| Ou veldtog met 'n nuwe naam. [boodskap #57117] |
Vr., 08 Februarie 2002 06:35  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Proudly South African is 'n nuwe veldtog wat van stapel gestuur is om mense
aan te por om Suid-Afrikaans vervaardigde produkte te koop.
Wat vir my eienaardig is, is die naam van die webbladsy:
www.saffi.co.uk
Ek is trots om 'n Suid - Afrikaner te wees en ek bly baie lekker hier. -
maar as so 'n veldtog nodig is om mense te vertel wat hulle al klaar behoort
te weet deur net die koerant te lees, gun ek die mense dit.
Ons wat ouer is weet mos al lankal hoe die ou Koop Suid-Afrikaans veldtog
geflop het - hoofsaaklik omdat die mense wat hierdie tipes van veldtogte
begin nie besef dat jou koopkrag lê in die regte en bekostigbare prys van
produkte vir 'n individu - nie in blindelingse lojaliteit nie.
Nou het die webbladsy van Proudly South African nie eers 'n Suid-Afrikaanse
oorsprong nie?
En ons roem ons dan nou juis daarop dat ons so trots is op ons IT bedryf en
mense?
Elk geval - die artikel meld ook dat op die webbladsy vertel word van hoe
dit al hoe beter met ons gaan - goed so - die voorbeelde wat genoem word is
nou nie so vreeslik goed nie, maar ag wat:))
Die een voorbeeld is dat Sandton nou 'n brandweerstasie het wat glo as een
van die bestes ter wêreld beskou word.
Die ander voorbeeld is van die polisie in die Weskaap en hul onlangse
suksesse met inhegtenisnemings.
As ek vir iemand oorsee 'n briefie skryf van hoe dit hier gaan, gaan ek
definitief nie eers een van die twee bogenoemde voorbeelde meld nie.
Ek sal skryf dat mens al hoe meer en meer sien dat die boubedryf weer aan
die lewe kom - met oprigting van sakepersele en sentrums.
Ek sal skryf van die groot nuwe internasionale konferensiesentrum wat nou
hier in Kaapstad opgerig word.
Ek sal skryf dat hier bitter lank laas 'n bom ontplof of 'n optog
plaasgevind het waartydens daar enigsins geplunder is.
Ek sal skryf dat die toeristemense nou begin kyk na insette wat toeriste aan
hulle deurgee.
Hulle het mos nou 'n nuwe ding aan die gang by die waterfront - haaie wat
gevang is word daar on die openbaar oopgesny sodat mense meer van hierdie
wonderlike vis kan leer.
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: Ou veldtog met 'n nuwe naam. [boodskap #57152 is 'n antwoord op boodskap #57149] |
Vr., 08 Februarie 2002 16:00   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee, hoekom sal ons nou by Durbs leer - Durbs sukkel dan sooooooo om as die
beter toeristemekka bekend te staan:)))
Buitendien smaak selfs ons haaie beter:))))
Annette
Davie Davis skryf in boodskap news:onq76ushultp472bkhh6svog7uv164l3sh@4ax.com...
> On Fri, 8 Feb 2002 08:35:59 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Hulle het mos nou 'n nuwe ding aan die gang by die waterfront - haaie wat
>> gevang is word daar on die openbaar oopgesny sodat mense meer van hierdie
>> wonderlike vis kan leer.
>>
>> Annette
>
> Julle moet in meer opsigte by Durb's leer:-)
|
|
|
|
|
|
| Re: Ou veldtog met 'n nuwe naam. [boodskap #57182 is 'n antwoord op boodskap #57181] |
Sa., 09 Februarie 2002 04:45   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wel Jonas - van watter jaar se statistieke praat jy nou van?
Annette
Jonas skryf in boodskap news:a4270v$j4r$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek was onder die indruk dat Durbs die mees gewilde vakansieplek is - volgens
> statistieke. (Ja, ek weet wat hulle van statistieke sê...) Maar, die
> statistieke het getalle by gehad ...
> "Annette" wrote in message
> news:a40sn6$1bpi46$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Nee, hoekom sal ons nou by Durbs leer - Durbs sukkel dan sooooooo om as
> die
>> beter toeristemekka bekend te staan:)))
>> Buitendien smaak selfs ons haaie beter:))))
>> Annette
>>
>>
>> Davie Davis wrote in message
>> news:onq76ushultp472bkhh6svog7uv164l3sh@4ax.com...
>>> On Fri, 8 Feb 2002 08:35:59 +0200, "Annette"
>>> wrote:
>>>
>>>> Hulle het mos nou 'n nuwe ding aan die gang by die waterfront - haaie
> wat
>>>> gevang is word daar on die openbaar oopgesny sodat mense meer van
> hierdie
>>>> wonderlike vis kan leer.
>>>>
>>>> Annette
>>>
>>> Julle moet in meer opsigte by Durb's leer:-)
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ou veldtog met 'n nuwe naam. [boodskap #57281 is 'n antwoord op boodskap #57279] |
Ma., 11 Februarie 2002 18:22   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Davie, ons het ons bes probeer - selfs biljette uitgedeel by Du Toits Kloof
tonnel wat sê - Kyk daar is Tafelberg, kyk daar is die wingerde, Kyk daar is
die see - nou draai om en gaan terug;)))
Die Transvalers oorval ons behoorlik hier elke liewe vakansie - hulle wil
net nie luister nie as ons hule vertel van die koue see, die wind, die mense
wat snaaks praat en dat ons nog steeds ietsie vir druiwe hier moet betaal
nie:)))
Annette
Davie Davis skryf in boodskap news:7s0g6ug5vvoue3ksnlpij5rg4einqopa36@4ax.com...
> On Mon, 11 Feb 2002 11:20:09 +0100, "Pijotr"
> wrote:
>
>> Dis juis die wind van Kaapstad wat my so aantrek!
>>
>> Durban kan seker die grootste vakansie oord van Suid Afrikers wees
>> (Gautengers ens.) maar Kaapstad is die grootste toeriste trekker.
>>
>
> Is die Gautengers dan nie toeriste {wat 'n enkele paar honderd kilos
> toer:-)} nie Pijotr? Die Gautengers wat toer na 'n plek waar dit nie
> in die winter reën nie. Die Gautengers wat toer na 'n plek waar die
> troksvye (net net miskien!) goedkoper is. Die Gautengers wat toer na
> 'n plek waar die mense RRRRRR kan sê :- )
> Jy wiet mos hoe dit wegggk Piotr.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ou veldtog met 'n nuwe naam. [boodskap #57334 is 'n antwoord op boodskap #57311] |
Di., 12 Februarie 2002 18:26  |
Davie Davis
Boodskappe: 1012 Geregistreer: November 2001
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 12 Feb 2002 13:45:17 +0200, "Kekkelbek" wrote:
>
> Met die woorde 'die getalle by gehad' verwys jy nou seker na die klomp
> kinders wat na elke jaar se vakansie daar vergeet word en dus oordra na die
> volgende jaar? ;))
>
Lol, klink of julle ook tel soos die politieke partye stemme tel na 'n
verkiesing Annette :-)
|
|
|
|