Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie van julle...
Wie van julle... [boodskap #59571] Vr, 05 April 2002 19:43 na volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
...woon in Pretoria? Is dit nie waar jy is nie Kinky?

Kry my môre by http://www.itemsa.com/wildexpo/
Re: Wie van julle... [boodskap #59607 is 'n antwoord op boodskap #59571] Sa, 06 April 2002 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hi DD,
Ek was vanoggend daar. Die hoeveelheid mense wat teenwoordig was het my
nogal beïndruk, net jammer daar is nie voorsiening gemaak vir soveel
voertuie nie. Ek hoop dit is volgende jaar beter en groter. Sou graag ook
`n renoster of twee wou koop, maar dit sal nou maar moet wag aangesien ek
net te laat was daarvoor. Waar het jy van die Expo gehoor? Was dit nie vir
jou boodskap nie, het ek nie daarvan geweet nie.

JS.

Davie Davis skryf in boodskap news:94vrau8dvupvvnknvltglp1r1as640u503@4ax.com...
>
>
> ...woon in Pretoria? Is dit nie waar jy is nie Kinky?
>
> Kry my môre by http://www.itemsa.com/wildexpo/
>
Re: Wie van julle... [boodskap #59610 is 'n antwoord op boodskap #59571] Sa, 06 April 2002 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis skryf in boodskap news:...
> ...woon in Pretoria? Is dit nie waar jy is nie Kinky?
>
> Kry my môre by http://www.itemsa.com/wildexpo/

KinkY: Nee, ek woon nie in Pretoria nie, DAvie. Wat soek jy? Misken
kan mens op n ander manier help? Ek ken iemand wat iemand ken wat in
Pretoria woon . ..
:-)
Re: Wie van julle... [boodskap #59617 is 'n antwoord op boodskap #59607] Sa, 06 April 2002 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Apr 2002 14:49:06 +0200, "johanls"
wrote:

> Sou graag ook
> `n renoster of twee wou koop, maar dit sal nou maar moet wag aangesien ek
> net te laat was daarvoor.

Wat doen mens met 'n renoster?

(KinkY, miskien wou DD ook 'n renoster gehad het. Het jy al ene? Wit
of swart?)
:-)
Re: Wie van julle... [boodskap #59620 is 'n antwoord op boodskap #59617] Sa, 06 April 2002 15:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Danielle,
As mens `n wildsplaas het is renosters en buffels nogal goeie beleggings.
Vanoggend se renosters het so teen R450 000 stuk verkoop. Nogal `n aardige
bedraggie as mens met hul begin teel. Doen jouself `n guns en gaan woon so
`n wildveiling net een keer by.

Danielle skryf in boodskap news:ec1uauos4p1cvhtb6je722d3t8tmb5vrjv@4ax.com...
> On Sat, 6 Apr 2002 14:49:06 +0200, "johanls"
> wrote:
>
>> Sou graag ook
>> `n renoster of twee wou koop, maar dit sal nou maar moet wag aangesien ek
>> net te laat was daarvoor.
>
> Wat doen mens met 'n renoster?
>
> (KinkY, miskien wou DD ook 'n renoster gehad het. Het jy al ene? Wit
> of swart?)
> :-)
>
Re: Wie van julle... [boodskap #59622 is 'n antwoord op boodskap #59620] Sa, 06 April 2002 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Apr 2002 17:39:46 +0200, "johanls"
wrote:

> Danielle,
> As mens `n wildsplaas het is renosters en buffels nogal goeie beleggings.
> Vanoggend se renosters het so teen R450 000 stuk verkoop. Nogal `n aardige
> bedraggie as mens met hul begin teel. Doen jouself `n guns en gaan woon so
> `n wildveiling net een keer by.

Johan, ek sit hier in Athens, Georgia in die VSA - so dit sal
maar moeilik gaan om daardie wildveiling by te woon - maar ek wens ek
KON!! Waar is jou wildsplaas? Ek neem aan wit renosters kos meer as
R450 000?
Word hierdie renosters en buffels meestal geteel om gejag te word?
Re: Wie van julle... [boodskap #59625 is 'n antwoord op boodskap #59617] Sa, 06 April 2002 17:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jissie man - wat 'n vraag?:))

Eerstens is daar die seksie ou horintjie
Dan is daar die seksie ou tuitlippie
Die allerpragtiste paar oortjies waarin mens geheimpies kan fluister.
'n Mollige ou lyfie waar mens teen kan lê en dink aan die mooier dinge in
die lewe
Groot toonnaels waarop mens kan oefen hoe om naellak aan te wend en
Die stertjie wat vir jou kan aandui in watse bui die ou dingetjie op daardie
bepaalde dag is.
Annette

Danielle skryf in boodskap news:ec1uauos4p1cvhtb6je722d3t8tmb5vrjv@4ax.com...
> On Sat, 6 Apr 2002 14:49:06 +0200, "johanls"
> wrote:
>
>> Sou graag ook
>> `n renoster of twee wou koop, maar dit sal nou maar moet wag aangesien ek
>> net te laat was daarvoor.
>
> Wat doen mens met 'n renoster?
>
> (KinkY, miskien wou DD ook 'n renoster gehad het. Het jy al ene? Wit
> of swart?)
> :-)
>
Re: Wie van julle... [boodskap #59626 is 'n antwoord op boodskap #59620] Sa, 06 April 2002 17:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Net as jy my vertel daar is meer wilde goed om te sien as net wilde diere;))
Annette

johanls skryf in boodskap news:3cafa321_3@batman.vip-za.com...
> Danielle,
> As mens `n wildsplaas het is renosters en buffels nogal goeie beleggings.
> Vanoggend se renosters het so teen R450 000 stuk verkoop. Nogal `n aardige
> bedraggie as mens met hul begin teel. Doen jouself `n guns en gaan woon so
> `n wildveiling net een keer by.
> Danielle wrote in message
> news:ec1uauos4p1cvhtb6je722d3t8tmb5vrjv@4ax.com...
>> On Sat, 6 Apr 2002 14:49:06 +0200, "johanls"
>> wrote:
>>
>>> Sou graag ook
>>> `n renoster of twee wou koop, maar dit sal nou maar moet wag aangesien ek
>>> net te laat was daarvoor.
>>
>> Wat doen mens met 'n renoster?
>>
>> (KinkY, miskien wou DD ook 'n renoster gehad het. Het jy al ene? Wit
>> of swart?)
>> :-)
>>
>
Re: Wie van julle het 'n renoster... [boodskap #59627 is 'n antwoord op boodskap #59625] Sa, 06 April 2002 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Apr 2002 19:14:10 +0200, "Annette" wrote:

> Danielle: Wat doen mens met 'n renoster?

> Annette: Jissie man - wat 'n vraag?:))
>
> Eerstens is daar die seksie ou horintjie
> Dan is daar die seksie ou tuitlippie
> Die allerpragtiste paar oortjies waarin mens geheimpies kan fluister.
> 'n Mollige ou lyfie waar mens teen kan lê en dink aan die mooier dinge in
> die lewe
> Groot toonnaels waarop mens kan oefen hoe om naellak aan te wend en
> Die stertjie wat vir jou kan aandui in watse bui die ou dingetjie op daardie
> bepaalde dag is.

LOL! Dan moet ek definitief nou ook ene kry! :-)))
Re: Wie van julle... [boodskap #59629 is 'n antwoord op boodskap #59626] Sa, 06 April 2002 17:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Apr 2002 19:16:12 +0200, "Annette" wrote:

> Net as jy my vertel daar is meer wilde goed om te sien as net wilde diere;))

Ek wonder nou oor daardie hoes stroop van jou. :-))
Re: Wie van julle... [boodskap #59631 is 'n antwoord op boodskap #59629] Sa, 06 April 2002 17:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wonderlike goed man - ek hoes al baie minder.
Annette

Danielle skryf in boodskap news:erbuauk030bjmreqsj206ci9fnue12ho7k@4ax.com...
> On Sat, 6 Apr 2002 19:16:12 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Net as jy my vertel daar is meer wilde goed om te sien as net wilde
diere;))
>
> Ek wonder nou oor daardie hoes stroop van jou. :-))
>
Re: Wie van julle... [boodskap #59634 is 'n antwoord op boodskap #59620] Sa, 06 April 2002 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle:
>>> Sou graag ook
>>> `n renoster of twee wou koop, maar dit sal nou maar moet wag aangesien ek
>>> net te laat was daarvoor.
>>
>> Wat doen mens met 'n renoster?
>>
>> (KinkY, miskien wou DD ook 'n renoster gehad het. Het jy al ene? Wit
>> of swart?)

KinkY:
Nee, ek het nog nooit een gehad nie. Ook nie self een geken nie.
Maar daar loop blykbaar van tyd tot tyd een rond. Blykbaar is daar
hier in die kuberruimte ook n kuber renoster. Weet jy van hom? :-)
Re: Wie van julle... [boodskap #59635 is 'n antwoord op boodskap #59634] Sa, 06 April 2002 18:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Apr 2002 09:55:51 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:

> KinkY:
> Nee, ek het nog nooit een gehad nie. Ook nie self een geken nie.
> Maar daar loop blykbaar van tyd tot tyd een rond. Blykbaar is daar
> hier in die kuberruimte ook n kuber renoster. Weet jy van hom? :-)

Ja, Rennie het al sy opwagting hier ook gemaak. :-) Hy is bietjie
kwaai, so toe neem die Plaasvark maar oor. Die plaasvark is baie
vriendeliker, maar hy rym weer nie so lekker soos Rennie nie. So ek
weet nou nie....:-))

Miskien moet Dik Daan met renosters begin boer?
:-))))
Re: Wie van julle... [boodskap #59637 is 'n antwoord op boodskap #59617] Sa, 06 April 2002 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 06 Apr 2002 09:29:22 -0500, Danielle wrote:

>
> (KinkY, miskien wou DD ook 'n renoster gehad het.

Twee horings?
Re: Wie van julle... [boodskap #59648 is 'n antwoord op boodskap #59622] Sa, 06 April 2002 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Danielle,
]Jammer vir die msiverstand. Ek het ongelukkig nog nie my eie wildsplaas
nie. Ek moes vir iemand anders gaan kyk wat die mark op die oomblik maak.
Om my eie te hê sal nie binnekort gebeur nie. Die meeste renosters word vir
ekotoerisme geteel, seker net so 10% beland voor `n teleskoop. Heel in pas
met die res van "demokratiese Nuwe SA" is die swart renosters duurder as die
wittes. Jy moet weet as jy wit is, is jy nikswerd in hierdie land. Hier in
ons distrik is die laaste maand alweer 3 boere vermoor. Negatiwiteit daar
gelaat.
Oor die hoeveelheid horings en wat daarop volg sal ek my eerder nie uitlaat
nie.

Danielle skryf in boodskap news:3c8uau45oftcmtog8kicdudc7rvgol7h5q@4ax.com...
> On Sat, 6 Apr 2002 17:39:46 +0200, "johanls"
> wrote:
>
>> Danielle,
>> As mens `n wildsplaas het is renosters en buffels nogal goeie beleggings.
>> Vanoggend se renosters het so teen R450 000 stuk verkoop. Nogal `n aardige
>> bedraggie as mens met hul begin teel. Doen jouself `n guns en gaan woon so
>> `n wildveiling net een keer by.
>
> Johan, ek sit hier in Athens, Georgia in die VSA - so dit sal
> maar moeilik gaan om daardie wildveiling by te woon - maar ek wens ek
> KON!! Waar is jou wildsplaas? Ek neem aan wit renosters kos meer as
> R450 000?
> Word hierdie renosters en buffels meestal geteel om gejag te word?
>
Re: Wie van julle het 'n renoster... [boodskap #59672 is 'n antwoord op boodskap #59635] So, 07 April 2002 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
> Danielle: Wat doen mens met 'n renoster?

> Annette: Jissie man - wat 'n vraag?:))
> Eerstens is daar die seksie ou horintjie
> Dan is daar die seksie ou tuitlippie
> Die allerpragtiste paar oortjies waarin mens geheimpies kan fluister.
> 'n Mollige ou lyfie waar mens teen kan lê en dink aan die mooier dinge in
> die lewe
> Groot toonnaels waarop mens kan oefen hoe om naellak aan te wend en
> Die stertjie wat vir jou kan aandui in watse bui die ou dingetjie op daardie
> bepaalde dag is.

> KinkY:
> Nee, ek het nog nooit een gehad nie. Ook nie self een geken nie.
> Maar daar loop blykbaar van tyd tot tyd een rond. Blykbaar is daar
> hier in die kuberruimte ook n kuber renoster. Weet jy van hom? :-)

Danielle
Ja, Rennie het al sy opwagting hier ook gemaak. :-) Hy is bietjie
kwaai, so toe neem die Plaasvark maar oor. Die plaasvark is baie
vriendeliker, maar hy rym weer nie so lekker soos Rennie nie. So ek
weet nou nie....:-))

Rennie
Het jy my dan gemis?
Dit lyk my so, gewis
Ek was die heeltyd hier
Ek loer vir my plesier

My oortjies is cute, ja
My lyf sal ook nie pla
As my stert lig soos 'n toring
Moet jy lig loop vir my horing

Daai Plaasvark dink hy's smaart
Maar ek gee hom net 'n staart
Dan jaag ek hom af die plaas
Hy sal sien wie's baas :-)
Re: Wie van julle het 'n renoster... [boodskap #59700 is 'n antwoord op boodskap #59672] So, 07 April 2002 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Apr 2002 10:01:02 +0200, "Rennie Oster"
wrote:

> Rennie
> Het jy my dan gemis?
> Dit lyk my so, gewis
> Ek was die heeltyd hier
> Ek loer vir my plesier
>
> My oortjies is cute, ja
> My lyf sal ook nie pla
> As my stert lig soos 'n toring
> Moet jy lig loop vir my horing
>
> Daai Plaasvark dink hy's smaart
> Maar ek gee hom net 'n staart
> Dan jaag ek hom af die plaas
> Hy sal sien wie's baas :-)

Ek het jou gewis gemis ou vriend, en was baie bekommerd toe hulle sê
jy was op 'n veiling. As ek dit geweet het, het ek ook gaan bie.
:-)))
Dit is "Daylight Savings Time" vandag, en ek het natuurlik vergeet om
my wekker gisteraand te stel (dit het 2 uur vanoggend my tyd
verander). Ek dog so ewe dis nog lekker vroeg, toe is dit al 'n uur
later. Ai toggie...:-)

Groetnis weer Rennie - dis lekker om te sien dat jy darem nog hier
rond is. :-)

Danielle
Re: Wie van julle het 'n renoster... [boodskap #59731 is 'n antwoord op boodskap #59700] So, 07 April 2002 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Rennie Oster
> Het jy my dan gemis?
> Dit lyk my so, gewis
> Ek was die heeltyd hier
> Ek loer vir my plesier
>
> My oortjies is cute, ja
> My lyf sal ook nie pla
> As my stert lig soos 'n toring
> Moet jy lig loop vir my horing
>
> Daai Plaasvark dink hy's smaart
> Maar ek gee hom net 'n staart
> Dan jaag ek hom af die plaas
> Hy sal sien wie's baas :-)

Danielle
Ek het jou gewis gemis ou vriend, en was baie bekommerd toe
hulle sê jy was op 'n veiling. - dis lekker om te sien dat
jy darem nog hier rond is. :-)

Wouter:
Oppas tog Danielle
Ek moet jou iets vertel
Rennie is nie soos dit lyk
Hy is 'n bietjie van 'n fake

Al wat hy kan doen is rym
Hy weet min, ag tog shame
Laat hy jou nie verlei
Net om jy hom jammer kry...

Hy het wel 'n groot ou horing
Maar sy brein is erg gekoring
Toe hy verstand moes kry
Was hy in die heel agterste ry

Kom hy hier op die plaas
Maak hy 'n groot geraas
Maar by my kom hy nooit na
In sy drome sal hy my verja

So laat hy jou glad nie bluf
Sy pienk selle is skoon suf
Hy's rof met geen finesse
Ek leer hom gereeld 'n les
Re: Wie van julle het 'n renoster... [boodskap #59732 is 'n antwoord op boodskap #59731] So, 07 April 2002 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hi Wouter,
Johan hier. Ek is nuut op die groep na `n toevallige ontdekking. Vertel my
bietjie meer van wat julle doen.
Met sulke kreatiwiteit kan dit net interessant wees om te deel in die
gesprekke.

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cb08ec6.0@news1.mweb.co.za...
>> Rennie Oster
>> Het jy my dan gemis?
>> Dit lyk my so, gewis
>> Ek was die heeltyd hier
>> Ek loer vir my plesier
>>
>> My oortjies is cute, ja
>> My lyf sal ook nie pla
>> As my stert lig soos 'n toring
>> Moet jy lig loop vir my horing
>>
>> Daai Plaasvark dink hy's smaart
>> Maar ek gee hom net 'n staart
>> Dan jaag ek hom af die plaas
>> Hy sal sien wie's baas :-)
>
> Danielle
> Ek het jou gewis gemis ou vriend, en was baie bekommerd toe
> hulle sê jy was op 'n veiling. - dis lekker om te sien dat
> jy darem nog hier rond is. :-)
>
> Wouter:
> Oppas tog Danielle
> Ek moet jou iets vertel
> Rennie is nie soos dit lyk
> Hy is 'n bietjie van 'n fake
>
> Al wat hy kan doen is rym
> Hy weet min, ag tog shame
> Laat hy jou nie verlei
> Net om jy hom jammer kry...
>
> Hy het wel 'n groot ou horing
> Maar sy brein is erg gekoring
> Toe hy verstand moes kry
> Was hy in die heel agterste ry
>
> Kom hy hier op die plaas
> Maak hy 'n groot geraas
> Maar by my kom hy nooit na
> In sy drome sal hy my verja
>
> So laat hy jou glad nie bluf
> Sy pienk selle is skoon suf
> Hy's rof met geen finesse
> Ek leer hom gereeld 'n les
>
Wat ons hier doen [boodskap #59748 is 'n antwoord op boodskap #59732] So, 07 April 2002 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
"johanls"
Hi Wouter,
Johan hier. Ek is nuut op die groep na `n toevallige ontdekking. Vertel my
bietjie meer van wat julle doen. Met sulke kreatiwiteit kan dit net
interessant wees om te deel in die gesprekke.

Rennie Oster
Wat doen ons hier, dit vra jy
Maar hoekom vra jy nie liewers vir my?
Ek sal jou tog maar bietjie vertel
Ons doen baie hier, bleddie hel

Die girls hier is nogal nice
Hulle smile meer as net once of twice
Vir die mense daar ver oorsee
Sal Annette soms nuushoogtepunte gee

Danielle sprankel daar in Georgia
Sy is glad nie een wat ooit kla
Soms is sy 'n streepmuisie klein
Maar sy's getryn hoor, daai Katryn :-)

Kinky se naam moet jou nie mislei
Daar is mooie diepte in daardie vy :-)
Bobby in Australië is great maar soms laks
Daars ook Hilda en Emmy in die Benelux

Vir Gloudina moet jy nooit vergeet
As jy regs is, gaan sy jou laat sweet
En as jy dink jy is entlik verlig
Sien jy jou gat teen 'n spoed hoër as lig :-)

Hier word baie gestry en baklei
Jy sal vir Lou maklik warm kry
Selfs omgekeerde plagiaat, glo my nou
Oppas, Davie skryf dalk namens jou

Jy kan inligting ook hierso kry
Vra gerus en ignoreer die gestry
Baie antwoorde kan jy kom haal
Van resepte tot iets oor die taal

Maar wat ons die heel meeste doen
Moet jy jou sommer nou mee versoen
'n Doellose geklets, dis nommer een
Lees dit vinnig sonder kners of geween

Die taal is nie altyd suiwer nie
Kru taal word nie juis vermy nie
Een skryf net lower case, dis nie k..
Glo my vry, Threeships McDuck

Ja, ons skerts, ons grap en baljaar
En daarmee kry ons ook nooit klaar
En ons doen dit nie in Engels of Frans
Dis mos soc.culture.south-africa.afrikaans

------------------------------------------------

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cb08ec6.0@news1.mweb.co.za...
>> Rennie Oster
>> Het jy my dan gemis?
>> Dit lyk my so, gewis
>> Ek was die heeltyd hier
>> Ek loer vir my plesier
>>
>> My oortjies is cute, ja
>> My lyf sal ook nie pla
>> As my stert lig soos 'n toring
>> Moet jy lig loop vir my horing
>>
>> Daai Plaasvark dink hy's smaart
>> Maar ek gee hom net 'n staart
>> Dan jaag ek hom af die plaas
>> Hy sal sien wie's baas :-)
>
> Danielle
> Ek het jou gewis gemis ou vriend, en was baie bekommerd toe
> hulle sê jy was op 'n veiling. - dis lekker om te sien dat
> jy darem nog hier rond is. :-)
>
> Wouter:
> Oppas tog Danielle
> Ek moet jou iets vertel
> Rennie is nie soos dit lyk
> Hy is 'n bietjie van 'n fake
>
> Al wat hy kan doen is rym
> Hy weet min, ag tog shame
> Laat hy jou nie verlei
> Net om jy hom jammer kry...
>
> Hy het wel 'n groot ou horing
> Maar sy brein is erg gekoring
> Toe hy verstand moes kry
> Was hy in die heel agterste ry
>
> Kom hy hier op die plaas
> Maak hy 'n groot geraas
> Maar by my kom hy nooit na
> In sy drome sal hy my verja
>
> So laat hy jou glad nie bluf
> Sy pienk selle is skoon suf
> Hy's rof met geen finesse
> Ek leer hom gereeld 'n les
Wat ons hier doen [boodskap #59749 is 'n antwoord op boodskap #59732] So, 07 April 2002 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
"johanls"
Hi Wouter,
Johan hier. Ek is nuut op die groep na `n toevallige ontdekking. Vertel my
bietjie meer van wat julle doen. Met sulke kreatiwiteit kan dit net
interessant wees om te deel in die gesprekke.

Rennie Oster
Wat doen ons hier, dit vra jy
Maar hoekom vra jy nie liewers vir my?
Ek sal jou tog maar bietjie vertel
Ons doen baie hier, bleddie hel

Die girls hier is nogal nice
Hulle smile meer as net once of twice
Vir die mense daar ver oorsee
Sal Annette soms nuushoogtepunte gee

Danielle sprankel daar in Georgia
Sy is glad nie een wat ooit kla
Soms is sy 'n streepmuisie klein
Maar sy's getryn hoor, daai Katryn :-)

Kinky se naam moet jou nie mislei
Daar is mooie diepte in daardie vy :-)
Bobby in Australië is great maar soms laks
Daars ook Hilda en Emmy in die Benelux

Vir Gloudina moet jy nooit vergeet
As jy regs is, gaan sy jou laat sweet
En as jy dink jy is entlik verlig
Sien jy jou gat teen 'n spoed hoër as lig :-)

Hier word baie gestry en baklei
Jy sal vir Lou maklik warm kry
Selfs omgekeerde plagiaat, glo my nou
Oppas, Davie skryf dalk namens jou

Jy kan inligting ook hierso kry
Vra gerus en ignoreer die gestry
Baie antwoorde kan jy kom haal
Van resepte tot iets oor die taal

Maar wat ons die heel meeste doen
Moet jy jou sommer nou mee versoen
'n Doellose geklets, dis nommer een
Lees dit vinnig sonder kners of geween

Die taal is nie altyd suiwer nie
Kru taal word nie juis vermy nie
Een skryf net lower case, dis nie k..
Glo my vry, Threeships McDuck

Ja, ons skerts, ons grap en baljaar
En daarmee kry ons ook nooit klaar
En ons doen dit nie in Engels of Frans
Dis mos soc.culture.south-africa.afrikaans

------------------------------------------------

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cb08ec6.0@news1.mweb.co.za...
>> Rennie Oster
>> Het jy my dan gemis?
>> Dit lyk my so, gewis
>> Ek was die heeltyd hier
>> Ek loer vir my plesier
>>
>> My oortjies is cute, ja
>> My lyf sal ook nie pla
>> As my stert lig soos 'n toring
>> Moet jy lig loop vir my horing
>>
>> Daai Plaasvark dink hy's smaart
>> Maar ek gee hom net 'n staart
>> Dan jaag ek hom af die plaas
>> Hy sal sien wie's baas :-)
>
> Danielle
> Ek het jou gewis gemis ou vriend, en was baie bekommerd toe
> hulle sê jy was op 'n veiling. - dis lekker om te sien dat
> jy darem nog hier rond is. :-)
>
> Wouter:
> Oppas tog Danielle
> Ek moet jou iets vertel
> Rennie is nie soos dit lyk
> Hy is 'n bietjie van 'n fake
>
> Al wat hy kan doen is rym
> Hy weet min, ag tog shame
> Laat hy jou nie verlei
> Net om jy hom jammer kry...
>
> Hy het wel 'n groot ou horing
> Maar sy brein is erg gekoring
> Toe hy verstand moes kry
> Was hy in die heel agterste ry
>
> Kom hy hier op die plaas
> Maak hy 'n groot geraas
> Maar by my kom hy nooit na
> In sy drome sal hy my verja
>
> So laat hy jou glad nie bluf
> Sy pienk selle is skoon suf
> Hy's rof met geen finesse
> Ek leer hom gereeld 'n les
Re: Wie van julle... [boodskap #59810 is 'n antwoord op boodskap #59617] Ma, 08 April 2002 09:28 Na vorige boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Mens renos met hulle. Of jy bou 'n renons op in ander.

Of jy laat dit in jou buurt los, en die hele lot sal jou wil uitskop. Maar
hulle sallie kannie, want jy is die eienaar van 'n bedreigde spesie, en jy's
natuurlik besig met ekotoerisme, en ons wil graag toeriste se geld vat...

Kom kyk kom kyk
na 'n wille mak harnoster
by Kinky se huis
of in Danielle se straat

In Danielle se straat
is almal die jankees aan't praat
oor haar eskapades
en skandes
oor sy 'n mak wille harnoster
aanhou in haar jaart

Die ef-bie-aai hou haar dop
oor daai harnoster
almal se jaartse omdop
die groenes skree nee
los die wille mak hanoster nou mee
hy's net besig om terug te eien
wat die mensdom van hom had onteien

Intussen gee Hess van der meer
haar mening ongeveer min of meer
oor hoe die harnoster
eens was
dalk 'n apartheidsgevaar
nie hier, maar daar
en nou voel die hornaster
die saak aan sy bas
oor die net om hom span
al hoe vaster

die ef bie aai en die aai em ess
en aai aar ess
wil almal nou weet
van waar gehasnoster?
en vang hom vas
met 'n net
om hom te deporteer
en met die straat af te laat marsjeer

en dit omdat hy nie praat
maar alles omdop
in Danielle se jaart!

En dit net oor sy kon sê
ek wil ok so 'n harnoster hê!

Thys oppie Bos

"Danielle" skryf in boodskap news:ec1uauos4p1cvhtb6je722d3t8tmb5vrjv@4ax.com...
> On Sat, 6 Apr 2002 14:49:06 +0200, "johanls"
>
> Wat doen mens met 'n renoster?
Vorige onderwerp: 350 Jaar in Afrika - Hoe lyk dit vorentoe?
Volgende onderwerp: Superioriteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 14:35:46 MGT 2024