en verouderde mediese toerusting te vervang
nie, moet iets iewers ingee. As daar dan nog boonop nie opgeleide personeel
is nie, dan kan jy dit vir jouself indink hoedat die situasie in enige
hospitaal kan verander. En dit sal in in enige land geld. Nie net in SA
nie.
Wees net dankbaar jy hoef nog met malaria in 'n Malawi hospitaal opgeneem te
word nie. Maar dis 'n ander scenario in elk geval.
Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3CD957D0.7070604@rogers.com...
>
> Thys de Wet wrote:
>
>> Dan's Swellendam se mense gelukkig. Op Somerset-Wes ruik die prentjie
>> ietwat anders.
>
>
> As ek reg onthou, is dit juis op Somerset-Wes
> waarheen Annette moes gaan vir hulp met haar
> hart en waar sy met groot lof gepraat het van
> die "nie-blanke" tegnikus se hulpvaardigheid
> en kundigheid. (Deeglik soos Annette nou is,
> het sy die tegnikus uitgevra oor hoeveel
> opleiding sy gekry het, en die antwoord was
> "ses jaar." As ek dieselfde vraag hier aan
> iemand in 'n hospitaal in Ottawa vra, sal hulle
> my net daar los en by die hospitaalraad gaan
> kla.) En ek kan jou verseker ons het maar ook
> mense hier wat mens ook nie aldag weet of jy
> hulle moet vertrou of nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Terug na Ou Medisyne? [boodskap #61767 is 'n antwoord op boodskap #61760] |
Thu, 09 May 2002 12:24   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> By HHH is die verpleging net so goed, maar die geriewe is meer verouderd, en
> dus ook nie so op datum nie.
HHH = Provinsiale
> regering/Dept van Gesondheid. Waar lê die probleem? Tekort aan
> personeel. Dié wat daar is doen hulle werk goed en professioneel, maar as
> daar nie geld is om uitgediende en verouderde mediese toerusting te vervang
> nie, moet iets iewers ingee. As daar dan nog boonop nie opgeleide personeel
> is nie, dan kan jy dit vir jouself indink hoedat die situasie in enige
> hospitaal kan verander. En dit sal in in enige land geld. Nie net in SA
> nie.
Wel, dankie, Thys. Jy het nou net bevestig
dat die staatshospitaal daar nie in duie
gestort het nie. As ek so lees wat jy skryf,
kan ek sweer jy praat oor die mediese toestande
hier in Ontario, waar mense dieselfde klagtes
kla. Hier het hulle ook op groot skaal begin
hospitale toemaak. En ons het nie 'n private
sisteem van hospitale en hospitaal-versorging
nie. Daar is 'n wet van die federale regering
wat verhoed dat private gesondheidssorg in
Kanada aangebied word. Daar is nou 'n kommissie
wat werk op aanbevelings vir die oplossing van
die krisis in ons mediese struktuur. Miskien sal
ons user's fees moet begin te betaal.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:56:13 UTC 2025
|