Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suid Afrika, 'n onveilige land?
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58819 is 'n antwoord op boodskap #58817] |
Mon, 18 March 2002 00:07 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
*Sterrenkijker* wrote:
> Maar wat JOU aangaan, Gloudina, ek stem saam met die
> meeste mense van hierdie nuusgroep: ek vind jou 'n oue
> saag!
Wel, ou Norbert. Ek is nou in die middel
van die wêreld oor wat om te dink oor die
feit dat jy verkies om my te beledig deur
my 'n " oue saag" te noem. Bedoel jy nou
dat ek tande het en die vermoë om mense
middeldeur te sny? Ek sidder om te dink
dat julle Belgiërs rondloop in die strate
en vir mekaar probeer beledig deur vir
vir mekaar te vertel dat hulle sae is.
Tant Hessie, wat nooit afgesaag is nie.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrika se toekoms [boodskap #58832 is 'n antwoord op boodskap #58818] |
Mon, 18 March 2002 08:43 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee Norbert.
Julle klomp daar kan maar wapens opneem en oorlog maak vir die geringste
dingetjie.
Ons weet hier kan dit uiteindelik reggestel word - miskien sal dit 'n rukkie
langer vat - maar ten minste word mense nie sommer wild en wakker goedsmoeds
doodgeskiet as vergelding nie.- en dan vergelding op vergelding, ens, ens.
Dit is mos al bewys dat die beskawing hier in Afrika begin het:)))
Annette
*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3c95277a.1460970@news.skynet.be...
> Hallo, Wouter,
>
> Ek vind hierdie kommentaar van jou baie interessant!
> Verskoning, ek kan daarop nie onmiddellik antwoord nie.
> Ek het die ganse naweek moet werk (2 x 12 ure) en ek is
> moeg. Moet egter toegeef dat jou kommentaar my die ganse
> naweek nie losgelaat het nie. Ek dink eintlik jy is reg. Maar
> as die moorde in jou land nie ophoud nie dan vind ek tog
> dat die witmense na die wapens moet gryp.
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
> "Wouter Plaasvark" schreef:
>
>> Norbert
>> Suid-Afrika het n' goeie kans om te slaag in se rasse-integrasie maar dan
>> moet eerst die ekonomie beter word, vir elkeen! Maar ek is daar nie so
>> sekers van nie. Ek glo die ekonomiese toestand van Suid-Afrika is nie baie
>> rooskleurig nie!
>>
>> Wouter
>> Ons ekonomie is nie sterk nie, dit wroeg nog met die verarming wat die nul
>> groeikoers van die laaste dekade of twee in die apartheidsera meegebring
>> het. Maar relatief tot daardie tyd lyk dinge baie rooskleurig, Norbert. Daar
>> is geen statistiek wat jou stelling ondersteun nie.
>>
>> Norbert
>> Dis daarom dat ek vind dat julle die mag te vroeg opgegee het.
>>
>> Wouter
>> Nee, Norbert, uit 'n ekonomiese argument was dit eerder te
>> laat. Ons sou dan eers 'n groot probleem met 'n geknoude
>> ekonomie gehad het. En uit 'n politieke hoek was dit die regte
>> tyd, want as dit heelwat vroeër gebeur het sou kommunisme
>> nog nie gediskrediteer gewees het nie en sou die ANC ook
>> nie die fiskale dissipline van Derek Keys (Minister van
>> Finansies in die vroeë 90's, onder beide die NP- en
>> ANC-Regering) geërf het nie.
>>
>> Norbert
>> Dit was nie in die belang van die swartes dat hulle sommer op
>> slag die leiers van die land geword is nie. En voor sover ek weet is
>> daar nog meer mense in Suid-Afrika wat dit ook verstaan het.
>>
>> Wouter
>> Jy onderskat die leierstalent van ons swartes. Natuurlik is daar
>> probleme, maar die groot verskil is eerder dat die media op
>> hulle foute jag en dit uitlig, wat 'n goeie en normale ding is.
>> Maar in die vorige era het dit nie gebeur nie, daarom lyk dit
>> of ons in dié opsig verswak het. Maar daar het heelwat groter
>> ondeugde in die ou SA gebeur, veral in die swart tuislande.
>> Dit is net nie in die media gerapporteer nie.
>>
>> Ons finansiële bestuur is beter as ooit en die staatsuitgawes is
>> relatief laer as vroeër. Ons kry dus beter waarde vir ons
>> belasting (@ sterk verlaagde koerse) as vroeër. Natuurlik is
>> daar heelwat probleme, maar om te impliseer dat daar
>> nie wesenlik beter ekonomiese vooruitsigte is nie, klop nie
>> met die werklikheid nie. Die vraag is eerder of die kiesers
>> genoeg geduld gaan hê om die Regering toe te laat om
>> die regte dinge lank genoeg te doen.
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58849 is 'n antwoord op boodskap #58828] |
Mon, 18 March 2002 12:32 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Ek dink sae is baie handige instrumente:))
> Is dit nie die Kanadese wat saag met sae as 'n nasionale sport boefen
Ek sou nie sê dis ons nasionale sport
nie, maar daar is sulke kompetisies hier
en in die VSA. Maar seker ook in Skotland
en Noorweë en Swede en Rusland.
Ek dink ons nasionale sport is yshokkie.
Nie die deel wat hulle met die puck speel
nie, maar die deel waar hulle met die vuiste
slaan.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58864 is 'n antwoord op boodskap #58860] |
Mon, 18 March 2002 18:38 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Swart Simon wrote:
> Voel jy gebelgd?
> PS: Weet jy hoekom Belge op Maandag krappe in hulle gesig het?
Nee, ek het nie gebelgd gevoel toe
Norbert vir my 'n " oue saag" genoem
het nie. Maar nou voel ek gebelg dat
jy die Belge so beledig. (Let wel,
die -d- aan die einde van "gebelgd"
is nie nodig as dit deel van die
werkwoord is nie. Soos in "ek voel
gebelg" of "gebelg wees." Maar dis
nodig in die Verlede Deelwoord, soos
in
Die gebelgde tant Hessie.
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58882 is 'n antwoord op boodskap #58824] |
Mon, 18 March 2002 20:31 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
lou wrote:
> :) - so omdat die SA'ners 'n klomp verkiesings verneukers was mag almal
> anders dit ook nou doen?
Wel, ou Lou, ek sou ten minste sê dat
enige Afrikaner nie klippe in 'n glashuis
kan gooi nie. Of was daar nou spesiale
permissie vir die apartheidsvarke om met
verkiesings te heul en diktatorskappe te
skep? What is sauce for the goose, is
sauce for the gander.
Tant Hessie Rooinek
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58888 is 'n antwoord op boodskap #58875] |
Mon, 18 March 2002 22:47 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Michel Martens wrote:
> Er is in deze draad enige verwarring over de betekenis van 'een ouwe
> saag'. 'Ouwe zaag' wordt in Vlaanderen figuurlijk gebruikt in de
> betekenis van 'ouwe zeur'.
Dankie Michel.
Ja, ons ken ook die woord "seur" in
Afrikaans. Ek sien die woordeboeke gee
beide die Nederlandse en Afrikaanse
betekenisse as "boring, dawdle...."
maar ek het gedink die betekenis is
meer soos "whine."
Dis nie 'n woord wat te algemeen
gebruik word in Afrikaans nie, miskien
omdat daar ook nog 'n ander "seur" in
Afrikaans is, 'n derivasie van die
Engelse woord "sir" maar wat dan streng
gebruik word wanneer daar aangedui word
dat dit 'n nie-witte is wat 'n wit baas
aanspreek. (Ongeveer soos die Amerikaans
'sah.')
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58905 is 'n antwoord op boodskap #58895] |
Tue, 19 March 2002 12:52 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda en Gervaas wrote:
> Gloudina, Dit is een van die grappies wat Nederlanders oor Belge vertel. Ons
> ken dit lankal.
Nou voel ek opnuut gebelg oor die klomp
Nederlanders wat so hoity-toity is. Wie
dink hulle is hulle?
Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As die tulpe in Nederland begin bloei, dan stolp
sy dit met 'n bandaid.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58995 is 'n antwoord op boodskap #58960] |
Wed, 20 March 2002 18:42 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
> En hoe lank nog sal Afrikaners (jou woorde) nie toegelaat word om klippe
> te gooi nie?
Jy is weer besig om soos alle stupid
> buitestaanders - Afrikaners en apartheidsvarke gelyk te stel - ek dog jy
> sou van beter weet?
Nee, ou Lou, ek bedoel PRESIES wat
ek sê. Alle Afrikaners ( en dit sluit
my ook in) kan nie rondloop en ander
groepe beskuldig, terwyl hulle eie
rassegroep nie baie lank gelede erger
dinge aangevang het nie. Dieselfde as
Duitsers sou rondloop en almal en nog
wat van alle soorte menseregte-skendings
beskuldig, terwyl hulle 'n Hitler in hul
agtergrond het.
MAAR, binne die Afrikaner-groep kan ek,
as Afrikaner, ander Afrikaners maan om
nie so aggressief ander te veroordeel
terwyl hulle eie hande nie skoon is nie.
Dis wat die Duitsers ook doen. Hulle
slaan hulle hand in eie boesem.
Gloudina
|
|
|
Bladsye (4): [ 4] |
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 03:00:39 UTC 2025
|