Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE
REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57558] |
Fri, 15 February 2002 19:03  |
Grahame
Boodskappe: 131 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
'n Verkeersinspekteur sê eendag vir my dat as hy iemand toets en die ou
praat van 'n "vinnige baan" dan dop hy hom onmiddelik. Daar is geen so 'n
ding nie maar wel 'n verbysteekbaan of overtakingbaan. Ek bly gewoonlik
daar uit en slegs wanneer ek stadige voertuie verbysteek gaan ek oor na die
regterbaan. Selfs hier het jy skaars een of meer stadige voertuig begin
verbysteek dan is daar 'n BMW of Mercedes agter jou met flitsende ligte dat
jy uit "sy" baan moet padgee.
Ons het (noodwendig) "af"gery Kaaptoe (eskuus Annette) weens siekte en toe
via PE teruggekom en was gladnie verbaas toe ons oor die Vaal verby
Vereeniging kom dat ek net woes moes padgee vir "busy professionals" wat met
geweld op hulle vinnige baan aanspraak maak en ek het gedink dit is snaaks
dat dit net hier gebeur. Meeste van hulle is snotkinders en Vrystaters.
Ek het vanoggend 'n heel skaflike Swarte ontmoet (James) en toe ek hom vra
watse werk hy doen sê hy hy's 'n Taxidrywer. Instinktief voel ek onder my
hemp na my .38 Special maar toe ek die ou beter leer ken sien ek dat hy
nogal 'n danklose soort werk doen en dat (soos hy sê) daar baie ander
drywers is wat sy amp 'n slegte naam gee. O wel.
Groetnis en bly uit die vinnige baan al dryf jy 'n 2.5 liter ses-silinder
Mazda 626 Executive wat kak uit enige BMW of Merc sal ry.
|
|
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57573 is 'n antwoord op boodskap #57558] |
Sat, 16 February 2002 06:56   |
Piet Pompie
Boodskappe: 13 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
> verbysteek dan is daar 'n BMW of Mercedes agter jou met flitsende ligte
dat
Ek't nog altyd gedink die regterbaan is ingesluit in die prys.
Waarom anders koop hulle dan die goed.
> Groetnis en bly uit die vinnige baan al dryf jy 'n 2.5 liter ses-silinder
Ek probeer my baanwisselings minimeer so selfs in spitstyd wanneer
die regterbaan die stadigste is, skuif ek daarin en ry tot by die nodige
afrit. Ek beskou 'n baan wisseling as een van die moontlike ongeluk
bronne, want op daardie stadium moet jy jou aandag verdeel tussen
die twee bane voor, die een aan jou kant en die twee agter.
Die regterbaan raak gevaarlik wanneer die verkeer spoed optel en as die
verkeer te vinnig begin beweeg moet jy eerder uitklim. Ons het vloei
meganika
modelle op verkeer gedoen by die UOVS. Wanneer daar genoeg motors op die
pad is begin verkeer soos 'n vloeistof optree. Jy kodeer die gemiddelde
bestuurder se reaksie tyd en besluit dan hoeveel motors voor hom
hy op reageer.
Dit is natuurlik baie vereenvoudig maar al die basiese beginsels
van vloeibeweging geld. Byvoorbeeld, in 'n vloeistof is 'n skokgolf se spoed
altyd konstant en en die rigting teen die rigting van die vloei.
So is die snelheid van klank in lug konstant by 'n sekere druk,
en die snelheid van klank in yster weer 'n ander konstante.
Gaan kyk maar in die nag as die verkeer vinnig vloei en iemand hard rem.
Die bestuurders agter die oorsaak se remligte flits terug en veroorsaak 'n
golf beweging teen die rigting van die verkeer.
Die spoed waarteen die golf beweeg is eweredig aan die reaksietyd
van die bestuurders wat so ongeveer 100 ms is vir nugter mense, en is dus
grotendeels konstant.
Groot stede gebruik vloei modelle want 'n robot
veroorsaak effektiewelik 'n skokgolf wanneer hy rooi slaan, en as jy
robotte het wat se golwe superponeer kan jy frats golwe kry en
het jy 'n groot gemors.
Het jy al gewonder waarom die verkeer partykeer teen jou intuïsie
vinniger beweeg as die pad een baan nouer word? Dit is maklik om
te sien as jy aan 'n vloeistof dink. Wanneer die vloei konstant is het, maw
dieselfde motors kom in as wat uit gaan, moet die vloei noodwendig
vinniger in die nouer pyp beweeg as in die dik pyp om die vloei te handhaaf.
Anders as in 'n vloeistof waar die "druk van agter" die vloei beheer, word
verkeer se spoed beïnvloed deur die "trek van voor". Vir die wiskunde
is dit om't ewe.
As die bane vernou en jy kry nie die effek nie beteken dit die situasie is
nog te dinamies of die verkeer is nie dig genoeg om 'n goeie vloeistof
te wees nie.
> Mazda 626 Executive wat kak uit enige BMW of Merc sal ry.
Ek het nie so 'n Mazda nie maar ek hou baie van hom. Hy't dieselfde enjin
en vloerplan as die MX6 en is baie ondergewaardeer in die mark.
Ek weet nou nie van die "enige BMV" storie nie. Ons boekhouer ry 'n
BMW wat hy vir R40 000 gekoop het en R190 000 op gespandeer het.
(Sy vorige motor was 'n M3).
Hy't 'n pret knoppie in die instrumente paneel wat die vergasser oorskakel
na 'n tweede brandstof tenk wat een of ander ongeoorloofde mengsel
in het.
Met 'n vyf punt harnas wat aan die onderstel vasgebout is sê hy:
"Met hierdie ding het ek nie sluitweer nodig nie, ek gaan nêrens heen nie".
'n Mens kan maar net jou kop skud.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57607 is 'n antwoord op boodskap #57572] |
Sun, 17 February 2002 01:42   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Jonas wrote in message
> news:a4kkc4$5mv$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
>> Grahame - ek hoop ek verstaan jou korrek, en indien wel wil ek met jou
Annette, ek kon nie jou boodskap kry nie,
net wat jy aangehaal het. Sak Sarel.
Gloudina
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57608 is 'n antwoord op boodskap #57601] |
Sun, 17 February 2002 02:06   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
> Nóg 'n ding van Gautengers is... hoe slegter die sig, hoe vinniger ry hulle.
> As dit hard reën en die sig is nie meer as 50 meter nie, dan ry almal 150
> km/h. As daar 'n veldbrand is en die rook waai oor die pad, dan ry hulle so
> vinnig moontlik om deur die rook te kom sodat hulle tog nie 'n ongeluk maak
> nie.
Dis 'n verskynsel oral, nie net in Gauteng
nie. As ons deur Toronto se boonste gedeelte
ry en dit reën baie sleg, dan ry almal vinniger
as wat hulle normaalweg sou ry. (Kan iemand
verduidelik hoekom mense altyd vinniger ry
hoe intenser die verkeer? Dis nou te sê as
jy nie gedwing word om baie stadig te ry
weens een of ander blokkade nie. My man ry
ewe sedig die res van die pad, maar as hy
vir Toronto tref, dan ry hy soveel vinniger
as gewoonlik. Ek neem dis die mense om hom
wat hom dwing om dit te doen.)
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57614 is 'n antwoord op boodskap #57611] |
Sun, 17 February 2002 07:32   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Duitse autobahns is uitstekend.
Ek hoef niks te verduidelik nie - ek is 'n vrouebestuurder - wat geen hoed
dra nie;))))
Jonas, dit werk so - ek is op 'n hoofweg - drie bane - ek ry gewoonlik in
die middelste baan sodat ek nie hoef te wild hoef te swaai vir verkeer wat
van die kant af by afritte inkom en wat dit nie in hul kop kan kry om eers
te kyk of hulle veilig in die hoofverkeer kan inbeweeg nie - nee, hulle RY
net, en die arme verkeer in die linkerbaan moet of hewig ankers uitgooi of
uitswaai - wat ook al die veiligste opsie is. Die uitswaai bodder natuurlik
vir my in die middelste baan op, maar ek het ten minste 'n bietjie meer sig
en reaksietyd om die regte stap vir my eie veiligheid te doen.
Nou sien ek voor daar kom moeilikheid van die linkerkant af, en nadat ek my
flikkerliggie aangeskakel het, en wanneer dit veilig is na die regterbaan
verskuif het, sodat ek ewig rustig en al singende kan aanry sonder om my
spoed te veel te breek, kom daar van doerrrr verrrr agter af 'n motor met 'n
stink spoed aan .
1) Hy kan sien voor is 'n klomp karre wat almal teen 'n veel laer spoed as
hy beweeg.
2) Hy kan sien dat die regterbaan - waarvan ek nou die agterste ryer is - is
redelik vol, maar beweeg tog teen ten minste 120 km/u.
3) Hy kan sien dat bane 1 & 2 vol is, en dat ek met flikkerlig en al
uitbeweeg het toe dit vir my veilig was om die motors links van my verby te
steek.
Wat doen meneer?
Verminder spoed? Nee
Is 'n geduldige bestuurder en wag totdat ek weer veilig kan links beweeg -
met flikkerligte wat aantoon dat ek dit gaan doen wanneer dit vir my veilig
is - voordat hy dan kan aanry op die regterbaan?
Nee.
Nee, onse Ridder van die Wapad kom al selfoonpratende, of denkende aan
sekseskapades of hoe hy die wêreld gaan verower volspoed op my afgery,
slaan dan wreed rookband remme aan en flikker DAN verwoed sy ou liggies.
Sjeim
Hy kan wag, as hy wil, agter my, totdat ek veilig kan links beweeg wanneer
ek die motors links van my verbygesteek het wat teen 'n laer spoed as ek ry,
of hy kan verwoed heen en weer oor die bane beweeg.
Sy keuse.
Ek sien van ver af voertuie agter my wat aankom waarvan die noodligte
flikker, of ambulans, verkeers, polisie, of veiligheidsdienste waarvan die
noodligte flikker - en ek sal so gou as moontlik padgee wanneer dit vir my
veilig is - of ander moet hulle maar regs van my op die skouer verbybeweeg -
wat hulle in elk geval doen as hulle sien die regterbaan dra swaar verkeer,
en die ander bane is ook vol.
Soos ek gesê het - ons mense hier in die Kaap is nie soooo stoepit nie;)))
Ek weier net om aan te neem iemand in 'n privaatmotor agter my ontwikkel
skielik 'n noodsituasie nadat hy remme aangeslaan het omdat hy in elk geval
hopeloos te vinnnig gery het en 'n baie swak bestuurder is omdat hy nie die
situasie op die pad kan lees nie.
Dankie vir die tip oor die hoed:)))
Annette
Jonas skryf in boodskap news:a4ng17$np8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - jy maak dit vir my so maklik... Dis soos die Sondagomie met die
> hoedens op wat weier om oor die 60km spoedgrens te gaan.
>
> Die Duitse autobahns en die RSA snelweë verskil nie veel nie - oor die
> algemeen is ons nasionale paaie seker beter as die van die Duitsers? Wanneer
> die snelweg oor meer as twee bane in 'n enkel rigting bevat, waarom wil
> iemand die vinniger verkeer blokkeer? Verduidelik vir my daai ene...
> "Annette" wrote in message
> news:a4kq1b$10jva$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Maar Jonas, ons het nie Autobahns hier nie.
>> Sover ek weet - is die spoedbeperking op nasionale paaie 120km/u.
>> Dus, as ek teen daardie spoed in die regterbaan ry, dan is ek heeltemal
>> binne my reg.
>> :))
>> Annette
>>
>>
>> Jonas wrote in message
>> news:a4kkc4$5mv$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Grahame - ek hoop ek verstaan jou korrek, en indien wel wil ek met jou
>>> verskil. Die enkele faktor wat tot die meeste ongelukke bydra is die feit
>>> dat motoriste nie ag slaan op die feit dat hulle vir vinniger verkeer moet
>>> voorsiening maak nie.
>>> Gaan kyk gerus hoe die Duitsers dit op hulle autobahne doen, en dan sal jy
>>> met my saamstem.
>>>
>>> "Grahame" wrote in message
>>> news:a4jn3r$qkb$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>>> 'n Verkeersinspekteur sê eendag vir my dat as hy iemand toets en die ou
>>>> praat van 'n "vinnige baan" dan dop hy hom onmiddelik. Daar is geen so 'n
>>>> ding nie maar wel 'n verbysteekbaan of overtakingbaan. Ek bly gewoonlik
>>>> daar uit en slegs wanneer ek stadige voertuie verbysteek gaan ek oor na die
>>>> regterbaan. Selfs hier het jy skaars een of meer stadige voertuig begin
>>>> verbysteek dan is daar 'n BMW of Mercedes agter jou met flitsende ligte dat
>>>> jy uit "sy" baan moet padgee.
>>>>
>>>> Ons het (noodwendig) "af"gery Kaaptoe (eskuus Annette) weens siekte en toe
>>>> via PE teruggekom en was gladnie verbaas toe ons oor die Vaal verby
>>>> Vereeniging kom dat ek net woes moes padgee vir "busy professionals" wat met
>>>> geweld op hulle vinnige baan aanspraak maak en ek het gedink dit is snaaks
>>>> dat dit net hier gebeur. Meeste van hulle is snotkinders en Vrystaters.
>>>>
>>>> Ek het vanoggend 'n heel skaflike Swarte ontmoet (James) en toe ek hom vra
>>>> watse werk hy doen sê hy hy's 'n Taxidrywer. Instinktief voel ek onder my
>>>> hemp na my .38 Special maar toe ek die ou beter leer ken sien ek dat hy
>>>> nogal 'n danklose soort werk doen en dat (soos hy sê) daar baie ander
>>>> drywers is wat sy amp 'n slegte naam gee. O wel.
>>>>
>>>> Groetnis en bly uit die vinnige baan al dryf jy 'n 2.5 liter ses-silinder
>>>> Mazda 626 Executive wat kak uit enige BMW of Merc sal ry.
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57627 is 'n antwoord op boodskap #57558] |
Mon, 18 February 2002 08:12   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Grahame" skryf in boodskap news:a4jn3r$qkb$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> 'n Verkeersinspekteur sê eendag vir my dat as hy iemand toets en die ou
> praat van 'n "vinnige baan" dan dop hy hom onmiddelik. Daar is geen so 'n
>
Durbaniete se bestuursgewoontes is uiters frustreerend. Selfs op snelweë ry
mense selde oor 110km/h. Dit is nou buite vakansie tye wanneer die Walies
hier kom resies jaag en baie spoedkaartjies betaal. Ek self het in Kaapstad
grootgeword en daarna 20 jaar in Gauteng gebly. My ondervinding is dat
Pretorianers vinnig en onbeskof ry. As jy jou flikkerlig aansit om van baan
te verwissel, sal die ou voor wie jy gaan inry versnel om die gaping toe te
maak. Die oplossing? Moet net nie jou flikkerlig gebruik nie, verduur maar
sy gevloekery en ligte geflitsery. Pasop vir die bierbottels wanneer jy
weer links beweeg.
Johannesburgers ry vinnig, baie vinniger as enige ander plek, maar hulle ry
ook versigtiger en is meer bedagsaam. 'n Ou pas gou by hulle aan.
Ek weet nie hoe Kapenaars ry sonder om mekaar die heel tyd stukkend te ry
nie. Sowat van chaos het ek nog nêrens anders in ons land gesien nie. Ek
wonder of die ontwerp van die paaie iets daarmee te doen het.
Hier in Durban ry almal in die middel- of regterbaan. Vir die ouens wat
Durban ken, as jy "Twini hill" uitry, dis 'n driebaan snelweg, kom jy baie
makliker en gouer in 'Toti deur die heel linkerkantste baan te ry. Almal
wie se voertuie nie die bult uit kan maak teen selfs 80 nie, sit in die
middelbaan, die 90-100 sit in die regterbaan, die ouens wie se voertuie
gemaklik kan versnel teen die bult uit, word maar net gefrustreerd. By die
bekende snelstrikke val almal se spoed tot 80, en dit is in 'n 120 sone. As
daar 'n verkeersvoertuig langs die pad staan, radar ????, val almal se spoed
tot 60, as daar 'n gebreekte voertuig langs die pad staan, val almal se
spoed tot 40, want hulle wil sien hoe lyk die ou wat nou weer doodgery is.
Die gevolg van dit alles is natuurlik 'n verskriklike verkeersophoping.
Gee my Johannesburg bestuurders enige dag.
> Groetnis en bly uit die vinnige baan al dryf jy 'n 2.5 liter ses-silinder
> Mazda 626 Executive wat kak uit enige BMW of Merc sal ry.
>
"Fighting Talk" :-))))))))
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57634 is 'n antwoord op boodskap #57623] |
Mon, 18 February 2002 10:49   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Haai oe!! Praat jy nou as iemand wat altyd in die heel linkerkantse baan
voortsukkel en net oorbeweeg as hy wil verbyry?
Indien wel, wat is dan jou ou probleempie?
Kry jy nie 'n kansie om te kan verbykommetjies nie?
Sjeim.
Nee wat - ek kyk so al singende rond - en ek sien die mense wat op hulle
tande kners en vingers wys en rooi in die gesig word is almal manlike
bestuurders:)))
Ontspan man - en maak van elke rit 'n rustige ervaring;))
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Lou skryf in boodskap news:3C70A634.CE35404D@lous.zzn.com...
>
>
> Annette wrote:
>>
>> Die Duitse autobahns is uitstekend.
>> Ek hoef niks te verduidelik nie - ek is 'n vrouebestuurder - wat geen hoed
>> dra nie;))))
>> Jonas, dit werk so - ek is op 'n hoofweg - drie bane - ek ry gewoonlik in
>> die middelste baan sodat ek nie hoef te wild hoef te swaai vir verkeer wat
>> van die kant af by afritte inkom en wat dit nie in hul kop kan kry om eers
>> te kyk of hulle veilig in die hoofverkeer kan inbeweeg nie - nee, hulle RY
>> net, en die arme verkeer in die linkerbaan moet of hewig ankers uitgooi of
>> uitswaai - wat ook al die veiligste opsie is. Die uitswaai bodder natuurlik
>> vir my in die middelste baan op, maar ek het ten minste 'n bietjie meer sig
>> en reaksietyd om die regte stap vir my eie veiligheid te doen.
>
> AAARGGGHHH!!!! So wat jy eindelik doen is om die drie baan hoofweg na 'n
> twee baan hoofweg te verander met die linker baan as 'n aansluit baan.
> Al wat die middle lane huggers doen is om die idiote in die Yuppie karre
> nou linker en regter bane van die hoofweg te laat gebruik as vinnige
> bane wat allerhande soort probleme veroorsaak want nou moet jy links en
> regs van jou dophou. Eindelik is dit maar net 'n kwessie van luiheid
> wnat jy wil nie die ekstra moeite doen om stadiger en vinniger te ry om
> verkeer van links af te laat aansluit nie. Die hele drie laan biljoen
> rand infrastruktuur kan dan slegs so vinnig ry as wat die stadigste
> persoon in die middel laan ry - so raai wie hoe die verkeer op?
>
>> Nou sien ek voor daar kom moeilikheid van die linkerkant af, en nadat ek my
>> flikkerliggie aangeskakel het, en wanneer dit veilig is na die regterbaan
>> verskuif het, sodat ek ewig rustig en al singende kan aanry sonder om my
>> spoed te veel te breek, kom daar van doerrrr verrrr agter af 'n motor met 'n
>> stink spoed aan .
>
>
>
> En die res van die probleem is bloot veroorsaak omdat mense die middel
> en regter bane as 'n twee baan hoofweg gebruik. Op hulle manier is die
> middle lane huggers en die regter baan jagers maar net dieslefde - hulle
> gee nie 'n #*% om vir die ander gebruikers van die pad nie en almal moet
> hulle aanpas by die selfsugtige spul se optrede.
>
> Cheers
> Lou Wat elke dag 'n opgeblokte higway moet verduur.
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57637 is 'n antwoord op boodskap #57627] |
Mon, 18 February 2002 11:49   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sakkie - hoe kan jy nou so iets sê?
Ek ry hoeka met 'n CY registrasie, want ek het gehoor almal probeer so gou
as moontlik so ver as moontlik van 'n seewhy weg te kom, omdat ons sulke
wille ryers is:))
Die jaloerses kan maar net nie talentvolle bestuurders raaksien nie;))
Annette
Sakkie skryf in boodskap news:3c70b86e$0$228@hades.is.co.za...
>
> "Grahame" wrote in message
> news:a4jn3r$qkb$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> 'n Verkeersinspekteur sê eendag vir my dat as hy iemand toets en die ou
>> praat van 'n "vinnige baan" dan dop hy hom onmiddelik. Daar is geen so 'n
>>
>
> Durbaniete se bestuursgewoontes is uiters frustreerend. Selfs op snelweë ry
> mense selde oor 110km/h. Dit is nou buite vakansie tye wanneer die Walies
> hier kom resies jaag en baie spoedkaartjies betaal. Ek self het in Kaapstad
> grootgeword en daarna 20 jaar in Gauteng gebly. My ondervinding is dat
> Pretorianers vinnig en onbeskof ry. As jy jou flikkerlig aansit om van baan
> te verwissel, sal die ou voor wie jy gaan inry versnel om die gaping toe te
> maak. Die oplossing? Moet net nie jou flikkerlig gebruik nie, verduur maar
> sy gevloekery en ligte geflitsery. Pasop vir die bierbottels wanneer jy
> weer links beweeg.
> Johannesburgers ry vinnig, baie vinniger as enige ander plek, maar hulle ry
> ook versigtiger en is meer bedagsaam. 'n Ou pas gou by hulle aan.
> Ek weet nie hoe Kapenaars ry sonder om mekaar die heel tyd stukkend te ry
> nie. Sowat van chaos het ek nog nêrens anders in ons land gesien nie. Ek
> wonder of die ontwerp van die paaie iets daarmee te doen het.
> Hier in Durban ry almal in die middel- of regterbaan. Vir die ouens wat
> Durban ken, as jy "Twini hill" uitry, dis 'n driebaan snelweg, kom jy baie
> makliker en gouer in 'Toti deur die heel linkerkantste baan te ry. Almal
> wie se voertuie nie die bult uit kan maak teen selfs 80 nie, sit in die
> middelbaan, die 90-100 sit in die regterbaan, die ouens wie se voertuie
> gemaklik kan versnel teen die bult uit, word maar net gefrustreerd. By die
> bekende snelstrikke val almal se spoed tot 80, en dit is in 'n 120 sone. As
> daar 'n verkeersvoertuig langs die pad staan, radar ????, val almal se spoed
> tot 60, as daar 'n gebreekte voertuig langs die pad staan, val almal se
> spoed tot 40, want hulle wil sien hoe lyk die ou wat nou weer doodgery is.
> Die gevolg van dit alles is natuurlik 'n verskriklike verkeersophoping.
>
> Gee my Johannesburg bestuurders enige dag.
>
>
>> Groetnis en bly uit die vinnige baan al dryf jy 'n 2.5 liter ses-silinder
>> Mazda 626 Executive wat kak uit enige BMW of Merc sal ry.
>>
>
> "Fighting Talk" :-))))))))
>
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57638 is 'n antwoord op boodskap #57637] |
Mon, 18 February 2002 12:05   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die enigste manier om my "beskuldigings" te beaam? "Go to Bellville and C
Y"
:-)))))))
"Annette" skryf in boodskap news:a4qplf$2b27c$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sakkie - hoe kan jy nou so iets sê?
> Ek ry hoeka met 'n CY registrasie, want ek het gehoor almal probeer so gou
> as moontlik so ver as moontlik van 'n seewhy weg te kom, omdat ons sulke
> wille ryers is:))
> Die jaloerses kan maar net nie talentvolle bestuurders raaksien nie;))
> Annette
>
>
> Sakkie wrote in message news:3c70b86e$0$228@hades.is.co.za...
>>
>> "Grahame" wrote in message
>> news:a4jn3r$qkb$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> 'n Verkeersinspekteur sê eendag vir my dat as hy iemand toets en die ou
>>> praat van 'n "vinnige baan" dan dop hy hom onmiddelik. Daar is geen so 'n
>>>
>>
>> Durbaniete se bestuursgewoontes is uiters frustreerend. Selfs op snelweë ry
>> mense selde oor 110km/h. Dit is nou buite vakansie tye wanneer die Walies
>> hier kom resies jaag en baie spoedkaartjies betaal. Ek self het in Kaapstad
>> grootgeword en daarna 20 jaar in Gauteng gebly. My ondervinding is dat
>> Pretorianers vinnig en onbeskof ry. As jy jou flikkerlig aansit om van baan
>> te verwissel, sal die ou voor wie jy gaan inry versnel om die gaping toe te
>> maak. Die oplossing? Moet net nie jou flikkerlig gebruik nie, verduur maar
>> sy gevloekery en ligte geflitsery. Pasop vir die bierbottels wanneer jy
>> weer links beweeg.
>> Johannesburgers ry vinnig, baie vinniger as enige ander plek, maar hulle ry
>> ook versigtiger en is meer bedagsaam. 'n Ou pas gou by hulle aan.
>> Ek weet nie hoe Kapenaars ry sonder om mekaar die heel tyd stukkend te ry
>> nie. Sowat van chaos het ek nog nêrens anders in ons land gesien nie. Ek
>> wonder of die ontwerp van die paaie iets daarmee te doen het.
>> Hier in Durban ry almal in die middel- of regterbaan. Vir die ouens wat
>> Durban ken, as jy "Twini hill" uitry, dis 'n driebaan snelweg, kom jy baie
>> makliker en gouer in 'Toti deur die heel linkerkantste baan te ry. Almal
>> wie se voertuie nie die bult uit kan maak teen selfs 80 nie, sit in die
>> middelbaan, die 90-100 sit in die regterbaan, die ouens wie se voertuie
>> gemaklik kan versnel teen die bult uit, word maar net gefrustreerd. By die
>> bekende snelstrikke val almal se spoed tot 80, en dit is in 'n 120 sone. As
>> daar 'n verkeersvoertuig langs die pad staan, radar ????, val almal se spoed
>> tot 60, as daar 'n gebreekte voertuig langs die pad staan, val almal se
>> spoed tot 40, want hulle wil sien hoe lyk die ou wat nou weer doodgery is.
>> Die gevolg van dit alles is natuurlik 'n verskriklike verkeersophoping.
>>
>> Gee my Johannesburg bestuurders enige dag.
>>
>>
>>> Groetnis en bly uit die vinnige baan al dryf jy 'n 2.5 liter ses-silinder
>>> Mazda 626 Executive wat kak uit enige BMW of Merc sal ry.
>>>
>>
>> "Fighting Talk" :-))))))))
>>
>
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57658 is 'n antwoord op boodskap #57582] |
Tue, 19 February 2002 11:59   |
Andre van Tonder
Boodskappe: 6 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Hier in die Kaap jaag die ambulanse op die regterkantse geel strepe verby -
> hulle is nie stoepid nie:)))
> Buitendien hoor mens daardie sirene myle ver - ek is nie soooooo doof
> nie;))))
> Annette
>
>
in gauteng ry die taxis in die geel streep. oor die vraag, hoe en waar
jy moet ry sal daar seker nooit konsensus bereik word nie. almal dink
dis hulle reg, almal demand. my siening is dat ek altyd links ry, maak
nie saak hoe vinnig ek ry nie. as iemand ander vinniger wil ry laat hy
dit maak doen in die regter baan. as jy so iemand verhoed om dit te
doen gebeur net een ding, jy maak hom die moer in, hy jaag eventualy
by jou verby na 15 minute, ry nou eers vinnig omdat hy kwaad is en
verongeluk iemand anders se kind om die volgende draai omdat hy nie
meer so lekker dink nie. om hom in die eerste plek te laat begaan maak
niks reg nie maar jy gain ook niks om hom te keer nie. as iemand wil
jaag gaan hy of dit nou om of deur jou is.
ons kan dankbaar wees in suid afrika wat ons bestuur gewoontes aan
betref. (ek het net nou hierdie storie gepost maar ek dink dit het
gefail. ek gebruik tydelik McGoogle) ek is op die oomblik in egipte.
hierdie manne kan die stront uit enige nasie uit ry. hulle ry nie in
bane nie, as jy wil draai draai jy, dis die ou langs/agter jou se
probleem, as jy aan die verkeerde kant van die pad wil ry dan doen jy
dit. en ligte is nie regtig nodig in die aand nie.
ek is eergister hurgada toe en oppad lughawe toe die aand om terug te
kom cairo toe ry hierdie ou die hele pad aan die verkeerde kant van
die pad sonder ligte. as iemand van voor af kom begin hulle ligte
flash teen `n moerse tempo en net voor impact swaai almal uit,
genadelik na die regte kant toe. as die taxi se seats nie so vuil was
nie sal jou nou nog my bruin skid merke kon sien. alles word natuurlik
gedoen sonder om kwaad of angstig te word. blerrie amazing. ek het nog
nooit so iets in my lewe gesien nie en ek het al in baie lande kar
bestuur. hier sal ek dit nie waag nie. as jy nie ook so bestuur nie
sal hulle jou om die eerste draai afskryf. eerste ding wat ek gaan
doen as ek in een stuk terugkom is om `n taxi te stop en die drywer `n
moerse soen op sy dik lippe te geen.
Threeships McFaroek
> in message news:kobs6uoful6ldlhlbhraup9d0vnc7l5sqf@4ax.com...
>> On Sat, 16 Feb 2002 07:18:02 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> Sover ek weet - is die spoedbeperking op nasionale paaie 120km/u.
>>> Dus, as ek teen daardie spoed in die regterbaan ry, dan is ek heeltemal
>>> binne my reg.
>>> :))
>>> Annette
>>>
>>
>> Totaal en al verkeerd Annette.
>> Hoe sal dit voel om eendag uit te vind
>> dat 'n lewe gered kon word as die
>> ambulans net verby die 120'gers
>> in die regterbaan kon kom?
>>
>> En moet nie sê dat jy sal sien as
>> 'n ambulans agter jou is nie want
>> jy hou dalk dertig karre op met die
>> ambulans in die dertigste posisie.
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57662 is 'n antwoord op boodskap #57658] |
Tue, 19 February 2002 21:29   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Threeships McDuck wrote:
ek is op die oomblik in egipte.
> hierdie manne kan die stront uit enige nasie uit ry
Egipte was my eerste ondervinding van 'n
land waar mense op die regterkant ry. Vir
iemand wie se brein getrein is om die
verkeer aan die linkerkant te sien ry, was
dit 'n vreeslike ervaring vir die eerste
paar uur. Ek was per boot besig om aan die
ooskus van Afrika en deur die Middelandse
See na Europa te gaan, en Egipte was die
eerste land wat ons getref het wat aan
die regterkant ry.
Maar, om die waarheid te sê, ek het na
ek in Noord-Amerika begin bly het, tot die
slotsom gekom dat om aan die regterkant van
die pad te ry, baie meer natuurlik is as om
aan die linkerkant te ry. Alle bewegings wat
jy met die kar maak, is net soveel meer
"natuurlik."
Wat is die geskiedenis van watter kant
van die pad jy moet ry. Wie het eerste met
wat begin?
Hier in Noord-Amerika verwag hulle van
voetgangers om ook almal regs te hou as hulle
byvoorbeeld in 'n mall of selfs in 'n gang
loop. Loop Suid-Afrikaners aan die linkerkant
in 'n gang vol mense?
Gloudina
|
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57670 is 'n antwoord op boodskap #57658] |
Wed, 20 February 2002 07:10   |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die eerste reël van padgebruik is tog om sover links te hou op enige pad.
Hou links, gaan regs verby.
Dit grief my sooo dat mense altyd in die regterbaan "vasgegom" is @ 120km/h
en saam met die ander verkeer in die linkerbaan begweeg, en hier agter my
sit 'n hele string opgewerkte haastige laatslapers wat al gister by die werk
moes wees, en voor my sit "'Anette'@120.en.ek.move.nerens.nie" vasgegom en
luister na KFM of Radio 5, of sy oefen dalk haar koorstukke (soos ek al op
die trekker gedoen het jare gelede)!!!
En die ambulanse ry op die regterkantse geel streep verby omdat almal @120
vasgegom is in die regterbaan...
En onthou: Dis g'n REG om die pad te gebruik nie. Dis jou voorreg... En hoe
ons optree is ons keuse! So tree binne jou voorreg op en oefen die regte
keuses uit soos om links te hou en regs verby te gaan...
Nou een oggend gebeur dit toe wragtie weer: Sy kom met 'n spoerse moed by my
verby hier tussen Somerset en die Bos. Net om voor my by die verkeerslig te
moet stop, en daar begin sy toe wrintiewaar haar "oorlogsverf" aan te sit.
Ek sweer as daai Golf 'n handstort had, het sy sowaar hare ook nog gewas!
En intussen lui haar selfoon ook nog! Hande heen en weer: Lipstiffie,
maskara, haarborsel en selfoon als tegelyk. Ek sweer sy't op die ou end
haar hare met die lipstif gekam, met die haarborsel 'n gesprek gevoer, en
die selfoon aan haar lippe gesit...
Die aanvaarde gebruik op dubbellaan paaie is om die regterbaan ALTYD as die
vinnige baan te gebruik, en stadiger verkeer hou links. Dus Anette, as jy
wil aankruie @120 in die regterbaan, moenie verbaas wees as ouens jou
allerhande saains gooi nie: Ligte wat flits, vingers in die lug ens nie. As
mens nou weer aan die anderkant soos daar G in K-hulle ry, dan geld die
omgekeerde weer.
Snaaks, toe ek daar was het ons meer as 5000 myl (8000Km) gery op daai
interstates, en daar het jy nie die 'ek-ry-120-en-basta-die-res' mentaliteit
teëgekom nie. Almal handhaaf die spoedgrens, en wee jou as jy dit oorskrei
en jy word gevang... Was nogal vreemd om daar by Ohio deur te sleep en ek
sit in die regterbaan teen so 110km/h. Voel ek die 'van' ruk so effens
weens 'n wind, net om 'n Kenworth trok se verkoeler in my sy spieel te sien,
en die ou sleep links verby teen sy 120 km/h. En hy trek ewe gladweg weer
voor my in om weer ander ook te laat verbykom... Dis nou iets om van te
droom hier in SA! Maar dan weer het hulle nie minibus taxi's daar nie...
So Anette, les te leer: Moenie regs vasgegom wees nie! Wees liberaal en
beweeg na links! Al ry jy teen wat jou vuurwa se moedspeter sê hy dink 120
behoort te wees ca 10% afwyking, soms meer hoe vinniger daai vervoermiddel
oor die gebaande weg voorwaarts beweeg...
Thys oppie Bos (sjoe, daai pop in die Golf se spieel was so gestel dat sy
haar 'hairdo' heeltyd kon sit en bekyk sover sy ry!)
Smos kit ke ein ger ein
dis lek sies!
van tyd tot tyd
"Threeships McDuck" skryf in boodskap news:c8ad37b4.0202190359.31dcc707@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Hier in die Kaap jaag die ambulanse op die regterkantse geel strepe verby -
>> hulle is nie stoepid nie:)))
>> Buitendien hoor mens daardie sirene myle ver - ek is nie soooooo doof
>> nie;))))
>> Annette
>>
>>
>>>
>>>> Sover ek weet - is die spoedbeperking op nasionale paaie 120km/u.
>>>> Dus, as ek teen daardie spoed in die regterbaan ry, dan is ek heeltemal
>>>> binne my reg.
>>>> :))
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>> Totaal en al verkeerd Annette.
>>> Hoe sal dit voel om eendag uit te vind
>>> dat 'n lewe gered kon word as die
>>> ambulans net verby die 120'gers
>>> in die regterbaan kon kom?
>>>
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57672 is 'n antwoord op boodskap #57670] |
Wed, 20 February 2002 07:26   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))) Haai Thysie, ek wil nou saamstem met Gloudina ( ons het reent nodig) en
verklaar dat dit baie meer natuurlik is om regs te hou en links verby te
gaan:)))
Ek is 'n linkerbaanryer ( ek sing mos, sien?:)) ) - dit is net in woelige
spitsverkeer dat ek 'n midelbaanryer is ( om die koeksistersindroom te
vermy), en soms 'n regterbaanryer om verby te kan kom.
Dus, jammer om jou teleur te stel, ek is selde of ooit vasgegom teen 120 op
die regterbaan.
Julle wil dit maar net glo:)))
Annette
message news:a4vi5h$1t86$1@news.adamastor.ac.za...
> Die eerste reël van padgebruik is tog om sover links te hou op enige pad.
> Hou links, gaan regs verby.
>
> Dit grief my sooo dat mense altyd in die regterbaan "vasgegom" is @ 120km/h
> en saam met die ander verkeer in die linkerbaan begweeg, en hier agter my
> sit 'n hele string opgewerkte haastige laatslapers wat al gister by die werk
> moes wees, en voor my sit "'Anette'@120.en.ek.move.nerens.nie" vasgegom en
> luister na KFM of Radio 5, of sy oefen dalk haar koorstukke (soos ek al op
> die trekker gedoen het jare gelede)!!!
> En die ambulanse ry op die regterkantse geel streep verby omdat almal @120
> vasgegom is in die regterbaan...
>
> En onthou: Dis g'n REG om die pad te gebruik nie. Dis jou voorreg... En hoe
> ons optree is ons keuse! So tree binne jou voorreg op en oefen die regte
> keuses uit soos om links te hou en regs verby te gaan...
>
> Nou een oggend gebeur dit toe wragtie weer: Sy kom met 'n spoerse moed by my
> verby hier tussen Somerset en die Bos. Net om voor my by die verkeerslig te
> moet stop, en daar begin sy toe wrintiewaar haar "oorlogsverf" aan te sit.
> Ek sweer as daai Golf 'n handstort had, het sy sowaar hare ook nog gewas!
> En intussen lui haar selfoon ook nog! Hande heen en weer: Lipstiffie,
> maskara, haarborsel en selfoon als tegelyk. Ek sweer sy't op die ou end
> haar hare met die lipstif gekam, met die haarborsel 'n gesprek gevoer, en
> die selfoon aan haar lippe gesit...
>
> Die aanvaarde gebruik op dubbellaan paaie is om die regterbaan ALTYD as die
> vinnige baan te gebruik, en stadiger verkeer hou links. Dus Anette, as jy
> wil aankruie @120 in die regterbaan, moenie verbaas wees as ouens jou
> allerhande saains gooi nie: Ligte wat flits, vingers in die lug ens nie. As
> mens nou weer aan die anderkant soos daar G in K-hulle ry, dan geld die
> omgekeerde weer.
> Snaaks, toe ek daar was het ons meer as 5000 myl (8000Km) gery op daai
> interstates, en daar het jy nie die 'ek-ry-120-en-basta-die-res' mentaliteit
> teëgekom nie. Almal handhaaf die spoedgrens, en wee jou as jy dit oorskrei
> en jy word gevang... Was nogal vreemd om daar by Ohio deur te sleep en ek
> sit in die regterbaan teen so 110km/h. Voel ek die 'van' ruk so effens
> weens 'n wind, net om 'n Kenworth trok se verkoeler in my sy spieel te sien,
> en die ou sleep links verby teen sy 120 km/h. En hy trek ewe gladweg weer
> voor my in om weer ander ook te laat verbykom... Dis nou iets om van te
> droom hier in SA! Maar dan weer het hulle nie minibus taxi's daar nie...
>
> So Anette, les te leer: Moenie regs vasgegom wees nie! Wees liberaal en
> beweeg na links! Al ry jy teen wat jou vuurwa se moedspeter sê hy dink 120
> behoort te wees ca 10% afwyking, soms meer hoe vinniger daai vervoermiddel
> oor die gebaande weg voorwaarts beweeg...
>
> Thys oppie Bos (sjoe, daai pop in die Golf se spieel was so gestel dat sy
> haar 'hairdo' heeltyd kon sit en bekyk sover sy ry!)
> Smos kit ke ein ger ein
> dis lek sies!
> van tyd tot tyd
> "Threeships McDuck" wrote in message
> news:c8ad37b4.0202190359.31dcc707@posting.google.com...
>> "Annette" wrote in message
> news:...
>>> Hier in die Kaap jaag die ambulanse op die regterkantse geel strepe verby -
>>> hulle is nie stoepid nie:)))
>>> Buitendien hoor mens daardie sirene myle ver - ek is nie soooooo doof
>>> nie;))))
>>> Annette
>>>
>>>
>>>>
>>>> >Sover ek weet - is die spoedbeperking op nasionale paaie 120km/u.
>>>> >Dus, as ek teen daardie spoed in die regterbaan ry, dan is ek heeltemal
>>>> >binne my reg.
>>>> >:))
>>>> >Annette
>>>> >
>>>>
>>>> Totaal en al verkeerd Annette.
>>>> Hoe sal dit voel om eendag uit te vind
>>>> dat 'n lewe gered kon word as die
>>>> ambulans net verby die 120'gers
>>>> in die regterbaan kon kom?
>>>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57692 is 'n antwoord op boodskap #57672] |
Wed, 20 February 2002 15:53  |
Thys de Wet
Boodskappe: 211 Geregistreer: December 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Reg so Anette! Ek stem ook saam met G in K. Na die tweede draai in die
anderkant se ry, is als reg, Jy moet dan net onthou: Regs is regs...
"Annette" skryf in boodskap news:a4vivp$3fv7h$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> :))) Haai Thysie, ek wil nou saamstem met Gloudina ( ons het reent nodig) en
> verklaar dat dit baie meer natuurlik is om regs te hou en links verby te
> gaan:)))
>
> Ek is 'n linkerbaanryer ( ek sing mos, sien?:)) ) - dit is net in woelige
> spitsverkeer dat ek 'n midelbaanryer is ( om die koeksistersindroom te
> vermy), en soms 'n regterbaanryer om verby te kan kom.
>
> Dus, jammer om jou teleur te stel, ek is selde of ooit vasgegom teen 120 op
> die regterbaan.
> Julle wil dit maar net glo:)))
> Annette
>
>
> message news:a4vi5h$1t86$1@news.adamastor.ac.za...
>> Die eerste reël van padgebruik is tog om sover links te hou op enige pad.
>> Hou links, gaan regs verby.
>>
>> Dit grief my sooo dat mense altyd in die regterbaan "vasgegom" is @ 120km/h
>> en saam met die ander verkeer in die linkerbaan begweeg, en hier agter my
>> sit 'n hele string opgewerkte haastige laatslapers wat al gister by die werk
>> moes wees, en voor my sit "'Anette'@120.en.ek.move.nerens.nie" vasgegom en
>> luister na KFM of Radio 5, of sy oefen dalk haar koorstukke (soos ek al op
>> die trekker gedoen het jare gelede)!!!
>> En die ambulanse ry op die regterkantse geel streep verby omdat almal @120
>> vasgegom is in die regterbaan...
>>
>> En onthou: Dis g'n REG om die pad te gebruik nie. Dis jou voorreg... En hoe
>> ons optree is ons keuse! So tree binne jou voorreg op en oefen die regte
>> keuses uit soos om links te hou en regs verby te gaan...
>>
>> Nou een oggend gebeur dit toe wragtie weer: Sy kom met 'n spoerse moed by my
>> verby hier tussen Somerset en die Bos. Net om voor my by die verkeerslig te
>> moet stop, en daar begin sy toe wrintiewaar haar "oorlogsverf" aan te sit.
>> Ek sweer as daai Golf 'n handstort had, het sy sowaar hare ook nog gewas!
>> En intussen lui haar selfoon ook nog! Hande heen en weer: Lipstiffie,
>> maskara, haarborsel en selfoon als tegelyk. Ek sweer sy't op die ou end
>> haar hare met die lipstif gekam, met die haarborsel 'n gesprek gevoer, en
>> die selfoon aan haar lippe gesit...
>>
>> Die aanvaarde gebruik op dubbellaan paaie is om die regterbaan ALTYD as die
>> vinnige baan te gebruik, en stadiger verkeer hou links. Dus Anette, as jy
>> wil aankruie @120 in die regterbaan, moenie verbaas wees as ouens jou
>> allerhande saains gooi nie: Ligte wat flits, vingers in die lug ens nie. As
>> mens nou weer aan die anderkant soos daar G in K-hulle ry, dan geld die
>> omgekeerde weer.
>> Snaaks, toe ek daar was het ons meer as 5000 myl (8000Km) gery op daai
>> interstates, en daar het jy nie die 'ek-ry-120-en-basta-die-res' mentaliteit
>> teëgekom nie. Almal handhaaf die spoedgrens, en wee jou as jy dit oorskrei
>> en jy word gevang... Was nogal vreemd om daar by Ohio deur te sleep en ek
>> sit in die regterbaan teen so 110km/h. Voel ek die 'van' ruk so effens
>> weens 'n wind, net om 'n Kenworth trok se verkoeler in my sy spieel te sien,
>> en die ou sleep links verby teen sy 120 km/h. En hy trek ewe gladweg weer
>> voor my in om weer ander ook te laat verbykom... Dis nou iets om van te
>> droom hier in SA! Maar dan weer het hulle nie minibus taxi's daar nie...
>>
>> So Anette, les te leer: Moenie regs vasgegom wees nie! Wees liberaal en
>> beweeg na links! Al ry jy teen wat jou vuurwa se moedspeter sê hy dink 120
>> behoort te wees ca 10% afwyking, soms meer hoe vinniger daai vervoermiddel
>> oor die gebaande weg voorwaarts beweeg...
>>
>> Thys oppie Bos (sjoe, daai pop in die Golf se spieel was so gestel dat sy
>> haar 'hairdo' heeltyd kon sit en bekyk sover sy ry!)
>> Smos kit ke ein ger ein
>> dis lek sies!
>> van tyd tot tyd
>> "Threeships McDuck" wrote in message
>> news:c8ad37b4.0202190359.31dcc707@posting.google.com...
>>> "Annette" wrote in message news:...
>>>> Hier in die Kaap jaag die ambulanse op die regterkantse geel strepe verby -
>>>> hulle is nie stoepid nie:)))
>>>> Buitendien hoor mens daardie sirene myle ver - ek is nie soooooo doof
>>>> nie;))))
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>> >
>>>> > >Sover ek weet - is die spoedbeperking op nasionale paaie 120km/u.
>>>> > >Dus, as ek teen daardie spoed in die regterbaan ry, dan is ek heeltemal
>>>> > >binne my reg.
>>>> > >:))
>>>> > >Annette
>>>> > >
>>>> >
>>>> > Totaal en al verkeerd Annette.
>>>> > Hoe sal dit voel om eendag uit te vind
>>>> > dat 'n lewe gered kon word as die
>>>> > ambulans net verby die 120'gers
>>>> > in die regterbaan kon kom?
>>>> >
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 22:30:55 UTC 2025
|