Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Konflik tussen Afrikaans en Hollands
Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #60987] Wo, 24 April 2002 21:47 na volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
In `n vroeëre bydrae het iemand iets kwytgeraak dat Afrikaans tot stand
gekom het danksy die Engelse bewind wat die Nederlands wou laat uitsterf of
iets in dier voege. Dit is nie heeltemal waar nie. In die Patriot van 1876
tot in uitgawes van 1882 word die teendeel baie duidelik beklemtoon. Ook
Totuis het die kwessie aangespreek. Sy woorde was:
"`n Legende wat nog onder ons volk rondswerf, en hier en daar selfs nog in
geleerde hoofde `n skuilplek vind, moet dan ook nou vergoed verjaag word
soos `n eensame tier, wat nog in beskaafde streke sig weet op te hou en te
handhaaf. Die legende is, dat die manne van die Afrikaans teen die Hollands
gekant was.

In die eerste jaargang van die "Patriot" (15 Maart 1876) het `n gedig
verskyn van A. Herholdt met die volgende reëls:
Oom Lokomotief
Jij is min so lief.
Set Engels opsij!
Ons taal sal jij krij.
Werk Hollans mar uit-
Stuur weg met die skuit!
En dan het die redakteur daarop geantwoord: "Ons stem nog nie met hom same,
dat die Hollans nou met die skuit moet weggestuur worde na Holland toe. Ons
het Hollans vereers nog nodig.
Die vraag is: Wat was datn die verhouding? Ons kry die antwoord uit die
"Z.Afrikaan" se voorstelle omtrent `n Genootskap vir die Hollandse taal.
Dit het verskyn in die "Patriot" van 11 Mei 1877:
"Ons Genootskap is nie tegen die Hollanse taal nie, soos party van ons
vyande geseg het; maar ons het die onmo`entlikheid ingesien om die Hollanse
taal in ons land te herstel. Afrikaans is in ons oog soos `n jong inheemse
boompie; hy in nog klein en teer, maar groei by die dag op. Hollans is `n
grote uitlandse boom wat in vroeger tyd hier geplant is, mar wat an`t
wegkwijn is. Nou wil ons liewers die jong plantjie opkweek; ander wil
liewers die ou boom dokter, die droge takke afsage, `n bietjie mis om die
stam gooi en omspit, ens. Mar die doel van albei is om `n verkwikkende
skaduwe te soek waaronder ons bevolking kan sit, wat in die koue mistige
weer van Engeland nie kan lewe nie... Wat ons aangaat, ons wil graag meewerk
met `n genootskap ver Hollans; ons raai selfs onse lede an om daarvan ook
lede te worde as hulle lus het. Ons meen dat ons die regte weg ingeslaan
het ver ons doel. Mar andere het anders gedenk, en meen dat ons Hollans
moet gekies he. Wel, ons geef hulle die kans; ons sal gen strooi in die weg
le; ja, ons sal hulle help. Nog meer, blyk dit dat hulle reg en ons
verkeerd gehad het, dat hulle genootskap beter beantwoord, dan sal ons inge.
Ja, as dit duidelik word dat die doel beter deur hulle genootskap bereik
word, ons sal ons onderwerp en met hulle verenig."
Daar was dus nie `n stryd met die Hollands nie. In 14 September 1877 se
uitgawe word die verhouding tussen die twee "Genootskappe" nog verder
beskryf:
"Ons sal die Hollanse Genootskap nie tegewerk, maar veeleer ondersteun. Die
Holl.Genootskap is `n kind van die Afrikaanse. Dan, die Holl.Genootskap sal
ons gen kwaad maar goed doen, veral op die gronde waarop hulle dit begin
het, n.l. Engels taal van die Regering, Hollans taal van die Kerk, Afrikaans
van die Huisgesin... Die Huisgesin is die bron waaruit die Kerk en die
Staat hulle lewe moet kry. Wie die Huisgesin het, het die toekoms in syn
hand. Engels en Hollans moet dus kunsmatig aangekweek worde in ons land,
Afrikaans groei van self...Die Hollanse Genootskap sal ons dus goed doen.
Op watter manier...Deur te help om `n dam op te rig dat alles nie deur
Engelse o`erstroom wort. Daar is afkeer nog teen die Afrikaanse taal by `n
groot deel van ons volk, hoewel dit al langsaam afsterf. Mar tog, dit
hinder ons dat ons nie dadelik so sterk teen die stroom kan staan als dit
moet wees nie. Om `n beeld te gebruik. Die Afrikaanse boompie is nog jonk.
Die Engelse stroom kan hom straks o`erstroom. Hy het Hollans vereers nodig
as `n stut, totdat hy sterk genoeg is om alleen te staan. Die stut sal
langsaam afvrot, die boompie sal al sterker worde, totdat hy gen stut meer
nodig het."
En dit is presies wat gebeur het. Die Engelse het nie Afrikaans gebruik om
die "Hollans" te verdring nie, maar die "Hollans" het afgevrot en Afrikaans
staan vandag op sy eie bene en in eie reg.
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #60992 is 'n antwoord op boodskap #60987] Wo, 24 April 2002 23:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte Johan,

Ek stem daarmee saam dat die Engelsman die Afrikaans nie gebruik het
om die Nederlands uit Suid-Afrika te verdring in die negentiende eeu..
Dit kon toe ook nie omdat Afrikaans op se eie toe nog te swak was.
Ek stem daarmee saam dat Afrikaans 'n eie natuurlike ontwikkeling en
groei het gehad in daardie tyd en dat die Nederlands toe agteruit
gegaan het.
Maar toe het die laaste Boere-oorlog gekom en die 20ste eeu. Paul
Kruger het self geskryf dat die Afrikaners meer ontwikkeling en
onderwys nodig had in daardie dae. Waar, dink jy, was die beste plaas
vir hulle universit�r onderwys? Nog steeds in Nederland, sou ek so sê!
Want in Nederland het die universiteit altyd op 'n hoge peil gestaan.
Kan rustig daarvan uitgaan dat England in se hande gevryf het toe
hulle gesien het dat die Afrikaners plotseling die Nederlanders nie
meer nodig had nie. En waar het dan Afrikaners soontoe gegaan vir
hulle universitêre onderwys? Na Duitsland, by Hitler.

Norbert
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61013 is 'n antwoord op boodskap #60992] Do, 25 April 2002 07:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Norbert:
Maar toe het die laaste Boere-oorlog gekom en die 20ste eeu.....En waar het
dan Afrikaners soontoe gegaan vir
> hulle universitêre onderwys? Na Duitsland, by Hitler.

Johan:
Dit is darem nie heeltemal waar nie. Daar het wel `n groep in Duitsland
begin studeer, maar hulle was ver in die minderheid. Die buitelandse
universiteit wat die grootste aftrek gekry het was die Vrije Universiteit
wat 20 Oktober 1880 gestig is. Die invloed van vername akademici asook
politici is vandag steeds geldend. Ek dink aan groot manne soos Dr A Kuyper
(later leier van die anitrevolutionaire partij), Dr FL Rutgers, Dr Ph. J.
Hoedemaker, Mr D.P.D. Fabuis, Dr FWJ Dilloo, Dr AH de Hartog, Dr J Woltjer.
`n Ander aspek wat nie uit die oog verloor mag word nie, is dat
Suid-Afrikaanse Universiteite ontstaan het, wat vroeg reeds met die bestes
in die wêreld meegeding het. Die enigste werklike invloed wat die Duitse
Universiteite op SA gehad het was eers na 1948 gewees, en moet ek byvoeg,
dit was nie juis `n opbouende invloed nie. Gelukkig is dit `n geslag wat
besig is om uit te sterf.
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61036 is 'n antwoord op boodskap #61013] Do, 25 April 2002 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

Die enigste werklike invloed wat die Duitse
> Universiteite op SA gehad het was eers na 1948 gewees, en moet ek byvoeg,
> dit was nie juis `n opbouende invloed nie. Gelukkig is dit `n geslag wat
> besig is om uit te sterf.

Kan jy bietjie meer spesifiek uitwei
hieroor.

Gloudina
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61039 is 'n antwoord op boodskap #61013] Do, 25 April 2002 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte Johan,

Watter taal het die Suidafrikaanse dosente toe gebesig in 1880 an die
Vrije Universiteit om hulle leerstof vir hulle studente oor te bring?

Groetjies,

Norbert

"johanls" schreef:

> Norbert:
> Maar toe het die laaste Boere-oorlog gekom en die 20ste eeu.....En waar het
> dan Afrikaners soontoe gegaan vir
>> hulle universitêre onderwys? Na Duitsland, by Hitler.
>
> Johan:
> Dit is darem nie heeltemal waar nie. Daar het wel `n groep in Duitsland
> begin studeer, maar hulle was ver in die minderheid. Die buitelandse
> universiteit wat die grootste aftrek gekry het was die Vrije Universiteit
> wat 20 Oktober 1880 gestig is. Die invloed van vername akademici asook
> politici is vandag steeds geldend. Ek dink aan groot manne soos Dr A Kuyper
> (later leier van die anitrevolutionaire partij), Dr FL Rutgers, Dr Ph. J.
> Hoedemaker, Mr D.P.D. Fabuis, Dr FWJ Dilloo, Dr AH de Hartog, Dr J Woltjer.
> `n Ander aspek wat nie uit die oog verloor mag word nie, is dat
> Suid-Afrikaanse Universiteite ontstaan het, wat vroeg reeds met die bestes
> in die wêreld meegeding het. Die enigste werklike invloed wat die Duitse
> Universiteite op SA gehad het was eers na 1948 gewees, en moet ek byvoeg,
> dit was nie juis `n opbouende invloed nie. Gelukkig is dit `n geslag wat
> besig is om uit te sterf.
>
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61056 is 'n antwoord op boodskap #61039] Do, 25 April 2002 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Norbert

> Watter taal het die Suidafrikaanse dosente toe gebesig in 1880 an die
> Vrije Universiteit om hulle leerstof vir hulle studente oor te bring?

Johan:
Hul het meeste hulle doktorsgrade aan die Vrije Universiteit gekry waar die
klasse in Nederlands aangebied is. By hul terugkeer na SA het hulself begin
klas gee aan die nuwe plaaslike Universiteite met Afrikaans as voertaal.
Meeste van die boeke was egter in Nederlands gewees. Ek het in my besit
sekere klasaantekeninge wat van my voorgeslagte in Nederland gemaak het, en
wat weer later gebruik is as deel van hul lesings wat in Afrikaans aangebied
is.
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61058 is 'n antwoord op boodskap #61036] Do, 25 April 2002 19:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Wel ek sal myself nou nie uitgee as `n kenner nie. Kyk mens egter
geskiedkundig na sekere gebeure moet jy jouself afvra teen watter agtergrond
het dit plaasgevind, wie was die groot rolspelers en watter invloed het
daardie gebeure gehad op dit wat vandag werklikheid is. Eintlik is dit al
manier waarop jy die hede kan verklaar. Maak mens so `n studie van die
akademiese opleiding oor die afgelope 30 jaar in SA kom jy agter dat daar `n
duidelike klemverskuiwing plaasgevind het. Helaas met positiewe sowel as
negatiewe punte. Iets wat egter uitstaan is `n gees van kritiek teen alles
wat voorheen geleer of gehandhaaf was. Dosente aan die Suid-Afrikaanse
Universiteite wat hierdie gees adem (onder andere WS Prinsloo, FE Deist, JH
le Roux, ea.) het almal hulle verdere studie in Duitsland gedoen. By
verdere ondersoek word die name van twee persone genoem wat aansienlike
invloed op hierdie mense se denkpatrone en (as mens dit so wil noem) hulle
filosofiese uitgangspunte gehad het. Die persone is Karl Barth en Rudolph
Bultmann. Beide van hulle het na die TWO begin om te leer dat niks waar is
nie en dat elke mens se waarheid vir homself waar is en wanneer dit verskil
van `n ander persoon se idee van waarheid, is dit jou goeie reg om te
verskil en niemand kan sê dat jy verkeerd is nie. Hierdie is maar net `n
klein deeltjie van `n verdraaide filosofie, maar tog het dit veral in die
geesteswetenskappe inslag gevind tot so `n mate dat die post-modernisme die
laaste 10 jaar baie steun geniet het aan Universiteite. Daar is egter `n
volgende geslag besig om op te staan wat nie tevrede is met relatiwisme nie,
maar wie soek na die waarheid. Ou geskrifte en navorsingsresultate word
weer opgediep en daar word gepoog om werklik wetenskaplik akademies te wees
met so min as moontlik voorveronderstellings. Nie dat mens ooit tabula rasa
sal wees nie, maar ter wille van openheid begin almal om hulle
voorveronderstellings te meld; sodat dit duidelik is wat jou vertrekpunt is.
> Gloudina:
> Kan jy bietjie meer spesifiek uitwei
> hieroor.
>
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61063 is 'n antwoord op boodskap #61056] Do, 25 April 2002 21:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte Johan,

As ek dit goed begryp was Nederlands tot laat in die negentiende eeu
die algemene voertaal an die Suidafrikaanse universiteite voor sover
dit die onderwys aangaan vir Afrikaanstaliges en waarskynlik het dit
so gebly tot 'n stuk in die 20ste eeu (ek het daaroor geen bronne
nie).
Dit ondersteun eintlik my mening dat die Engelse lange tyd geen
rekening gehou het met die Afrikaans maar wel met die Nederlands. Ek
dink hulle het nooit die Afrikaans as 'n bedreiging aansien vir hulle
(ook intellektuele) magsposisie. Nederlands was baie gevaarliker omdat
daardie taal, op die universit�r vlak, net so hoog gekwalifiseer was
as Engels. Met die vooruitsig op die toekomstige industrialisasie van
Suid-Afrika moet hulle (die Engelse) toe al geweet het dat die
Nederlands sou gaan terugkom indien daar nie een of ander sosiale
ommeswaai dit sou gaan belet het. Dis miskien ontereg maar ek beweer
dat die Engelse ook vir 'n grote deel het bygedrae tot die
ontwikkeling van die Afrikaans suiwer om te belet dat die Nederlands
terug die mag sou gaan gryp in Suid-Afrika.

Norbert

"johanls" schreef:

>> Norbert
>
>> Watter taal het die Suidafrikaanse dosente toe gebesig in 1880 an die
>> Vrije Universiteit om hulle leerstof vir hulle studente oor te bring?
>
> Johan:
> Hul het meeste hulle doktorsgrade aan die Vrije Universiteit gekry waar die
> klasse in Nederlands aangebied is. By hul terugkeer na SA het hulself begin
> klas gee aan die nuwe plaaslike Universiteite met Afrikaans as voertaal.
> Meeste van die boeke was egter in Nederlands gewees. Ek het in my besit
> sekere klasaantekeninge wat van my voorgeslagte in Nederland gemaak het, en
> wat weer later gebruik is as deel van hul lesings wat in Afrikaans aangebied
> is.
>
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61067 is 'n antwoord op boodskap #60992] Vr, 26 April 2002 04:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert

Jy weet en ek weet hoeveel hollanders saam met Hitler gestaan het - vanwaar
die hoogheiligheid?

Dis duidelik dat jy nie die Afrikaner se geskiedenis ken nie - dit het in
elke geval met julle bemoeisieke klompedraers niks te doen nie.

"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3cc73aa2.12294922@news.skynet.be...
> Geagte Johan,
>
> Ek stem daarmee saam dat die Engelsman die Afrikaans nie gebruik het
> om die Nederlands uit Suid-Afrika te verdring in die negentiende eeu..
> Dit kon toe ook nie omdat Afrikaans op se eie toe nog te swak was.
> Ek stem daarmee saam dat Afrikaans 'n eie natuurlike ontwikkeling en
> groei het gehad in daardie tyd en dat die Nederlands toe agteruit
> gegaan het.
> Maar toe het die laaste Boere-oorlog gekom en die 20ste eeu. Paul
> Kruger het self geskryf dat die Afrikaners meer ontwikkeling en
> onderwys nodig had in daardie dae. Waar, dink jy, was die beste plaas
> vir hulle universit�r onderwys? Nog steeds in Nederland, sou ek so sê!
> Want in Nederland het die universiteit altyd op 'n hoge peil gestaan.
> Kan rustig daarvan uitgaan dat England in se hande gevryf het toe
> hulle gesien het dat die Afrikaners plotseling die Nederlanders nie
> meer nodig had nie. En waar het dan Afrikaners soontoe gegaan vir
> hulle universitêre onderwys? Na Duitsland, by Hitler.
>
> Norbert
>
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61074 is 'n antwoord op boodskap #61067] Vr, 26 April 2002 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte Jonas,

Ek is dit debat moeg! 'n Mens moet daarmee rekening hou dat elke
onderwerp wat in soc.culture bepraat word nie alleen vir se deelnemers
nie, maar ook vir se nie-deelnemers op die ou end vervelend word.
Jy mag my net soveel hoogheilig noem soos jy dit wil. Ek het me eie al
lank versoen met me eie hoogheiligheid. Ek hoop jy doen ditselfde met
joune?
Hierdie wil ek jou wel in vertroue gee: ek gee eintlik nie veel om
Suid-Afrika nie en ook die Afrikaners en hulle taal kan me weinig
skeel. Hoe eerder daardie laaste na die bliksem gaan hoe liewer ek dit
sal hê. Wie hou daar nou van om dae lank oor 'n taal en die land se
geskiedenis te redetwis? Ek vind daardie praatjie van Arthur oor die
sonpanele baie interessanter!

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

"Jonas" schreef:

> Norbert
>
> Jy weet en ek weet hoeveel hollanders saam met Hitler gestaan het - vanwaar
> die hoogheiligheid?
>
> Dis duidelik dat jy nie die Afrikaner se geskiedenis ken nie - dit het in
> elke geval met julle bemoeisieke klompedraers niks te doen nie.
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3cc73aa2.12294922@news.skynet.be...
>> Geagte Johan,

>> Ek stem daarmee saam dat die Engelsman die Afrikaans nie gebruik het
>> om die Nederlands uit Suid-Afrika te verdring in die negentiende eeu..
>> Dit kon toe ook nie omdat Afrikaans op se eie toe nog te swak was.
>> Ek stem daarmee saam dat Afrikaans 'n eie natuurlike ontwikkeling en
>> groei het gehad in daardie tyd en dat die Nederlands toe agteruit
>> gegaan het.
>> Maar toe het die laaste Boere-oorlog gekom en die 20ste eeu. Paul
>> Kruger het self geskryf dat die Afrikaners meer ontwikkeling en
>> onderwys nodig had in daardie dae. Waar, dink jy, was die beste plaas
>> vir hulle universit�r onderwys? Nog steeds in Nederland, sou ek so sê!
>> Want in Nederland het die universiteit altyd op 'n hoge peil gestaan.
>> Kan rustig daarvan uitgaan dat England in se hande gevryf het toe
>> hulle gesien het dat die Afrikaners plotseling die Nederlanders nie
>> meer nodig had nie. En waar het dan Afrikaners soontoe gegaan vir
>> hulle universitêre onderwys? Na Duitsland, by Hitler.

>> Norbert

>
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61077 is 'n antwoord op boodskap #61074] Vr, 26 April 2002 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3cc90398.537277@news.skynet.be...
> Geagte Jonas,
>
> Ek is dit debat moeg! 'n Mens moet daarmee rekening hou dat elke
> onderwerp wat in soc.culture bepraat word nie alleen vir se deelnemers
> nie, maar ook vir se nie-deelnemers op die ou end vervelend word.
> Jy mag my net soveel hoogheilig noem soos jy dit wil. Ek het me eie al
> lank versoen met me eie hoogheiligheid. Ek hoop jy doen ditselfde met
> joune?
> Hierdie wil ek jou wel in vertroue gee: ek gee eintlik nie veel om
> Suid-Afrika nie en ook die Afrikaners en hulle taal kan me weinig
> skeel. Hoe eerder daardie laaste na die bliksem gaan hoe liewer ek dit
> sal hê.

Ou Norbert,
Na jou uitlatings van die laaste paar dae is ek oortuig dat hier 'n hele
paar deelnemers is wat presies dieselfde oor jou voel. Met "jou" bedoel ek
nie Hollanders, Nederlanders of Vlaminge nie, ek bedoel Norbert. Kom ek
help jou gou reg met jou laaste sin hier bo. Dit val nie so lekker op die
Afrikaanse tong nie. Dit behoort eintlik te wees: "Hoe gouer die bogenoemde
in hulle bliksem in gaan, hoe beter sal ek voel." As jy wil, kan jy ook die
tweede "in" uitlos. Die dubbele "in" word gewoontlik gebruik om meer erns
te toon. Die gebruik wissel ook van streek tot streek.
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61085 is 'n antwoord op boodskap #61077] Vr, 26 April 2002 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte Sakkie,

Neen, ek glo jy is nie reg nie. Vir my dis baie treurig as die mense
so gou die bliksem in is vir iemand.

Groetjies,

Norbert

"Sakkie" schreef:

>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3cc90398.537277@news.skynet.be...
>> Geagte Jonas,

>> Ek is dit debat moeg! 'n Mens moet daarmee rekening hou dat elke
>> onderwerp wat in soc.culture bepraat word nie alleen vir se deelnemers
>> nie, maar ook vir se nie-deelnemers op die ou end vervelend word.
>> Jy mag my net soveel hoogheilig noem soos jy dit wil. Ek het me eie al
>> lank versoen met me eie hoogheiligheid. Ek hoop jy doen ditselfde met
>> joune?
>> Hierdie wil ek jou wel in vertroue gee: ek gee eintlik nie veel om
>> Suid-Afrika nie en ook die Afrikaners en hulle taal kan me weinig
>> skeel. Hoe eerder daardie laaste na die bliksem gaan hoe liewer ek dit
>> sal hê.
>
> Ou Norbert,
> Na jou uitlatings van die laaste paar dae is ek oortuig dat hier 'n hele
> paar deelnemers is wat presies dieselfde oor jou voel. Met "jou" bedoel ek
> nie Hollanders, Nederlanders of Vlaminge nie, ek bedoel Norbert. Kom ek
> help jou gou reg met jou laaste sin hier bo. Dit val nie so lekker op die
> Afrikaanse tong nie. Dit behoort eintlik te wees: "Hoe gouer die bogenoemde
> in hulle bliksem in gaan, hoe beter sal ek voel." As jy wil, kan jy ook die
> tweede "in" uitlos. Die dubbele "in" word gewoontlik gebruik om meer erns
> te toon. Die gebruik wissel ook van streek tot streek.
>
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61088 is 'n antwoord op boodskap #61085] Vr, 26 April 2002 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Norbert - "beste man" LAZER OP !
Patrick

>>> Hierdie wil ek jou wel in vertroue gee: ek gee eintlik nie veel om
>>> Suid-Afrika nie en ook die Afrikaners en hulle taal kan me weinig
>>> skeel. Hoe eerder daardie laaste na die bliksem gaan hoe liewer ek dit
>>> sal hê.
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61091 is 'n antwoord op boodskap #61056] Vr, 26 April 2002 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

Ek het in my besit
> sekere klasaantekeninge wat van my voorgeslagte in Nederland gemaak het, en
> wat weer later gebruik is as deel van hul lesings wat in Afrikaans aangebied
> is.

Dis nogal oulik dat jy in 'n familie is
waar blykbaar meer as een na Nederland toe
is vir studie, en uiteindelik aan Afrikaanse
universiteite klasgegee het. Ek kan nie besluit
in watter veld jy is nie, want jou kennis is
so lekker breed. Wat is jou agtergrond, as ek
mag vra?

Gloudina
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61094 is 'n antwoord op boodskap #61058] Vr, 26 April 2002 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

By
> verdere ondersoek word die name van twee persone genoem wat aansienlike
> invloed op hierdie mense se denkpatrone en (as mens dit so wil noem) hulle
> filosofiese uitgangspunte gehad het. Die persone is Karl Barth en Rudolph
> Bultmann. Beide van hulle het na die TWO begin om te leer dat niks waar is
> nie en dat elke mens se waarheid vir homself waar is en wanneer dit verskil
> van `n ander persoon se idee van waarheid, is dit jou goeie reg om te
> verskil en niemand kan sê dat jy verkeerd is nie. Hierdie is maar net `n
> klein deeltjie van `n verdraaide filosofie, maar tog het dit veral in die
> geesteswetenskappe inslag gevind tot so `n mate dat die post-modernisme die
> laaste 10 jaar baie steun geniet het aan Universiteite.

Ek behoort nie teveel oor hierdie soort
ding uit te wei nie, want ek is seker nie
goed genoeg geskool in die dinge nie. Maar
ek wonder tog of dit reg is dat jy so negatief
is veral oor iemand soos Karl Barth. Ek dink
nie hy het geleer "dat niks waar is nie." Maar
hy het wel begin om anders te dink as die
filosowe voor hom oor godsdienstige dinge. In
sy " Commentary on the Epistle to the Romans"
verklaar hy: "Piety is the possibility of the
removal of the last traces of a firm foundation
upon which we can erect a system of thought."
In 'n sekere opsig is hy dan 'n voorloper van die
denke van Christen-eksistensialiste. Letterkundige
neerslag vir hierdie denke vind ons byvoorbeeld by
Opperman in Joernaal van Jorik, wat myns insiens tot
'n groot mate eintlik net verstaan kan word as mens
trekke van die Eksistensialisme daarin sien.

Gloudina
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61096 is 'n antwoord op boodskap #61088] Vr, 26 April 2002 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ah! Is jy daar ook nog eens? Hoe gaan dit met jou teenwoordig?

Norbert

L&P schreef:
>
> Norbert - "beste man" LAZER OP !
> Patrick
>
>>>> Hierdie wil ek jou wel in vertroue gee: ek gee eintlik nie veel om
>>>> Suid-Afrika nie en ook die Afrikaners en hulle taal kan me weinig
>>>> skeel. Hoe eerder daardie laaste na die bliksem gaan hoe liewer ek dit
>>>> sal hê.
>
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61097 is 'n antwoord op boodskap #61088] Vr, 26 April 2002 15:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Sorry, ik vergat jou te antwoorden...
Oplazeren? Neen, man, dat ben ik echt nog niet van plan. Soc.culture
mag zich nog lang verheugen op mijn samenwerking, tenzij de provider
van deze nieuwsgroep daar anders over beslist. Zijn recht.
Maar ik ben wél van plan om enige vakantie te nemen. Ik heb wel wat
beters te doen dan hier hele dagen leuterpraat te zitten repliceren.
Mijn tuin wacht en ik moet me beginnen inwerken in mijn nieuwe cursus
Duits. Jullie zijn dus wel eventjes van me af en dat zal jullie
misschien plezier doen.
Voorlopig heb ik echt geen behoefte meer aan nog een extra potje
hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften. Want dat kunnen ze hier wel
op deze nieuwsgroep! Ik vraag mij soms af waar ze er altijd de zin
voor vandaan halen.
Maar goed, dit gezegd zijnde,

Tot later!

Norbert (uit Vlaanderen)

L&P schreef:

>
>
> Norbert - "beste man" LAZER OP !
> Patrick
>
>>>> Hierdie wil ek jou wel in vertroue gee: ek gee eintlik nie veel om
>>>> Suid-Afrika nie en ook die Afrikaners en hulle taal kan me weinig
>>>> skeel. Hoe eerder daardie laaste na die bliksem gaan hoe liewer ek dit
>>>> sal hê.
>
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61104 is 'n antwoord op boodskap #61067] Vr, 26 April 2002 18:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Apr 2002 06:31:54 +0200, "Jonas" wrote:

> Norbert
>
> Jy weet en ek weet hoeveel hollanders saam met Hitler gestaan het - vanwaar
> die hoogheiligheid?
>

Maar Jonas, ons is dan net so hoogheilig! En dit met 'n geskiedenis
van verraaiers, hensoppers, Afrikaanse en Kanadese ondersteuning
vir die ANC, politieke rugstekers, ontugplegers, ondersteuners vir die
Britse inval ens...?

DD
Hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften [boodskap #61113 is 'n antwoord op boodskap #61097] Vr, 26 April 2002 21:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"*Sterrenkijker*"
Voorlopig heb ik echt geen behoefte meer aan nog een
extra potje hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften.

Wouter
Ons is ook glad nie lus om harte te vreet, sikke te neur of
mugge te zift nie, hoor.

Eat your heart out as jy dit kan verstaan :-)
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61126 is 'n antwoord op boodskap #61091] Sa, 27 April 2002 07:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ek kan nie besluit
> in watter veld jy is nie, want jou kennis is
> so lekker breed. Wat is jou agtergrond, as ek
> mag vra?

Johan:
Dankie vir die kompliment, maar eintlik verdien ek dit nie. Ek is bloot
maar net `n jong (en meestal voortvarende) student met `n redelik wye
belangstellingsveld. Veral geïnteresseerd in wysbegeerte, geskiedenis,
tale, sosiologie en antropologie. Ek kan nie verby `n boek-uitverkoping
loop nie en lees soveel as moontlik. Die leesgier het danksy my familie se
akademiese geskiedenis by my inslag gevind. Een van my ideale is om my twee
doktorsgrade te kry voordat ek 30 is. Nou kan jy seker begin wonder oor my
ouderdom, wel ek is nog net 20 jaar in die wêreld; ek het weinig
ondervinding oor baie van die dinge waaroor hier gepraat word aangesien dit
voor my tyd was. Wat my nogal amuseer is dat so baie persone op die ng. nog
aan die verlede vashou asof dit die enigste werklikheid is wat hulle ken.
Meeste persone hier kom, volgens my afleiding uit hul argumente, uit die tyd
voor die veranderinge in SA en probeer telkens om of dit wat in die verlede
gebeur het te regverdig of om als wat vandag verkeerd is aan die verlede toe
te skryf en dan te wys dat daar vroeër soveel meer verkeerd was. Ons nuwe
geslag Afrikaners (of laat ek nie namens almal praat nie en eerder sê die
meeste mense wat ek ken) is nie gepla oor hierdie dinge nie! Ons toekoms is
dit waaroor ons bekommerd is.
Genoeg filosofie en genoeg van myself. Hoop dit het jou gegee wat jy wou
hê.
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61138 is 'n antwoord op boodskap #61126] Sa, 27 April 2002 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Johan, dankie dat jy jou tot 'n mate aan ons voorgestel het - dit is
verblydend om 'n bietjie jong bloed hier te sien - vir hoe lank sal ons maar
met sien.
Een ding moet jy egter weet - daar is geen manier hoe jy die aantie se
sienings kan toedig aan die meerderheid van ons hier nie;))
Die meeste van ons wat hier bly leef inderdaad in die hede.

Van die os op die jas - is jy 'n voltydse student?
Is jou doel om jou twee doktorsgrade voor 30 as 'n voltydse student te
verwerf?
Wat is jou doel daarna?
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

johanls skryf in boodskap news:3ccad3ca_3@batman.vip-za.com...
> Gloudina
> Ek kan nie besluit
>> in watter veld jy is nie, want jou kennis is
>> so lekker breed. Wat is jou agtergrond, as ek
>> mag vra?
>
> Johan:
> Dankie vir die kompliment, maar eintlik verdien ek dit nie. Ek is bloot
> maar net `n jong (en meestal voortvarende) student met `n redelik wye
> belangstellingsveld. Veral geïnteresseerd in wysbegeerte, geskiedenis,
> tale, sosiologie en antropologie. Ek kan nie verby `n boek-uitverkoping
> loop nie en lees soveel as moontlik. Die leesgier het danksy my familie se
> akademiese geskiedenis by my inslag gevind. Een van my ideale is om my twee
> doktorsgrade te kry voordat ek 30 is. Nou kan jy seker begin wonder oor my
> ouderdom, wel ek is nog net 20 jaar in die wêreld; ek het weinig
> ondervinding oor baie van die dinge waaroor hier gepraat word aangesien dit
> voor my tyd was. Wat my nogal amuseer is dat so baie persone op die ng. nog
> aan die verlede vashou asof dit die enigste werklikheid is wat hulle ken.
> Meeste persone hier kom, volgens my afleiding uit hul argumente, uit die tyd
> voor die veranderinge in SA en probeer telkens om of dit wat in die verlede
> gebeur het te regverdig of om als wat vandag verkeerd is aan die verlede toe
> te skryf en dan te wys dat daar vroeër soveel meer verkeerd was. Ons nuwe
> geslag Afrikaners (of laat ek nie namens almal praat nie en eerder sê die
> meeste mense wat ek ken) is nie gepla oor hierdie dinge nie! Ons toekoms is
> dit waaroor ons bekommerd is.
> Genoeg filosofie en genoeg van myself. Hoop dit het jou gegee wat jy wou
> hê.
>
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61139 is 'n antwoord op boodskap #61138] Sa, 27 April 2002 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Ja ek is huidiglik `n voltydse student en beoog om dit te bly solank as wat
die bank vir my lenings sal gee. Die finansies druk bietjie op die oomblik
en was dit nie vir lenings en beurse nie sou ek nie kon studeer nie.
Huidiglik doen ek in die nagte sekuriteitswerk en in die dag draf ek klas.
Na my studies sal ek heel moontlik aansoek doen vir een of ander akademiese
betrekking.
Annette
is jy 'n voltydse student?
> Is jou doel om jou twee doktorsgrade voor 30 as 'n voltydse student te
> verwerf?
> Wat is jou doel daarna
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61141 is 'n antwoord op boodskap #61126] Sa, 27 April 2002 10:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Goed gesê jong man ek hou van jou uitkyk op die lewe. Onthou net die
grootste werklikheid wat mens ooit kan ken lê inderdaad in die verlede. Dit
HET gebeur en jy kan dit nie wegwens of redeneer nie. Mens kan spekuleer oor
die toekoms maar die verlede WAS die werklikheid. Dit is dan 'n persoonlike
keuse om in die verlede te bly leef en die pas daar te makeer OF saam met
die eskadron vorentoe te marsjeer - daar stem ek met jou saam.

Ondervinding is die beste leermeester. Ek sit vanmiddag saam met die manne
'n koue enetjie en geniet by die watergat hier onder en dit was die
onderwerp van bespreking. Ons het gepraat oor "if I knew then what I know
now." Ou Jonnie, ek wens jy kon daar wees - dit was 'n openbaring. Ek kan
jou hier besig hou vir die volgende uur maar om vinning op te som gee ek die
topic wat die meeste punte gewen het: niemand sou ooit, ooit, ooit getrou
het nie.

Hantamkind
'n ou wit omie (kyk hoe kierts regop sit Gloudina skielik :-) wat daar was.

"johanls" :
> Dankie vir die kompliment, maar eintlik verdien ek dit nie. Ek is bloot
> maar net `n jong (en meestal voortvarende) student met `n redelik wye
> belangstellingsveld.

Wat my nogal amuseer is dat so baie persone op die ng. nog
> aan die verlede vashou asof dit die enigste werklikheid is wat hulle ken.
> Meeste persone hier kom, volgens my afleiding uit hul argumente, uit die tyd
> voor die veranderinge in SA en probeer telkens om of dit wat in die verlede
> gebeur het te regverdig of om als wat vandag verkeerd is aan die verlede toe
> te skryf en dan te wys dat daar vroeër soveel meer verkeerd was. Ons nuwe
> geslag Afrikaners (of laat ek nie namens almal praat nie en eerder sê die
> meeste mense wat ek ken) is nie gepla oor hierdie dinge nie! Ons toekoms is
> dit waaroor ons bekommerd is.
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61146 is 'n antwoord op boodskap #61139] Sa, 27 April 2002 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie vir jou antwoord Johan - en sterkte vorentoe met daardie lenings en
beurse. Geen mens weet wat in die toekoms vir hul voorlê nie, en min mense
is so gelukkig om hul drome as 18jariges uiteindelik te verwesentlik, of
dat die besluit op so 'n jong ouderdom wel die regte een was wat mens tot sy
oudag gelukkig kon hou.
Ek hou vir jou duim vas dat jy een van die gelukkiges is.
Annette

johanls skryf in boodskap news:3ccaf767$1_3@batman.vip-za.com...
> Johan:
> Ja ek is huidiglik `n voltydse student en beoog om dit te bly solank as wat
> die bank vir my lenings sal gee. Die finansies druk bietjie op die oomblik
> en was dit nie vir lenings en beurse nie sou ek nie kon studeer nie.
> Huidiglik doen ek in die nagte sekuriteitswerk en in die dag draf ek klas.
> Na my studies sal ek heel moontlik aansoek doen vir een of ander akademiese
> betrekking.
> Annette
> is jy 'n voltydse student?
>> Is jou doel om jou twee doktorsgrade voor 30 as 'n voltydse student te
>> verwerf?
>> Wat is jou doel daarna
>
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61150 is 'n antwoord op boodskap #61141] Sa, 27 April 2002 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
< knippie:)) >
> Ondervinding is die beste leermeester. Ek sit vanmiddag saam met die manne
> 'n koue enetjie en geniet by die watergat hier onder en dit was die
> onderwerp van bespreking. Ons het gepraat oor "if I knew then what I know
> now." Ou Jonnie, ek wens jy kon daar wees - dit was 'n openbaring. Ek kan
> jou hier besig hou vir die volgende uur maar om vinning op te som gee ek die
> topic wat die meeste punte gewen het: niemand sou ooit, ooit, ooit getrou
> het nie.
>

Hantamkind - Ek stem saam met jou - maar hoekom noem jy die vroue daar die
manne?:))))

> Hantamkind
> 'n ou wit omie (kyk hoe kierts regop sit Gloudina skielik :-) wat daar was.
>
> "johanls" :
>> Dankie vir die kompliment, maar eintlik verdien ek dit nie. Ek is bloot
>> maar net `n jong (en meestal voortvarende) student met `n redelik wye
>> belangstellingsveld.
>
> Wat my nogal amuseer is dat so baie persone op die ng. nog
>> aan die verlede vashou asof dit die enigste werklikheid is wat hulle ken.
>> Meeste persone hier kom, volgens my afleiding uit hul argumente, uit die
> tyd
>> voor die veranderinge in SA en probeer telkens om of dit wat in die
> verlede
>> gebeur het te regverdig of om als wat vandag verkeerd is aan die verlede
> toe
>> te skryf en dan te wys dat daar vroeër soveel meer verkeerd was. Ons nuwe
>> geslag Afrikaners (of laat ek nie namens almal praat nie en eerder sê die
>> meeste mense wat ek ken) is nie gepla oor hierdie dinge nie! Ons
toekoms
> is
>> dit waaroor ons bekommerd is.
>
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61152 is 'n antwoord op boodskap #61141] Sa, 27 April 2002 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

"if I knew then what I know
> now." om vinning op te som gee ek die
> topic wat die meeste punte gewen het: niemand sou ooit, ooit, ooit getrou
> het nie.

Ja, dis wat ek ook sê. Na ek die man
en vier kinders gekry het. Elke keer
as ek 'n bruid na die kansel sien gaan,
sê ek : "Another lamb that is led to the
slaughter." En my medesusters stem saam:
"Dis slawerny." En die wetenskap stem
met ons saam. In die skaal van geluk en
gesondheid, is getroude vroue in 'n laer
rang as ongetroude vroue. En wie is aan
die bokant van die lys? Die gelukkigste
en gesondste mans, is getroude mans. En
ek wed dat Hantamkind se groepie almal
mans was, heelwaarskynlik almal heel
tevrede getroude mans. Maar hulle sit en
kekkel hulle ou deuntjie.

Gloudina
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61154 is 'n antwoord op boodskap #61126] Sa, 27 April 2002 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

Ek is bloot
> maar net `n jong (en meestal voortvarende) student met `n redelik wye
> belangstellingsveld. Veral geïnteresseerd in wysbegeerte, geskiedenis,
> tale, sosiologie en antropologie.

Een van my ideale is om my twee
> doktorsgrade te kry voordat ek 30 is. Nou kan jy seker begin wonder oor my
> ouderdom, wel ek is nog net 20 jaar in die wêreld;

Wel, geniet jou jeug ten volle. Alhoewel ek
nie weer deur my twintigjare wil gaan nie.
Soveel verantwoordelikheid en keuses! Soveel
druk met studies en ander dinge. Ek het selfs
'n teorie : dat die laaste deel van jou twintiger-
jare die onaangenaamste en moeilikste deel van
jou lewe gaan wees. Maar as jy net dertig kan
haal, dan is jou kop deur.
Maar jy herinner my aan myself. Toe ek sestien
was, het ek my voorgeneem dat ek óf sal gaan trou
en vier kinders sal hê op veertig jaar, óf 'n
doktersgraad sal hê, of ten minste twee boeke
geskryf sal hê, óf die hele boksemdaais van
Shakespeare se werk in Afrikaans vertaal sou hê.
Die lewe het my geleer dat mens moet kies.
Ek is geinteresseerd in waarin jy nou studeer?
As dit Afrikaanse taalwetenskap en letterkunde is,
hoop ek dat ons nog baie lekker dinge hier op die
nuusgroep sal kan bespreek. En lekker kan skinder.
Ek lees nou die tweede gedeelte van NP van Wyk Louw
se biografie en vind dit heel snaaks dat, toe die
familie sy as wil hê, toe het die begrafnismaatskappy
dit alreeds erens op 'n gesamentlike plek gaan strooi,
omdat dit nie vantevore opgeeis is nie. Mens sou tog
dink iemand sou gedink het dat mense eendag NP se graf
sou wou besoek as 'n soort letterkundige mekka.( Nie
dat ek nou dink dat hy SA se grootste Afrikaanse digter
is nie. Opperman is hom myle en myle voor.)

Gloudina
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61156 is 'n antwoord op boodskap #61138] Sa, 27 April 2002 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Een ding moet jy egter weet - daar is geen manier hoe jy die aantie se
> sienings kan toedig aan die meerderheid van ons hier nie;))
> Die meeste van ons wat hier bly leef inderdaad in die hede.

Ja, Johan. Hier is daar 'n kreatiewe spanning
tussen wat die aantie en die mense van Swellendam
sê en wat Annette en haar tant Souf en tant Souf
se man sê. Jy sal na 'n rukkie maar moet sien waar
Dawid die wortels gegrawe het.

Tant Hessie van die Swellendamse van Helsdingens.
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61162 is 'n antwoord op boodskap #61126] Sa, 27 April 2002 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" schreef:

Ons toekoms is dit waaroor ons bekommerd is.

Ek hoop jou toekoms is in goude hande.

Norbert
Re: Hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften [boodskap #61165 is 'n antwoord op boodskap #61113] Sa, 27 April 2002 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef:

> "*Sterrenkijker*"
> Voorlopig heb ik echt geen behoefte meer aan nog een
> extra potje hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften.
>
> Wouter
> Ons is ook glad nie lus om harte te vreet, sikke te neur of
> mugge te zift nie, hoor.
>
> Eat your heart out as jy dit kan verstaan :-)

Ja, ek kan dit verstaan.

Norbert
------------
The expression "eat one's heart out" means to worry a great deal and
comes down to us from Book 10 of Homer's Odyssey, where Circe sees
Ulysses sitting despondent after she had turned his men into pigs and
says to him, "Ulysses, why do you sit like that as though you were
dumb, gnawing at your own heart, and refusing both meat and drink? Is
it that you are still suspicious? You ought not to be, for I have
already sworn solemnly that I will not hurt you."

>
Re: Hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften [boodskap #61168 is 'n antwoord op boodskap #61165] Sa, 27 April 2002 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

>> "*Sterrenkijker*"

>> Voorlopig heb ik echt geen behoefte meer aan nog een
>> extra potje hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften.

>> Wouter
>> Ons is ook glad nie lus om harte te vreet, sikke te neur of
>> mugge te zift nie, hoor.

Ag, Wouter. Waardeer ten minste die
Nederlands-sprekendes se baie meer
volatiele gebruik van die taal. Ons
Afrikaanssprekendes dink altyd ons
het so 'n kleurige en geurige taal,
maar ons kan nie kers-vashou by die
Nederlands-sprekendes nie. (En ek sien
hulle bekkigheid ook weerspieël in die
manier waarop hulle in New York praat.)
Ek verstaan die hartenvreten en
muggeziften. Maar wat beteken sikkeneuren?

Gloudina
Re: Hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften [boodskap #61170 is 'n antwoord op boodskap #61168] Sa, 27 April 2002 16:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte Gloudina,

"Sikkeneuren" (="zikkeneuren") beteken: op 'n vitterige manier praat.
Waarskynlik weet jy dit nie omdat jy dit self nooit doen nie!

Beste groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

"@rogers.com" schreef:

>
>>> "*Sterrenkijker*"
>
>>> Voorlopig heb ik echt geen behoefte meer aan nog een
>>> extra potje hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften.
>
>>> Wouter
>>> Ons is ook glad nie lus om harte te vreet, sikke te neur of
>>> mugge te zift nie, hoor.
>
>
> Ag, Wouter. Waardeer ten minste die
> Nederlands-sprekendes se baie meer
> volatiele gebruik van die taal. Ons
> Afrikaanssprekendes dink altyd ons
> het so 'n kleurige en geurige taal,
> maar ons kan nie kers-vashou by die
> Nederlands-sprekendes nie. (En ek sien
> hulle bekkigheid ook weerspieël in die
> manier waarop hulle in New York praat.)
> Ek verstaan die hartenvreten en
> muggeziften. Maar wat beteken sikkeneuren?
>
> Gloudina
>
Re: Hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften [boodskap #61171 is 'n antwoord op boodskap #61165] Sa, 27 April 2002 16:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) schreef:

> "Wouter Plaasvark" schreef:
>
>> "*Sterrenkijker*"
>> Voorlopig heb ik echt geen behoefte meer aan nog een
>> extra potje hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften.

>> Wouter
>> Ons is ook glad nie lus om harte te vreet, sikke te neur of
>> mugge te zift nie, hoor.

>> Eat your heart out as jy dit kan verstaan :-)
>
> Ja, ek kan dit verstaan.
>
> Norbert
> ------------
> The expression "eat one's heart out" means to worry a great deal and
> comes down to us from Book 10 of Homer's Odyssey, where Circe sees
> Ulysses sitting despondent after she had turned his men into pigs and
> says to him, "Ulysses, why do you sit like that as though you were
> dumb, gnawing at your own heart, and refusing both meat and drink? Is
> it that you are still suspicious? You ought not to be, for I have
> already sworn solemnly that I will not hurt you."
>
From:
http://www.walden.org/thoreau/default.asp?MFRAME=/Subjects/e /Eat_Heart.htm
Re: Hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften [boodskap #61173 is 'n antwoord op boodskap #61168] Sa, 27 April 2002 17:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht
news:3CCAC785.60608@rogers.com...

> manier waarop hulle in New York praat.)
> Ek verstaan die hartenvreten en
> muggeziften. Maar wat beteken sikkeneuren?

Sikkeneurig................op alle kleinigheden met een
klagerige
zeurige toon letten ( op alle slakken zout leggen )
pietluttig zijn.
grt emmy
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61179 is 'n antwoord op boodskap #61141] Sa, 27 April 2002 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Dit lyk nogal vir my asof ons hieroor eenders dink. Dit is soos wat onse
oom Paul Kruger gesê het dat mens jou geskiedenis moet ken om uit die foute
van die verlede te leer, terwyl jy voortbou op dit wat goed en reg was. Hoe
wil jy weet waarheen jy op pad is, as jy nie weet waar jy vandaan kom nie.

Hantamkind
> Goed gesê jong man ek hou van jou uitkyk op die lewe. Onthou net die
> grootste werklikheid wat mens ooit kan ken lê inderdaad in die verlede. Dit
> HET gebeur en jy kan dit nie wegwens of redeneer nie. Mens kan spekuleer oor
> die toekoms maar die verlede WAS die werklikheid. Dit is dan 'n persoonlike
> keuse om in die verlede te bly leef en die pas daar te makeer OF saam met
> die eskadron vorentoe te marsjeer - daar stem ek met jou saam.
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61180 is 'n antwoord op boodskap #61154] Sa, 27 April 2002 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Ek is besig met `n gewone BA en Afrikaans is een van die tale wat ek neem.
Is dit die tweedelige biografie geskryf deur Kannemeyer?

Gloudina:
> Ek is geinteresseerd in waarin jy nou studeer?......
> As dit Afrikaanse taalwetenskap en letterkunde is,
> hoop ek dat ons nog baie lekker dinge hier op die
> nuusgroep sal kan bespreek. En lekker kan skinder.
> Ek lees nou die tweede gedeelte van NP van Wyk Louw
> se biografie
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61186 is 'n antwoord op boodskap #61180] Sa, 27 April 2002 22:15 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Is dit die tweedelige biografie geskryf deur Kannemeyer?
>
> Gloudina:
>> Ek lees nou die tweede gedeelte van NP van Wyk Louw
>> se biografie

Nee, NP se taamlik onlangse biografie is
geskryf deur J.C. Steyn. Kannemeyer het
'n taamlike lang ruk gelede 'n biografie
van Opperman geskryf. Kannemeyer is ook
die skrywer van die biografie van
Langenhoven, wat ek ook nou lees. Dit gaan
egter maar stadig, want dit het bietjie
teveel besonderhede van alles en nog wat.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: DD?
Volgende onderwerp: Nog `n vliegtuig.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 05:18:05 MGT 2024