Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tilla Diedericks (geb. 1946) Huisvrou
Tilla Diedericks (geb. 1946) Huisvrou [boodskap #57728] Do, 21 Februarie 2002 15:05 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Tilla Diedericks (geb. 1946)

Huisvrou

My blerrie plante groei
ál skeef,
neuk eenkant toe.
Ek troetel en praat
met hulle,
speel Bach ook;
help niks.

Die are in my bene
rank pers soos bougainvillea
al in die rondte
en my hande swel van die hitte -
voete ook, jissis.

Die yskas gorrel,
die toilet is stukkend,
die deure val uit hul skarniere.
Die donnerse vlieë
swerm die hele huis vol;
Doom stink in die kombuis.

Toiingrige gordyne hang
voor vuil vensters,
die wasmasjien tjank
en die kaste gaap oopmond
honger.

Die tuinman hou nog naweek
en die swembad
lê soos 'n vlei vol blare.
Die hittige hond se
bedmaats kruip knaend
deur die hek
en kom bogger my tuin op.

Ja, ja, trou tot in ewigheid.
Dit beloof ek.
Hel.
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Re: Tilla Diedericks (geb. 1946) Huisvrou [boodskap #57736 is 'n antwoord op boodskap #57728] Do, 21 Februarie 2002 18:52 Na vorige boodskap
Doringrosie  is tans af-lyn  Doringrosie
Boodskappe: 19
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
DR: Ek kan nou nie help om te wonder of jy ook vandag soos Brink se
gedigvrou voel nie, Kwarantyn?

Hierdie gedig het my skielik aan die boek, Triomf van Marlene van
Niekerk laat dink! Wie van julle het die boek gelees? Ek het my
doodgesukkel!! Gesukkel om die deur die wanhoop van die karakters te
lees~!

"Kwarantyn" skryf in boodskap news:...
> Tilla Diedericks (geb. 1946)
>
> Huisvrou
>
> My blerrie plante groei
> ál skeef,
> neuk eenkant toe.
> Ek troetel en praat
> met hulle,
> speel Bach ook;
> help niks.
[kni]
Vorige onderwerp: Kaapstad - voorgestelde nuwe naam!
Volgende onderwerp: Johann de Lange (geb. 1959) Kusdorp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 04:16:17 MGT 2024