Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mugabe heeft gewonnen
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58600 is 'n antwoord op boodskap #58574] |
Wed, 13 March 2002 18:04   |
newsgroup.nl
Boodskappe: 96 Geregistreer: March 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Wed, 13 Mar 2002 10:43:17 +0100, "emmy" wrote:
> Hoe ;-((
> ??????????????????????
> Ik vrees dat de bevolking dat niet meer kan accepteren.
> reacties uit http://www.news24.co.za/News24/Home/
>
> Triest triest triest ...
>
> grt emmy
>
Lees nou drie van jou vriende se mening hieroor Emmy:
Jonas sê so:
> Die Suid-Afrikaanse waarnemers was darem maar vinnig om die verkiesing vry
> en regverdig te verklaar...
>
> Is die bordjies nou verhang, en is Broer Mugabe Broer Thabo vir ewig
> dankbaar?
>
> Die volgende stap gaan wees wanneer Mugabe die tuig neerlê as oorwinnaar, en
> hom in die Kaapse Skiereiland gaan vestig - met lyfwagte wat deur die
> Suid-Afrikaanse belastingbetaler vergoed sal word.
Annette se mening klink so:
> Ek dink Mugabe het 'n nuwe presedent geskep van hoe 'n vry en regverdige
> verkiesing behoort gehou te word:))
> Met ons volgende verkiesing kan Onse Prez ook 17 uur voordat die verkiesing
> begin verklaar dat al die stemstasies slegs in die voorafbenadeelde gebiede
> sal wees:))
>
> Annette
>
en Davie Davis sê:
Onthou net Emmy, dat dié din verder uitkring as slegs Rhodesië.
Die terroristiese Suid Afrikaanse regering het dit saam met die res
van Afrika as 'vry en regverdig' bestempel. En dit is net hiér wat ek
aan jou wil noem dat die huidige anc regering aan bewind is omdat
mense soos jy, Gloudina, Arthur (jy het dit erken in onlangse skrywe
Arthur) en die res van Europa en Amerika die witman in die land
verraai het. Maak jou geslote oë oop Emmy, en jy sal sien dat ek hier
nie meer van Zimbabwe praat maar van my land wat op dieselfde pad is.
Europa en die VSA sal nou sanksies (slim sanksies wat vir my bra dom
klink) teen Zimbabwe instel maar nie teen ons, want ons is waar julle
ons wil hê. Sò eenvoudig , die sanksies sal nie realiseer nie want ons
sal die deur oophou oor die Beitbrug.
Luister na Sakkie en noem hom vyandig teenoor die Nederlanders. Dis
nie regtig waar nie maar wat die geval is, is dat wanneer sò iets
gebeur, ons slegs terugroep hoe die hele buitewêreld ons
ekonomies seer gemaak het met sanksies. En ons weer bitter voel
teenoor die buiteland.
As jy die nuus vanaand saam met my kon luister Emmy, sou jy hoor hoe
Mbeki sê dat òns Zimbabwe sal help om sy ekonomie te herstel. Dis dà n
wanneer ek regverdiging soek vir belastigbedrog.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58661 is 'n antwoord op boodskap #58655] |
Thu, 14 March 2002 18:40   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur Hagen wrote:
> Hm, ja en de mensen die wel ervaring en opleiding uitrangeren en practisch
> verdrijven naar het buitenland
Luister, Arthur, hierdie storie van al die
"mense met ervaring en opleiding" wat "verdryf
word na die buiteland" moet mens ook met 'n
knippie sout neem. Die wit mense met die goeie
kennis en ervaring sit heelwaarskynlik nog lekker
in SA. Die mense wat deesdae uit SA padgee, is
volgens my observasie van die kwaliteit van die
mense wat hier in Kanada aankom, maar 'n
wankelrige klomp. Mens kry die indruk dat hulle
hulle onmiddellik bedreig gevoel het toe die
oorgang gebeur het, omdat hulle van wans af nie
baie goeie werkers was nie, maar deur hulle wit
velle beskerm is. Hulle verloor dan ook maklik
hulle "professionele" werk, en moet tevrede wees
met iets meer afgeskaalds hier in Kanada.
Die werklike verlies van hoogs-geskoolde mense
uit SA het gedurende die apartheidsregime gebeur.
Toe het daar strome en strome dokters en professore
en ander hoogs opgeleides uit SA gegaan. Hier in
Ottawa is baie van die dokters en spesialiste oud-
Suid-Afrikaners, en in baie universiteite begin die
groot aantal professore van SA oorsprong nou aftree.
Behalwe die blanke chicken run gedurende die apartheids-
jare, het strome "kleurlinge" en swart Suid-Afrikaners
SA verlaat en vind mens hulle nou oral in die Kanadese
maatskappy ingeburger.
Ek kan jou verseker, nie alles is maneskyn en rose
vir na-1994 emigrante uit SA wat hier in Kanada aankom
nie. En hulle gee SA in baie gevalle 'n slegte naam.
Want dekades gelede het mense hier, as hulle gehoor het
jy kom van SA, vir jou baie respek betoon want hulle het
geweet dat Suid-Afrikaners kwaliteit opleiding het. En
die tipe Suid-Afrikaner wat uit SA padgegee het as gevolg
van apartheid, was ook kwaliteit in hulle professies.
As mens deesdae 'n oud-Suidafrikaner ontmoet, dan vra
jy vir hom wanneer hy na Kanada gekom het. Die datum vertel
vir jou boekdele.
Gloudina
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58664 is 'n antwoord op boodskap #58658] |
Thu, 14 March 2002 18:52   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
emmy wrote:
> Duitsland haalt ITers binnen uit India
My teorie is dat ons in die Weste, in
die volgende honderd jaar, 'n grootskaalse
verskuiwing sal sien in die gesigte van
die intelligentsia en hoogs-geskoolde
mense - hulle sal meer en meer óf van die
Indiese subkontinent afkom, of kinders wees
van mense wat daar gebore is. Dis al baie
duidelik hier in Kanada. En ek merk op dat
CNN se mediese korrespondent ook nou 'n
baie oulike jong man, duidelik van Indiese
afkoms, is.
Indië is al lankal die grootste uitvoerder
van sagteware in die wêreld.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58671 is 'n antwoord op boodskap #58661] |
Thu, 14 March 2002 19:27   |
newsgroup.nl
Boodskappe: 96 Geregistreer: March 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Thu, 14 Mar 2002 18:40:02 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Arthur Hagen wrote:
>
>
>> Hm, ja en de mensen die wel ervaring en opleiding uitrangeren en practisch
>> verdrijven naar het buitenland
>
>
> Luister, Arthur, hierdie storie van al die
> "mense met ervaring en opleiding" wat "verdryf
> word na die buiteland" moet mens ook met 'n
> knippie sout neem.
>
> Gloudina
'n Baie goeie kennis het laat verlede jaar daar na jou hometown
ge-emmigreer. As dit dalk gebeur dat jy om een of ander rede vir
Chris Baben ('n geneesheer) ontmoet, dra my groete oor. Baie toevallig
was sy broer Len, (ook 'n geneesheer) daar by julle vir etlike jare,
maar hy het terug gekom en Chris se praktyk (waar hyself ook voorheen
was) oorgeneem met Chris nou daar by julle. Volgens die laaste epos na
sy ex spreekkamer, is dit nie so maklik om vanaf die sonnige SA in die
Kanadese ysigheid aan te pas.
DD
|
|
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58690 is 'n antwoord op boodskap #58661] |
Fri, 15 March 2002 04:04   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Staaaaadig oor die klippe Gloudina.
Veralgemening is 'n vreeslike ding.!!
Ek sou nie een van my vriende. kliënte of kennisse wat nou in die buiteland
sit as swak mense beskou nie.
Annette
skryf in boodskap news:3C90EEC7.3000709@rogers.com...
>
> Arthur Hagen wrote:
>
>
>> Hm, ja en de mensen die wel ervaring en opleiding uitrangeren en practisch
>> verdrijven naar het buitenland
>
>
> Luister, Arthur, hierdie storie van al die
> "mense met ervaring en opleiding" wat "verdryf
> word na die buiteland" moet mens ook met 'n
> knippie sout neem. Die wit mense met die goeie
> kennis en ervaring sit heelwaarskynlik nog lekker
> in SA. Die mense wat deesdae uit SA padgee, is
> volgens my observasie van die kwaliteit van die
> mense wat hier in Kanada aankom, maar 'n
> wankelrige klomp. Mens kry die indruk dat hulle
> hulle onmiddellik bedreig gevoel het toe die
> oorgang gebeur het, omdat hulle van wans af nie
> baie goeie werkers was nie, maar deur hulle wit
> velle beskerm is. Hulle verloor dan ook maklik
> hulle "professionele" werk, en moet tevrede wees
> met iets meer afgeskaalds hier in Kanada.
> Die werklike verlies van hoogs-geskoolde mense
> uit SA het gedurende die apartheidsregime gebeur.
> Toe het daar strome en strome dokters en professore
> en ander hoogs opgeleides uit SA gegaan. Hier in
> Ottawa is baie van die dokters en spesialiste oud-
> Suid-Afrikaners, en in baie universiteite begin die
> groot aantal professore van SA oorsprong nou aftree.
> Behalwe die blanke chicken run gedurende die apartheids-
> jare, het strome "kleurlinge" en swart Suid-Afrikaners
> SA verlaat en vind mens hulle nou oral in die Kanadese
> maatskappy ingeburger.
> Ek kan jou verseker, nie alles is maneskyn en rose
> vir na-1994 emigrante uit SA wat hier in Kanada aankom
> nie. En hulle gee SA in baie gevalle 'n slegte naam.
> Want dekades gelede het mense hier, as hulle gehoor het
> jy kom van SA, vir jou baie respek betoon want hulle het
> geweet dat Suid-Afrikaners kwaliteit opleiding het. En
> die tipe Suid-Afrikaner wat uit SA padgegee het as gevolg
> van apartheid, was ook kwaliteit in hulle professies.
> As mens deesdae 'n oud-Suidafrikaner ontmoet, dan vra
> jy vir hom wanneer hy na Kanada gekom het. Die datum vertel
> vir jou boekdele.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58732 is 'n antwoord op boodskap #58724] |
Fri, 15 March 2002 17:53   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Danielle wrote:
> Die vraag wat ek altyd vra en nooit juis 'n antwoord op kry nie, is
> hoeveel van die mense wat SA verlaat het tydens die ou apartheids en
> onderdrukkingsjare het teruggekeer na '94? Die algemene verskoning is
> dat hulle nou so ingeburger is in hulle nuwe land ens ens.
Daar is baie faktore wat jy nie in ag
neem nie, en wat jou denke verkrompe
maak oor hierdie saak. Neem die volgende
in ag:
(1) Die mense wat gedurende die sestiger
en sewentigerjare uit SA padgegee het,
was opgevoede, goed-opgeleide mense
wat die nodige balans gehad het en
maklik in hulle aangenome lande kon
aanpas.Hulle sal deurgaans vir jou
vertel hoe lief hulle hul aangenome
land het.
Baie van die mense wat na 1994 padgegee
het, kla oor die algemeen baie oor hul
aangenome land, sit in klein enclaves
hier in Kanada (byvoorbeeld in Toronto)
en assosieer baiekeer net met hulle
klein emigré groepie. Ons het 'n eks-
SA hier in die gebou waar ek woon. Ek
het haar nog nie ontmoet nie, maar
iemand anders vertel my nou die dag hoe
'n onaangename mens sy is. Nie net sit
en smeer sy SA aanhoudend swart nie, maar
niks in Kanada is glo ook goed nie. Sulke
mense maak hulle onpopuler by die Kanadese
hier.
(2) Waarom sou ek teruggaan SA toe? Na 'n plek waar daar
nog 'n klomp wittes sit wat ook sit en kla oor alles
en nog wat?
En onthou altyd, die apartheidsvarke het my uit Suid-
Afrika laat vlug. Ek het my nuwe land met my hele hart
aangeneem. Ek is al net solank in Kanada as wat ek in
SA was (my man is nou langer in Kanada as wat hy in SA
was.) Hierdie gesanik van jou dat ek nou glo moet
"teruggaan" na SA is net 'n klomp ikoniese bog wat wit
SA en eks-suidafrikaners as 'n wapen probeer gebruik
om die mense wat protes aangeteken het teen apartheid
sleg te laat voel. Geen swart Suid-Afrikaner sanik soos
sommige wit Suid-Afrikaners dat ons moet "teruggaan" na
SA nie. Sou jy vir die Hugenote gesê het dat hulle moet
teruggaan Frankryk toe, 'n land waaruit hulle weggevlug
het weens hulle oortuigings?
En anders as jy, dink ek dat Suid-Afrika wonderlik doen
vir 'n land wat minder as tien jaar gelede uit 'n half-
eeu van diktatorskap uitgekom het. Kyk maar wat in
Argentinië gebeur.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58745 is 'n antwoord op boodskap #58732] |
Fri, 15 March 2002 19:18   |
newsgroup.nl
Boodskappe: 96 Geregistreer: March 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Fri, 15 Mar 2002 17:53:47 GMT, "@rogers.com" wrote:
> En anders as jy, dink ek dat Suid-Afrika wonderlik doen
> vir 'n land wat minder as tien jaar gelede uit 'n half-
> eeu van diktatorskap uitgekom het. Kyk maar wat in
> Argentinië gebeur.
>
> Gloudina
>
Die byvoegsel Gloudina, beteken natuurlik nie dat ek saamstem met
wat jy sê nie. Inteendeel, ek dink dat Danielle se stelling masiewe
gewig dra. Wat ek hier aanlas, is slegs in (gedeeltelike!)
bevestiging van wat jy hier bo sê.
7 Januarie die jaar het Dave Du Plessis, Senior Finasiële Adviseur by
'n internasionale finansiële instelling en eienaar van 'n Beslote
Koëperasie 'n groep makelaars toegespreek. Sy mooi sekretaresse het
dit wat hy gesê het met haar ongelooflike vinige snelskrif neergepen
en hier is 'n snit uit wat hy gesê het.
********
Miskien moet ons dinge in 'n heel ander lig sien. Bly wees dat ons in
Suid Afrika woon - want in die Weste gaan dit slegter., met Suid
Afrika gaan dit beter. Pessimistiese brille moet afgehaal word en ons
moet dinge raaksien soos dat die Weste glad nie meer so 'n veilige
plek is om in te woon soos ons graag glo nie. Dinge moet raaksien soos
die feit dat 11 September se terroriste-aanvalle weggedoen het met die
kommervryheid van lewe in Amerika, Europa en selfs Australië. Ek hoop
dat dit nie die geval is nie maar net miskien is 11 September die
inwyding van 'n lang en senutergende terroristeveldtog in die Weste.
In teenstelling daarmee het Suid-Afrika 'n geweldige misdaadprobleem.
Maar kan die buiteland van misdaad in die land praat en die
terroristeprobleem by hulle agter die deur invee?
Wanneer ons deur 'n ekonomiese bril kyk sien ons dat die ekonomiese
reus, Amerika se ekonomiese groei tans 0.4% per jaar beloop.
Werkloosheid neem weekliks toe. Insolvensie skiet op. 'n Rekord 224
genoteerde maatskappye met bates van meer as $180 biljoen is verlede
jaar bankrot verklaar. Amerika se totale skuld (regering, kommersieel
en huishoudings) beloop nou $30 triljoen. Dit gee 'n gemiddeld van
$108 000 vir elke man, vrou en kind in Amerika.
In Europa is dit soorgelyk. 'n Resessie lê voor die deur, werkloosheid
neem vinnig toe en skuldvlakke is ongesond hoog.
Japan? Hy is nou al vir tien jaar lank in 'n resessie. Eiendomspryse
en aandeelpryse het al met 80% geval. Daar is geen verbetering in sig
nie. Kom ons kyk verder in Asië. Singapoer en Taiwan is reeds in diep
resessie, en daar word verwag dat Maleisië, Suid-Korea, Thailand en
andere binnekort sal volg. Oos-Asiese lande se uitvoere kan in die
komende jaar met 40% tot 50% daal.
Terug by Amerika kyk ons na die huidige Enron skandaal wat vir my
ietwat na 'n Bush verleentheid lyk. Dit is dieselfde Enron wat die
grootste enkele finansiële bydrae tot Bush se veldtog bygedra het.
Dit bring ons by die sonnige Suid-Afrika. Ons uitvoere floreer!
Uitvoervolumes het die laaste twee jaar met 28% gegroei, en groei
steeds, ten spyte van die wêreldresessie. Skuldvlakke is relatief
laag. Inflasie is onder beheer. Rentekoerse is die laagste wat hulle
in dertien jaar was.
En die belangrikste van alles is: Die Suid-Afrikaanse ekonomie groei
steeds met tussen 1% en 2% per jaar. Onthou dat die groei plaasvind
terwyl Amerika, Europa en groot dele van Asië in 'n resessie verkeer!
Die swak rand is 'n seën omdat ons nou goedere teen 40% goedkoper kan
produseer as wat dit byvoorbeeld in Amerika geproduseer kan word.
Danksy die swak rand vind 'n daling elke jaar in ons produksiekoste
(gemeet in dollars) plaas. Ons is tans die goedkoopste land ter
wëreld. Op die lang duur kan dit tot 'n ekonomiese wonderwork vir
Suid-Afrika lei, en elke persoon in Suid-Afrika sal eventueel uit
sulke ekonomiese voorspoed voordeel trek.
Ekonomiese voorspoed sal eventueel lei tot laer misdaad, hoër
salarisse, belastingverminderings en 'n vloedgolf nuwe
besigheidsgeleenthede vir kleiner besighede.
Die wiel draai. Terwyl meeste groot Westerse lande 'n ekonomiese
krisis in die gesig staar, gaan dit al hoe beter in Suid-Afrika.
Nee, Suid-Afrika is nie perfek nie. Maar eendag sal ons leer rugby
speel ook.
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58750 is 'n antwoord op boodskap #58745] |
Fri, 15 March 2002 19:55   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
Inteendeel, ek dink dat Danielle se stelling masiewe
> gewig dra.
Dit sal natuurlik nog meer gewig dra
as jy massiewe met twee esse skryf.
Tant Hessie van die Derde Republiek
se diktee-administrasie.
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58751 is 'n antwoord op boodskap #58745] |
Fri, 15 March 2002 20:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
> Dit bring ons by die sonnige Suid-Afrika. Ons uitvoere floreer!
> Uitvoervolumes het die laaste twee jaar met 28% gegroei, en groei
> steeds, ten spyte van die wêreldresessie. Skuldvlakke is relatief
> laag. Inflasie is onder beheer. Rentekoerse is die laagste wat hulle
> in dertien jaar was.
> En die belangrikste van alles is: Die Suid-Afrikaanse ekonomie groei
> steeds met tussen 1% en 2% per jaar. Onthou dat die groei plaasvind
> terwyl Amerika, Europa en groot dele van Asië in 'n resessie verkeer!
Een van die grootste negatiewe elemente wat
SA in die wiele ry, is die klomp emigrés wat
vir die mense in die buitewêreld sit en vertel
hoe "gevaarlik" dit in SA is. En mense in SA
wat dieselfde dinge op nuusgroepe sit en vertel.
Ek moet byna weekliks vir iemand vertel dat my
familie en vriende daar doodgelukkig lewe. Want
hulle oë rek as hulle hoor ek kom oorspronklik
van SA en dan begin hulle vir mý vertel hoe
"gevaarlik" dit daar in SA is. Gelukkig kry
sommige so stadigaan beter informasie. Iemand
merk nou die dag op dat sy lees dat Kaapstad
een van die geliefkoosde plekke is van Europeërs,
waar veral Britte eiendomme opkoop. Maar sy was
oorspronklik Switsers, en het vir die Rooi Kruis
oral in Afrika gewerk. So sy ken die res van
Afrika taamlik goed. Toe ek vir haar uitvra oor
hoeveel sy van SA gesien het ( dis nou voor 1994)
toe sê sy, nie teveel nie, want sy kon dit nie
stomach hoe die blonde mans op die Johannesburgse
lughawe haar swart kollegas behandel as hulle daar
moes oorklim nie. So sy ken Swaziland goed ( was
daar in 1994) en Botswana en Lesotho, maar vir SA
het sy geen tyd daardie dae gehad nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58755 is 'n antwoord op boodskap #58661] |
Fri, 15 March 2002 20:36   |
Tjaart Riekert
Boodskappe: 38 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek lees nou al vir 'n geruime tyd almal se bydraes op hierdie ng en ek hou
van almal se bydraes en veral wanneer Annette haar 'Nuusies" plaas - ek kan
nooit wag vir die weeklikse update nie!
Maar ek is nou moeg vir die Lastige Liddoring se siniese op- en aanmerkings.
En om dus enige verdere warm boordjies te vermy het ek die besluit geneem om
nie langer deel te hê aan hierdie ng nie.
Ek sal maar die dagblaaie lees en hoop dat ek 'n redelike objektiewe beeld
van die nuus in my land sal kan ontvang.
En glo my as ek sê dat ek wel die ng gaan mis, maar ek vind dit uiters
onregverdig om konstant uitgeskel te word as 'n swak wit Suid-Afrikaner.
Ek sal probeer om kortliks die redes uiteen te sit waarom ons onsself in
Ierland bevind:
Die grootste rede is, ons het twee kinders (6 en 4 jaar) vir wie die lewe
nog voorlê en SA kan nie in hul onderrig voorsien op hierdie stadium en
hulle voorberei vir volwassenheid nie.
Verder is my man 'n hoogs opgeleide, professionele persoon wat 'n
invloedryke pos beklee, 'n werk wat hom meer van my af wegneem en my dwing
om 'n alleenouer in die week te wees sonder die bystand en ondersteuning van
my wonderlike ouers, maar ek kla nie, want dit was immers ons keuse en ons
het heeltemal oop oë die geleentheid aangeneem.
Ek is Ierland baie dankbaar vir dit sy aan ons verskaf, ten minste leef ons
in veiligheid en kan ek slaap in die nagte wanneer my man nie by my isnie,
sonder twee handwapens onder my kopkussing.
Ek is en sal altyd dankbaar wees vir SA, dit is nog steeds my land en as ek
miskien 'n ouer persoon was sonder die belangrike taak van twee jong telgies
grootmaak, sou ek beslis gebly het, maar ek kan nie wag vir 'dinge' om te
verbeter nie, want my kinders gaan nie wag om groot te word nie en
uiteindelik wil ons as ouers opreg kan sê dat ons alles in ons vermoë gedoen
het om hulle vir die lewe toe te rus.
Verder glo ek dat daar 'n Plan is met ons hier, of dit nou is om 'n bydrae
tot Ierland maak of miskien op 'n ander wyse tot SA by te dra, wie weet?
Daar is 'n Rede!
Ek mis my land, ek mis my vriende, ek mis my familie en veral my ouers en ek
is ongelooflik spyt dat my kinders nie die voorreg het om hul oumas en oupas
te ervaar in hierdie hul belangrike vormingsjare nie.
Nou het ek my sê gesê, beslis toe nie kortliks nie! :-)
Hiermee sluit ek dus die hooftstuk af.
Groete
Patricia
|
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58763 is 'n antwoord op boodskap #58700] |
Sat, 16 March 2002 01:12   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
En 'heelwaarskynlik' praat
> jy weer bollie - dokters waai by die hope, daar is 'n krisis met die
> vertrek van hoog gekwalifiseerde verpleegpersoneel en in die IT veld is
> ons mense ook baie gesog oorsee. Kortom - ons is steeds besig om baie
> gekwalifiseerde mense te verloor
Dit is presies wat hier in Kanada ook
gebeur. Waarom dink jy moet ons SA
dokters op kontrakte invoer om op die
prairies en in die noorde te kom
praktiseer - omdat ons eie dokters-
studente nie op uithoeke en allenige
plekke wil praktiseer nie. Ek neem
aan dieselfde ding gaan aan in SA.
Enigiemand wat op die platteland wil
werk, sal heelwaarskynlik maklik werk
kry.
Maar ek verseker jou, voordat iemand
hier IT mense huur uit SA, sal hulle voorkeur
gee aan Sjinese en Indiese en Koreaanse en
Japannese mense wat aansoek doen. Veral die
huidige immigrante uit SA is nie baie gewild
nie, want baie van hulle weet nie wat harde
werk beteken nie. Of hulle is baie stadig om
te besef dat die deursnee Noord-Amerikaner
baie harder werk as die deursnee Suid-Afrikaner,
wat nog altyd bederf is deur die wette wat hulle
beskerm het tot onlangs.
Gloudina
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58769 is 'n antwoord op boodskap #58745] |
Sat, 16 March 2002 07:14   |
bobby's girl
Boodskappe: 139 Geregistreer: December 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf in boodskap news:drg49u8oeecslkceiou9ignfuobc0rsdt2@4ax.com...
> die feit dat 11 September se terroriste-aanvalle weggedoen het met die
> kommervryheid van lewe in Amerika, Europa en selfs Australië.
Huh? Ag, nee wat, Didi, nou praat jy sommer lekker onsin hier! En gaan sê
dit sommer vir Dave ook, né. Ons bang niemand hier onner nie! En ek kan
jou verseker, niks het verander nie, Ons leef nog altyd sorgeloos, vry, en
liefdevol saam. En die son is nog net so warm, en al die diertjies speel
nog lekker saam. En ons hou nog steeds braaivleis en ons ry nog lekker
rond. Die enigste ding wat hier verander het, is dat meer mense nou hul
geld hier in Australië spandeer en eerder in hul eie wonderlike land
vakansie hou, eerder as om oorsee te gaan rondry. Want dis so lekker en
veilig hier.
|
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58775 is 'n antwoord op boodskap #58769] |
Sat, 16 March 2002 09:39   |
newsgroup.nl
Boodskappe: 96 Geregistreer: March 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Sat, 16 Mar 2002 17:14:45 +1000, "me & bobby magee"
wrote:
>
> Huh? Ag, nee wat, Didi, nou praat jy sommer lekker onsin hier!
> Die enigste ding wat hier verander het, is dat meer mense nou TE BANG
> IS OM VIR HUL OUERS IN ONDERMEER SA TE GAAN KUIER EN DUS
> hul geld hier in Australië spandeer en eerder in hul eie wonderlike land
> vakansie hou, eerder as om oorsee te gaan rondry.
Mens moet somtyds tussen die lyne ook lees né Me? Dis sò lekker
wanneer julle jul lande teenoor Suid Afrika ophemel en nie andersom
nie. Wanneer julle verduidelik dat dit nie so sleg gaan daar soos ons
gedink het nie..
Nie lank gelede nie was ek (by die WestGate winkel sentrum) in gesprek
met iemand wat 'n spuitverwer in Texas is. Volgens hom veroorsaak
vrees 'n geweldige finansiële verlies vir ondermeer lugvervoer
instellings. Tot sy voordeel natuurlik, want hy koop 'n vliegkaartjie
nou heelwat goedkoper as 'n jaar gelede.
Ook sal dit selfs met die Suid Afrikaanse sokkerspanne beter gaan want
die Bafana Bafana wat einde Mei na die wêreldbeker toernooi reis, sal
'n geweldige klomp tegniese beamptes (26) ingesluit hê, waaronder
ondermeer Joe Nkosi en Lawrence Ngubane. Die twee is aangestel vir
spesiale projekte maar Jomo Sono, nuwe afrigter van Bafana Bafana, kon
nie werklik verduidelik wat die projekte is nie."As jy 'n man van Suid
Afrika is, sal jy nie so 'n vraag vra nie." het hy gesê toe 'n
joernalis daarna vra.
Na bewering sal hulle die moeti-manne wees wat met die Afrika-medisyne
rondloop.
Beeld - Vrydag 15/03/2002 bl. 2 Marjolein Van Der Stadt.
|
|
|
Re: Mugabe heeft gewonnen [boodskap #58782 is 'n antwoord op boodskap #58769] |
Sat, 16 March 2002 11:51   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek moes ook maar hierdie jaar hier bly en die lewe hier geniet, want ek kan
nie bekostig om in Engeland te gaan piepie nie:))
Annette
wrote in message
news:saCk8.12735$uR5.26890@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:drg49u8oeecslkceiou9ignfuobc0rsdt2@4ax.com...
>
>> die feit dat 11 September se terroriste-aanvalle weggedoen het met die
>> kommervryheid van lewe in Amerika, Europa en selfs Australië.
>
> Huh? Ag, nee wat, Didi, nou praat jy sommer lekker onsin hier! En gaan sê
> dit sommer vir Dave ook, nè. Ons bang niemand hier onner nie! En ek kan
> jou verseker, niks het verander nie, Ons leef nog altyd sorgeloos, vry, en
> liefdevol saam. En die son is nog net so warm, en al die diertjies speel
> nog lekker saam. En ons hou nog steeds braaivleis en ons ry nog lekker
> rond. Die enigste ding wat hier verander het, is dat meer mense nou hul
> geld hier in Australië spandeer en eerder in hul eie wonderlike land
> vakansie hou, eerder as om oorsee te gaan rondry. Want dis so lekker en
> veilig hier.
>
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:50:30 UTC 2025
|