Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tante Gloudina
Re: Tante Gloudina [boodskap #59481 is 'n antwoord op boodskap #59480] Wo, 03 April 2002 19:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 03 Apr 2002 19:26:58 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
>

>
> Innige simpatie, du Plessis. Ek het nie
> geweet dis heeltemal so erg met jou nie.
> Maar jy sal tog seker die beste weet.
>
> Gloudina
>
>

JY ken tog die gevoel Bouwer.

Du Plessis
Re: BMW [boodskap #59484 is 'n antwoord op boodskap #59455] Do, 04 April 2002 00:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind" skryf in boodskap news:xoBq8.28597$uR5.64539@newsfeeds.bigpond.com...
> Kraaikie moses, het dit nooit geweet nie. Dit verduidelik dan ook die
> skaarsheid van BMW's hier in Aus. Mind you, mens sien ook maar bitter min
> Mercs. Selle storie?
>
Ons voer natuurlik ook BMW's van SA in. En die Australiese motorbedryf word
baie deeglik beskerm deur hewige invoerbelasting op enige ingevoerde motor,
wat natuurlik die prys verder die hoogte laat inskiet. Vergelyk maar die
prys van selfs 'n Volkswagen, selfs 'n Volvo (waarin niemand hier gesien wil
word nie!) met enige Australies vervaardigde motor in dieselfde klas, en jy
sal die verskil raaksien.
Re: Tante Gloudina [boodskap #59487 is 'n antwoord op boodskap #59460] Do, 04 April 2002 06:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tante, lees jy altyd net wat jy wil lees en bogger die res? Ek het
duidelik gesê dat daar swart mense was wat wel groot suksesse behaal het,
MAAR oor die gemiddeld was die westerse idees van die blankes
selfbevordering tot alle kostes, terwyl die swart volkere van Afrika 'n meer
rustige lewensbeskouing het en dit kom uit hul tradisionele manier van leef.
Die hoofman van 'n stam word ryk terwyl die res net lekker saam leef.
Kyk, ek gun enige ou sy keuse van lewe en ek sal dit ook vir jou stel
dat ek baie, baie intelligente en hardwerkende swartmense ken. By ons in
Namibië begin die westerse manier van leef nou sterk deurkom na 12 jaar van
onafhanklikheid. Nou's dit elke man vir homself en jy moet net so 'n
bietjie navorsing doen en vasstel in wie se hande is nou die viskwotas en
die mynkonsessies! Dit lees soos die 'who's who' van die Swapo party!
So, wat jy propageer die wit omies aan die swartes gedoen het, nou's dit die
swart omies wat die res skroef!
Nog 'n ding, dis verskriklik simplisties om te sê dat die werkers al
die 'know how' gehad het en al die harde werk gedoen het. Duidelik was jy
'n staatsamptenaar en verstaan fokol van besigheid. In elke situasie is
daar 'n bestuurder. Dis die ou wat 'n span werkers aanstel om die
donkiewerk te doen en hy betaal hulle daarvoor. In die eerste plek het hy
die werk geskep en nou staan hy op straat en soek na iemand om vir hom te
werk. Of hy hulle 10c of R10 aanbied, as hulle die werk en die geld
aanvaar, dan het hulle geen reg om te kla oor swak vergoeding of om 'n deel
van die projek aan hulleself toe te eien nie! Hulle kon mos nee dankie
gesê het en geloop het, dan nie?
Ai, nou sal jy seker vir my sê daar was nie werk nie en die mense was
desperaat en honger? Nou hoekom was dit dan altyd net die blankes wat
werkgeleenthede gehad het? Hoekom het die swart mense nie onder hulleself
werk geskep nie?
Nou gaan jy skrou ek's 'n rassis. Huh-uh! Gald nie, maar 'fair is
fair'. Ek weet jy was duidelik lank laas in Afrika, maar kom kyk wat gaan
aan. Kom kyk die agteruitgang van infrastruktuur en die algemene swak
bestuur van die onafhanklike lande. Julle klomp dink dat as jy die blankes
se plase en besighede afvat, dan gaan dinge vir die swartes regkom? Kom ek
vertel vir jou wat gaan gebeur. Binne die volgende 10 jaar het die blanke
besigheidsmense weer ander besighede begin en is suksesvol en 99% van die
oorgeneemde besighede is 'n royal gemors want dit maak nie saak of jy swart
of wit is nie.....besigheid is nie speletjies nie. Boer ook nie. Ons
lande se regerings is besig om die speletjie vir julle mooi te illustreer!
As jy dit nie kan insien nie......hou eerder by gediggies?
skryf in boodskap news:3CAB1C0A.9060703@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Oor die algemeen is dieselfde geleenthede gebied aan die blankes, maar
>> die meerderheid van hulle het meer persoonlike ambisie gehad om hul eie
>> bestaan beter te maak. Hierdie ambisie het gemaak dat die algemene verskil
>> tussen die twee groepe al groter geword het. Toe kom hulle natuurlik voor
>> 'n hengse probleem te staan.
>
>
> Luister, hierdie soort gepraat van hoe
> die blankes ( wat in jou soort gepraat
> altyd so effektief is en so hardwerkend)
> altyd deur hulle eie waardigheid soos die
> room na bo gedryf het, is 'n klomp bog.
> Selfs voor 1948 was 'n wit vel die
> verskoning vir 'n hele klomp mense wat in
> posisies van bevel was oor nie-blankes,
> terwyl die nie-blankes eintlik al die
> know-how gehad het en al die harde werk
> gedoen het. (Die tipiese voorbeeld is die
> mynkaptein wat alleen toegelaat was om
> die ontploffingsstowwe onder die grond te
> gebruik in teorie, maar in praktyk het hulle
> hulle swart werkers toegelaat om alles te doen
> en hulle het net "toesig" gehou.)
> En toe, na 1948, was die hele apartheids-
> gemors net een reusagtige maak-werk vir blankes
> in areas waar hulle nooit vantevore deurgedring
> het nie. Soos Bantoe-onderwys (waar ek persoonlik
> gesien het wat gaan aan.) En die blankes wat al
> die leisels in die hande gekry het, was nie eers
> verteenwoordig van al die blankes in SA nie. Nee,
> hulle het gewoonlik gekom van die klein groepie
> Afrikaners wat kop in een mus was met die Broeder-
> bond. Enigiemand wat nie wéét van hierdie toestand
> nie, was so laag af in die sosiale en professionele
> sfeer dat hulle nie kon weet wat aangaan nie.
> So hierdie stories oor die suksesvolheid en
> rypheid van blankes teenoor nie-blankes in die
> afgelope halfeeu is bog, bog, bog. 'n Urban legend
> gefabriseer deur mense wat in 'n laer met oogklappe
> aan gesit het. En sommige van hulle het gou die lig
> gesien. Ek dink nou aan die Afrikanermeisie wat die
> parool-offisier was vir die ou wat die eerste premier
> van Gauteng geword het. ( Ek het nou sy naam vergeet.
> Wat het van hom geword?) Hier sit sy en speel parool-
> offisier vir hierdie ou wat losgelaat word uit
> Robbeneiland, en voordat sy haar oë kan uitvee, is sy
> verlief op hom, nie om sy grote skoonheid nie, maar
> heelwaarskynlik omdat sy 'n goed opgevoede, goed
> opgeleide gentle man voor haar gesien het.
>
> Gloudina
>
Re: Tante Gloudina [boodskap #59488 is 'n antwoord op boodskap #59460] Do, 04 April 2002 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Oor jou mynkaptein-storie moet ek nog 'n straaltjie bygooi. Duidelik weet
jy nie veel van die storie nie [soos gewoonlik mos net bek!], maar het jy al
gehoor van iets soos 'n skietlisensie? By die myne word 'n ou met so 'n
ding 'n 'blaster' genoem. Dit is nogal 'n hel ou eksamentjie om te slaag
en onder so 'n ou se toesig word daar by die myn met springstof geskiet.
Sekerlik boor hy self die gate nie [daarvoor is daar mos werkers voor!] en
hy laat hulle selfs toe om die dinamiet in die gate te druk, maar hy 'cap'
die stokke en hy verbind die 'cordtex' en hy vertel vir almal wanneer hulle
moet begin hol! Dis die belangrikste job. Sekerlik moet jy saamstem hy
weet darem seker meer as sy swart handlangers?
Hoe het dit by julle skool gewerk in Kanada? Daai hoof wat in sy
kantoor gesit het en oor julle lot harde werkers [waar het 'n onderwyser al
ooit gewerk?] beheer gehou het, het seker jare se moeilikheid van jou gehad
oor julle alles geweet het en hy het die groot salaris gekry? Ai tog, hoe
lekker onregverdig is die lewe nie darem vir die eenvoudige van gees nie!
skryf in boodskap news:3CAB1C0A.9060703@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Oor die algemeen is dieselfde geleenthede gebied aan die blankes, maar
>> die meerderheid van hulle het meer persoonlike ambisie gehad om hul eie
>> bestaan beter te maak. Hierdie ambisie het gemaak dat die algemene verskil
>> tussen die twee groepe al groter geword het. Toe kom hulle natuurlik voor
>> 'n hengse probleem te staan.
>
>
> Luister, hierdie soort gepraat van hoe
> die blankes ( wat in jou soort gepraat
> altyd so effektief is en so hardwerkend)
> altyd deur hulle eie waardigheid soos die
> room na bo gedryf het, is 'n klomp bog.
> Selfs voor 1948 was 'n wit vel die
> verskoning vir 'n hele klomp mense wat in
> posisies van bevel was oor nie-blankes,
> terwyl die nie-blankes eintlik al die
> know-how gehad het en al die harde werk
> gedoen het. (Die tipiese voorbeeld is die
> mynkaptein wat alleen toegelaat was om
> die ontploffingsstowwe onder die grond te
> gebruik in teorie, maar in praktyk het hulle
> hulle swart werkers toegelaat om alles te doen
> en hulle het net "toesig" gehou.)
> En toe, na 1948, was die hele apartheids-
> gemors net een reusagtige maak-werk vir blankes
> in areas waar hulle nooit vantevore deurgedring
> het nie. Soos Bantoe-onderwys (waar ek persoonlik
> gesien het wat gaan aan.) En die blankes wat al
> die leisels in die hande gekry het, was nie eers
> verteenwoordig van al die blankes in SA nie. Nee,
> hulle het gewoonlik gekom van die klein groepie
> Afrikaners wat kop in een mus was met die Broeder-
> bond. Enigiemand wat nie wéét van hierdie toestand
> nie, was so laag af in die sosiale en professionele
> sfeer dat hulle nie kon weet wat aangaan nie.
> So hierdie stories oor die suksesvolheid en
> rypheid van blankes teenoor nie-blankes in die
> afgelope halfeeu is bog, bog, bog. 'n Urban legend
> gefabriseer deur mense wat in 'n laer met oogklappe
> aan gesit het. En sommige van hulle het gou die lig
> gesien. Ek dink nou aan die Afrikanermeisie wat die
> parool-offisier was vir die ou wat die eerste premier
> van Gauteng geword het. ( Ek het nou sy naam vergeet.
> Wat het van hom geword?) Hier sit sy en speel parool-
> offisier vir hierdie ou wat losgelaat word uit
> Robbeneiland, en voordat sy haar oë kan uitvee, is sy
> verlief op hom, nie om sy grote skoonheid nie, maar
> heelwaarskynlik omdat sy 'n goed opgevoede, goed
> opgeleide gentle man voor haar gesien het.
>
> Gloudina
>
Re: Tante Gloudina [boodskap #59490 is 'n antwoord op boodskap #59460] Do, 04 April 2002 06:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Selfs voor 1948 was 'n wit vel die
> verskoning vir 'n hele klomp mense wat in
> posisies van bevel was oor nie-blankes,
> terwyl die nie-blankes eintlik al die
> know-how gehad het en al die harde werk
> gedoen het. (Die tipiese voorbeeld is die
> mynkaptein wat alleen toegelaat was om
> die ontploffingsstowwe onder die grond te
> gebruik in teorie, maar in praktyk het hulle
> hulle swart werkers toegelaat om alles te doen
> en hulle het net "toesig" gehou.)

He he he - as jy wil voorbeelde gebruik sorg tog net dat jy die waarheid
praat - soos in 'mynkaptein wat alleen toegelaat was om die
ontploffingsstowwe onder die grond te gebruik' - bepaal jou eerder by
nie-blanke onderwys - daar is ten minste minder mense wat jou kan
challenge as jy stories opmaak!
Re: Operasies [boodskap #59492 is 'n antwoord op boodskap #59458] Do, 04 April 2002 06:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Hier in SA is dit nou 'n ekonomiese kommoditeit.
> Daar kan glo nou binne 'n maand 50 pasiente vanaf Engeland by Groote Schuur
> hartoorplantingsoperasies ondergaan.

Het jy enige syfers van hoeveel SA'ners het in dieselfde tyd
hartoorplatings gekry? Twee dinge laat onmiddelik my hare reis (rys) -
een dat die harte wat gebruik word van SA'ers kom en tweedens dat ons as
belasting betalers steeds 'n deel van die koste dra! En dan is daar nie
genoeg geld om mense met nierversaking op dialise masjiene te sit nie!?
Re: BMW [boodskap #59493 is 'n antwoord op boodskap #59456] Do, 04 April 2002 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
As 'n aussie iemand wil imponeer drink hy ingevoerde bier ... karre is
nie belangrik nie. :)

Annette wrote:
>
> Nou waarmee ry die mense daar dan as hulle wil imponeer?:))
>
> Annette
>
> .au> skryf in boodskap news:xoBq8.28597$uR5.64539@newsfeeds.bigpond.com...
>> Kraaikie moses, het dit nooit geweet nie. Dit verduidelik dan ook die
>> skaarsheid van BMW's hier in Aus. Mind you, mens sien ook maar bitter min
>> Mercs. Selle storie?
>>
>> HK
>>
>>> Wouter
>>> Dalk omdat ons BMW's hier vervaardig, SA is die enigste land
>>> buite Duitsland wat daardie reg het. Ons voer ook BMW's uit.
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>
>>
Re: BMW [boodskap #59496 is 'n antwoord op boodskap #59493] Do, 04 April 2002 09:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Lou"

>> .au> wrote in message
news:xoBq8.28597$uR5.64539@newsfeeds.bigpond.com...
>>> Kraaikie moses, het dit nooit geweet nie. Dit verduidelik dan ook die
>>> skaarsheid van BMW's hier in Aus. Mind you, mens sien ook maar bitter min
>>> Mercs. Selle storie?

Omdat een Mercedes en BMW door bepaalde mensen worden gekocht..criminele
macho's zigeuners kermis en marktlui.. willen velen hier in Europa deze
auto's niet..( in Duitsland zie je ze wel veel maar het is ook een duitse
auto )
ze zien het vaak als een asociale auto dus..
Europa is druk heeft veel files en kleiner wegen in een stad is een kleiner
auto
handiger en goedkoper..
De gemiddelde NL rijdt geen 20.000 km per jaar.. vaker 10.000 daar zijn
zelfs onze autoverzekeringen op gebaseerd.. als je meer km rijdt dan is de
verzekering hoger..

Een Mercedes wordt ook gebruikt als taxi...omdat ze vele km kunnen rijden
zonder
echte reparaties en een taxi is de hele dag op de weg.

grt emmy

>>>
>>> HK
>>>
>>>> Wouter
>>>> Dalk omdat ons BMW's hier vervaardig, SA is die enigste land
>>>> buite Duitsland wat daardie reg het. Ons voer ook BMW's uit.
>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>
>>>
Re: Tante Gloudina [boodskap #59500 is 'n antwoord op boodskap #59487] Do, 04 April 2002 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

In elke situasie is
> daar 'n bestuurder.

En hoe praat jy dit goed dat daar tot
baie kort gelede (binne die laaste
twintig jaar) nog werkreservering
was op die wetboeke in SA en ook
heelwaarskynlik in SWA wat sekere
werk alleen vir blankes gereserveer
het. Moenie my tyd mors met allerhande
verduidelikings oor hoe dinge gedoen
word nie. Die rot het begin toe witmense
hovaardig gedink het hulle alleen kan
dinge "bestuur."

Gloudina
Re: Tante Gloudina [boodskap #59501 is 'n antwoord op boodskap #59500] Do, 04 April 2002 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ai oudste, is die kop so effe stadig? Of die oë nie lekker nie? Ek vertel
dan die hele tyd vir jou dat julle al die jare verniet gestry het! Dis nou
natuurlik as julle motiewe die bevryding van mense was en nie politieke mag
om vir jouself meer te oes nie? Al die politiek en geharwar het alles niks
gehelp nie.......dinge het eerder versleg. Daar is geen verskil tussen 'n
blanke politikus wat 'n beleid uitdink om aan bewind te kom en dan sy eie
kiesers bevoordeel nie en 'n swart politikus wat 'n klomp liggelowiges
oortuig van hulle verdrukking en dan die mag in die hand kry en dat hy dan
sy kiesers weer bevoordeel nie. Dis mos hoe die lewe werk, dan nie?
Wat jy nie kan begryp nie, is dat tussenin al hierdie politieke gemors,
is daar 'n land wat bestuur moet word en eintlik behoort dit verhewe te
staan bo die politiek. Daar behoort geen kompromis te wees sover dit die
werk wat moet gedoen word aangaan nie. En dis hier waar Afrika sy gat
sien......een land na die ander. Dis omdat politici die stryd stry en
hulleself het nog nooit 'n dag in die lewe gewerk nie. Nou moet hulle
besluit wie gaan watter onderhoud en verbeterings doen!
Klim van jou boude af en kom kyk. Al die paaie in Afrika is besig om
in hulle moer in te gaan omdat die nuwe regerings nie onderhoud doen nie.
Staatsgeboue is vuil. Staatsvoertuie is geduik en geroes. Man, jy kan
maar net praat, die agteruitgang is daar. En dis nie bloot omdat die swart
mense wat nou daar werk dit nie doen nie.......hulle weet nie hulle moet dit
doen nie want hulle bestuur is pateties want hulle is uit politieke
konneksies en met meestal gekoopte kwalifikasie s aangestel.
Jy hou so van voorbeelde. Wat van die melkoer [ongelukkig 'n blanke]
wat die afgelope 15 jaar melk gelewer het aan die dorp en hospitaal. Toe
die jaartender uitkom en hy tender, sou hy met die resultate sien dat 'n
tender wat R1 per liter hoër as hy getender het, het die tender gewen. Met
sy navraag sê hulle toe dat hulle nooit sy tender gekry het nie [ten spyte
van die feit dat hy dit persoonlik per hand afgegee het!]. Uiteindelik
kom die amptenaar van einste dorpsraad wat die tender gewen het na hom toe
[wat g'n melkplaas besit nie!] en hy koop die melk by hom. Nou lewer hy
steeds die melk op die dorp, maar die amptenaar score sy deel op elke liter!
Dit was in die koerante! Anders as jou eie fabels wat jy so maklik
uitding natuurlik!
So, korrupsie ken geen perke nie en as jy vir my sê julle oplossing het
sake beter gemaak vir die mense van Afrika, dan lieg jy want jou wit omies
het nou swart omies geword en dis al wat verander het. Ons armgatte
'struggle' steeds!
skryf in boodskap news:3CAC4D71.2040105@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> In elke situasie is
>> daar 'n bestuurder.
>
>
> En hoe praat jy dit goed dat daar tot
> baie kort gelede (binne die laaste
> twintig jaar) nog werkreservering
> was op die wetboeke in SA en ook
> heelwaarskynlik in SWA wat sekere
> werk alleen vir blankes gereserveer
> het. Moenie my tyd mors met allerhande
> verduidelikings oor hoe dinge gedoen
> word nie. Die rot het begin toe witmense
> hovaardig gedink het hulle alleen kan
> dinge "bestuur."
>
> Gloudina
>
Re: Tante Gloudina [boodskap #59502 is 'n antwoord op boodskap #59488] Do, 04 April 2002 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

maar het jy al
> gehoor van iets soos 'n skietlisensie? By die myne word 'n ou met so 'n
> ding 'n 'blaster' genoem. Dit is nogal 'n hel ou eksamentjie om te slaag

Dis die belangrikste job. Sekerlik moet jy saamstem hy
> weet darem seker meer as sy swart handlangers?

En wat het nou skielik gebeur noudat die
ou eksamentjie afgelê kan word deur swart
kandidate wat ook die helse ou eksamentjie
kan deurkom? Die myne gaan maar net aan
soos gewoonlik. Hoekom moes dit tot nie
baie lank gelede nie gereserveer word vir
mense met blanke velle?
Merk jy op hoe jy DINK. Lees weer die
laaste reël wat ek van jou aanhaal. Jy
neem aan dat jou hoorder aanneem dat die
een met die skietlisensie wit is, en dat
sy handlangers swart is. En dan borduur
jy nou jou "argument" op hierdie aanname.
En dan gaan jy aan en aan en hoop dat jou
argument uiteindelik probeer "bewys" dat
mense met wit velle superieur is. Man, mens
raak nou al moeg van julle joggies. Mens
sal jou meer respekteer as jy reguit uitkom
vir wat jy staan. Ek het byvoorbeeld die
grootste respek vir die mense wat op Orania
doen wat hulle doen om te bereik wat hulle
wil bereik. Hulle draai ten minste nie die
rad voor hulle eie oë nie.

Gloudina
Re: Tante Gloudina [boodskap #59504 is 'n antwoord op boodskap #59502] Do, 04 April 2002 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
En ek het meer respek vir iemand wat nie wit probeer speel soos jy nie!
Duidelik weet jy ook nie veel van daai 'blaster' sertifikaat nie! Dis nie
soos jou en die ANC se manier van hoe jy 'n lid van die parlement aanstel
nie! Wil jy weet hoe? As 'n ou tot 100 kan tel, word hy 'n sekretaris.
As hy net tot tien kan tel, is dit Volksraad toe en as hy glad nie kan tel
nie, dan is hy 'n minister. Die wat nie kan lees of begryp nie vlug Kanada
toe en word onderwysers!
skryf in boodskap news:3CAC61E0.9030104@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> maar het jy al
>> gehoor van iets soos 'n skietlisensie? By die myne word 'n ou met so 'n
>> ding 'n 'blaster' genoem. Dit is nogal 'n hel ou eksamentjie om te
slaag
>
>
> Dis die belangrikste job. Sekerlik moet jy saamstem hy
>> weet darem seker meer as sy swart handlangers?
>
>
> En wat het nou skielik gebeur noudat die
> ou eksamentjie afgelê kan word deur swart
> kandidate wat ook die helse ou eksamentjie
> kan deurkom? Die myne gaan maar net aan
> soos gewoonlik. Hoekom moes dit tot nie
> baie lank gelede nie gereserveer word vir
> mense met blanke velle?
> Merk jy op hoe jy DINK. Lees weer die
> laaste reël wat ek van jou aanhaal. Jy
> neem aan dat jou hoorder aanneem dat die
> een met die skietlisensie wit is, en dat
> sy handlangers swart is. En dan borduur
> jy nou jou "argument" op hierdie aanname.
> En dan gaan jy aan en aan en hoop dat jou
> argument uiteindelik probeer "bewys" dat
> mense met wit velle superieur is. Man, mens
> raak nou al moeg van julle joggies. Mens
> sal jou meer respekteer as jy reguit uitkom
> vir wat jy staan. Ek het byvoorbeeld die
> grootste respek vir die mense wat op Orania
> doen wat hulle doen om te bereik wat hulle
> wil bereik. Hulle draai ten minste nie die
> rad voor hulle eie oë nie.
>
> Gloudina
>
Re: Tante Gloudina [boodskap #59505 is 'n antwoord op boodskap #59504] Do, 04 April 2002 16:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> En ek het meer respek vir iemand wat nie wit probeer speel soos jy nie!
> Duidelik weet jy ook nie veel van daai 'blaster' sertifikaat nie! Dis nie
> soos jou en die ANC se manier van hoe jy 'n lid van die parlement aanstel
> nie! Wil jy weet hoe? As 'n ou tot 100 kan tel, word hy 'n sekretaris.
> As hy net tot tien kan tel, is dit Volksraad toe en as hy glad nie kan tel
> nie, dan is hy 'n minister. Die wat nie kan lees of begryp nie vlug Kanada
> toe en word onderwysers!

Sien jy nou wat die kwaliteit van jou
denke en jou beginsels is? Jy dink jy
wen argumente met jou stupid beledegings.
Jy is te stupid om te sien dat ek jou
keer op keer in 'n lokval lei sodat jy
meer van jou simpel "argumente" kan kwytraak.
Jy moes geluister het toe iemand daar uit
Australië vir jou gewaarsku het.
En laat ons nou maar 'n lessie gee
oor hoe lede van die parlement "aangestel"
word. Hulle word verkies, 'n feit wat mens
gewoonlik in die laerskool leer. En desgelyks
word 'n man 'n minister in die Britse stelsel
(wat julle in SA het en ons in Kanada) alleen
'n minister deur ook deur 'n kiesafdeling
verkies te word. ( In die VSA is dit anders.)
Ek sidder oor jou onkunde. Het jy gesê jou pa
was 'n onderwyser?

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
Re: Tante Gloudina [boodskap #59506 is 'n antwoord op boodskap #59505] Do, 04 April 2002 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 04 Apr 2002 16:16:31 GMT, "@rogers.com" wrote:

>

>

>
> Jy dink jy
> wen argumente met jou stupid beledegings.
> Jy is te stupid om te sien dat ek jou
> keer op keer in 'n lokval lei

> Ek sidder oor jou onkunde. Het jy gesê jou pa
> was 'n onderwyser?
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.

Heel waarskynlik was sy pa 'n onderwyser wat kon spel.
Jou spelling is 'n 'beledeging' vir Afrikaans. Ek sidder oor jou
onkunde.

DD
Re: Tante Gloudina [boodskap #59508 is 'n antwoord op boodskap #59488] Do, 04 April 2002 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Apr 2002 08:25:57 +0200, "Suidwester"
wrote:

sny...
> Sekerlik boor hy self die gate nie [daarvoor is daar mos werkers voor!] en
> hy laat hulle selfs toe om die dinamiet in die gate te druk..
sny weer 'n keer

>> Suidwester wrote:

Maar dit is tog waarom die boere na oom Jan se landing op 6 April die
swartes toegelaat het om ook Suid Afrika binne te kom. Om koeie te
melk en die gate te boor.

DD
Re: Tante Gloudina [boodskap #59509 is 'n antwoord op boodskap #59431] Do, 04 April 2002 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda en Gervaas" schreef...
> "Arthur Hagen" schreef...
>> Heb je pas die documentaire
>> over Poolse verpleegsters gezien? Die dachten dus echt dat oude
>> mensen hier met hun 80e in een tehuis worden gestopt, waar de
>> familie nooit meer naar ze omziet. En dat ze gewoon een Drion-
>> pilletje bij het ontbijt krijgen als ze te duur worden :-)
>
> En is dat niet zo ?

Zal ik morgen aan mijn oma vragen of ze -voorzichtig- eens wil informeren
bij de apotheek?

Nee. natuurlijk niet, het zijn gewoon native-americanverhalen :)

Arthur
Re: Tante Gloudina [boodskap #59510 is 'n antwoord op boodskap #59436] Do, 04 April 2002 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Emmy" schreef...
> "Hilda en Gervaas" ...>
>>> met hun 80e in een tehuis worden gestopt, waar de familie nooit
>>> meer naar ze omziet. En dat ze gewoon een Drion-pilletje bij het
>>> ontbijt krijgen als ze te duur worden :-)
>>
>> En is dat niet zo ?
>
> Als Pim Fortuin het voor het zeggen krijgt wel ;-))

Pimmetje als de bron voor alle kwaad :)

Als de gevestigde politiek ook in die houding blijft volharden kunnen ze het
wel schudden in mei!

Groeten,
Arthur
Re: Tante Gloudina [boodskap #59515 is 'n antwoord op boodskap #59472] Do, 04 April 2002 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis"
---knip---
" drollery "
---knip---
~~~~~~~~~~~~
Pragtige en baie beskrywende Afrikaanse woord vir die drollery
wat kwyt geraak word in Kanada. Klink baie beter as daardie
platvloerse woord wat party mense in die plek van faeces
gebruik.
Dankie DD
Groete
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Angola uitreiking / outreach
http://walk.isat.co.za
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Re: Tante Gloudina [boodskap #59516 is 'n antwoord op boodskap #59509] Do, 04 April 2002 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a8i4cd$kak$1@news.kabelfoon.nl...
> "Hilda en Gervaas" schreef...
>> "Arthur Hagen" schreef...
>>> Heb je pas die documentaire
>>> over Poolse verpleegsters gezien? Die dachten dus echt dat oude
>>> mensen hier met hun 80e in een tehuis worden gestopt, waar de
>>> familie nooit meer naar ze omziet. En dat ze gewoon een Drion-
>>> pilletje bij het ontbijt krijgen als ze te duur worden :-)
>>
>> En is dat niet zo ?
>
> Zal ik morgen aan mijn oma vragen of ze -voorzichtig- eens wil informeren
> bij de apotheek?
>
> Nee. natuurlijk niet, het zijn gewoon native-americanverhalen :)
>
> Arthur

Grapje, Arthur. België wordt allicht het tweede land dat euthanasie
toelaat.
Dan krijgen we ook die Drion-pilletjes.
Hilda.
Re: Tante Gloudina [boodskap #59517 is 'n antwoord op boodskap #59515] Do, 04 April 2002 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Apr 2002 20:45:16 +0200, "Tobie" wrote:

> "Davie Davis"
> ---knip---
> " drollery "
> ---knip---
> ~~~~~~~~~~~~
> Pragtige en baie beskrywende Afrikaanse woord vir die drollery
> wat kwyt geraak word in Kanada. Klink baie beter as daardie
> platvloerse woord wat party mense in die plek van faeces
> gebruik.
> Dankie DD
> Groete

Plagiaat gepleeg by Danielle, Tobie:-)))
So sy verdien die kompliment; soos
wanneer die ANC nou komplimente
kry vir wat die Boere begin het:-)

Dankie dat jy my toegelaat het
om met jou kallers te ploeg Danielle:-)

Groet van die kant af ook.

Net vir ingeval iemand (dié met
geskiedkundige belangstelling - en nee
nié tanne Glouds nie want sy verdraai
buitendien alles so asof sy haar eie
geskiedenisboeke wil skryf) belangstel
oor die geskiedenis van my omgewing...
Die koppie waar Danie Theron geskiet is
is net hier oor die bult.
http://www.rapidttp.co.za/milhist/vol101ev.html

Ek woon op Welverdiend waarvan hier vertel word.

DD
DD se plagiaat :-) [boodskap #59518 is 'n antwoord op boodskap #59517] Do, 04 April 2002 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 04 Apr 2002 21:23:09 +0200, Davie Davis wrote:

> Plagiaat gepleeg by Danielle, Tobie:-)))
> So sy verdien die kompliment; soos
> wanneer die ANC nou komplimente
> kry vir wat die Boere begin het:-)
>
> Dankie dat jy my toegelaat het
> om met jou kallers te ploeg Danielle:-)

LOL! Jy's vergewe hoor. Ek bloos in elkgeval bloedrooi, want ek het
nie besef dat ek dit nie duidelik gemaak het dat daardie stuk ook nie
my werk was nie, maar dat ek dit van 'n ander lys af gekry het.
Ek het darem nie gedink enigiemand hier sou enigsins ooit glo dat ek
iets so oulik sou kon skryf nie! :-)
Dit was oulike, nè? :-)
As jy nie weet hoe die oorspronklike woorde/lirieke/wysies klink nie -
gaan vir die web opera na:
http://diamond.boisestate.edu/GaS/pirates/html/operhome.html

(jammer ek is nogsteeds so stil. later meer)
:-)
Re: Tante Gloudina [boodskap #59519 is 'n antwoord op boodskap #59516] Do, 04 April 2002 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda en Gervaas" schreef...
> Dan krijgen we ook die Drion-pilletjes.

Oh, lekker ..... ;)

Arthur
Re: DD se plagiaat :-) [boodskap #59520 is 'n antwoord op boodskap #59518] Do, 04 April 2002 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 04 Apr 2002 14:45:38 -0500, Danielle wrote:

>

> As jy nie weet hoe die oorspronklike woorde/lirieke/wysies klink nie -
> gaan vir die web opera na:
> http://diamond.boisestate.edu/GaS/pirates/html/operhome.html
>
> (jammer ek is nogsteeds so stil. later meer)
> :-)

Gateway Timeout
The following error occurred:
Server unreachable

------------------------------------------------------------ --------------------
Please contact the administrator.

Dankie, ek bêre die url
en sal weer probeer
Re: BMW [boodskap #59528 is 'n antwoord op boodskap #59484] Vr, 05 April 2002 00:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Apr 2002 10:09:48 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

> Vergelyk maar die
> prys van selfs 'n Volkswagen, selfs 'n Volvo (waarin niemand hier gesien wil
> word nie!) met enige Australies vervaardigde motor in dieselfde klas, en jy
> sal die verskil raaksien.

Ek het ook iets teen Volvo's. Kon nooit eintlik agterkom wat dit is
nie, maar ek hou niks van daardie motors nie.
Wat is die mees gewildste motors daar by julle? Is SUV's en cab's ook
so gewild daar ?
Re: BMW [boodskap #59531 is 'n antwoord op boodskap #59444] Vr, 05 April 2002 01:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Dalk omdat ons BMW's hier vervaardig, SA is die enigste land
> buite Duitsland wat daardie reg het. Ons voer ook BMW's uit.

Gloudina
Dankie dat jy die vraag geantwoord het.
Dit verklaar dan die teenwoordigheid van
die baie BMW's. Is hulle dan relatief
goedkoop? Sê byvoorbeeld in vergelyking
met Volvo's, wat tot 'n sekere mate 'n
statussimbool vir die middelklas hier
in Kanada is.

Wouter
Jammer, maar ek ken glad nie Volvo-pryse nie en is ook nie juis op datum met
dié van BMW nie. Maar ek het 'n paar jaar gelede 'n vergelyking gemaak van
motorpryse tussen SA en die VSA en toe was BMW's en Mercedesse (ja, hulle
word ook in SA vervaardig) omtrent 50% goedkoper hier as in die VSA. By
Toyotas en Nissans was daar weinig prysverskil.

Ek vermoed dus dat BMW en Mercedes Benz se motors relatief goedkoop is in
SA, ja.
Re: BMW [boodskap #59536 is 'n antwoord op boodskap #59528] Vr, 05 April 2002 05:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Danielle - jy moet eers verduidelik wat jy bedoel met cabs ( taxi's?) en
SUV's.
Volvo's is goeie motors - maar ongelukkig baie duur.
Een van my Duitse kliënte ry slegs met 'n Volvo - hy stel in geen ander
motor belang nie.
Annete

Danielle skryf in boodskap news:fuqpausu362b2o2q5r2sp3ldaprf1d54tu@4ax.com...
> On Thu, 4 Apr 2002 10:09:48 +1000, "me & bobby magee"
> wrote:
>
>> Vergelyk maar die
>> prys van selfs 'n Volkswagen, selfs 'n Volvo (waarin niemand hier gesien wil
>> word nie!) met enige Australies vervaardigde motor in dieselfde klas, en jy
>> sal die verskil raaksien.
>
> Ek het ook iets teen Volvo's. Kon nooit eintlik agterkom wat dit is
> nie, maar ek hou niks van daardie motors nie.
> Wat is die mees gewildste motors daar by julle? Is SUV's en cab's ook
> so gewild daar ?
>
Karre [boodskap #59539 is 'n antwoord op boodskap #59536] Vr, 05 April 2002 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 5 Apr 2002 07:17:00 +0200, "Annette" wrote:

> Danielle - jy moet eers verduidelik wat jy bedoel met cabs ( taxi's?) en
> SUV's.

Skies - SUV= Sport Utility Vehicle en met cabs het ek 'n fout begaan.
Ek het bedoel daardie groot trokke - pickup trucks (?bakkies).
Afhangende van die grootte praat mens van byvoorbeeld 'n "regular cab"
of a "supercab" of "twin cab" ens.
Jy's natuurlik reg dat "cabs" ook huurmotors is. Maar dit was nie wat
ek bedoel het nie. (Sê iets vir jou dat ek dalk nie baie van motors
en goeters af weet nie?) :-)

> Volvo's is goeie motors - maar ongelukkig baie duur.
> Een van my Duitse klieënte ry slegs met 'n Volvo - hy stel in geen ander
> motor belang nie.

Ek stry nie oor hoe goed hulle is nie. Ek hou net nie van die goed
nie. :-)
Re: Tante Gloudina [boodskap #59542 is 'n antwoord op boodskap #59505] Vr, 05 April 2002 06:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haai antie.....en jy noem jouself 'n onderwyser? In Namibië word vir
partye gestem. Voor elke verkiesing in elke streek trek elke party 'n
voorkeurlys op. Wen 'n party sê 8 setels, dan word die eerste 8 name op
daai lys benoem. Kiesafdelings? Jy's in die ark! En hoe dink jy word
'n persoon 'n kandidaat in 'n verkiesing? Iemand met jou vulgêre politieke
siening kan in die parlement belad......as jy nie voor die tyd stert in die
bene die land uitgevlug het nie!
Hoe kan jy iemand in 'n lokval lei as jyself net propagandasertifikate
se inligting het? Jy het nie 'n clue wat in Afrika aan die gang is nie.
Maar kom ons verander net so 'n bietjie van rigting. Vertel jy vir my hoe
werk arbeid in jou siening. Kan ek aanneem as 'n persoon 'n besigheid het
en hy het byvoorbeeld nie meer lus om sementsakke te dra nie en hy bied die
werk op die ope mark aan en daar kom mense aansoek doen, dan geld vryemark
beginsels na beide kante toe? Maw hy bied die werk aan sê vir R500 per
maand en die ou wat aansoek doen het die keuse om te besluit of hy teen
daardie bedrag wil werk of nie? As dit te min geld vir hom is, kan hy
omdraai en wegloop? Stem jy? Wat van as hy die werk aanvaar? Stem jy
saam dat hy g'n reg het om te kla oor min geld want die besluit het by hom
berus? Stem jy saam dat as die aansoekers op te veel geld aandring, die
werkgewer kan besluit om maar eerder steeds self sy sementsakke te bly dra
omdat hy nie die aangebode arbeid kan bekostig nie? Wat gebeur nou as 'n
regering 'n minimum loon afdwing en die groot gros van die werkgewers
besluit om eerder maar verby te hou en grootliks te meganiseer en self te
werk? Nou sit jy met 'n moerse lot werkloses......soos in jou geliefde
Zim!
Verder, waar kom die idee vandaan dat as 'n werker by 'n werkgewer werk
en betaal word vir daardie werk, het hy enige aanspraak op 'n deel van sy
werkgewer se eiendom? Julle skrou graag dat die boere die plaaswerkers
uitgebuit het......maar een en elke werker het kom vra vir werk, daar is
onderhandel oor 'n prys en die werker het dit aanvaar. Niemand is gedwing,
of word vandag gedwing om op 'n plaas of besigheid te werk vir te min geld
nie. Hoe kan jy iemand uitbuit as hy vrywillig die terme aanvaar?
Wat my pa se onderwyserskap aanbetref, by die grootste swart skool in
Windhoek het hy sy laaste jare vele van vandag se parlementariërs deur sy
hande gehad, maar sou hy geleef het, sou hy die insig gehad het om te erken
dat geen skoolopleiding jou kan voorberei vir wysheid in die alledaagse lewe
nie. Net soos 'n graad jou nie verhewe maak nie......as dit jou windgat
maak, dan het jy 'n swakheid in jou karakter! Ek het gedink dat 'n
onderwyser soos jy sou weet dat 10 doktersgrade in alle moontlike rigtings
nie noodwendig sal beteken dat jy 'n goeie besigheidsman, minister,
onderwyser, of enige beroep sal wees nie. Dis waarom die politiek so vou
hier in Afrika. Politieke aanstellings ['reverse' apartheid] plaas mense
met geen werksondervinding in posisies wat rigting moet gee en hulle self is
in die donker.
'So by the way', jou reputasie skrik my nie af nie. As jy daai ou se
boodskap reg gelees het, sou jy sien dat hy my waarsku teen jou sinnelose
argumente en ek het al 'n groot gros daarvan van jou af beleef, maar ek het
nog hoop dat ons dalk die aap uit die kanaalaap kan haal.................
skryf in boodskap news:3CAC7CB2.7090405@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> En ek het meer respek vir iemand wat nie wit probeer speel soos jy nie!
>> Duidelik weet jy ook nie veel van daai 'blaster' sertifikaat nie! Dis nie
>> soos jou en die ANC se manier van hoe jy 'n lid van die parlement aanstel
>> nie! Wil jy weet hoe? As 'n ou tot 100 kan tel, word hy 'n sekretaris.
>> As hy net tot tien kan tel, is dit Volksraad toe en as hy glad nie kan tel
>> nie, dan is hy 'n minister. Die wat nie kan lees of begryp nie vlug Kanada
>> toe en word onderwysers!
>
> Sien jy nou wat die kwaliteit van jou
> denke en jou beginsels is? Jy dink jy
> wen argumente met jou stupid beledegings.
> Jy is te stupid om te sien dat ek jou
> keer op keer in 'n lokval lei sodat jy
> meer van jou simpel "argumente" kan kwytraak.
> Jy moes geluister het toe iemand daar uit
> Australië vir jou gewaarsku het.
> En laat ons nou maar 'n lessie gee
> oor hoe lede van die parlement "aangestel"
> word. Hulle word verkies, 'n feit wat mens
> gewoonlik in die laerskool leer. En desgelyks
> word 'n man 'n minister in die Britse stelsel
> (wat julle in SA het en ons in Kanada) alleen
> 'n minister deur ook deur 'n kiesafdeling
> verkies te word. ( In die VSA is dit anders.)
> Ek sidder oor jou onkunde. Het jy gesê jou pa
> was 'n onderwyser?
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
>
Re: Karre [boodskap #59544 is 'n antwoord op boodskap #59539] Vr, 05 April 2002 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ons noem bakkies hier in Aus UTE's. Kort vir Utility Vehicle.

En daar is nog 'n brokkie onbruikbare inligting vir die dag ;- )

HK.

"Danielle" skryf in boodskap news:6keqauoau98t92mf15t71jif0u9dtifiil@4ax.com...
> On Fri, 5 Apr 2002 07:17:00 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Danielle - jy moet eers verduidelik wat jy bedoel met cabs ( taxi's?) en
>> SUV's.
>
> Skies - SUV= Sport Utility Vehicle en met cabs het ek 'n fout begaan.
> Ek het bedoel daardie groot trokke - pickup trucks (?bakkies).
> Afhangende van die grootte praat mens van byvoorbeeld 'n "regular cab"
> of a "supercab" of "twin cab" ens.
> Jy's natuurlik reg dat "cabs" ook huurmotors is. Maar dit was nie wat
> ek bedoel het nie. (Sê iets vir jou dat ek dalk nie baie van motors
> en goeters af weet nie?) :-)
>
>> Volvo's is goeie motors - maar ongelukkig baie duur.
>> Een van my Duitse kliënte ry slegs met 'n Volvo - hy stel in geen ander
>> motor belang nie.
>
> Ek stry nie oor hoe goed hulle is nie. Ek hou net nie van die goed
> nie. :-)
>
Re: Tante Gloudina [boodskap #59550 is 'n antwoord op boodskap #59505] Vr, 05 April 2002 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee Hessie-wattie-weettie

Jy weet blykbaar niks van ons huidige kieswet af nie. Proposionele
verteenwoordiging is in. Britse (kolonialisme) Westminster-stelsel is uit.
Ministers word aangestel deur die President... Dit was so voor 1994...

Kom by anti!

Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3CAC7CB2.7090405@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> En ek het meer respek vir iemand wat nie wit probeer speel soos jy nie!
>> Duidelik weet jy ook nie veel van daai 'blaster' sertifikaat nie! Dis nie
>> soos jou en die ANC se manier van hoe jy 'n lid van die parlement aanstel
>> nie! Wil jy weet hoe? As 'n ou tot 100 kan tel, word hy 'n sekretaris.
>> As hy net tot tien kan tel, is dit Volksraad toe en as hy glad nie kan tel
>> nie, dan is hy 'n minister. Die wat nie kan lees of begryp nie vlug Kanada
>> toe en word onderwysers!
>
> Sien jy nou wat die kwaliteit van jou
> denke en jou beginsels is? Jy dink jy
> wen argumente met jou stupid beledegings.
> Jy is te stupid om te sien dat ek jou
> keer op keer in 'n lokval lei sodat jy
> meer van jou simpel "argumente" kan kwytraak.
> Jy moes geluister het toe iemand daar uit
> Australië vir jou gewaarsku het.
> En laat ons nou maar 'n lessie gee
> oor hoe lede van die parlement "aangestel"
> word. Hulle word verkies, 'n feit wat mens
> gewoonlik in die laerskool leer. En desgelyks
> word 'n man 'n minister in die Britse stelsel
> (wat julle in SA het en ons in Kanada) alleen
> 'n minister deur ook deur 'n kiesafdeling
> verkies te word. ( In die VSA is dit anders.)
> Ek sidder oor jou onkunde. Het jy gesê jou pa
> was 'n onderwyser?
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
>
Re: Tante Gloudina [boodskap #59553 is 'n antwoord op boodskap #59550] Vr, 05 April 2002 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hyg, gasp, roggel!!!
Thysie, wil jy my vertel die aantie se beste viendin van Swellendam het haar
nog niks tot dusver vertel hoe mense nou in die parlement kom nie?
Well, aai newwer!!
:)))
Daar lê swaar werk vir jou en Suidwester voor - julle sal haar nou eers mooi
moet verduidelik en laat verstaan wat die term proporsionele
verteenwoordiging beteken - en hoe dit toegepas word.
Maar julle sal moet spring - ek sien Onse Prez het Van Zyl Slabbert
aangestel om te kyk na die opsie dat mense wat verkies is in kiesafdelings
vir daardie afdelings verantwoording moet doen. Kink vir my alteveel na die
ou Westminster stelsel - maar julle weet mos hoe lief Onse Prez en sy mense
is om aan ou idees nuwe name te gee en dan te glo dat dit nuwe idees is:))
My geld is op Mbeki African Renaissence (sp?) Stelsel:)
Oftewel die MARS.
Way Out!! Cool!! Out of this world!!

:))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Thys de Wet skryf in boodskap news:a8k461$2qd$1@news.adamastor.ac.za...
> Nee Hessie-wattie-weettie
>
> Jy weet blykbaar niks van ons huidige kieswet af nie. Proposionele
> verteenwoordiging is in. Britse (kolonialisme) Westminster-stelsel is uit.
> Ministers word aangestel deur die President... Dit was so voor 1994...
>
> Kom by anti!
>
> Thys oppie Bos
> skryf in boodskap news:3CAC7CB2.7090405@rogers.com...
>>
>> Suidwester wrote:
>>
>>> En ek het meer respek vir iemand wat nie wit probeer speel soos jy nie!
>>> Duidelik weet jy ook nie veel van daai 'blaster' sertifikaat nie!
Dis
> nie
>>> soos jou en die ANC se manier van hoe jy 'n lid van die parlement
> aanstel
>>> nie! Wil jy weet hoe? As 'n ou tot 100 kan tel, word hy 'n
> sekretaris.
>>> As hy net tot tien kan tel, is dit Volksraad toe en as hy glad nie kan
> tel
>>> nie, dan is hy 'n minister. Die wat nie kan lees of begryp nie vlug
> Kanada
>>> toe en word onderwysers!
>>
>> Sien jy nou wat die kwaliteit van jou
>> denke en jou beginsels is? Jy dink jy
>> wen argumente met jou stupid beledegings.
>> Jy is te stupid om te sien dat ek jou
>> keer op keer in 'n lokval lei sodat jy
>> meer van jou simpel "argumente" kan kwytraak.
>> Jy moes geluister het toe iemand daar uit
>> Australië vir jou gewaarsku het.
>> En laat ons nou maar 'n lessie gee
>> oor hoe lede van die parlement "aangestel"
>> word. Hulle word verkies, 'n feit wat mens
>> gewoonlik in die laerskool leer. En desgelyks
>> word 'n man 'n minister in die Britse stelsel
>> (wat julle in SA het en ons in Kanada) alleen
>> 'n minister deur ook deur 'n kiesafdeling
>> verkies te word. ( In die VSA is dit anders.)
>> Ek sidder oor jou onkunde. Het jy gesê jou pa
>> was 'n onderwyser?
>>
>> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
>>
>
Re: Tante Gloudina [boodskap #59556 is 'n antwoord op boodskap #59550] Vr, 05 April 2002 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

>
> Jy weet blykbaar niks van ons huidige kieswet af nie. Proposionele
> verteenwoordiging is in. Britse (kolonialisme) Westminster-stelsel is uit.
> Ministers word aangestel deur die President... Dit was so voor 1994...

Ek neem aan jy is reg oor die manier
waarop ministers nou aangestel word
in SA (dus dieselfde as die Secretaries
in die VSA?) Maar dat dit voor 1994 so
was, laat my darem wonder. Moes die
Ministers in die De Klerk kabinet nie
elkeen ook 'n lid van die Parlement wees
as 'n voorvereiste om 'n minister in die
Uitvoerende Mag van die regering te wees
nie. Sal jy seker maak van jou feite hier.
Ek sou graag wil weet wanneer hulle pre-
1994 oorgeskakel het na die soort van VSA
raamwerk, as jy reg is.

Gloudina
Re: Europa nie oppas nie ..... [boodskap #59560 is 'n antwoord op boodskap #59450] Vr, 05 April 2002 17:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
*Sterrenkijker*
---knip---
Moet self maar eens ondervind wat
dit beteken om uit je eie land verjaag te word. As ons hier in
Europa nie oppas dan gebeur dit hier selfs 'n tweede keer.
Norbert (uit Vlaanderen)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Het vir my destyds die boeke gekoop van Adriaan Snyman wat
navorsing gedoen het oor die siener en profeet Niklaas van
Rensburg se lewe. (oorlede 1929) Daar is 'n paar voorspellings
gemaak vir Europa. Ek het 'n paar visioene uitgehaal om die
skrywe van jou pos te beaam.
groete
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit Adriaan Snyman se boek 'Stem van 'n Profeet' tweede druk in
Aug.1993.

"Europa word swart"
nie gedateer nie.
VISIOEN:
"In Europa trek waens met witrug-osse (Amerika) voor, en 'n
klein seuntjie is voor hulle. Toe is daar rooi beeste
(Kommuniste) met twee witrug-osse (Amerika) voor, en 'n
kaffertjie (Afrika) is hulle touleier ..."

In Europa was die blanke nog altyd aan die bewind, en hulle
het sterk steun van goedgesinde Amerikaners geniet. Maar sake
gaan drasties verander wanneer Afrika op Europa begin toestroom,
dan sal swart kommuniste met die hulp van goedgesinde voorbokke
uit Amerika, die mag in Europa tydelik oorneem, in aansluiting
hierby, skryf oom Niklaas (Siener) aan Mnr. H. J. Dreyer: In Suid
Afrika is daar (ook) 'n seuntjie en kaffertjie. Die kaffertjie
het net 'n ou sak om sy lyf (die swartes in Afrika se
omstandighede sal haglik wees).

"Dan kry die twee struweling - botsing tussen swart en wit;
maar sommer by die byme-kaarkomslag, kry die seuntjie die
kaffertjie in 'n dodelike greep beet sodat hy uit sy ou sak gly
... 'nakend', en die swart seun slaan op die vlug in 'n
noordelike rigting"

Op 29 Sept. 1919 het oom Niklaas weer 'n soortgelyke gesig en
daarmee gee hy aan ons 'n presiese aanduiding van wat die
'bestemming' van daardie 'naakte kaffertjie sal wees:
Volgens wat hy gesien het, kom daar so 'n groot depressie in
Europa dat Engeland in die proses alles gaan verloor. Selfs
Amerika sal nie in staat wees om die situasie te red nie, en
wanneer hy hom dan aan Europa ontrek, stroom derduisende
verhongerde swartes uit Afrika daarheen:

VISIOEN
"In Europa staat 'n winkel maar daar is nie mense in nie, en daar
vlug mense met waans wat rommelry op is naar die Noorde. In die
Noorde Weste in Europa kom banja wit rug osse uit en toe die osse
wegraak, hardloop klein kaffertjes wat naken is naar die Noorde."
------------

Europa --- 'n eenheidstaat

13 Des. 1918 ---

VISIOEN
"In Europa is een garenboom en die boom verander aan een bos
blomme --- kosmos, erekrone of duiwelsbos."
(Europa sal vorentoe nog onder die gesag van 'n enkele regering
staan (een garingboom). En hoewel daardie regering op die oogaf
goed sal vertoon --- 'n bos blomme --- sal dit inherent diabolies
en korrup wees (erekrone en duiwelsbos is onkruid)

10 Jan. 1919
VISIOEN
"Toe is daar een span osse in Europa en voor trekt twee bont
rug osse en hulle trekt weg.

(Europa as eenheidstaat word deur 'n bontspul gelei)

8 April 1918
VISIOEN
"In Europa slaan een groot rook uit zoals denamiet ze rook.
Toe kom daar Engelse op hulle perre by die rook en gee pat vir
die rook daar is kaffers tussen die Engelse"

Europa gaan nog groot rasseprobleme ondervind. Sabotasie en
brandstigting (dinamiet) sal aan die orde van die dag wees en
sterk optrede van die betrokke regerings verg (ruiter te perd)
Die rook dui op die onluste wat uitbreek en die Engelse te perd
met die swartes tussen hulle beteken dat veral hierdie twee
groepe in die onluste gaan bots.
---
Re: Europa nie oppas nie ..... [boodskap #59576 is 'n antwoord op boodskap #59560] Vr, 05 April 2002 20:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" schreef...
> Uit Adriaan Snyman se boek 'Stem van 'n Profeet' tweede druk in
> Aug.1993.

Dankie Tobie, die voorspelling lyk angstig op my eie verwagtings vir die
toekomst. Dis moeilik te glo dat enig iemand dit 70 jaar geleë geskryf het.
Is dit werklik die woorde van die 'profeet' of is dit -amper soos ons sien
met Nostradamus se voorspellings- net die interpretasie van die skrywer
(Snyman)?

Arthur
Re: BMW [boodskap #59586 is 'n antwoord op boodskap #59528] Sa, 06 April 2002 03:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:fuqpausu362b2o2q5r2sp3ldaprf1d54tu@4ax.com...

> Ek het ook iets teen Volvo's. Kon nooit eintlik agterkom wat dit is
> nie, maar ek hou niks van daardie motors nie.
> Wat is die mees gewildste motors daar by julle? Is SUV's en cab's ook
> so gewild daar ?

UTE's en pick-ups is gewild hier, veral onder die jong outjies, maar 4x4 is
die een ding wat omtrent almal het. Lyk my hulle voel omdat dit so groot
is, is hulle veilig. Hulle praat nou selfs hier van 'n veldtog teen 4x4's
om aan die mense te verduidelik hoe gevaarlik die goed op die pad is. Vir
die petrol heads onder ons (dis nou ekke ook!) is die Aussie V8's die beste
ding onder die son, van die oudste modelle tot die nuutstes.

Volvo's hier word "tree huggers" genoem, en mens ry maar 'n baie wye draai
om hulle. Want sonder uitsondering is die mense wat een ry, dié wat nie
goed kan bestuur nie - daarom dat hulle 'n Volvo koop, een van die motors
met die beste veiligheidsrekord wat bestaan. En as die bestuurder dan nog
'n hoed ook op het, dan is mens ekstra versigtig. Vreeslik duur, begin
omtrent by $50 000.
Re: BMW [boodskap #59590 is 'n antwoord op boodskap #59442] Sa, 06 April 2002 06:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
possum  is tans af-lyn  possum
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek reis gereeld op die i 85 deur South Carolina,VSA (of soos die Affie
sekretaresse gesê het toe ons ons dogters se rapporte aangevra het "Suid
Karoelina") verby die BMW fabriek op die I 85. Ek dink dit is naby
Greenville. As die Duitsers DIT moet uitvind.......

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3caa43de.0@news1.mweb.co.za...

> Wouter
> Dalk omdat ons BMW's hier vervaardig, SA is die enigste land
> buite Duitsland wat daardie reg het. Ons voer ook BMW's uit.
Re: Tante Gloudina [boodskap #59591 is 'n antwoord op boodskap #59460] Sa, 06 April 2002 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
possum  is tans af-lyn  possum
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Junior Lid
*sug*

Gloudina ou siel.......

Die Afrikaner is vandag die armste blanke westerling in die wêreld.

Die nasate van die families wat agtergebly het in Europa is vandag by verre
beter daaraan toe as die nasate van ons stamvaders wat die swartes gaan
"onderdruk" het.

Jy, ou Gloudina, wat met die apartheidsvarke en wit omies se aalmoese en
subsidies jou matriek honeurs (PhD) gekry, nee - kom ons gee jou die
voordeel van die twyfel - behaal het.

Jy laat my baie dink aan een of ander Amerikaanse figuur wat in die
twintiger jare gesê het dat die negers net op 3 tereine uitblink - in sport,
in die vermaaklikheidswêreld en as aktivis. Nie dat ek met hom saamstem nie,
maar Gloudina.... ek dink nie jy kon ooit presteer in sport nie. Vermaaklik
is jy sekerlik nie. En as aktivis... wel Gloudina..... ek is jammer om jou
in te lig, maar daar is nie meer 'n aksie nie. Regtig nie.

*sug*

skryf in boodskap news:3CAB1C0A.9060703@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Oor die algemeen is dieselfde geleenthede gebied aan die blankes, maar
>> die meerderheid van hulle het meer persoonlike ambisie gehad om hul eie
>> bestaan beter te maak. Hierdie ambisie het gemaak dat die algemene verskil
>> tussen die twee groepe al groter geword het. Toe kom hulle natuurlik voor
>> 'n hengse probleem te staan.
>
>
> Luister, hierdie soort gepraat van hoe
> die blankes ( wat in jou soort gepraat
> altyd so effektief is en so hardwerkend)
> altyd deur hulle eie waardigheid soos die
> room na bo gedryf het, is 'n klomp bog.
>>
> Gloudina
>
Re: BMW [boodskap #59593 is 'n antwoord op boodskap #59590] Sa, 06 April 2002 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wonder wat is fout met BMW - vir wat het hulle nie 'n fabriek in HongKong
nie?:)))
Annette

possum wrote in message
news:Oswr8.19761$nt1.1623832@newsread2.prod.itd.earthlink.ne t...
> Ek reis gereeld op die i 85 deur South Carolina,VSA (of soos die Affie
> sekretaresse gesê het toe ons ons dogters se rapporte aangevra het "Suid
> Karoelina") verby die BMW fabriek op die I 85. Ek dink dit is naby
> Greenville. As die Duitsers DIT moet uitvind.......
>
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3caa43de.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Wouter
>> Dalk omdat ons BMW's hier vervaardig, SA is die enigste land
>> buite Duitsland wat daardie reg het. Ons voer ook BMW's uit.
>
Re: BMW [boodskap #59594 is 'n antwoord op boodskap #59586] Sa, 06 April 2002 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hier is die 4x4's mode by die Woolliesbrigade.
Hulle gebruik dit net om inkopies mee te gaan doen:))
Annette

me & bobby magee skryf in boodskap news:XXtr8.30390$uR5.71769@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Danielle" wrote in message
> news:fuqpausu362b2o2q5r2sp3ldaprf1d54tu@4ax.com...
>
>> Ek het ook iets teen Volvo's. Kon nooit eintlik agterkom wat dit is
>> nie, maar ek hou niks van daardie motors nie.
>> Wat is die mees gewildste motors daar by julle? Is SUV's en cab's ook
>> so gewild daar ?
>
> UTE's en pick-ups is gewild hier, veral onder die jong outjies, maar 4x4 is
> die een ding wat omtrent almal het. Lyk my hulle voel omdat dit so groot
> is, is hulle veilig. Hulle praat nou selfs hier van 'n veldtog teen 4x4's
> om aan die mense te verduidelik hoe gevaarlik die goed op die pad is. Vir
> die petrol heads onder ons (dis nou ekke ook!) is die Aussie V8's die beste
> ding onder die son, van die oudste modelle tot die nuutstes.
>
> Volvo's hier word "tree huggers" genoem, en mens ry maar 'n baie wye draai
> om hulle. Want sonder uitsondering is die mense wat een ry, dié wat nie
> goed kan bestuur nie - daarom dat hulle 'n Volvo koop, een van die motors
> met die beste veiligheidsrekord wat bestaan. En as die bestuurder dan nog
> 'n hoed ook op het, dan is mens ekstra versigtig. Vreeslik duur, begin
> omtrent by $50 000.
>
Re: BMW [boodskap #59670 is 'n antwoord op boodskap #59590] So, 07 April 2002 07:39 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Interessant Possum, maar is jy seker dis 'n rêrige fabriek?
Dis nie dalk net 'n installasie-bedryf van CKD's of SKD's soos
wat die Koreane in Botswana bedryf (of bedryf het) nie?
CKD's en SKD's is motors wat elders vervaardig is en
dan uitmekaargehaal word (Completely Knocked Down of
Semi Koncked Down) om makliker te vervoer?

Ek was ongeveer 10 jaar gelede by BMW in Duitsland en
toe het SA die enigste vervaardigsoperasie buite Duitsland
gehad. Of het hulle beleid intussen verander?

Wouter

"possum" wrote in message
news:Oswr8.19761$nt1.1623832@newsread2.prod.itd.earthlink.ne t...
Ek reis gereeld op die i 85 deur South Carolina,VSA (of soos die Affie
sekretaresse gesê het toe ons ons dogters se rapporte aangevra het "Suid
Karoelina") verby die BMW fabriek op die I 85. Ek dink dit is naby
Greenville. As die Duitsers DIT moet uitvind.......

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3caa43de.0@news1.mweb.co.za...

> Wouter
> Dalk omdat ons BMW's hier vervaardig, SA is die enigste land
> buite Duitsland wat daardie reg het. Ons voer ook BMW's uit.
Vorige onderwerp: Maklike Afrikaans
Volgende onderwerp: Driede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 01:07:14 MGT 2024