Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tante Gloudina
|
|
Re: Tante Gloudina [boodskap #59487 is 'n antwoord op boodskap #59460] |
Thu, 04 April 2002 06:15 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tante, lees jy altyd net wat jy wil lees en bogger die res? Ek het
duidelik gesê dat daar swart mense was wat wel groot suksesse behaal het,
MAAR oor die gemiddeld was die westerse idees van die blankes
selfbevordering tot alle kostes, terwyl die swart volkere van Afrika 'n meer
rustige lewensbeskouing het en dit kom uit hul tradisionele manier van leef.
Die hoofman van 'n stam word ryk terwyl die res net lekker saam leef.
Kyk, ek gun enige ou sy keuse van lewe en ek sal dit ook vir jou stel
dat ek baie, baie intelligente en hardwerkende swartmense ken. By ons in
Namibië begin die westerse manier van leef nou sterk deurkom na 12 jaar van
onafhanklikheid. Nou's dit elke man vir homself en jy moet net so 'n
bietjie navorsing doen en vasstel in wie se hande is nou die viskwotas en
die mynkonsessies! Dit lees soos die 'who's who' van die Swapo party!
So, wat jy propageer die wit omies aan die swartes gedoen het, nou's dit die
swart omies wat die res skroef!
Nog 'n ding, dis verskriklik simplisties om te sê dat die werkers al
die 'know how' gehad het en al die harde werk gedoen het. Duidelik was jy
'n staatsamptenaar en verstaan fokol van besigheid. In elke situasie is
daar 'n bestuurder. Dis die ou wat 'n span werkers aanstel om die
donkiewerk te doen en hy betaal hulle daarvoor. In die eerste plek het hy
die werk geskep en nou staan hy op straat en soek na iemand om vir hom te
werk. Of hy hulle 10c of R10 aanbied, as hulle die werk en die geld
aanvaar, dan het hulle geen reg om te kla oor swak vergoeding of om 'n deel
van die projek aan hulleself toe te eien nie! Hulle kon mos nee dankie
gesê het en geloop het, dan nie?
Ai, nou sal jy seker vir my sê daar was nie werk nie en die mense was
desperaat en honger? Nou hoekom was dit dan altyd net die blankes wat
werkgeleenthede gehad het? Hoekom het die swart mense nie onder hulleself
werk geskep nie?
Nou gaan jy skrou ek's 'n rassis. Huh-uh! Gald nie, maar 'fair is
fair'. Ek weet jy was duidelik lank laas in Afrika, maar kom kyk wat gaan
aan. Kom kyk die agteruitgang van infrastruktuur en die algemene swak
bestuur van die onafhanklike lande. Julle klomp dink dat as jy die blankes
se plase en besighede afvat, dan gaan dinge vir die swartes regkom? Kom ek
vertel vir jou wat gaan gebeur. Binne die volgende 10 jaar het die blanke
besigheidsmense weer ander besighede begin en is suksesvol en 99% van die
oorgeneemde besighede is 'n royal gemors want dit maak nie saak of jy swart
of wit is nie.....besigheid is nie speletjies nie. Boer ook nie. Ons
lande se regerings is besig om die speletjie vir julle mooi te illustreer!
As jy dit nie kan insien nie......hou eerder by gediggies?
skryf in boodskap news:3CAB1C0A.9060703@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Oor die algemeen is dieselfde geleenthede gebied aan die blankes, maar
>> die meerderheid van hulle het meer persoonlike ambisie gehad om hul eie
>> bestaan beter te maak. Hierdie ambisie het gemaak dat die algemene verskil
>> tussen die twee groepe al groter geword het. Toe kom hulle natuurlik voor
>> 'n hengse probleem te staan.
>
>
> Luister, hierdie soort gepraat van hoe
> die blankes ( wat in jou soort gepraat
> altyd so effektief is en so hardwerkend)
> altyd deur hulle eie waardigheid soos die
> room na bo gedryf het, is 'n klomp bog.
> Selfs voor 1948 was 'n wit vel die
> verskoning vir 'n hele klomp mense wat in
> posisies van bevel was oor nie-blankes,
> terwyl die nie-blankes eintlik al die
> know-how gehad het en al die harde werk
> gedoen het. (Die tipiese voorbeeld is die
> mynkaptein wat alleen toegelaat was om
> die ontploffingsstowwe onder die grond te
> gebruik in teorie, maar in praktyk het hulle
> hulle swart werkers toegelaat om alles te doen
> en hulle het net "toesig" gehou.)
> En toe, na 1948, was die hele apartheids-
> gemors net een reusagtige maak-werk vir blankes
> in areas waar hulle nooit vantevore deurgedring
> het nie. Soos Bantoe-onderwys (waar ek persoonlik
> gesien het wat gaan aan.) En die blankes wat al
> die leisels in die hande gekry het, was nie eers
> verteenwoordig van al die blankes in SA nie. Nee,
> hulle het gewoonlik gekom van die klein groepie
> Afrikaners wat kop in een mus was met die Broeder-
> bond. Enigiemand wat nie wéét van hierdie toestand
> nie, was so laag af in die sosiale en professionele
> sfeer dat hulle nie kon weet wat aangaan nie.
> So hierdie stories oor die suksesvolheid en
> rypheid van blankes teenoor nie-blankes in die
> afgelope halfeeu is bog, bog, bog. 'n Urban legend
> gefabriseer deur mense wat in 'n laer met oogklappe
> aan gesit het. En sommige van hulle het gou die lig
> gesien. Ek dink nou aan die Afrikanermeisie wat die
> parool-offisier was vir die ou wat die eerste premier
> van Gauteng geword het. ( Ek het nou sy naam vergeet.
> Wat het van hom geword?) Hier sit sy en speel parool-
> offisier vir hierdie ou wat losgelaat word uit
> Robbeneiland, en voordat sy haar oë kan uitvee, is sy
> verlief op hom, nie om sy grote skoonheid nie, maar
> heelwaarskynlik omdat sy 'n goed opgevoede, goed
> opgeleide gentle man voor haar gesien het.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Tante Gloudina [boodskap #59488 is 'n antwoord op boodskap #59460] |
Thu, 04 April 2002 06:25 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Oor jou mynkaptein-storie moet ek nog 'n straaltjie bygooi. Duidelik weet
jy nie veel van die storie nie [soos gewoonlik mos net bek!], maar het jy al
gehoor van iets soos 'n skietlisensie? By die myne word 'n ou met so 'n
ding 'n 'blaster' genoem. Dit is nogal 'n hel ou eksamentjie om te slaag
en onder so 'n ou se toesig word daar by die myn met springstof geskiet.
Sekerlik boor hy self die gate nie [daarvoor is daar mos werkers voor!] en
hy laat hulle selfs toe om die dinamiet in die gate te druk, maar hy 'cap'
die stokke en hy verbind die 'cordtex' en hy vertel vir almal wanneer hulle
moet begin hol! Dis die belangrikste job. Sekerlik moet jy saamstem hy
weet darem seker meer as sy swart handlangers?
Hoe het dit by julle skool gewerk in Kanada? Daai hoof wat in sy
kantoor gesit het en oor julle lot harde werkers [waar het 'n onderwyser al
ooit gewerk?] beheer gehou het, het seker jare se moeilikheid van jou gehad
oor julle alles geweet het en hy het die groot salaris gekry? Ai tog, hoe
lekker onregverdig is die lewe nie darem vir die eenvoudige van gees nie!
skryf in boodskap news:3CAB1C0A.9060703@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Oor die algemeen is dieselfde geleenthede gebied aan die blankes, maar
>> die meerderheid van hulle het meer persoonlike ambisie gehad om hul eie
>> bestaan beter te maak. Hierdie ambisie het gemaak dat die algemene verskil
>> tussen die twee groepe al groter geword het. Toe kom hulle natuurlik voor
>> 'n hengse probleem te staan.
>
>
> Luister, hierdie soort gepraat van hoe
> die blankes ( wat in jou soort gepraat
> altyd so effektief is en so hardwerkend)
> altyd deur hulle eie waardigheid soos die
> room na bo gedryf het, is 'n klomp bog.
> Selfs voor 1948 was 'n wit vel die
> verskoning vir 'n hele klomp mense wat in
> posisies van bevel was oor nie-blankes,
> terwyl die nie-blankes eintlik al die
> know-how gehad het en al die harde werk
> gedoen het. (Die tipiese voorbeeld is die
> mynkaptein wat alleen toegelaat was om
> die ontploffingsstowwe onder die grond te
> gebruik in teorie, maar in praktyk het hulle
> hulle swart werkers toegelaat om alles te doen
> en hulle het net "toesig" gehou.)
> En toe, na 1948, was die hele apartheids-
> gemors net een reusagtige maak-werk vir blankes
> in areas waar hulle nooit vantevore deurgedring
> het nie. Soos Bantoe-onderwys (waar ek persoonlik
> gesien het wat gaan aan.) En die blankes wat al
> die leisels in die hande gekry het, was nie eers
> verteenwoordig van al die blankes in SA nie. Nee,
> hulle het gewoonlik gekom van die klein groepie
> Afrikaners wat kop in een mus was met die Broeder-
> bond. Enigiemand wat nie wéét van hierdie toestand
> nie, was so laag af in die sosiale en professionele
> sfeer dat hulle nie kon weet wat aangaan nie.
> So hierdie stories oor die suksesvolheid en
> rypheid van blankes teenoor nie-blankes in die
> afgelope halfeeu is bog, bog, bog. 'n Urban legend
> gefabriseer deur mense wat in 'n laer met oogklappe
> aan gesit het. En sommige van hulle het gou die lig
> gesien. Ek dink nou aan die Afrikanermeisie wat die
> parool-offisier was vir die ou wat die eerste premier
> van Gauteng geword het. ( Ek het nou sy naam vergeet.
> Wat het van hom geword?) Hier sit sy en speel parool-
> offisier vir hierdie ou wat losgelaat word uit
> Robbeneiland, en voordat sy haar oë kan uitvee, is sy
> verlief op hom, nie om sy grote skoonheid nie, maar
> heelwaarskynlik omdat sy 'n goed opgevoede, goed
> opgeleide gentle man voor haar gesien het.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Tante Gloudina [boodskap #59500 is 'n antwoord op boodskap #59487] |
Thu, 04 April 2002 12:54 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
In elke situasie is
> daar 'n bestuurder.
En hoe praat jy dit goed dat daar tot
baie kort gelede (binne die laaste
twintig jaar) nog werkreservering
was op die wetboeke in SA en ook
heelwaarskynlik in SWA wat sekere
werk alleen vir blankes gereserveer
het. Moenie my tyd mors met allerhande
verduidelikings oor hoe dinge gedoen
word nie. Die rot het begin toe witmense
hovaardig gedink het hulle alleen kan
dinge "bestuur."
Gloudina
|
|
|
Re: Tante Gloudina [boodskap #59501 is 'n antwoord op boodskap #59500] |
Thu, 04 April 2002 14:10 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ai oudste, is die kop so effe stadig? Of die oë nie lekker nie? Ek vertel
dan die hele tyd vir jou dat julle al die jare verniet gestry het! Dis nou
natuurlik as julle motiewe die bevryding van mense was en nie politieke mag
om vir jouself meer te oes nie? Al die politiek en geharwar het alles niks
gehelp nie.......dinge het eerder versleg. Daar is geen verskil tussen 'n
blanke politikus wat 'n beleid uitdink om aan bewind te kom en dan sy eie
kiesers bevoordeel nie en 'n swart politikus wat 'n klomp liggelowiges
oortuig van hulle verdrukking en dan die mag in die hand kry en dat hy dan
sy kiesers weer bevoordeel nie. Dis mos hoe die lewe werk, dan nie?
Wat jy nie kan begryp nie, is dat tussenin al hierdie politieke gemors,
is daar 'n land wat bestuur moet word en eintlik behoort dit verhewe te
staan bo die politiek. Daar behoort geen kompromis te wees sover dit die
werk wat moet gedoen word aangaan nie. En dis hier waar Afrika sy gat
sien......een land na die ander. Dis omdat politici die stryd stry en
hulleself het nog nooit 'n dag in die lewe gewerk nie. Nou moet hulle
besluit wie gaan watter onderhoud en verbeterings doen!
Klim van jou boude af en kom kyk. Al die paaie in Afrika is besig om
in hulle moer in te gaan omdat die nuwe regerings nie onderhoud doen nie.
Staatsgeboue is vuil. Staatsvoertuie is geduik en geroes. Man, jy kan
maar net praat, die agteruitgang is daar. En dis nie bloot omdat die swart
mense wat nou daar werk dit nie doen nie.......hulle weet nie hulle moet dit
doen nie want hulle bestuur is pateties want hulle is uit politieke
konneksies en met meestal gekoopte kwalifikasie s aangestel.
Jy hou so van voorbeelde. Wat van die melkoer [ongelukkig 'n blanke]
wat die afgelope 15 jaar melk gelewer het aan die dorp en hospitaal. Toe
die jaartender uitkom en hy tender, sou hy met die resultate sien dat 'n
tender wat R1 per liter hoër as hy getender het, het die tender gewen. Met
sy navraag sê hulle toe dat hulle nooit sy tender gekry het nie [ten spyte
van die feit dat hy dit persoonlik per hand afgegee het!]. Uiteindelik
kom die amptenaar van einste dorpsraad wat die tender gewen het na hom toe
[wat g'n melkplaas besit nie!] en hy koop die melk by hom. Nou lewer hy
steeds die melk op die dorp, maar die amptenaar score sy deel op elke liter!
Dit was in die koerante! Anders as jou eie fabels wat jy so maklik
uitding natuurlik!
So, korrupsie ken geen perke nie en as jy vir my sê julle oplossing het
sake beter gemaak vir die mense van Afrika, dan lieg jy want jou wit omies
het nou swart omies geword en dis al wat verander het. Ons armgatte
'struggle' steeds!
skryf in boodskap news:3CAC4D71.2040105@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> In elke situasie is
>> daar 'n bestuurder.
>
>
> En hoe praat jy dit goed dat daar tot
> baie kort gelede (binne die laaste
> twintig jaar) nog werkreservering
> was op die wetboeke in SA en ook
> heelwaarskynlik in SWA wat sekere
> werk alleen vir blankes gereserveer
> het. Moenie my tyd mors met allerhande
> verduidelikings oor hoe dinge gedoen
> word nie. Die rot het begin toe witmense
> hovaardig gedink het hulle alleen kan
> dinge "bestuur."
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Tante Gloudina [boodskap #59502 is 'n antwoord op boodskap #59488] |
Thu, 04 April 2002 14:22 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
maar het jy al
> gehoor van iets soos 'n skietlisensie? By die myne word 'n ou met so 'n
> ding 'n 'blaster' genoem. Dit is nogal 'n hel ou eksamentjie om te slaag
Dis die belangrikste job. Sekerlik moet jy saamstem hy
> weet darem seker meer as sy swart handlangers?
En wat het nou skielik gebeur noudat die
ou eksamentjie afgelê kan word deur swart
kandidate wat ook die helse ou eksamentjie
kan deurkom? Die myne gaan maar net aan
soos gewoonlik. Hoekom moes dit tot nie
baie lank gelede nie gereserveer word vir
mense met blanke velle?
Merk jy op hoe jy DINK. Lees weer die
laaste reël wat ek van jou aanhaal. Jy
neem aan dat jou hoorder aanneem dat die
een met die skietlisensie wit is, en dat
sy handlangers swart is. En dan borduur
jy nou jou "argument" op hierdie aanname.
En dan gaan jy aan en aan en hoop dat jou
argument uiteindelik probeer "bewys" dat
mense met wit velle superieur is. Man, mens
raak nou al moeg van julle joggies. Mens
sal jou meer respekteer as jy reguit uitkom
vir wat jy staan. Ek het byvoorbeeld die
grootste respek vir die mense wat op Orania
doen wat hulle doen om te bereik wat hulle
wil bereik. Hulle draai ten minste nie die
rad voor hulle eie oë nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Tante Gloudina [boodskap #59505 is 'n antwoord op boodskap #59504] |
Thu, 04 April 2002 16:16 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
> En ek het meer respek vir iemand wat nie wit probeer speel soos jy nie!
> Duidelik weet jy ook nie veel van daai 'blaster' sertifikaat nie! Dis nie
> soos jou en die ANC se manier van hoe jy 'n lid van die parlement aanstel
> nie! Wil jy weet hoe? As 'n ou tot 100 kan tel, word hy 'n sekretaris.
> As hy net tot tien kan tel, is dit Volksraad toe en as hy glad nie kan tel
> nie, dan is hy 'n minister. Die wat nie kan lees of begryp nie vlug Kanada
> toe en word onderwysers!
Sien jy nou wat die kwaliteit van jou
denke en jou beginsels is? Jy dink jy
wen argumente met jou stupid beledegings.
Jy is te stupid om te sien dat ek jou
keer op keer in 'n lokval lei sodat jy
meer van jou simpel "argumente" kan kwytraak.
Jy moes geluister het toe iemand daar uit
Australië vir jou gewaarsku het.
En laat ons nou maar 'n lessie gee
oor hoe lede van die parlement "aangestel"
word. Hulle word verkies, 'n feit wat mens
gewoonlik in die laerskool leer. En desgelyks
word 'n man 'n minister in die Britse stelsel
(wat julle in SA het en ons in Kanada) alleen
'n minister deur ook deur 'n kiesafdeling
verkies te word. ( In die VSA is dit anders.)
Ek sidder oor jou onkunde. Het jy gesê jou pa
was 'n onderwyser?
Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Tante Gloudina [boodskap #59542 is 'n antwoord op boodskap #59505] |
Fri, 05 April 2002 06:43 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Haai antie.....en jy noem jouself 'n onderwyser? In Namibië word vir
partye gestem. Voor elke verkiesing in elke streek trek elke party 'n
voorkeurlys op. Wen 'n party sê 8 setels, dan word die eerste 8 name op
daai lys benoem. Kiesafdelings? Jy's in die ark! En hoe dink jy word
'n persoon 'n kandidaat in 'n verkiesing? Iemand met jou vulgêre politieke
siening kan in die parlement belad......as jy nie voor die tyd stert in die
bene die land uitgevlug het nie!
Hoe kan jy iemand in 'n lokval lei as jyself net propagandasertifikate
se inligting het? Jy het nie 'n clue wat in Afrika aan die gang is nie.
Maar kom ons verander net so 'n bietjie van rigting. Vertel jy vir my hoe
werk arbeid in jou siening. Kan ek aanneem as 'n persoon 'n besigheid het
en hy het byvoorbeeld nie meer lus om sementsakke te dra nie en hy bied die
werk op die ope mark aan en daar kom mense aansoek doen, dan geld vryemark
beginsels na beide kante toe? Maw hy bied die werk aan sê vir R500 per
maand en die ou wat aansoek doen het die keuse om te besluit of hy teen
daardie bedrag wil werk of nie? As dit te min geld vir hom is, kan hy
omdraai en wegloop? Stem jy? Wat van as hy die werk aanvaar? Stem jy
saam dat hy g'n reg het om te kla oor min geld want die besluit het by hom
berus? Stem jy saam dat as die aansoekers op te veel geld aandring, die
werkgewer kan besluit om maar eerder steeds self sy sementsakke te bly dra
omdat hy nie die aangebode arbeid kan bekostig nie? Wat gebeur nou as 'n
regering 'n minimum loon afdwing en die groot gros van die werkgewers
besluit om eerder maar verby te hou en grootliks te meganiseer en self te
werk? Nou sit jy met 'n moerse lot werkloses......soos in jou geliefde
Zim!
Verder, waar kom die idee vandaan dat as 'n werker by 'n werkgewer werk
en betaal word vir daardie werk, het hy enige aanspraak op 'n deel van sy
werkgewer se eiendom? Julle skrou graag dat die boere die plaaswerkers
uitgebuit het......maar een en elke werker het kom vra vir werk, daar is
onderhandel oor 'n prys en die werker het dit aanvaar. Niemand is gedwing,
of word vandag gedwing om op 'n plaas of besigheid te werk vir te min geld
nie. Hoe kan jy iemand uitbuit as hy vrywillig die terme aanvaar?
Wat my pa se onderwyserskap aanbetref, by die grootste swart skool in
Windhoek het hy sy laaste jare vele van vandag se parlementariërs deur sy
hande gehad, maar sou hy geleef het, sou hy die insig gehad het om te erken
dat geen skoolopleiding jou kan voorberei vir wysheid in die alledaagse lewe
nie. Net soos 'n graad jou nie verhewe maak nie......as dit jou windgat
maak, dan het jy 'n swakheid in jou karakter! Ek het gedink dat 'n
onderwyser soos jy sou weet dat 10 doktersgrade in alle moontlike rigtings
nie noodwendig sal beteken dat jy 'n goeie besigheidsman, minister,
onderwyser, of enige beroep sal wees nie. Dis waarom die politiek so vou
hier in Afrika. Politieke aanstellings ['reverse' apartheid] plaas mense
met geen werksondervinding in posisies wat rigting moet gee en hulle self is
in die donker.
'So by the way', jou reputasie skrik my nie af nie. As jy daai ou se
boodskap reg gelees het, sou jy sien dat hy my waarsku teen jou sinnelose
argumente en ek het al 'n groot gros daarvan van jou af beleef, maar ek het
nog hoop dat ons dalk die aap uit die kanaalaap kan haal.................
skryf in boodskap news:3CAC7CB2.7090405@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> En ek het meer respek vir iemand wat nie wit probeer speel soos jy nie!
>> Duidelik weet jy ook nie veel van daai 'blaster' sertifikaat nie! Dis nie
>> soos jou en die ANC se manier van hoe jy 'n lid van die parlement aanstel
>> nie! Wil jy weet hoe? As 'n ou tot 100 kan tel, word hy 'n sekretaris.
>> As hy net tot tien kan tel, is dit Volksraad toe en as hy glad nie kan tel
>> nie, dan is hy 'n minister. Die wat nie kan lees of begryp nie vlug Kanada
>> toe en word onderwysers!
>
> Sien jy nou wat die kwaliteit van jou
> denke en jou beginsels is? Jy dink jy
> wen argumente met jou stupid beledegings.
> Jy is te stupid om te sien dat ek jou
> keer op keer in 'n lokval lei sodat jy
> meer van jou simpel "argumente" kan kwytraak.
> Jy moes geluister het toe iemand daar uit
> Australië vir jou gewaarsku het.
> En laat ons nou maar 'n lessie gee
> oor hoe lede van die parlement "aangestel"
> word. Hulle word verkies, 'n feit wat mens
> gewoonlik in die laerskool leer. En desgelyks
> word 'n man 'n minister in die Britse stelsel
> (wat julle in SA het en ons in Kanada) alleen
> 'n minister deur ook deur 'n kiesafdeling
> verkies te word. ( In die VSA is dit anders.)
> Ek sidder oor jou onkunde. Het jy gesê jou pa
> was 'n onderwyser?
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
>
|
|
|
|
|
Re: Tante Gloudina [boodskap #59553 is 'n antwoord op boodskap #59550] |
Fri, 05 April 2002 14:30 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hyg, gasp, roggel!!!
Thysie, wil jy my vertel die aantie se beste viendin van Swellendam het haar
nog niks tot dusver vertel hoe mense nou in die parlement kom nie?
Well, aai newwer!!
:)))
Daar lê swaar werk vir jou en Suidwester voor - julle sal haar nou eers mooi
moet verduidelik en laat verstaan wat die term proporsionele
verteenwoordiging beteken - en hoe dit toegepas word.
Maar julle sal moet spring - ek sien Onse Prez het Van Zyl Slabbert
aangestel om te kyk na die opsie dat mense wat verkies is in kiesafdelings
vir daardie afdelings verantwoording moet doen. Kink vir my alteveel na die
ou Westminster stelsel - maar julle weet mos hoe lief Onse Prez en sy mense
is om aan ou idees nuwe name te gee en dan te glo dat dit nuwe idees is:))
My geld is op Mbeki African Renaissence (sp?) Stelsel:)
Oftewel die MARS.
Way Out!! Cool!! Out of this world!!
:))
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Thys de Wet skryf in boodskap news:a8k461$2qd$1@news.adamastor.ac.za...
> Nee Hessie-wattie-weettie
>
> Jy weet blykbaar niks van ons huidige kieswet af nie. Proposionele
> verteenwoordiging is in. Britse (kolonialisme) Westminster-stelsel is uit.
> Ministers word aangestel deur die President... Dit was so voor 1994...
>
> Kom by anti!
>
> Thys oppie Bos
> skryf in boodskap news:3CAC7CB2.7090405@rogers.com...
>>
>> Suidwester wrote:
>>
>>> En ek het meer respek vir iemand wat nie wit probeer speel soos jy nie!
>>> Duidelik weet jy ook nie veel van daai 'blaster' sertifikaat nie!
Dis
> nie
>>> soos jou en die ANC se manier van hoe jy 'n lid van die parlement
> aanstel
>>> nie! Wil jy weet hoe? As 'n ou tot 100 kan tel, word hy 'n
> sekretaris.
>>> As hy net tot tien kan tel, is dit Volksraad toe en as hy glad nie kan
> tel
>>> nie, dan is hy 'n minister. Die wat nie kan lees of begryp nie vlug
> Kanada
>>> toe en word onderwysers!
>>
>> Sien jy nou wat die kwaliteit van jou
>> denke en jou beginsels is? Jy dink jy
>> wen argumente met jou stupid beledegings.
>> Jy is te stupid om te sien dat ek jou
>> keer op keer in 'n lokval lei sodat jy
>> meer van jou simpel "argumente" kan kwytraak.
>> Jy moes geluister het toe iemand daar uit
>> Australië vir jou gewaarsku het.
>> En laat ons nou maar 'n lessie gee
>> oor hoe lede van die parlement "aangestel"
>> word. Hulle word verkies, 'n feit wat mens
>> gewoonlik in die laerskool leer. En desgelyks
>> word 'n man 'n minister in die Britse stelsel
>> (wat julle in SA het en ons in Kanada) alleen
>> 'n minister deur ook deur 'n kiesafdeling
>> verkies te word. ( In die VSA is dit anders.)
>> Ek sidder oor jou onkunde. Het jy gesê jou pa
>> was 'n onderwyser?
>>
>> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
>>
>
|
|
|
Re: Tante Gloudina [boodskap #59556 is 'n antwoord op boodskap #59550] |
Fri, 05 April 2002 16:06 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
>
> Jy weet blykbaar niks van ons huidige kieswet af nie. Proposionele
> verteenwoordiging is in. Britse (kolonialisme) Westminster-stelsel is uit.
> Ministers word aangestel deur die President... Dit was so voor 1994...
Ek neem aan jy is reg oor die manier
waarop ministers nou aangestel word
in SA (dus dieselfde as die Secretaries
in die VSA?) Maar dat dit voor 1994 so
was, laat my darem wonder. Moes die
Ministers in die De Klerk kabinet nie
elkeen ook 'n lid van die Parlement wees
as 'n voorvereiste om 'n minister in die
Uitvoerende Mag van die regering te wees
nie. Sal jy seker maak van jou feite hier.
Ek sou graag wil weet wanneer hulle pre-
1994 oorgeskakel het na die soort van VSA
raamwerk, as jy reg is.
Gloudina
|
|
|
Re: Europa nie oppas nie ..... [boodskap #59560 is 'n antwoord op boodskap #59450] |
Fri, 05 April 2002 17:09 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
*Sterrenkijker*
---knip---
Moet self maar eens ondervind wat
dit beteken om uit je eie land verjaag te word. As ons hier in
Europa nie oppas dan gebeur dit hier selfs 'n tweede keer.
Norbert (uit Vlaanderen)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Het vir my destyds die boeke gekoop van Adriaan Snyman wat
navorsing gedoen het oor die siener en profeet Niklaas van
Rensburg se lewe. (oorlede 1929) Daar is 'n paar voorspellings
gemaak vir Europa. Ek het 'n paar visioene uitgehaal om die
skrywe van jou pos te beaam.
groete
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit Adriaan Snyman se boek 'Stem van 'n Profeet' tweede druk in
Aug.1993.
"Europa word swart"
nie gedateer nie.
VISIOEN:
"In Europa trek waens met witrug-osse (Amerika) voor, en 'n
klein seuntjie is voor hulle. Toe is daar rooi beeste
(Kommuniste) met twee witrug-osse (Amerika) voor, en 'n
kaffertjie (Afrika) is hulle touleier ..."
In Europa was die blanke nog altyd aan die bewind, en hulle
het sterk steun van goedgesinde Amerikaners geniet. Maar sake
gaan drasties verander wanneer Afrika op Europa begin toestroom,
dan sal swart kommuniste met die hulp van goedgesinde voorbokke
uit Amerika, die mag in Europa tydelik oorneem, in aansluiting
hierby, skryf oom Niklaas (Siener) aan Mnr. H. J. Dreyer: In Suid
Afrika is daar (ook) 'n seuntjie en kaffertjie. Die kaffertjie
het net 'n ou sak om sy lyf (die swartes in Afrika se
omstandighede sal haglik wees).
"Dan kry die twee struweling - botsing tussen swart en wit;
maar sommer by die byme-kaarkomslag, kry die seuntjie die
kaffertjie in 'n dodelike greep beet sodat hy uit sy ou sak gly
... 'nakend', en die swart seun slaan op die vlug in 'n
noordelike rigting"
Op 29 Sept. 1919 het oom Niklaas weer 'n soortgelyke gesig en
daarmee gee hy aan ons 'n presiese aanduiding van wat die
'bestemming' van daardie 'naakte kaffertjie sal wees:
Volgens wat hy gesien het, kom daar so 'n groot depressie in
Europa dat Engeland in die proses alles gaan verloor. Selfs
Amerika sal nie in staat wees om die situasie te red nie, en
wanneer hy hom dan aan Europa ontrek, stroom derduisende
verhongerde swartes uit Afrika daarheen:
VISIOEN
"In Europa staat 'n winkel maar daar is nie mense in nie, en daar
vlug mense met waans wat rommelry op is naar die Noorde. In die
Noorde Weste in Europa kom banja wit rug osse uit en toe die osse
wegraak, hardloop klein kaffertjes wat naken is naar die Noorde."
------------
Europa --- 'n eenheidstaat
13 Des. 1918 ---
VISIOEN
"In Europa is een garenboom en die boom verander aan een bos
blomme --- kosmos, erekrone of duiwelsbos."
(Europa sal vorentoe nog onder die gesag van 'n enkele regering
staan (een garingboom). En hoewel daardie regering op die oogaf
goed sal vertoon --- 'n bos blomme --- sal dit inherent diabolies
en korrup wees (erekrone en duiwelsbos is onkruid)
10 Jan. 1919
VISIOEN
"Toe is daar een span osse in Europa en voor trekt twee bont
rug osse en hulle trekt weg.
(Europa as eenheidstaat word deur 'n bontspul gelei)
8 April 1918
VISIOEN
"In Europa slaan een groot rook uit zoals denamiet ze rook.
Toe kom daar Engelse op hulle perre by die rook en gee pat vir
die rook daar is kaffers tussen die Engelse"
Europa gaan nog groot rasseprobleme ondervind. Sabotasie en
brandstigting (dinamiet) sal aan die orde van die dag wees en
sterk optrede van die betrokke regerings verg (ruiter te perd)
Die rook dui op die onluste wat uitbreek en die Engelse te perd
met die swartes tussen hulle beteken dat veral hierdie twee
groepe in die onluste gaan bots.
---
|
|
|
|
Re: BMW [boodskap #59586 is 'n antwoord op boodskap #59528] |
Sat, 06 April 2002 03:36 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
bobby's girl
Boodskappe: 139 Geregistreer: December 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Danielle" skryf in boodskap news:fuqpausu362b2o2q5r2sp3ldaprf1d54tu@4ax.com...
> Ek het ook iets teen Volvo's. Kon nooit eintlik agterkom wat dit is
> nie, maar ek hou niks van daardie motors nie.
> Wat is die mees gewildste motors daar by julle? Is SUV's en cab's ook
> so gewild daar ?
UTE's en pick-ups is gewild hier, veral onder die jong outjies, maar 4x4 is
die een ding wat omtrent almal het. Lyk my hulle voel omdat dit so groot
is, is hulle veilig. Hulle praat nou selfs hier van 'n veldtog teen 4x4's
om aan die mense te verduidelik hoe gevaarlik die goed op die pad is. Vir
die petrol heads onder ons (dis nou ekke ook!) is die Aussie V8's die beste
ding onder die son, van die oudste modelle tot die nuutstes.
Volvo's hier word "tree huggers" genoem, en mens ry maar 'n baie wye draai
om hulle. Want sonder uitsondering is die mense wat een ry, dié wat nie
goed kan bestuur nie - daarom dat hulle 'n Volvo koop, een van die motors
met die beste veiligheidsrekord wat bestaan. En as die bestuurder dan nog
'n hoed ook op het, dan is mens ekstra versigtig. Vreeslik duur, begin
omtrent by $50 000.
|
|
|
|
Re: Tante Gloudina [boodskap #59591 is 'n antwoord op boodskap #59460] |
Sat, 06 April 2002 06:40 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
possum
Boodskappe: 3 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
*sug*
Gloudina ou siel.......
Die Afrikaner is vandag die armste blanke westerling in die wêreld.
Die nasate van die families wat agtergebly het in Europa is vandag by verre
beter daaraan toe as die nasate van ons stamvaders wat die swartes gaan
"onderdruk" het.
Jy, ou Gloudina, wat met die apartheidsvarke en wit omies se aalmoese en
subsidies jou matriek honeurs (PhD) gekry, nee - kom ons gee jou die
voordeel van die twyfel - behaal het.
Jy laat my baie dink aan een of ander Amerikaanse figuur wat in die
twintiger jare gesê het dat die negers net op 3 tereine uitblink - in sport,
in die vermaaklikheidswêreld en as aktivis. Nie dat ek met hom saamstem nie,
maar Gloudina.... ek dink nie jy kon ooit presteer in sport nie. Vermaaklik
is jy sekerlik nie. En as aktivis... wel Gloudina..... ek is jammer om jou
in te lig, maar daar is nie meer 'n aksie nie. Regtig nie.
*sug*
skryf in boodskap news:3CAB1C0A.9060703@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Oor die algemeen is dieselfde geleenthede gebied aan die blankes, maar
>> die meerderheid van hulle het meer persoonlike ambisie gehad om hul eie
>> bestaan beter te maak. Hierdie ambisie het gemaak dat die algemene verskil
>> tussen die twee groepe al groter geword het. Toe kom hulle natuurlik voor
>> 'n hengse probleem te staan.
>
>
> Luister, hierdie soort gepraat van hoe
> die blankes ( wat in jou soort gepraat
> altyd so effektief is en so hardwerkend)
> altyd deur hulle eie waardigheid soos die
> room na bo gedryf het, is 'n klomp bog.
>>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: BMW [boodskap #59594 is 'n antwoord op boodskap #59586] |
Sat, 06 April 2002 06:53 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hier is die 4x4's mode by die Woolliesbrigade.
Hulle gebruik dit net om inkopies mee te gaan doen:))
Annette
me & bobby magee skryf in boodskap news:XXtr8.30390$uR5.71769@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Danielle" wrote in message
> news:fuqpausu362b2o2q5r2sp3ldaprf1d54tu@4ax.com...
>
>> Ek het ook iets teen Volvo's. Kon nooit eintlik agterkom wat dit is
>> nie, maar ek hou niks van daardie motors nie.
>> Wat is die mees gewildste motors daar by julle? Is SUV's en cab's ook
>> so gewild daar ?
>
> UTE's en pick-ups is gewild hier, veral onder die jong outjies, maar 4x4 is
> die een ding wat omtrent almal het. Lyk my hulle voel omdat dit so groot
> is, is hulle veilig. Hulle praat nou selfs hier van 'n veldtog teen 4x4's
> om aan die mense te verduidelik hoe gevaarlik die goed op die pad is. Vir
> die petrol heads onder ons (dis nou ekke ook!) is die Aussie V8's die beste
> ding onder die son, van die oudste modelle tot die nuutstes.
>
> Volvo's hier word "tree huggers" genoem, en mens ry maar 'n baie wye draai
> om hulle. Want sonder uitsondering is die mense wat een ry, dié wat nie
> goed kan bestuur nie - daarom dat hulle 'n Volvo koop, een van die motors
> met die beste veiligheidsrekord wat bestaan. En as die bestuurder dan nog
> 'n hoed ook op het, dan is mens ekstra versigtig. Vreeslik duur, begin
> omtrent by $50 000.
>
|
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 03:03:02 UTC 2025
|