Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Volkspele
Volkspele [boodskap #61030] |
Do., 25 April 2002 12:04  |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Volkspele dae op hoëskool. Ons maak 'n kring en vat hande met die meisies.
Skaam en afgetrokke. Dan begin die klavier te speel en daar trek ons los:
Boetie sy's 'n perske blom
Rosie fyn van geur
Moenie wag nie, vat haar hand
Soen haar nog 'n keer.
Daar was nog 'n frase of twee maar die kan ek nie meer onthou nie. En dan
dan die ander een:
Mooie meisies fraaie bloemen
Al die meisies wil ek soenen
al die nonnas op 'n ry
kyk hoe mooi is hul vir my. ensovoorts....
Is daar nog iets soos volkspele is Suid Afrika of 'n soortgelyke beweging?
Of pop hulle eerder pille en rook dagga soos die jong spul hier in Oz?
Hantamkind
|
|
|
|
|
|
|
Re: Volkspele [boodskap #61127 is 'n antwoord op boodskap #61123] |
Sa., 27 April 2002 07:55  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Okie Dokie - ek sal 'n paar volkspeleliedjies se woorde hier skryf - in die
hoop dat die sinnelose woorde nie aangeval of ontleed gaan word nie;))))
Ja. vandag se kinders weet niks van die lekkerte van handjies hou, of hand
om die lyf tiekiedraai nie.
Dis alles TV se skuld;)))
Jy praat van 20 verskillende meisies se handjies hou op een aand - ek praat
weer om 20 verskillende ouens se skeerroom te kan ruik:))
Annette
Hantamkind skryf in boodskap news:Rypy8.49981$uR5.117348@newsfeeds.bigpond.com...
> Annette dit was darem 'n HELE paar jaar terug dat ek daai liedjies gesing
> het. Stuur maar laat ons sien - hoekom nie? Wil nie handjies hou nie? Hulle
> weet nie wat hulle mis nie. Jy kan minstens aan twintig girls se hand vat IN
> EEN AAND.
>
> Ai, ek skud maar net my kop.
>
> Hantamkind.
>
> "Annette"
>> Nee Hamtamkind - hier is nog ten minste 'n volkspelelaer in
> Stellenbosch -
>> so 20 of so deelnemers - maar daar is nie een onder 30 jaar wat wil
> handjies
>> hou en tiekedraai nie;)))
>> Jou woorde van die liedjies is nie alles reg nie, maar tensy jy die regte
>> woorde wil weet, los ons dit so as jou unieke weergawe;))
>> Annette
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 12:00:23 UTC 2025
|