Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Konflik tussen Afrikaans en Hollands
Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #60987] |
Wo., 24 April 2002 21:47  |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In `n vroeëre bydrae het iemand iets kwytgeraak dat Afrikaans tot stand
gekom het danksy die Engelse bewind wat die Nederlands wou laat uitsterf of
iets in dier voege. Dit is nie heeltemal waar nie. In die Patriot van 1876
tot in uitgawes van 1882 word die teendeel baie duidelik beklemtoon. Ook
Totuis het die kwessie aangespreek. Sy woorde was:
"`n Legende wat nog onder ons volk rondswerf, en hier en daar selfs nog in
geleerde hoofde `n skuilplek vind, moet dan ook nou vergoed verjaag word
soos `n eensame tier, wat nog in beskaafde streke sig weet op te hou en te
handhaaf. Die legende is, dat die manne van die Afrikaans teen die Hollands
gekant was.
In die eerste jaargang van die "Patriot" (15 Maart 1876) het `n gedig
verskyn van A. Herholdt met die volgende reëls:
Oom Lokomotief
Jij is min so lief.
Set Engels opsij!
Ons taal sal jij krij.
Werk Hollans mar uit-
Stuur weg met die skuit!
En dan het die redakteur daarop geantwoord: "Ons stem nog nie met hom same,
dat die Hollans nou met die skuit moet weggestuur worde na Holland toe. Ons
het Hollans vereers nog nodig.
Die vraag is: Wat was datn die verhouding? Ons kry die antwoord uit die
"Z.Afrikaan" se voorstelle omtrent `n Genootskap vir die Hollandse taal.
Dit het verskyn in die "Patriot" van 11 Mei 1877:
"Ons Genootskap is nie tegen die Hollanse taal nie, soos party van ons
vyande geseg het; maar ons het die onmo`entlikheid ingesien om die Hollanse
taal in ons land te herstel. Afrikaans is in ons oog soos `n jong inheemse
boompie; hy in nog klein en teer, maar groei by die dag op. Hollans is `n
grote uitlandse boom wat in vroeger tyd hier geplant is, mar wat an`t
wegkwijn is. Nou wil ons liewers die jong plantjie opkweek; ander wil
liewers die ou boom dokter, die droge takke afsage, `n bietjie mis om die
stam gooi en omspit, ens. Mar die doel van albei is om `n verkwikkende
skaduwe te soek waaronder ons bevolking kan sit, wat in die koue mistige
weer van Engeland nie kan lewe nie... Wat ons aangaat, ons wil graag meewerk
met `n genootskap ver Hollans; ons raai selfs onse lede an om daarvan ook
lede te worde as hulle lus het. Ons meen dat ons die regte weg ingeslaan
het ver ons doel. Mar andere het anders gedenk, en meen dat ons Hollans
moet gekies he. Wel, ons geef hulle die kans; ons sal gen strooi in die weg
le; ja, ons sal hulle help. Nog meer, blyk dit dat hulle reg en ons
verkeerd gehad het, dat hulle genootskap beter beantwoord, dan sal ons inge.
Ja, as dit duidelik word dat die doel beter deur hulle genootskap bereik
word, ons sal ons onderwerp en met hulle verenig."
Daar was dus nie `n stryd met die Hollands nie. In 14 September 1877 se
uitgawe word die verhouding tussen die twee "Genootskappe" nog verder
beskryf:
"Ons sal die Hollanse Genootskap nie tegewerk, maar veeleer ondersteun. Die
Holl.Genootskap is `n kind van die Afrikaanse. Dan, die Holl.Genootskap sal
ons gen kwaad maar goed doen, veral op die gronde waarop hulle dit begin
het, n.l. Engels taal van die Regering, Hollans taal van die Kerk, Afrikaans
van die Huisgesin... Die Huisgesin is die bron waaruit die Kerk en die
Staat hulle lewe moet kry. Wie die Huisgesin het, het die toekoms in syn
hand. Engels en Hollans moet dus kunsmatig aangekweek worde in ons land,
Afrikaans groei van self...Die Hollanse Genootskap sal ons dus goed doen.
Op watter manier...Deur te help om `n dam op te rig dat alles nie deur
Engelse o`erstroom wort. Daar is afkeer nog teen die Afrikaanse taal by `n
groot deel van ons volk, hoewel dit al langsaam afsterf. Mar tog, dit
hinder ons dat ons nie dadelik so sterk teen die stroom kan staan als dit
moet wees nie. Om `n beeld te gebruik. Die Afrikaanse boompie is nog jonk.
Die Engelse stroom kan hom straks o`erstroom. Hy het Hollans vereers nodig
as `n stut, totdat hy sterk genoeg is om alleen te staan. Die stut sal
langsaam afvrot, die boompie sal al sterker worde, totdat hy gen stut meer
nodig het."
En dit is presies wat gebeur het. Die Engelse het nie Afrikaans gebruik om
die "Hollans" te verdring nie, maar die "Hollans" het afgevrot en Afrikaans
staan vandag op sy eie bene en in eie reg.
|
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61013 is 'n antwoord op boodskap #60992] |
Do., 25 April 2002 07:48   |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Norbert:
Maar toe het die laaste Boere-oorlog gekom en die 20ste eeu.....En waar het
dan Afrikaners soontoe gegaan vir
> hulle universitêre onderwys? Na Duitsland, by Hitler.
Johan:
Dit is darem nie heeltemal waar nie. Daar het wel `n groep in Duitsland
begin studeer, maar hulle was ver in die minderheid. Die buitelandse
universiteit wat die grootste aftrek gekry het was die Vrije Universiteit
wat 20 Oktober 1880 gestig is. Die invloed van vername akademici asook
politici is vandag steeds geldend. Ek dink aan groot manne soos Dr A Kuyper
(later leier van die anitrevolutionaire partij), Dr FL Rutgers, Dr Ph. J.
Hoedemaker, Mr D.P.D. Fabuis, Dr FWJ Dilloo, Dr AH de Hartog, Dr J Woltjer.
`n Ander aspek wat nie uit die oog verloor mag word nie, is dat
Suid-Afrikaanse Universiteite ontstaan het, wat vroeg reeds met die bestes
in die wêreld meegeding het. Die enigste werklike invloed wat die Duitse
Universiteite op SA gehad het was eers na 1948 gewees, en moet ek byvoeg,
dit was nie juis `n opbouende invloed nie. Gelukkig is dit `n geslag wat
besig is om uit te sterf.
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61036 is 'n antwoord op boodskap #61013] |
Do., 25 April 2002 12:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
Die enigste werklike invloed wat die Duitse
> Universiteite op SA gehad het was eers na 1948 gewees, en moet ek byvoeg,
> dit was nie juis `n opbouende invloed nie. Gelukkig is dit `n geslag wat
> besig is om uit te sterf.
Kan jy bietjie meer spesifiek uitwei
hieroor.
Gloudina
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61039 is 'n antwoord op boodskap #61013] |
Do., 25 April 2002 13:27   |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Geagte Johan,
Watter taal het die Suidafrikaanse dosente toe gebesig in 1880 an die
Vrije Universiteit om hulle leerstof vir hulle studente oor te bring?
Groetjies,
Norbert
"johanls" schreef:
> Norbert:
> Maar toe het die laaste Boere-oorlog gekom en die 20ste eeu.....En waar het
> dan Afrikaners soontoe gegaan vir
>> hulle universitêre onderwys? Na Duitsland, by Hitler.
>
> Johan:
> Dit is darem nie heeltemal waar nie. Daar het wel `n groep in Duitsland
> begin studeer, maar hulle was ver in die minderheid. Die buitelandse
> universiteit wat die grootste aftrek gekry het was die Vrije Universiteit
> wat 20 Oktober 1880 gestig is. Die invloed van vername akademici asook
> politici is vandag steeds geldend. Ek dink aan groot manne soos Dr A Kuyper
> (later leier van die anitrevolutionaire partij), Dr FL Rutgers, Dr Ph. J.
> Hoedemaker, Mr D.P.D. Fabuis, Dr FWJ Dilloo, Dr AH de Hartog, Dr J Woltjer.
> `n Ander aspek wat nie uit die oog verloor mag word nie, is dat
> Suid-Afrikaanse Universiteite ontstaan het, wat vroeg reeds met die bestes
> in die wêreld meegeding het. Die enigste werklike invloed wat die Duitse
> Universiteite op SA gehad het was eers na 1948 gewees, en moet ek byvoeg,
> dit was nie juis `n opbouende invloed nie. Gelukkig is dit `n geslag wat
> besig is om uit te sterf.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61085 is 'n antwoord op boodskap #61077] |
Vr., 26 April 2002 11:27   |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Geagte Sakkie,
Neen, ek glo jy is nie reg nie. Vir my dis baie treurig as die mense
so gou die bliksem in is vir iemand.
Groetjies,
Norbert
"Sakkie" schreef:
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3cc90398.537277@news.skynet.be...
>> Geagte Jonas,
>> Ek is dit debat moeg! 'n Mens moet daarmee rekening hou dat elke
>> onderwerp wat in soc.culture bepraat word nie alleen vir se deelnemers
>> nie, maar ook vir se nie-deelnemers op die ou end vervelend word.
>> Jy mag my net soveel hoogheilig noem soos jy dit wil. Ek het me eie al
>> lank versoen met me eie hoogheiligheid. Ek hoop jy doen ditselfde met
>> joune?
>> Hierdie wil ek jou wel in vertroue gee: ek gee eintlik nie veel om
>> Suid-Afrika nie en ook die Afrikaners en hulle taal kan me weinig
>> skeel. Hoe eerder daardie laaste na die bliksem gaan hoe liewer ek dit
>> sal hê.
>
> Ou Norbert,
> Na jou uitlatings van die laaste paar dae is ek oortuig dat hier 'n hele
> paar deelnemers is wat presies dieselfde oor jou voel. Met "jou" bedoel ek
> nie Hollanders, Nederlanders of Vlaminge nie, ek bedoel Norbert. Kom ek
> help jou gou reg met jou laaste sin hier bo. Dit val nie so lekker op die
> Afrikaanse tong nie. Dit behoort eintlik te wees: "Hoe gouer die bogenoemde
> in hulle bliksem in gaan, hoe beter sal ek voel." As jy wil, kan jy ook die
> tweede "in" uitlos. Die dubbele "in" word gewoontlik gebruik om meer erns
> te toon. Die gebruik wissel ook van streek tot streek.
>
|
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61091 is 'n antwoord op boodskap #61056] |
Vr., 26 April 2002 13:47   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
Ek het in my besit
> sekere klasaantekeninge wat van my voorgeslagte in Nederland gemaak het, en
> wat weer later gebruik is as deel van hul lesings wat in Afrikaans aangebied
> is.
Dis nogal oulik dat jy in 'n familie is
waar blykbaar meer as een na Nederland toe
is vir studie, en uiteindelik aan Afrikaanse
universiteite klasgegee het. Ek kan nie besluit
in watter veld jy is nie, want jou kennis is
so lekker breed. Wat is jou agtergrond, as ek
mag vra?
Gloudina
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61094 is 'n antwoord op boodskap #61058] |
Vr., 26 April 2002 14:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
By
> verdere ondersoek word die name van twee persone genoem wat aansienlike
> invloed op hierdie mense se denkpatrone en (as mens dit so wil noem) hulle
> filosofiese uitgangspunte gehad het. Die persone is Karl Barth en Rudolph
> Bultmann. Beide van hulle het na die TWO begin om te leer dat niks waar is
> nie en dat elke mens se waarheid vir homself waar is en wanneer dit verskil
> van `n ander persoon se idee van waarheid, is dit jou goeie reg om te
> verskil en niemand kan sê dat jy verkeerd is nie. Hierdie is maar net `n
> klein deeltjie van `n verdraaide filosofie, maar tog het dit veral in die
> geesteswetenskappe inslag gevind tot so `n mate dat die post-modernisme die
> laaste 10 jaar baie steun geniet het aan Universiteite.
Ek behoort nie teveel oor hierdie soort
ding uit te wei nie, want ek is seker nie
goed genoeg geskool in die dinge nie. Maar
ek wonder tog of dit reg is dat jy so negatief
is veral oor iemand soos Karl Barth. Ek dink
nie hy het geleer "dat niks waar is nie." Maar
hy het wel begin om anders te dink as die
filosowe voor hom oor godsdienstige dinge. In
sy " Commentary on the Epistle to the Romans"
verklaar hy: "Piety is the possibility of the
removal of the last traces of a firm foundation
upon which we can erect a system of thought."
In 'n sekere opsig is hy dan 'n voorloper van die
denke van Christen-eksistensialiste. Letterkundige
neerslag vir hierdie denke vind ons byvoorbeeld by
Opperman in Joernaal van Jorik, wat myns insiens tot
'n groot mate eintlik net verstaan kan word as mens
trekke van die Eksistensialisme daarin sien.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61126 is 'n antwoord op boodskap #61091] |
Sa., 27 April 2002 07:39   |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina
Ek kan nie besluit
> in watter veld jy is nie, want jou kennis is
> so lekker breed. Wat is jou agtergrond, as ek
> mag vra?
Johan:
Dankie vir die kompliment, maar eintlik verdien ek dit nie. Ek is bloot
maar net `n jong (en meestal voortvarende) student met `n redelik wye
belangstellingsveld. Veral geïnteresseerd in wysbegeerte, geskiedenis,
tale, sosiologie en antropologie. Ek kan nie verby `n boek-uitverkoping
loop nie en lees soveel as moontlik. Die leesgier het danksy my familie se
akademiese geskiedenis by my inslag gevind. Een van my ideale is om my twee
doktorsgrade te kry voordat ek 30 is. Nou kan jy seker begin wonder oor my
ouderdom, wel ek is nog net 20 jaar in die wêreld; ek het weinig
ondervinding oor baie van die dinge waaroor hier gepraat word aangesien dit
voor my tyd was. Wat my nogal amuseer is dat so baie persone op die ng. nog
aan die verlede vashou asof dit die enigste werklikheid is wat hulle ken.
Meeste persone hier kom, volgens my afleiding uit hul argumente, uit die tyd
voor die veranderinge in SA en probeer telkens om of dit wat in die verlede
gebeur het te regverdig of om als wat vandag verkeerd is aan die verlede toe
te skryf en dan te wys dat daar vroeër soveel meer verkeerd was. Ons nuwe
geslag Afrikaners (of laat ek nie namens almal praat nie en eerder sê die
meeste mense wat ek ken) is nie gepla oor hierdie dinge nie! Ons toekoms is
dit waaroor ons bekommerd is.
Genoeg filosofie en genoeg van myself. Hoop dit het jou gegee wat jy wou
hê.
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61138 is 'n antwoord op boodskap #61126] |
Sa., 27 April 2002 10:00   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Johan, dankie dat jy jou tot 'n mate aan ons voorgestel het - dit is
verblydend om 'n bietjie jong bloed hier te sien - vir hoe lank sal ons maar
met sien.
Een ding moet jy egter weet - daar is geen manier hoe jy die aantie se
sienings kan toedig aan die meerderheid van ons hier nie;))
Die meeste van ons wat hier bly leef inderdaad in die hede.
Van die os op die jas - is jy 'n voltydse student?
Is jou doel om jou twee doktorsgrade voor 30 as 'n voltydse student te
verwerf?
Wat is jou doel daarna?
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
johanls skryf in boodskap news:3ccad3ca_3@batman.vip-za.com...
> Gloudina
> Ek kan nie besluit
>> in watter veld jy is nie, want jou kennis is
>> so lekker breed. Wat is jou agtergrond, as ek
>> mag vra?
>
> Johan:
> Dankie vir die kompliment, maar eintlik verdien ek dit nie. Ek is bloot
> maar net `n jong (en meestal voortvarende) student met `n redelik wye
> belangstellingsveld. Veral geïnteresseerd in wysbegeerte, geskiedenis,
> tale, sosiologie en antropologie. Ek kan nie verby `n boek-uitverkoping
> loop nie en lees soveel as moontlik. Die leesgier het danksy my familie se
> akademiese geskiedenis by my inslag gevind. Een van my ideale is om my twee
> doktorsgrade te kry voordat ek 30 is. Nou kan jy seker begin wonder oor my
> ouderdom, wel ek is nog net 20 jaar in die wêreld; ek het weinig
> ondervinding oor baie van die dinge waaroor hier gepraat word aangesien dit
> voor my tyd was. Wat my nogal amuseer is dat so baie persone op die ng. nog
> aan die verlede vashou asof dit die enigste werklikheid is wat hulle ken.
> Meeste persone hier kom, volgens my afleiding uit hul argumente, uit die tyd
> voor die veranderinge in SA en probeer telkens om of dit wat in die verlede
> gebeur het te regverdig of om als wat vandag verkeerd is aan die verlede toe
> te skryf en dan te wys dat daar vroeër soveel meer verkeerd was. Ons nuwe
> geslag Afrikaners (of laat ek nie namens almal praat nie en eerder sê die
> meeste mense wat ek ken) is nie gepla oor hierdie dinge nie! Ons toekoms is
> dit waaroor ons bekommerd is.
> Genoeg filosofie en genoeg van myself. Hoop dit het jou gegee wat jy wou
> hê.
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61152 is 'n antwoord op boodskap #61141] |
Sa., 27 April 2002 12:35   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hantamkind wrote:
"if I knew then what I know
> now." om vinning op te som gee ek die
> topic wat die meeste punte gewen het: niemand sou ooit, ooit, ooit getrou
> het nie.
Ja, dis wat ek ook sê. Na ek die man
en vier kinders gekry het. Elke keer
as ek 'n bruid na die kansel sien gaan,
sê ek : "Another lamb that is led to the
slaughter." En my medesusters stem saam:
"Dis slawerny." En die wetenskap stem
met ons saam. In die skaal van geluk en
gesondheid, is getroude vroue in 'n laer
rang as ongetroude vroue. En wie is aan
die bokant van die lys? Die gelukkigste
en gesondste mans, is getroude mans. En
ek wed dat Hantamkind se groepie almal
mans was, heelwaarskynlik almal heel
tevrede getroude mans. Maar hulle sit en
kekkel hulle ou deuntjie.
Gloudina
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61154 is 'n antwoord op boodskap #61126] |
Sa., 27 April 2002 13:04   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
Ek is bloot
> maar net `n jong (en meestal voortvarende) student met `n redelik wye
> belangstellingsveld. Veral geïnteresseerd in wysbegeerte, geskiedenis,
> tale, sosiologie en antropologie.
Een van my ideale is om my twee
> doktorsgrade te kry voordat ek 30 is. Nou kan jy seker begin wonder oor my
> ouderdom, wel ek is nog net 20 jaar in die wêreld;
Wel, geniet jou jeug ten volle. Alhoewel ek
nie weer deur my twintigjare wil gaan nie.
Soveel verantwoordelikheid en keuses! Soveel
druk met studies en ander dinge. Ek het selfs
'n teorie : dat die laaste deel van jou twintiger-
jare die onaangenaamste en moeilikste deel van
jou lewe gaan wees. Maar as jy net dertig kan
haal, dan is jou kop deur.
Maar jy herinner my aan myself. Toe ek sestien
was, het ek my voorgeneem dat ek óf sal gaan trou
en vier kinders sal hê op veertig jaar, óf 'n
doktersgraad sal hê, of ten minste twee boeke
geskryf sal hê, óf die hele boksemdaais van
Shakespeare se werk in Afrikaans vertaal sou hê.
Die lewe het my geleer dat mens moet kies.
Ek is geinteresseerd in waarin jy nou studeer?
As dit Afrikaanse taalwetenskap en letterkunde is,
hoop ek dat ons nog baie lekker dinge hier op die
nuusgroep sal kan bespreek. En lekker kan skinder.
Ek lees nou die tweede gedeelte van NP van Wyk Louw
se biografie en vind dit heel snaaks dat, toe die
familie sy as wil hê, toe het die begrafnismaatskappy
dit alreeds erens op 'n gesamentlike plek gaan strooi,
omdat dit nie vantevore opgeeis is nie. Mens sou tog
dink iemand sou gedink het dat mense eendag NP se graf
sou wou besoek as 'n soort letterkundige mekka.( Nie
dat ek nou dink dat hy SA se grootste Afrikaanse digter
is nie. Opperman is hom myle en myle voor.)
Gloudina
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61156 is 'n antwoord op boodskap #61138] |
Sa., 27 April 2002 13:18   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Een ding moet jy egter weet - daar is geen manier hoe jy die aantie se
> sienings kan toedig aan die meerderheid van ons hier nie;))
> Die meeste van ons wat hier bly leef inderdaad in die hede.
Ja, Johan. Hier is daar 'n kreatiewe spanning
tussen wat die aantie en die mense van Swellendam
sê en wat Annette en haar tant Souf en tant Souf
se man sê. Jy sal na 'n rukkie maar moet sien waar
Dawid die wortels gegrawe het.
Tant Hessie van die Swellendamse van Helsdingens.
|
|
|
|
Re: Hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften [boodskap #61165 is 'n antwoord op boodskap #61113] |
Sa., 27 April 2002 14:28   |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Wouter Plaasvark" schreef:
> "*Sterrenkijker*"
> Voorlopig heb ik echt geen behoefte meer aan nog een
> extra potje hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften.
>
> Wouter
> Ons is ook glad nie lus om harte te vreet, sikke te neur of
> mugge te zift nie, hoor.
>
> Eat your heart out as jy dit kan verstaan :-)
Ja, ek kan dit verstaan.
Norbert
------------
The expression "eat one's heart out" means to worry a great deal and
comes down to us from Book 10 of Homer's Odyssey, where Circe sees
Ulysses sitting despondent after she had turned his men into pigs and
says to him, "Ulysses, why do you sit like that as though you were
dumb, gnawing at your own heart, and refusing both meat and drink? Is
it that you are still suspicious? You ought not to be, for I have
already sworn solemnly that I will not hurt you."
>
|
|
|
Re: Hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften [boodskap #61168 is 'n antwoord op boodskap #61165] |
Sa., 27 April 2002 15:43   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
>> "*Sterrenkijker*"
>> Voorlopig heb ik echt geen behoefte meer aan nog een
>> extra potje hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften.
>> Wouter
>> Ons is ook glad nie lus om harte te vreet, sikke te neur of
>> mugge te zift nie, hoor.
Ag, Wouter. Waardeer ten minste die
Nederlands-sprekendes se baie meer
volatiele gebruik van die taal. Ons
Afrikaanssprekendes dink altyd ons
het so 'n kleurige en geurige taal,
maar ons kan nie kers-vashou by die
Nederlands-sprekendes nie. (En ek sien
hulle bekkigheid ook weerspieël in die
manier waarop hulle in New York praat.)
Ek verstaan die hartenvreten en
muggeziften. Maar wat beteken sikkeneuren?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften [boodskap #61171 is 'n antwoord op boodskap #61165] |
Sa., 27 April 2002 16:31   |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
sterre...@skynet.be (*Sterrenkijker*) schreef:
> "Wouter Plaasvark" schreef:
>
>> "*Sterrenkijker*"
>> Voorlopig heb ik echt geen behoefte meer aan nog een
>> extra potje hartenvreten, sikkeneuren en muggeziften.
>> Wouter
>> Ons is ook glad nie lus om harte te vreet, sikke te neur of
>> mugge te zift nie, hoor.
>> Eat your heart out as jy dit kan verstaan :-)
>
> Ja, ek kan dit verstaan.
>
> Norbert
> ------------
> The expression "eat one's heart out" means to worry a great deal and
> comes down to us from Book 10 of Homer's Odyssey, where Circe sees
> Ulysses sitting despondent after she had turned his men into pigs and
> says to him, "Ulysses, why do you sit like that as though you were
> dumb, gnawing at your own heart, and refusing both meat and drink? Is
> it that you are still suspicious? You ought not to be, for I have
> already sworn solemnly that I will not hurt you."
>
From:
http://www.walden.org/thoreau/default.asp?MFRAME=/Subjects/e /Eat_Heart.htm
|
|
|
|
|
|
Re: Konflik tussen Afrikaans en Hollands [boodskap #61186 is 'n antwoord op boodskap #61180] |
Sa., 27 April 2002 22:15  |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
> Is dit die tweedelige biografie geskryf deur Kannemeyer?
>
> Gloudina:
>> Ek lees nou die tweede gedeelte van NP van Wyk Louw
>> se biografie
Nee, NP se taamlik onlangse biografie is
geskryf deur J.C. Steyn. Kannemeyer het
'n taamlike lang ruk gelede 'n biografie
van Opperman geskryf. Kannemeyer is ook
die skrywer van die biografie van
Langenhoven, wat ek ook nou lees. Dit gaan
egter maar stadig, want dit het bietjie
teveel besonderhede van alles en nog wat.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 12 22:46:18 UTC 2025
|