Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ou veldtog met 'n nuwe naam.
Ou veldtog met 'n nuwe naam. [boodskap #57117] |
Fri, 08 February 2002 06:35  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Proudly South African is 'n nuwe veldtog wat van stapel gestuur is om mense
aan te por om Suid-Afrikaans vervaardigde produkte te koop.
Wat vir my eienaardig is, is die naam van die webbladsy:
www.saffi.co.uk
Ek is trots om 'n Suid - Afrikaner te wees en ek bly baie lekker hier. -
maar as so 'n veldtog nodig is om mense te vertel wat hulle al klaar behoort
te weet deur net die koerant te lees, gun ek die mense dit.
Ons wat ouer is weet mos al lankal hoe die ou Koop Suid-Afrikaans veldtog
geflop het - hoofsaaklik omdat die mense wat hierdie tipes van veldtogte
begin nie besef dat jou koopkrag lê in die regte en bekostigbare prys van
produkte vir 'n individu - nie in blindelingse lojaliteit nie.
Nou het die webbladsy van Proudly South African nie eers 'n Suid-Afrikaanse
oorsprong nie?
En ons roem ons dan nou juis daarop dat ons so trots is op ons IT bedryf en
mense?
Elk geval - die artikel meld ook dat op die webbladsy vertel word van hoe
dit al hoe beter met ons gaan - goed so - die voorbeelde wat genoem word is
nou nie so vreeslik goed nie, maar ag wat:))
Die een voorbeeld is dat Sandton nou 'n brandweerstasie het wat glo as een
van die bestes ter wêreld beskou word.
Die ander voorbeeld is van die polisie in die Weskaap en hul onlangse
suksesse met inhegtenisnemings.
As ek vir iemand oorsee 'n briefie skryf van hoe dit hier gaan, gaan ek
definitief nie eers een van die twee bogenoemde voorbeelde meld nie.
Ek sal skryf dat mens al hoe meer en meer sien dat die boubedryf weer aan
die lewe kom - met oprigting van sakepersele en sentrums.
Ek sal skryf van die groot nuwe internasionale konferensiesentrum wat nou
hier in Kaapstad opgerig word.
Ek sal skryf dat hier bitter lank laas 'n bom ontplof of 'n optog
plaasgevind het waartydens daar enigsins geplunder is.
Ek sal skryf dat die toeristemense nou begin kyk na insette wat toeriste aan
hulle deurgee.
Hulle het mos nou 'n nuwe ding aan die gang by die waterfront - haaie wat
gevang is word daar on die openbaar oopgesny sodat mense meer van hierdie
wonderlike vis kan leer.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ou veldtog met 'n nuwe naam. [boodskap #57334 is 'n antwoord op boodskap #57311] |
Tue, 12 February 2002 18:26  |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 12 Feb 2002 13:45:17 +0200, "Kekkelbek" wrote:
>
> Met die woorde 'die getalle by gehad' verwys jy nou seker na die klomp
> kinders wat na elke jaar se vakansie daar vergeet word en dus oordra na die
> volgende jaar? ;))
>
Lol, klink of julle ook tel soos die politieke partye stemme tel na 'n
verkiesing Annette :-)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 18:34:04 UTC 2025
|