Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 350 Jaar in Afrika - Hoe lyk dit vorentoe?
350 Jaar in Afrika - Hoe lyk dit vorentoe? [boodskap #59652] Sa, 06 April 2002 21:25 na volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Vir die wat belangstel, hier is `n interessante artikel geskryf deur Dr HJ
Smith.

Op 6 April vanjaar herdenk ons die feit dat Jan van Riebeeck 350 jaar gelede
aan die Kaap voet aan wal gesit het. Daarmee is die loot vir `n nuwe volk
alhier geplant - uit 16/17de eeuse Wes-Europese kultuurbodem, blank en uit
`n Calvinistiese religieuse wortel. Die kontinent waarin die loot gelê is,
word deur vele "donker Afrika" genoem - onder andere met verwysing na die
heidendom wat toe grootliks geheers het, en die kulturele verskrompeling wat
met dié heidendom gepaard gaan. Die loot het ondertussen tot `n volwaardige
volk gegroei en sy eiesoortige staanplek in Afrika ingeneem - met die
tipiese tegniese kultuurbloei van die Weste. Die donker kontinent is steeds
daar, met geringe kulturele veranderings.
350 jaar is nie lank in die geskiedenis van `n volk nie. Eintlik behoort so
`n jong volk nog lewenskragtig en aggressief te wees. Daar behoort nog
kragtige invloed van hom uit te gaan.
En inderdaad hét daar `n besondere invloed van hom uitgegaan om veral sy
onmiddellike omgewing hier aan die suidpunt van Afrika te raak. Selfs te
midde van die mode om die blanke Westerling vir sy teenwoordigheid in Afrika
voortdurend skuldig te verklaar, sou daar seker min denkende mense wees wat
nie ten minste beter geletterdheid en beter gesondheid aan Westerse invloed
toeskryf nie. Volgens Klaus Vasqué se syfers kon teen die einde van die
1980`s 71% van die swart bevolking in Suid-Afrika lees en skryf, teenoor 47%
van Kenia, 38% in Egipte, 34% in Nigerië en 26% in Mosambiek. Om maar één
syfer te noem wat beter gesondheid betref: volgens die Wêreldbankatlas was
die kindersterftesyfer onder swartmense in Suid-Afrika in 1985 31% laer as
in die res van die kontinent. Ons sou ten minste nog een vergelyking kon
maak: reeds in 1972 het Suid-Afrika se swart bevolking 360 000 motorvoertuie
besit - meer as in al die swart state van Afrika saam.
Ons het sonder twyfel iets om vir Afrika te gee. Die beste wat ons het, is
daardie Calvinistiese of gereformeerd-Christelike wortel wat, soos ons glo,
die geheim agter die opbloei van die Wes-Europese kultuur van die 16/17de
eeu was. En inderdaad is die Evangelie in Suid-Afrika en in Afrika
uitgedra. Sedert 1911 tot 1991 het swart Christene as persentasie van die
totale bevolking in Suid-Afrika nomineel vanaf 26,2% tot 77,2% gestyg, of in
getalle uitgedruk vanaf 1,1 miljoen in 1911 tot 23,4 miljoen in 1996. Die
buitelandse sendingarbeid onder andere uit die gereformeerde kerkfamilie in
Suid-Afrika en die kerkplantings in Afrika wat daaruit gevolg het, is
bekend.
Indien hierdie impulse kon voortgaan vir die volgende 350 jaar, glo ons sou
Suid-Afrika en Afrika in die geheel teen daardie tyd `n blink toekoms hê.
Maar t.o.v. hierdie impulse het daar `n bejammerenswaardige verlamming
ingetree. Om die donker kontinent tot ontwikkeling te lei, was dit nodig
dat allereers `n kragtige roepingsbesef wakker gehou moes word, tweedens dat
die eiesoortigheid van die "motor" ongeskonde bly, en derdens dat die nodige
offerbereidheid daar sou wees. Op al drie hierdie terreine het ons
skromelik begin faal. Op grond van humanisties-ideologiese en selfsugtige
materialisties-kapitalistiese motiewe, veral uit die buiteland, is ons
wysgemaak dat die behoud van `n eiesoortige blank-Westerse lewenswyse in ons
land immoreel en nadelig vir "demokratiese" ontwikkeling is. Kerke in ons
eie land het in die koor begin sing. Die eiesoortige leefwyse, en daarmee
ook die politieke en ekonomiese beheer oor die middele wat vir ontwikkeling
aangewend kon word, is ons ontneem. Die beheer en die middele het in `n
gryse algemeenheid verdwyn. Die "motor" was weg. Ons was onnoemlik skuldig
verklaar en die meeste van ons mense het dit geglo. Daarmee was tegelyk ook
die kragtige roepingsbesef gekelder, want iemand wat skuldig staan, verloor
die morele moed om voort te gaan. Ook die offerbereidheid was daarmee heen.
Wie is dan bereid om te offer vir `n saak wat veroordeeld staan? Die vraag
is natuurlik of ons uit die staanspoor bereid was om die geweldige materiële
offers, die steun op eie arbeid, asook die offers aan gerief en gemak te
bring wat die taak geverg het. Het selfsug en materialisme ons nie reeds
ingesluk nog voordat die buitelandse grypsug die hele saak kom kelder het
nie? Kort gesê: het ander belange as die eer van God ons nie reeds vroeg
in hul greep gekry nie?
En nou staan ons en Afrika voor die volgende 350 jaar. Word Afrika aan sy
eie lot oorgelaat, is verval die voorland - ook tot in ons midde. Die
geskiedenis het dit reeds bewys. En ons staan voor die volgende 350 jaar -
verlam. Saam met die hele Westerse blankedom neem ons bevolkingsgetalle
proporsioneel onrusbarend af (ons kies gemak en gerief bo kinders), word ons
territoriale gebiede onrusbarend ingesypel deur mense van ander kulture (ons
is onder liberaal-demokratiese aanslag baie "mededeelsaam" daaroor), en het
ons die ideologiese krag van die Christendom vaarwel toegeroep (`n paar
tweetand-teoloë het ons daarvan oortuig).
Maar daar is altyd nog hoop: die terugwin van daardie dinamiese wortel
waarvan ons gepraat het! Net dit! Net Christus en sy Gees deur sy Woord
kan dit doen! Hy het juis kom herskep. Is ons tot sy beskikking?
Re: 350 Jaar in Afrika - Hoe lyk dit vorentoe? [boodskap #59776 is 'n antwoord op boodskap #59652] So, 07 April 2002 21:43 Na vorige boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Me gelukwense!

Vanweë

Norbert (uit Vlaanderen)

"johanls" schreef:

> Vir die wat belangstel, hier is `n interessante artikel geskryf deur Dr HJ
> Smith.
>
> Op 6 April vanjaar herdenk ons die feit dat Jan van Riebeeck 350 jaar gelede
> aan die Kaap voet aan wal gesit het. Daarmee is die loot vir `n nuwe volk
> alhier geplant - uit 16/17de eeuse Wes-Europese kultuurbodem, blank en uit
> `n Calvinistiese religieuse wortel. Die kontinent waarin die loot gelê is,
> word deur vele "donker Afrika" genoem - onder andere met verwysing na die
> heidendom wat toe grootliks geheers het, en die kulturele verskrompeling wat
> met dié heidendom gepaard gaan. Die loot het ondertussen tot `n volwaardige
> volk gegroei en sy eiesoortige staanplek in Afrika ingeneem - met die
> tipiese tegniese kultuurbloei van die Weste. Die donker kontinent is steeds
> daar, met geringe kulturele veranderings.
> 350 jaar is nie lank in die geskiedenis van `n volk nie. Eintlik behoort so
> `n jong volk nog lewenskragtig en aggressief te wees. Daar behoort nog
> kragtige invloed van hom uit te gaan.
> En inderdaad hét daar `n besondere invloed van hom uitgegaan om veral sy
> onmiddellike omgewing hier aan die suidpunt van Afrika te raak. Selfs te
> midde van die mode om die blanke Westerling vir sy teenwoordigheid in Afrika
> voortdurend skuldig te verklaar, sou daar seker min denkende mense wees wat
> nie ten minste beter geletterdheid en beter gesondheid aan Westerse invloed
> toeskryf nie. Volgens Klaus Vasqué se syfers kon teen die einde van die
> 1980`s 71% van die swart bevolking in Suid-Afrika lees en skryf, teenoor 47%
> van Kenia, 38% in Egipte, 34% in Nigerië en 26% in Mosambiek. Om maar één
> syfer te noem wat beter gesondheid betref: volgens die Wêreldbankatlas was
> die kindersterftesyfer onder swartmense in Suid-Afrika in 1985 31% laer as
> in die res van die kontinent. Ons sou ten minste nog een vergelyking kon
> maak: reeds in 1972 het Suid-Afrika se swart bevolking 360 000 motorvoertuie
> besit - meer as in al die swart state van Afrika saam.
> Ons het sonder twyfel iets om vir Afrika te gee. Die beste wat ons het, is
> daardie Calvinistiese of gereformeerd-Christelike wortel wat, soos ons glo,
> die geheim agter die opbloei van die Wes-Europese kultuur van die 16/17de
> eeu was. En inderdaad is die Evangelie in Suid-Afrika en in Afrika
> uitgedra. Sedert 1911 tot 1991 het swart Christene as persentasie van die
> totale bevolking in Suid-Afrika nomineel vanaf 26,2% tot 77,2% gestyg, of in
> getalle uitgedruk vanaf 1,1 miljoen in 1911 tot 23,4 miljoen in 1996. Die
> buitelandse sendingarbeid onder andere uit die gereformeerde kerkfamilie in
> Suid-Afrika en die kerkplantings in Afrika wat daaruit gevolg het, is
> bekend.
> Indien hierdie impulse kon voortgaan vir die volgende 350 jaar, glo ons sou
> Suid-Afrika en Afrika in die geheel teen daardie tyd `n blink toekoms hê.
> Maar t.o.v. hierdie impulse het daar `n bejammerenswaardige verlamming
> ingetree. Om die donker kontinent tot ontwikkeling te lei, was dit nodig
> dat allereers `n kragtige roepingsbesef wakker gehou moes word, tweedens dat
> die eiesoortigheid van die "motor" ongeskonde bly, en derdens dat die nodige
> offerbereidheid daar sou wees. Op al drie hierdie terreine het ons
> skromelik begin faal. Op grond van humanisties-ideologiese en selfsugtige
> materialisties-kapitalistiese motiewe, veral uit die buiteland, is ons
> wysgemaak dat die behoud van `n eiesoortige blank-Westerse lewenswyse in ons
> land immoreel en nadelig vir "demokratiese" ontwikkeling is. Kerke in ons
> eie land het in die koor begin sing. Die eiesoortige leefwyse, en daarmee
> ook die politieke en ekonomiese beheer oor die middele wat vir ontwikkeling
> aangewend kon word, is ons ontneem. Die beheer en die middele het in `n
> gryse algemeenheid verdwyn. Die "motor" was weg. Ons was onnoemlik skuldig
> verklaar en die meeste van ons mense het dit geglo. Daarmee was tegelyk ook
> die kragtige roepingsbesef gekelder, want iemand wat skuldig staan, verloor
> die morele moed om voort te gaan. Ook die offerbereidheid was daarmee heen.
> Wie is dan bereid om te offer vir `n saak wat veroordeeld staan? Die vraag
> is natuurlik of ons uit die staanspoor bereid was om die geweldige materiële
> offers, die steun op eie arbeid, asook die offers aan gerief en gemak te
> bring wat die taak geverg het. Het selfsug en materialisme ons nie reeds
> ingesluk nog voordat die buitelandse grypsug die hele saak kom kelder het
> nie? Kort gesê: het ander belange as die eer van God ons nie reeds vroeg
> in hul greep gekry nie?
> En nou staan ons en Afrika voor die volgende 350 jaar. Word Afrika aan sy
> eie lot oorgelaat, is verval die voorland - ook tot in ons midde. Die
> geskiedenis het dit reeds bewys. En ons staan voor die volgende 350 jaar -
> verlam. Saam met die hele Westerse blankedom neem ons bevolkingsgetalle
> proporsioneel onrusbarend af (ons kies gemak en gerief bo kinders), word ons
> territoriale gebiede onrusbarend ingesypel deur mense van ander kulture (ons
> is onder liberaal-demokratiese aanslag baie "mededeelsaam" daaroor), en het
> ons die ideologiese krag van die Christendom vaarwel toegeroep (`n paar
> tweetand-teoloë het ons daarvan oortuig).
> Maar daar is altyd nog hoop: die terugwin van daardie dinamiese wortel
> waarvan ons gepraat het! Net dit! Net Christus en sy Gees deur sy Woord
> kan dit doen! Hy het juis kom herskep. Is ons tot sy beskikking?
>
Vorige onderwerp: Nieuwe website
Volgende onderwerp: Wie van julle...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 12:26:53 MGT 2024