Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mugabe heeft gewonnen
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58800 is 'n antwoord op boodskap #58775] |
So., 17 Maart 2002 09:10   |
bobby's girl
Boodskappe: 139 Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf in boodskap news:54369ugpur3mt6804vjigg2f5l99jj5mgc@4ax.com...
>> Die enigste ding wat hier verander het, is dat meer mense nou TE BANG
>> IS OM VIR HUL OUERS IN ONDERMEER SA TE GAAN KUIER EN DUS
>> hul geld hier in Australië spandeer en eerder in hul eie wonderlike land
>> vakansie hou, eerder as om oorsee te gaan rondry.
>
> Mens moet somtyds tussen die lyne ook lees ná Me? Dis sê lekker
> wanneer julle jul lande teenoor Suid Afrika ophemel en nie andersom
> nie.
Nou openbaar jy sommer nog slegte netiket ook! Waarom my woorde verander en
joune byvoeg, om jou te pas? En as jy nou tussen my lyne wil probeer lees,
probeer tog maar om dit korrek te doen! En waar op deeske aarde het ek
Australië opgehemel? Ek stel die feite soos dit is en nog altyd was, en wys
uit dat jou veronderstellings nie reg is nie. Lyk my nie jy hou daarvan
nie? Wanneer laas was jy in Australië?
Op die oomblik stel ek nie belang daarin om terug te keer na SA nie - dit
het beslis niks met vrees te doen nie. Bowendien kan ek dit ook nie nou
bekostig nie. En van my ouers weet jy te min om van hulle hier te praat.
En op die oomblik weet ek te min van die situasie in SA om die land te
probeer ophemel. Al wat ek weet is dat my hele familie nog steeds baie
gelukkig en veilig daar woon, en niks slegs het nog met hulle gebeur nie
(nie waarvan ek weet nie, in elk geval). Vir my was SA altyd goed, en
daarom sal ek my geboorteland nooit slegpraat nie - maar my nuwe tuisland
behandel my net so goed, en daarom sal ek dit altyd uitwys as iemand die
verkeerde veronderstellings maak sonder om dit self te bevestig het deur 'n
lang tydperk hier deur te bring. Mens hoef mos nie 'n ander land af te
kraak net om te probeer bewys of regverdig dat wat in jou land aangaan, nie
so vreeslik is nie.
En Didi, Texas is sommer baie ver van Australíë af... En ek weet dat dinge
wel in Amerika baie verander het, maar beslis nie hier nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Egbreuk [boodskap #58830 is 'n antwoord op boodskap #58821] |
Ma., 18 Maart 2002 08:06  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Wouter
> Ja, maar jy kan nie egbreuk sonder pyn nie....
KinkY: Ek wonder sommer hoe jý weet . . .
Wouter
Ek het (gelukkig) nie persoonlike ondervinding daarvan
nie, maar dis gelukkig ook nie nodig nie. Ek het toevallig
dié naweek na die ou fliek "The story of us" gekyk. Dit
illustreer daardie pyn baie goed
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 20:32:49 UTC 2025
|