Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Daniel Hugo (geb. 1955) - donkerkamer-alchemis
Daniel Hugo (geb. 1955) - donkerkamer-alchemis [boodskap #58868] Ma, 18 Maart 2002 18:50
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Daniel Hugo (geb. 1955)

donkerkamer-alchemis

vir Gerrit Achterberg

met 'n klik vang die kamera
haar kwiksilwerkop op film vas
sy verstar 'n oomblik, tas
na haar wang, begin praat en pla

in die bedompige klein kamer
met chemikalieë en Middeleeuse lig
word hy uur na uur bekwamer
met die herskepping van haar gesig

langsaam uit die vloeistof verskyn
die volmaakte beeld - eers 'n oog
dan die wang en neus se lyn -
doodtevrede laat hy die foto droog

later as hy die bak uitspoel, lê daar
klam en onverklaarbaar 'n goue haar

André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Vorige onderwerp: Vir Norbert:
Volgende onderwerp: Johann de Lange (geb. 1959) - Geel dag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 05:52:21 MGT 2024