Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans=Nederlands=Diets???
Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60939] Wo, 24 April 2002 12:14 na volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Norbert, ek volg jou argument oor die ooreenkomste wat daar is tussen ons
tale en dialekte. Ooreenkomste tussen tale maak egter nie van hulle een
taal nie. Dit sou verder verkeer wees om net na die ooreenkomste te kyk,
terwyl ons die verskille nie in aanmerking neem nie. Vir diegene wat nie
werklik in die letterkunde belangstel nie, mag hierdie dalk langdradig wees,
maar ek dink tog dat dit van waarde is vir elke persoon wat `n liefde vir
ons taal koester.
Die verskille tussen die Afrikaanse en Nederlandse woordeskat is van
uiteenlopende herkoms en aard. Geen lid van `n taalgemeenskap, en ook geen
beperkte groep van indiwidue, besit `n taal in sy geheel nie, dus ook nie
die hele woordvoorraad nie. Net `n deel van die Nederlandse woordeskat is
met die vestiging van `n Nederlandse kolonie aan die Kaap oorgeplant.
Sommige van die woorde wat na die Kaap gebring is, het mettertyd hier in
onbruik geraak of het onafhanklik van Europese Nederlands
betekenisverskuiwinge ondergaan. Omgekeerd kon woorde wat aan die Kaap
onveranderd bly voortbestaan het, in Nederland verlore gaan of ander
betekenisonderskeidinge kry. Van groot belang is dit ook dat woorde wat in
Nederlands tot `n bepaalde lokale of sosiale taalkring behoort het, aan die
Kaap in algemene gebruik kon kom en so deel word van die beskaafde
Afrikaans. Heeltemal anders van aard weer is die verskille wat berus op die
onafhanklike verryking van die twee tale deur die eie skepping van nuwe
woorde en deur ontlening aan vreemde tale.
Die ooreenkomste tussen die Afrikaanse en Nederlandse woordvoorraad berus
hoofsaaklik op gelyke oorerwing uit `n gemeenskaplike 17de-eeuse taalskat,
maar ook vir `n belangrike deel op die ontlening van Nederlandse woorde in
Afrikaans. Ander oorsake van ooreenstemming tussen die twee tale, soos
onafhanklike parallelle ontwikkeling en gelyke nieuvorminge en ontlening, is
seker nie sonder belang nie.
Hierdie verskille en ooreenkomste het egter nie net in die laaste paar jaar
ontstaan nie.
In 1775 skryf die jong Christiaan Hendrik Persoon, wat vir verdere studie na
Europa gegaan het en die beroemde grondlegger van die sistematiese mikologie
sou word, aan sy ouers in Kaapstad dat sy Amsterdamse vriende hom baie terg
oor sy "Caaps krom spreeken" sodat hy nou al goeie Hollands leer praat.
Heel aan die begin van die 19de eeu merk Lichtenstein onder andere op dat
die kolonistetaal in die begin selfs vir gebore Hollanders onverstaanbaar
is - so ver het Afrikaans toe al van Nederlands afgewyk. En dit was ook nie
net `n klein groepie mense ver weg van die beskawing wat so gepraat het nie.
Volgens die getuienis van die Kaapstadse tolk van die geregshof Swaving in
1830 is Afrikaans, wat hy `n "soort van bastaard Hollandsch" noem, deur
boere, slawe en Hottentotte gepraat, maar hy voeg daaraan toe dat die
taalvorm "zelf den meer beschaafden der christelijke en voorname volksklasse
niet geheel en al oneigen is", met uitsondering egter van diegene wat in
Nederland gebore of opgevoed is.
In 1921 het W. Blommaert, professor in die geskiedenis aan die Stellenbosse
Universiteit, by die lees in die Kaapse Argief van kommissaris-generaal H.A.
van Rheede se joernaal vir sy verblyf aan die Kaap in 1685, afgekom op `n
passasie wat vir hom `n verassende lig op die probleem van die ontstaan van
Afrikaans laat val het. Uit hierdie passasie, sê Blommaert, kan `n paar
belangrike gevolgtrekkings gemaak word:
"(a) Die afwyking van die koloniste-taal van die offisiële Hollands het
reeds seer vroeg, d.i. in Simon van der Stel se tyd, begin.
(b) Hierdie afwyking is in daardie tyd hoofsaaklik toe te skrywe aan die
invloed van die gebrekkige Hollands van die inboorlinge, `n gebroke taal wat
deur die Europese koloniste, veral via die kinders, oorgeneem is.
(c) Hierdie proses was in 1685 reeds taamlik ver gevorder, aangesien Van
Rheede vrees dat die gebroke taal wat tot stand gekom het, onuitroeibaar sal
blyk."
Van Rheede was reg!! `n NUWE taal het ontstaan, dit was nie maar net nog `n
dialek gewees nie en na 300jaar is dit nog nie uitgeroei nie.
Ons moet onsself afvra: Wanneer word `n nuwe taal gebore en wanneer is dit
maar net `n dialek van `n bestaande taal? Om bloot te redeneer dat daar
ooreenkomste is en daarom is dit dieselfde taal, gaan nie op nie. Mens moet
kyk na die oorsprong van die ooreenkomste en ook die van die verskille. `n
Verdere aspek wat moet aandag kry is die onderskeid tussen a) verskillende
dialekte wat net anders klink, maar tog dieselfde taalreëls het; en b) `n
taal met sy eie reëls en struktuur wat bloot by ander tale sekere woorde
geleen het.
Ek hoop hierdie gedagtes wat ek met nederigheid deel kan `n positiewe bydrae
lewer tot die gesprek.
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60970 is 'n antwoord op boodskap #60939] Wo, 24 April 2002 19:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy's reg. Selfs al het die meeste woorde in Afrikaans 'n duidelike
Nederlandse afkoms, bewys die reëls en struktuur van Afrikaans dat dit 'n
ander taal is.
Hilda.
"johanls" skryf in boodskap news:3cc77c96_2@batman.vip-za.com...
. Mens moet
> kyk na die oorsprong van die ooreenkomste en ook die van die verskille. `n
> Verdere aspek wat moet aandag kry is die onderskeid tussen a) verskillende
> dialekte wat net anders klink, maar tog dieselfde taalreëls het; en b) `n
> taal met sy eie reëls en struktuur wat bloot by ander tale sekere woorde
> geleen het.
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60975 is 'n antwoord op boodskap #60939] Wo, 24 April 2002 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

Net `n deel van die Nederlandse woordeskat is
> met die vestiging van `n Nederlandse kolonie aan die Kaap oorgeplant.
> Sommige van die woorde wat na die Kaap gebring is, het mettertyd hier in
> onbruik geraak of het onafhanklik van Europese Nederlands
> betekenisverskuiwinge ondergaan. Omgekeerd kon woorde wat aan die Kaap
> onveranderd bly voortbestaan het, in Nederland verlore gaan of ander
> betekenisonderskeidinge kry.

Ek wonder hoeveel studies daar is in die
Afrikaanse taalwetenskap wat kyk na
soortgelyke toestande in ander taalgebiede.
Ons het hier in Kanada 'n baie insiggewende
geval in Akadies, die Frans wat die Frans-
sprekendes aan die Ooskus van Kanada praat.
Hierdie Frans het oorspronklik in die
sewentiende eeu na Noor-Amerika verhuis. Dit
word gevind dat hulle eintlik 'n groter
woordeskat as moderne Frans het, weens die baie
woorde wat uit verskillende dele van Frankryk
gekom het en toe in meer algemene gebruik gekom
het. Ongelukkig is hulle nooit as 'n aparte taal
beskou nie, en die nuwer aankomelinge uit Frankryk
wat meestal in Quebec bly, sien neer op Akadies
as kombuit-Frans.
Ek is bewus van ten minste een studie wat
deur 'n Afrikaanse taalwetenskaplike gemaak is van
Pennsylvania Dutch, waar daar bevind is dat die
der/die/das voor die oorspronklike Duitse woorde
konsekwent verander het na "die" net soos wat ook
in Afrikaans die geval is.

Gloudina
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60976 is 'n antwoord op boodskap #60939] Wo, 24 April 2002 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" schreef...

> In 1921 het W. Blommaert, professor in die geskiedenis aan die Stellenbosse
> Universiteit, by die lees in die Kaapse Argief van kommissaris-generaal H.A.
> van Rheede se joernaal vir sy verblyf aan die Kaap in 1685, afgekom op `n
> passasie wat vir hom `n verassende lig op die probleem van die ontstaan van
> Afrikaans laat val het. Uit hierdie passasie, sê Blommaert, kan `n paar
> belangrike gevolgtrekkings gemaak word:
> "(a) Die afwyking van die koloniste-taal van die offisiële Hollands het
> reeds seer vroeg, d.i. in Simon van der Stel se tyd, begin.

Rerig? Ek het nie geweet daar was ooit 'n offisiële Hollands nie .... selfs
'n officiële Nederlands het nie bestaan nie in Simon van der Stel se tyd. My
dunk heer Blommaert het sy eie agenda gehad :)

> (b) Hierdie afwyking is in daardie tyd hoofsaaklik toe te skrywe aan die
> invloed van die gebrekkige Hollands van die inboorlinge, `n gebroke taal wat
> deur die Europese koloniste, veral via die kinders, oorgeneem is.

Dus Afrikaans is tog 'n baba-taal? Hoekom word daar ook Nederlands gepraat
in Suriname, 'n kolonie waar -seker as mens dit vergelyk met Suid Afrika-
bitter min koloniste en baie 'inboorlinge' was.

> (c) Hierdie proses was in 1685 reeds taamlik ver gevorder, aangesien Van
> Rheede vrees dat die gebroke taal wat tot stand gekom het, onuitroeibaar sal
> blyk."

Ek is baie nuuskierig wat Van Rheede presies geskryf het. Viral ook oor
welke segment van die bevolking.

> Wanneer word `n nuwe taal gebore en wanneer is dit Wanneer wordt 'n nieuwe taal geboren en wanneer is dit
> maar net `n dialek van `n bestaande taal? Om bloot te redeneer dat daar
maar slechts 'n dialekt van 'n bestaande taal? Om simpelweg te redeneren dat
er
> ooreenkomste is en daarom is dit dieselfde taal, gaan nie op nie. Mens
moet
overeenkomsten zijn en dat dit daarom dezelfde taal is, gaat niet op. Men
moet
> kyk na die oorsprong van die ooreenkomste en ook die van die verskille.
`n
kijken naar de oorsprong van de overeenkomsten en ook die van de
verschillen. Een
> Verdere aspek wat moet aandag kry is die onderskeid tussen a) verskillende
verder aspect wat aandacht moet krijgen is het onderscheid tussen a)
verschillende
> dialekte wat net anders klink, maar tog dieselfde taalreëls het; en b) `n
dialekten die slechts anders klinken, maar toch dezelfde taalregels hebben;
en b) een
> taal met sy eie reëls en struktuur wat bloot by ander tale sekere woorde
taal met zijn eigen regels en struktuur die simpelweg bij andere talen
zekere woorden
> geleen het.
geleend heeft.

Miskien is jy reg, maar daar is so baie baie ooreenkomste .... Net 'net' en
'bloot' wyk af, maar seker die tweede is met 'n bietjie kennis van Duits ook
goed te begryp :)

Net is oorigens 'n oulike woordjie. Ons het hier 'n reklame op TV (ek glo
vir Sonnema) wat op die woordjie 'net' gebaseer is. Dit gaan eintlik oor die
valse vriende waarvan in hierdie diskussie ook al gepraat is:

'n Student is in Friesland en wil oor die ys loop wat op die grag lê, maar
hy is nie seker nie of daardie yslaag dik genoeg is. Hy vra aan die Fries
wat hy op die brug sien staan 'Hé, Friezeman, kan ik op het ijs lopen?". Die
Fries antwoord " .... onverstaanbaar..... maar 't ken net!". Die student
stap op die ys en die ys breek.

Net in Frysk beteken 'nie', net in Nederlands beteken 'only just' (ekskuus
vir die Engels, maar ek besef sojuis ek is nie seker watter woord julle
presies gebruik nie :)

> Ek hoop hierdie gedagtes wat ek met nederigheid deel kan `n positiewe bydrae
> lewer tot die gesprek.

Seker!

Groete,
Arthur
Ek som op - was Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60978 is 'n antwoord op boodskap #60939] Wo, 24 April 2002 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
johanls skryf
'n baie mooi stukkie geskiedenis wat lekker lees maar ongelukkig geen
impak gaan he op die res van hierdie thread nie - sorry Johan

Laat my sien...

Norbert skryf: Kom speel hier by die Nederlandse taal. Dis lekker hier.

(Meeste van) die Afrikaners skryf: Nee dankie, ons hou van dinge soos dit
is.

Norbert skryf: Nee, julle verstaan nie. Kyk na my website. Kyk hoe lekker
het ons in 1652 saamgespeel. Wat is dan nou die probleem?

(Meeste van) die Afrikaners skryf: Ons hou net van dinge soos dit nou is.

Norbert skryf: Maar julle moet nou 'n dialek van Nederlands praat. Dit is
nog steeds Afrikaans, maar net baie anders.

(Meeste van) die Afrikaners skryf: Nee dankie, ons is gelukkig met ons taal
se status.

Norbert skryf: Moenie so wees nie. Wees tog anders. Ek het meer van julle
gehou soos julle netnou was. Wees tog asseblief nou Nederlands

(Meeste van) die Afrikaners skryf: Nee dankie Norbert, ons wil Afrikaans
wees.

Norbert skryf: Maar dis omdat julle wah wah Apartheid wah wah rassiste wah
wah man soek wah wah.

(Meeste van) die Afrikaners skryf: Nee dankie Norbert, blah blah Afrikaans
blah blah verstaan nie blah blah.

Norbert skryf: Wah wah wah wah, wah wah wah wah.

(Meeste van) die Afrikaners skryf: Blah blah blah, blah blah.

En so aan, ensovoorts. Herhaal 100 keer

Nou se ek vir myself: "Self, hierdie argument vorder nie. Miskien moet ons
iets anders probeer?".

Toe tref dit my. Miskien moet ons met Norbert saamstem. Soort van "Ok,
Norbert... net vir jou. Voortaan sal ek 'n dialek van Nederlands praat,
hoor."

Toe dag ek, "...maar as dit vir Norbert gaan werk, sal dit mos vir Gloudina
ook werk (moet haar net uit my killfile uithaal.)" So as Gloudina se: "Julle
Apartheidsvarke, gaan slaat julself met swepe", dan moet ek net se "Ok
Gloudina, ek maak so hoor. Dankie dat jy dit vir my uitgewys het."

Miskien moet ek dit voortaan probeer?

Q
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60979 is 'n antwoord op boodskap #60939] Wo, 24 April 2002 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"johanls"
Vir diegene wat nie werklik in die letterkunde belangstel nie, mag
hierdie dalk langdradig wees, maar ek dink tog dat dit van waarde
is vir elke persoon wat `n liefde vir ons taal koester.

Wouter
Dankie, Johan, dit is beslis interessant.

Johan
Ons moet onsself afvra: Wanneer word `n nuwe taal gebore en
wanneer is dit maar net `n dialek van `n bestaande taal?

Wouter
Soos ek dit verstaan is dit baie eenvoudig. 'n Taal het reëls en
'n liggaam (soos 'n taalkommissie) wat daaroor besluit. 'n
Dialek is informeel en het nie 'n ooreengekome skryfwyse nie.
Griekwa-Afrikaans en Kaaps is dus voorbeelde van dialekte.

Die ooreenkomste en verskille van die stamtaal of stamtale
bepaal dus nie wanneer 'n nuwe taal gebore word nie, dit is
'n positiewe besluit van die gebruikers van die taal. Daar is
dus nie te redeneer of Afrikaans 'n taal is nie, solank ons
die Taalkommissie, spelreëls, ens. in stand hou, is dit 'n taal.

En solank die Nederlanders dieselfde met ABN doen, sal
ons ook nie met geloofwaardigheid kan sê dat dit maar net 'n
Noordelike dialek van Afrikaans is nie.
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60980 is 'n antwoord op boodskap #60939] Wo, 24 April 2002 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

kommissaris-generaal H.A.
> van Rheede se joernaal vir sy verblyf aan die Kaap in 1685 Hierdie proses was in 1685 reeds taamlik ver gevorder, aangesien Van
> Rheede vrees dat die gebroke taal wat tot stand gekom het, onuitroeibaar sal
> blyk."

Nog 'n ander rede hoekom ons kan aanneem dat
"Afrikaans" al 33 jaar na die aankoms
van Jan van Riebeeck "anders" was as die
Nederlands van besoekers uit die Laaglande,
was die feit dat die Hugenote wat teen 1687
begin aankom het, onmiddellik hierdie
suid-hollands gekleurde taal begin praat het.

Gloudina
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60981 is 'n antwoord op boodskap #60976] Wo, 24 April 2002 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Arthur:
> Ek is baie nuuskierig wat Van Rheede presies geskryf het. Viral ook oor
> welke segment van die bevolking.

Johan:
Jy kan die Universiteit van Stellenbosch kontak om afskrifte van die
betrokke joernaal (dagboek) vir jou te stuur. Hier volg `n kort uittreksel.
Van Rheede meld op bl.56 van sy dagverhaal van die eienaardige gewoontes van
die Hottentotse bevolking en gaan dan verder as volg voort:
"Het is seker dat als men haer sal oordeelen aen dat uyterlijke niet goets
kan werden gegist, maer hebbende een grondigh onderwijs van haer leven en
gedachten, men haer anders sal bevinden, `t welck niemand hebben kan, dan
die haer taele verstaet, en sprekende door vragen en antwoorden eerst
bequaem soude wesen dat volck te konnen recht beschrijven, hoedanige aen de
Caep onder d`Ed. Compagnie niemand is; hier is een gewoonten onder al ons
volck, dat lerende dese inlanders de Nederduydsche spraek, en dat deselve
die op haer manieren seer krom en bij nae onverstandelijck spreken, soo
volgen de onse haer daer in nae, ja soodanigh, de kinderen van onse
Nederlanders haer dat mede aenwendende een gebroke spraek gefondeert werd,
die onmogelyck sal wesen nae de hand te verwinnen, veel min onder de
Hottentots de duytsche tale in te voeren, daer het deselve niet en gebreekt
aen bequaemheyt, sprekende alle woorden prompt uyt, sonder eenigh gebreck,
indien men haer die wel voorsegt, waer omtrent wel nodigh was wat meer agt
geslagen wiert."

Hierdie man kon vir jou lang sinne skryf!

Arthur:
> Net in Frysk beteken 'nie', net in Nederlands beteken 'only just' (ekskuus
> vir die Engels, maar ek besef sojuis ek is nie seker watter woord julle
> presies gebruik nie :)

Johan:
In Afrikaans sou ons sê net-net. (amper of byna).
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60982 is 'n antwoord op boodskap #60979] Wo, 24 April 2002 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Na aanleiding van die vorige besprekings het ek begin wonder of ek die
enigste persoon is wat so dink, maar dankie jy bevestig dit wat in my
gedagtes leef.

> Wouter
> Soos ek dit verstaan is dit baie eenvoudig. 'n Taal het reëls en
> 'n liggaam (soos 'n taalkommissie) wat daaroor besluit. 'n
> Dialek is informeel en het nie 'n ooreengekome skryfwyse nie.
> Griekwa-Afrikaans en Kaaps is dus voorbeelde van dialekte.
>
> Die ooreenkomste en verskille van die stamtaal of stamtale
> bepaal dus nie wanneer 'n nuwe taal gebore word nie, dit is
> 'n positiewe besluit van die gebruikers van die taal. Daar is
> dus nie te redeneer of Afrikaans 'n taal is nie, solank ons
> die Taalkommissie, spelreëls, ens. in stand hou, is dit 'n taal.
>
> En solank die Nederlanders dieselfde met ABN doen, sal
> ons ook nie met geloofwaardigheid kan sê dat dit maar net 'n
> Noordelike dialek van Afrikaans is nie.
>
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60984 is 'n antwoord op boodskap #60976] Wo, 24 April 2002 20:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Arthur
Net in Frysk beteken 'nie', net in Nederlands beteken 'only just' (ekskuus
vir die Engels, maar ek besef sojuis ek is nie seker watter woord julle
presies gebruik nie :)

Wouter
Only just is net-net.
Sojuis staan nog in ons woordeboeke, maar ons sê gewoonlik pas of sopas :-)
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60989 is 'n antwoord op boodskap #60939] Wo, 24 April 2002 22:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, Johan!!!

Jou bydrae het my ongelooflik veel plesier gedoen! Jy verstaan die
oorsprong en die ontwikkeling van jou eie taal baie goed!
Inderdaad, ek is daaroor nie onwetend nie dat die ontwikkeling van die
Afrikaans al baie vroeg in die geskiedenis van Suid-Afrika het
plaasgevind. Ek het inderdaad self al dokumente gelees uit die
sewentiende en agtiende eeu wat in Afrikaans geskryf is en daaruit is
duidelik dat die ontwikkeling van die Afrikaans heel vroeg 'n inset
geken het. Dis waar: deur se eie politieke, geografiese en sosiale
struktuur is Afrikaans gegroei tot 'n selfstandige, op eie bene
staande taal. Niemand kan dit eintlik ontken nie.
Ek is die laaste om Afrikaans die status te ontneem. Afrikaans moet se
eie integriteit bewaar en self is ek daar 'n harde voorvegter van.
Maar ek dink an die toekoms en ook an die tyd waarin ons nou leef.
Dis nou 'n tyd van Internet, moderne kommunikasie en
inligtingsverwerking. Sien na wat ons nou saans doen: ons start onse
rekenaar, ons lees soc.culture en ons skryf 'n artikel vir hierdie
nuusgroep of ons gaan via 'n chatlyn 'n bietje geselsl met andere
mense uit die ganse wêreld. Nog tien jare en elkeen het 'n rekenaar in
se eie huis, ook in Suid-Afrika... Daar is geen afstande meer!!! Die
elektroniese inligtingsverwerking gaan nou ons eie voorstellingsvermoë
te buite en dit gaan nog aangroei selfs! Sien na soc.culture: as jy
reken hoeveel artikels hier daagliks verskyn van mense wat nie in
Suid-Afrika self woon dan val ons daarvan agteroor. Dis 'n aansienlyk
deel daarvan. Klaarblyklik is soc.culture.afrikaans nie in staat om se
eie volledig en enkel en alleen te rig tot slegs die inwoners van
Suid-Afrika en se emigrante wat daarbuite woon. Die nuuskierigheid van
mense om die wêreld te verken is dieselfde van vroeër, alleen gaan dit
nou op 'n andere wyse as vroeër. Dis normaal dat Vlaamse en ook
Nederlandse mense vroeg of laat Suid-Afrika langs elektroniese weg
(her)ontdek waar dit pakweg 20 jare gelede nog nie moontlik was nie.
En daar is selfs nog 'n baie plesierige vasstelling: al daardie
besoekers voel selfs nie die neiging nie om die Afrikaans aan te tas!!
Sien, ek praat nou 'n bietjie Afrikaans, dis nie perfek nie, maar
julle kan my verstaan en ook Michel en Arthur en selfs Engelstalige
mense probeer om ditselfde te doen. Nou moet Afrikaners daar tog nie
an twyfel nie dat hulle eie taal nou as 'n komplete nuwe identiteit
deur buitelanders erken word? Waar of nie waar? Daar is baie mense in
die wêreld wat moeite doen om Afrikaans te leer.
Tog het ek die gevoel dat Afrikaners baie weinig vertroue het in die
buitewêreld. Dit lyk hulle asof hulle taal nou 'n nuwe aanval
ondergaan vanweë buitelanders... in hulle eie taal nota bene!!!
Hahahaaa!!! :-) Dis ongelooflik!! En daar kom dan so 'n onnosele
Vlaming soos ek wat praat oor 'n herintegrasie van Afrikaans en
Nederlands!!!! Nie moontlik nie!!! :-) Selfs Annette, self 'n
toonbeeld van stabiliteit op hierdie nuusgroep, gaan aan die brand as
ek daaroor praat. Dis asof met my 'n grote, lelike gogga in die huis
is gekom wat dringend moet verdelg word. Daardie vreesagtigheid is
ongegrond. Waar ek naartoe wil is nie die vernietiging van die
Afrikaans. Inteendeel, Afrikaans moet bly! Maar ek wil tog 'n taalunie
met volledige vryheid van die Afrikaans om se eie verder te ontwikkel
soos dit nou besig is. Maar ek verdedig die idee van 'n taalunie omdat
ek vind dat Afrikaans nie die krag het nie om se integriteit in die
toekoms te behou. Ek sien dit al op hierdie nuusgroep. Hier is mense
wat publiseer in hulle eie Afrikaanse dialekte. Baie mooi, maar ek
sien ook dat daardie dialekte al ver gevorder is om ook al op hulle
eie as selfstandige tale aansien te kan word en ek het die indruk dat
daardie gang van sake in die toekoms nie beter gaan word nie. Nou sal
jy dit wel met me eens wees: daar is niets wat so gemakkelik te
omsingel en uit te roei is as 'n dialek. Ek sien in Afrika tog 'n
sterke wil in daardie swartmense om hulle in die toekoms te gaan
ontwikkel op moderne leest. Ek sien ook dat in andere lande van Afrika
druk op die eie bevolking kom om hulle eindelik na 'n hoër
welvaartspeil op te hef. Dis nog nie ooral sigbaar nie maar tog kom
dit. En dan word julle 'n kleine minderheid, verstaan julle? Ek weet
daar is nog nie baie onder julle wat dit wil glo maar ek wou die
Afrikaanstalige mense tog uitnooi om daar rekening mee te hou. Een
taalunie met Nederland en Vlaanderen sou in me oë nie 'n taalunie moet
wees met 'n nuwe standaardtaal soos die gekom is tussen Vlaanderen en
Nederland. Ek sou dit wel verlang maar ek besef dat dit nie moontlik
is nie. Dis wel me verlange dat daar 'n nuwe taal uit groei maar ek
weet ondertussen al lank dat sakes wat nie op 'n natuurlike manier kan
groei en bloei geen toekoms het nie. 'n Taalunie vir my beteken dat
die Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge ieder se woordeskat en
grammatika volledig erken en integreer in die ganse gebied en dat daar

'n sterke aanjaging kom van kulturele uitwisseling. Kyk tog eens: ons
Vlaminge kan geen enkel TV-programma in Afrikaans bekyk en selfs radio
is hier vreemd. Ek kan nêrens 'n tydskrif koop in Afrikaans en dit
terwyl ek die taal prakties volledig verstaan!!!! Waartoe dien dan al
die satelliete, drukperse en Internet? Om op ons eie eilandjie te bly
leef? Dan gaan ons tog nie meer mee met onse eie tyd? Vroeër kon ons
nog sê: "Suid-Afrika, dis baie ver!.." Maar nou? Selfs Gloudina,
vanuit Kanada, het geen moeite nie om hierdie nuusgroep daagliks met
haar skerpe kommentare te teister.
Mense uit Suid-Afrika sal nou opper dat hulle met Nederland en
Vlaanderen eintlik geen kulturele en geografiese bande meer het nie
en dat ons te ver uit mekaar is gegroei. Hulle praat dan in dit opsig
oor Nieu-Zeeland en Australie. Afrikaners moet ook besef dat in die
ganse wêreld slegs twee lande bestaan waar deesdae nog 'n
gemeenskaplik bewussyn en begrip is vir wat daar is gebeur rond die
jare 1800 toe Engeland die Kaapprovinsie het oorgeneem. Julle moenie
teveel vertroue stel in Nieu-Zeeland en Australie nie. Daardie mense
van daardie lande vind die Afrikaners wel simpatiek maar hulle ken
julle feitelik nie. Hulle is Engelse soos al die andere. Ek weet dit
omdat ek al met mense van daardie lande het gekorrespondeer. Dis mooi
vir hulle om by julle vakansie te hou en dan weer huistoe te gaan maar
verder bly daar niks van oor. Julle sal nooit rusie kry met mense uit
Nieu-Zeeland of Australie nie! Met my wel, ja. Ek het hier nog nie
anders gehad nie as rusie op hierdie nuusgroep.

Die beste groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

"johanls" schreef:

> Norbert, ek volg jou argument oor die ooreenkomste wat daar is tussen ons
> tale en dialekte. Ooreenkomste tussen tale maak egter nie van hulle een
ensovoort-------- knip-----
Re: Ek som op - was Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #60991 is 'n antwoord op boodskap #60978] Wo, 24 April 2002 22:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Neen, hierdie het ek nou ook nie bedoel nie..
Ek het gewou jy sou sê: "Ek praat Afrikaans en dis nou offisieel erken
as 'n volkome lid van die Dietse taalgroep waarin alle streektale uit
Nederland, Vlaanderen, Suid-Afrika en Suriname is opgeneem. Ons doen
aan volledige kulturele uitwisseling en ons probeer om 'n nuwe
taaleenheid op te bou."

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

"Q" schreef:

> Toe tref dit my. Miskien moet ons met Norbert saamstem. Soort van "Ok,
> Norbert... net vir jou. Voortaan sal ek 'n dialek van Nederlands praat,
> hoor."
>
> Miskien moet ek dit voortaan probeer?
>
> Q
>
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #61001 is 'n antwoord op boodskap #60989] Do, 25 April 2002 04:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mmm... dis suiwer omdat dit jou keuse is.

HK

"*Sterrenkijker*"
Julle sal nooit rusie kry met mense uit
> Nieu-Zeeland of Australie nie! Met my wel, ja. Ek het hier nog nie
> anders gehad nie as rusie op hierdie nuusgroep.
>
> Die beste groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #61004 is 'n antwoord op boodskap #61001] Do, 25 April 2002 06:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dink jy?

Norbert

"Hantamkind" schreef:

> Mmm... dis suiwer omdat dit jou keuse is.
>
> HK
>
> "*Sterrenkijker*"
> Julle sal nooit rusie kry met mense uit
>> Nieu-Zeeland of Australie nie! Met my wel, ja. Ek het hier nog nie
>> anders gehad nie as rusie op hierdie nuusgroep.

>> Die beste groete van

>> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #61006 is 'n antwoord op boodskap #60939] Do, 25 April 2002 06:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plaats dit eens in de nieuwsgroep nl.taal

grt emmy

"johanls" skryf in boodskap news:3cc77c96_2@batman.vip-za.com...
> Norbert, ek volg jou argument oor die ooreenkomste wat daar is tussen ons
> tale en dialekte. Ooreenkomste tussen tale maak egter nie van hulle een
> taal nie. Dit sou verder verkeer wees om net na die ooreenkomste te kyk,
> terwyl ons die verskille nie in aanmerking neem nie. Vir diegene wat nie
> werklik in die letterkunde belangstel nie, mag hierdie dalk langdradig wees,
> maar ek dink tog dat dit van waarde is vir elke persoon wat `n liefde vir
> ons taal koester.
> Die verskille tussen die Afrikaanse en Nederlandse woordeskat is van
> uiteenlopende herkoms en aard. Geen lid van `n taalgemeenskap, en ook geen
> beperkte groep van indiwidue, besit `n taal in sy geheel nie, dus ook nie
> die hele woordvoorraad nie. Net `n deel van die Nederlandse woordeskat is
> met die vestiging van `n Nederlandse kolonie aan die Kaap oorgeplant.
> Sommige van die woorde wat na die Kaap gebring is, het mettertyd hier in
> onbruik geraak of het onafhanklik van Europese Nederlands
> betekenisverskuiwinge ondergaan. Omgekeerd kon woorde wat aan die Kaap
> onveranderd bly voortbestaan het, in Nederland verlore gaan of ander
> betekenisonderskeidinge kry. Van groot belang is dit ook dat woorde wat in
> Nederlands tot `n bepaalde lokale of sosiale taalkring behoort het, aan die
> Kaap in algemene gebruik kon kom en so deel word van die beskaafde
> Afrikaans. Heeltemal anders van aard weer is die verskille wat berus op die
> onafhanklike verryking van die twee tale deur die eie skepping van nuwe
> woorde en deur ontlening aan vreemde tale.
> Die ooreenkomste tussen die Afrikaanse en Nederlandse woordvoorraad berus
> hoofsaaklik op gelyke oorerwing uit `n gemeenskaplike 17de-eeuse taalskat,
> maar ook vir `n belangrike deel op die ontlening van Nederlandse woorde in
> Afrikaans. Ander oorsake van ooreenstemming tussen die twee tale, soos
> onafhanklike parallelle ontwikkeling en gelyke nieuvorminge en ontlening, is
> seker nie sonder belang nie.
> Hierdie verskille en ooreenkomste het egter nie net in die laaste paar jaar
> ontstaan nie.
> In 1775 skryf die jong Christiaan Hendrik Persoon, wat vir verdere studie na
> Europa gegaan het en die beroemde grondlegger van die sistematiese mikologie
> sou word, aan sy ouers in Kaapstad dat sy Amsterdamse vriende hom baie terg
> oor sy "Caaps krom spreeken" sodat hy nou al goeie Hollands leer praat.
> Heel aan die begin van die 19de eeu merk Lichtenstein onder andere op dat
> die kolonistetaal in die begin selfs vir gebore Hollanders onverstaanbaar
> is - so ver het Afrikaans toe al van Nederlands afgewyk. En dit was ook nie
> net `n klein groepie mense ver weg van die beskawing wat so gepraat het nie.
> Volgens die getuienis van die Kaapstadse tolk van die geregshof Swaving in
> 1830 is Afrikaans, wat hy `n "soort van bastaard Hollandsch" noem, deur
> boere, slawe en Hottentotte gepraat, maar hy voeg daaraan toe dat die
> taalvorm "zelf den meer beschaafden der christelijke en voorname volksklasse
> niet geheel en al oneigen is", met uitsondering egter van diegene wat in
> Nederland gebore of opgevoed is.
> In 1921 het W. Blommaert, professor in die geskiedenis aan die Stellenbosse
> Universiteit, by die lees in die Kaapse Argief van kommissaris-generaal H.A.
> van Rheede se joernaal vir sy verblyf aan die Kaap in 1685, afgekom op `n
> passasie wat vir hom `n verassende lig op die probleem van die ontstaan van
> Afrikaans laat val het. Uit hierdie passasie, sê Blommaert, kan `n paar
> belangrike gevolgtrekkings gemaak word:
> "(a) Die afwyking van die koloniste-taal van die offisiële Hollands het
> reeds seer vroeg, d.i. in Simon van der Stel se tyd, begin.
> (b) Hierdie afwyking is in daardie tyd hoofsaaklik toe te skrywe aan die
> invloed van die gebrekkige Hollands van die inboorlinge, `n gebroke taal wat
> deur die Europese koloniste, veral via die kinders, oorgeneem is.
> (c) Hierdie proses was in 1685 reeds taamlik ver gevorder, aangesien Van
> Rheede vrees dat die gebroke taal wat tot stand gekom het, onuitroeibaar sal
> blyk."
> Van Rheede was reg!! `n NUWE taal het ontstaan, dit was nie maar net nog `n
> dialek gewees nie en na 300jaar is dit nog nie uitgeroei nie.
> Ons moet onsself afvra: Wanneer word `n nuwe taal gebore en wanneer is dit
> maar net `n dialek van `n bestaande taal? Om bloot te redeneer dat daar
> ooreenkomste is en daarom is dit dieselfde taal, gaan nie op nie. Mens moet
> kyk na die oorsprong van die ooreenkomste en ook die van die verskille. `n
> Verdere aspek wat moet aandag kry is die onderskeid tussen a) verskillende
> dialekte wat net anders klink, maar tog dieselfde taalreëls het; en b) `n
> taal met sy eie reëls en struktuur wat bloot by ander tale sekere woorde
> geleen het.
> Ek hoop hierdie gedagtes wat ek met nederigheid deel kan `n positiewe bydrae
> lewer tot die gesprek.
>
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #61024 is 'n antwoord op boodskap #61004] Do, 25 April 2002 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ag ou Norbert jy is 'n poepol man. Ja inderdaad, ek dink so. Ek het nog
nooit op hierdie nuusgroep op enige van jou skrywes gereageer nie want dit
is benede my waardigheid. As jy jou met die semels meng dan vreet die varke
jou op. Ek neem jou hoogs kwalik dat jy Annette se integriteit in twyfel
getrek het - haar beledig het en tot op datum nognie apologie aangeteken het
nie - inteendeel , jy ploeter voort op dieselfde trant.

Ek dink jy is 'n ongenoegsame vent wat behae daarin skep om andere leed aan
te doen. Ek wil jou nie ken nie en ek het geen begeerte om te lees wat jy
verder te skrywe sou he nie.

(Liewe hemel dit vat die skuim van die aarde om die lelike in my te
ontketen.)

Hantamkind.

"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3cc79b3b.720660@news.skynet.be...
> Dink jy?
>
> Norbert
>
>
> "Hantamkind" schreef:
>
>> Mmm... dis suiwer omdat dit jou keuse is.
>>
>> HK
>>
>> "*Sterrenkijker*"
>> Julle sal nooit rusie kry met mense uit
>>> Nieu-Zeeland of Australie nie! Met my wel, ja. Ek het hier nog nie
>>> anders gehad nie as rusie op hierdie nuusgroep.
>
>>> Die beste groete van
>
>>> Norbert (uit Vlaanderen)
>>
>
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #61026 is 'n antwoord op boodskap #61024] Do, 25 April 2002 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek wonder nou net - waar kom die gesegde "skuim van die aarde" vandaan ?
- is dit nou die seeskuim op die strand na 'n woeste storm?

Dankie Hantamkind - vir die opkoms;))
Moet egter nie jou hoop vestig op 'n apologie nie.

Annette

> (Liewe hemel dit vat die skuim van die aarde om die lelike in my te
> ontketen.)
>
> Hantamkind.
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3cc79b3b.720660@news.skynet.be...
>> Dink jy?
>>
>> Norbert
>>
>>
>> "Hantamkind" schreef:
>>
>>> Mmm... dis suiwer omdat dit jou keuse is.
>>>
>>> HK
>>>
>>> "*Sterrenkijker*"
>>> Julle sal nooit rusie kry met mense uit
>>>> Nieu-Zeeland of Australie nie! Met my wel, ja. Ek het hier nog nie
>>>> anders gehad nie as rusie op hierdie nuusgroep.
>>
>>>> Die beste groete van
>>
>>>> Norbert (uit Vlaanderen)
>>>
>>
>
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #61032 is 'n antwoord op boodskap #61026] Do, 25 April 2002 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette, no worries mate.

Daai ou poepol moet maar sy ry kry en ons alleen los. Nuff said about him.
Skuim van die aarde - weet nie - dis 'n goeie vraag. Ek dink jy is dalk
naby met jou oplossing - die oorbodige gemors wat die see (of die samelewing
nie wil he nie) spoel uit as skuim op die stand. Rubbish. Drek Gagga. Yuk.
Poefie. Kakka. SKUIM.....

Hantamkind.

"Annette" skryf in boodskap news:aa8ocq$8rd29$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek wonder nou net - waar kom die gesegde "skuim van die aarde" vandaan ?
> - is dit nou die seeskuim op die strand na 'n woeste storm?
>
> Dankie Hantamkind - vir die opkoms;))
> Moet egter nie jou hoop vestig op 'n apologie nie.
>
> Annette
>
>
>> (Liewe hemel dit vat die skuim van die aarde om die lelike in my te
>> ontketen.)
>>
>> Hantamkind.
>>
>> "*Sterrenkijker*" wrote in message
>> news:3cc79b3b.720660@news.skynet.be...
>>> Dink jy?
>>>
>>> Norbert
>>>
>>>
>>> "Hantamkind" schreef:
>>>
>>>> Mmm... dis suiwer omdat dit jou keuse is.
>>>>
>>>> HK
>>>>
>>>> "*Sterrenkijker*"
>>>> Julle sal nooit rusie kry met mense uit
>>>> > Nieu-Zeeland of Australie nie! Met my wel, ja. Ek het hier nog nie
>>>> > anders gehad nie as rusie op hierdie nuusgroep.
>>>
>>>> > Die beste groete van
>>>
>>>> > Norbert (uit Vlaanderen)
>>>>
>>>
>>
>
Re: Afrikaans=Nederlands=Diets??? [boodskap #61040 is 'n antwoord op boodskap #61024] Do, 25 April 2002 13:36 Na vorige boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte Hantamkind,

Ek het me uitlatings vir Annette self ook al lank betreur..
Ek vra dus verskoning vir Annette vir die pyn wat ek haar het
aangedoen.

Norbert

"Hantamkind" schreef:

> Ag ou Norbert jy is 'n poepol man. Ja inderdaad, ek dink so. Ek het nog
> nooit op hierdie nuusgroep op enige van jou skrywes gereageer nie want dit
> is benede my waardigheid. As jy jou met die semels meng dan vreet die varke
> jou op. Ek neem jou hoogs kwalik dat jy Annette se integriteit in twyfel
> getrek het - haar beledig het en tot op datum nognie apologie aangeteken het
> nie - inteendeel , jy ploeter voort op dieselfde trant.
>
> Ek dink jy is 'n ongenoegsame vent wat behae daarin skep om andere leed aan
> te doen. Ek wil jou nie ken nie en ek het geen begeerte om te lees wat jy
> verder te skrywe sou he nie.
>
> (Liewe hemel dit vat die skuim van die aarde om die lelike in my te
> ontketen.)
>
> Hantamkind.
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3cc79b3b.720660@news.skynet.be...
>> Dink jy?

>> Norbert


>> "Hantamkind" schreef:

>>> Mmm... dis suiwer omdat dit jou keuse is.
>>>
>>> HK
>>>
>>> "*Sterrenkijker*"
>>> Julle sal nooit rusie kry met mense uit
>>>> Nieu-Zeeland of Australie nie! Met my wel, ja. Ek het hier nog nie
>>>> anders gehad nie as rusie op hierdie nuusgroep.
>>
>>>> Die beste groete van
>>
>>>> Norbert (uit Vlaanderen)
>>>
>>>
>>>

>
Vorige onderwerp: Rib
Volgende onderwerp: Kasetaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 10:59:18 MGT 2024