Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rib
Rib [boodskap #60941] Wo, 24 April 2002 12:44 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Almal van julle, probeer tog om nooit 'n rib te breek nie, veral nie
as dit saamgaan met 'n ligte aanval van bromkaaitjies (soos my ouma
gesê het) nie. Dis vreeslik seer. Dit het die vorige naweek met my
gebeur, en toe moes ek nog die hele week stoksielalleen by die huis
deurbring want wyfiemens was in die verre Oos-Kaap (Bizana, Flagstaff,
Lusikisiki, Mount Fletcher, al daai vodde plekkies) om onderwysers (en
-esse) te evalueer. Ek het omtrent die hele week plat op my rug (dit
was darem vakansie vir ons) deurgebring, so nou en dan gehoes en dan
gekreun. Dis was nie lekker nie!
Re: Rib [boodskap #60943 is 'n antwoord op boodskap #60941] Wo, 24 April 2002 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag foeitog Drom, my innigste simpatie. Ek het nog nie 'n rib gebreek nie
lyk my gebreekte ribbetjies is van toentertyd af 'n mans ding:)) ) maar het
wel al tussenribspiere geskeur. Janee, dis vrekseer, en mens is te bang om
te hoes.
Wie het vir jou gesorg - chicken noodle sop en lemoenaanmaakkoeldrank
aangedra?

Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0204240444.5d334056@posting.google.com...
> Almal van julle, probeer tog om nooit 'n rib te breek nie, veral nie
> as dit saamgaan met 'n ligte aanval van bromkaaitjies (soos my ouma
> gesê het) nie. Dis vreeslik seer. Dit het die vorige naweek met my
> gebeur, en toe moes ek nog die hele week stoksielalleen by die huis
> deurbring want wyfiemens was in die verre Oos-Kaap (Bizana, Flagstaff,
> Lusikisiki, Mount Fletcher, al daai vodde plekkies) om onderwysers (en
> -esse) te evalueer. Ek het omtrent die hele week plat op my rug (dit
> was darem vakansie vir ons) deurgebring, so nou en dan gehoes en dan
> gekreun. Dis was nie lekker nie!
Re: Rib [boodskap #60945 is 'n antwoord op boodskap #60941] Wo, 24 April 2002 13:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0204240444.5d334056@posting.google.com...
> Almal van julle, probeer tog om nooit 'n rib te breek nie, veral nie
> as dit saamgaan met 'n ligte aanval van bromkaaitjies (soos my ouma
> gesê het) nie. Dis vreeslik seer.

Ja-nee-kyk, 'n af rib en hoes of nies gaan nie lekker saam nie. Sterkte
Drom, ek was al daar.
Re: Rib [boodskap #60948 is 'n antwoord op boodskap #60945] Wo, 24 April 2002 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Sakkie man!! Vertel ons die naampie van die een wat uit jou af rib
ontstaan het!
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3cc6b0e0$0$233@hades.is.co.za...
>
> "Drom" wrote in message
> news:1e507c17.0204240444.5d334056@posting.google.com...
>> Almal van julle, probeer tog om nooit 'n rib te breek nie, veral nie
>> as dit saamgaan met 'n ligte aanval van bromkaaitjies (soos my ouma
>> gesê het) nie. Dis vreeslik seer.
>
> Ja-nee-kyk, 'n af rib en hoes of nies gaan nie lekker saam nie. Sterkte
> Drom, ek was al daar.
>
Re: Rib [boodskap #60952 is 'n antwoord op boodskap #60948] Wo, 24 April 2002 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Daai woorde word nie in opgevoede geselskap herhaal nie :-)))))

"Annette" skryf in boodskap news:aa6btl$86q0q$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nee Sakkie man!! Vertel ons die naampie van die een wat uit jou af rib
> ontstaan het!
> Annette
>
>
> Sakkie wrote in message
news:3cc6b0e0$0$233@hades.is.co.za...
>>
>> "Drom" wrote in message
>> news:1e507c17.0204240444.5d334056@posting.google.com...
>>> Almal van julle, probeer tog om nooit 'n rib te breek nie, veral nie
>>> as dit saamgaan met 'n ligte aanval van bromkaaitjies (soos my ouma
>>> gesê het) nie. Dis vreeslik seer.
>>
>> Ja-nee-kyk, 'n af rib en hoes of nies gaan nie lekker saam nie. Sterkte
>> Drom, ek was al daar.
>>
>
Re: Rib [boodskap #60958 is 'n antwoord op boodskap #60952] Wo, 24 April 2002 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) So wat keer jou dan om dit hier te sê?:)))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3cc6b901$0$235@hades.is.co.za...
> Daai woorde word nie in opgevoede geselskap herhaal nie :-)))))
>
> "Annette" wrote in message
> news:aa6btl$86q0q$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Nee Sakkie man!! Vertel ons die naampie van die een wat uit jou af rib
>> ontstaan het!
>> Annette
>>
>>
>> Sakkie wrote in message
> news:3cc6b0e0$0$233@hades.is.co.za...
>>>
>>> "Drom" wrote in message
>>> news:1e507c17.0204240444.5d334056@posting.google.com...
>>>> Almal van julle, probeer tog om nooit 'n rib te breek nie, veral nie
>>>> as dit saamgaan met 'n ligte aanval van bromkaaitjies (soos my ouma
>>>> gesê het) nie. Dis vreeslik seer.
>>>
>>> Ja-nee-kyk, 'n af rib en hoes of nies gaan nie lekker saam nie. Sterkte
>>> Drom, ek was al daar.
>>>
>>
>
Re: Rib [boodskap #60998 is 'n antwoord op boodskap #60941] Do, 25 April 2002 03:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Drom hulle se kasterolie of selfs brooklax is verskriklik goed vir hoes.
Werk glo soos 'n bom want jy te bang om te hoes :-) O ja, nou onthou ek 'n
ander een. Weet jy hoe om 'n blaffende hond stil te kry? Jy druk 'n stukkie
tuinslang onder die stert in. Hy verloor dan al die kompressie en hy
fluister daai blaf..

HK.

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0204240444.5d334056@posting.google.com...
> Almal van julle, probeer tog om nooit 'n rib te breek nie, veral nie
> as dit saamgaan met 'n ligte aanval van bromkaaitjies (soos my ouma
> gesê het) nie. Dis vreeslik seer. Dit het die vorige naweek met my
> gebeur, en toe moes ek nog die hele week stoksielalleen by die huis
> deurbring want wyfiemens was in die verre Oos-Kaap (Bizana, Flagstaff,
> Lusikisiki, Mount Fletcher, al daai vodde plekkies) om onderwysers (en
> -esse) te evalueer. Ek het omtrent die hele week plat op my rug (dit
> was darem vakansie vir ons) deurgebring, so nou en dan gehoes en dan
> gekreun. Dis was nie lekker nie!
Re: Rib [boodskap #61014 is 'n antwoord op boodskap #60943] Do, 25 April 2002 08:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Ag foeitog Drom, my innigste simpatie.

Baie dankie, dit goed van jou!

> lyk my gebreekte ribbetjies is van toentertyd af 'n mans ding:)) )

Adam?

> Wie het vir jou gesorg - chicken noodle sop en lemoenaanmaakkoeldrank
> aangedra?

Al sop wat ek eet is regte, egte boontjiesop, verkieslik dan nog met
selderyblare by. Die koeldrank? Verkieslik ook met iets by :))). Nee
wat, wyfiemens was nog by die huis toe die "tragedie" gebeur het en sy
het so vinnig-vinnig kos gemaak vir (amper) 'n week. Net die laaste
dag en 'n half voor sy terug was, was dit 'n dieet van tamaties en
nartjies! Sitrustyd het aangebreek by ons en mens koop 'n lemoensakkie
vol nartjies op straat vir R7-00. Hulle is nogal lekker ook.

Groete, Drom
Re: Rib [boodskap #61017 is 'n antwoord op boodskap #61014] Do, 25 April 2002 09:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
.
>> lyk my gebreekte ribbetjies is van toentertyd af 'n mans ding:)) )
>
> Adam?
Hoeka:))

>
>> Wie het vir jou gesorg - chicken noodle sop en lemoenaanmaakkoeldrank
>> aangedra?
>
> Al sop wat ek eet is regte, egte boontjiesop, verkieslik dan nog met
> selderyblare by. Die koeldrank? Verkieslik ook met iets by :))). Nee
> wat, wyfiemens was nog by die huis toe die "tragedie" gebeur het en sy
> het so vinnig-vinnig kos gemaak vir (amper) 'n week. Net die laaste
> dag en 'n half voor sy terug was, was dit 'n dieet van tamaties en
> nartjies!
Sooibrand?:)

Sitrustyd het aangebreek by ons en mens koop 'n lemoensakkie
> vol nartjies op straat vir R7-00. Hulle is nogal lekker ook.
>

Die nartjies hier ook is goedkoop en stroopsoet.
Annette
Re: Rib [boodskap #61037 is 'n antwoord op boodskap #61014] Do, 25 April 2002 12:54 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

Sitrustyd het aangebreek by ons en mens koop 'n lemoensakkie
> vol nartjies op straat vir R7-00. Hulle is nogal lekker ook.

Ai, hoe beny ek jou nou. Alhoewel ons
baie sitrusbome in die Noord-Kaap gehad
het, was nartjiebome nogal skaars. En as
hulle lekker soet is, kan ek sommer maklik
tien nartjies op 'n slag opeet.

Gloudina
Vorige onderwerp: Voëlvrytoer
Volgende onderwerp: Afrikaans=Nederlands=Diets???
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 20:55:30 MGT 2024