Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kan iemand tog verduidelik?
Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56189] Sa, 26 Januarie 2002 16:39 na volgende boodskap
Ernest Bessinger  is tans af-lyn  Ernest Bessinger
Boodskappe: 17
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek het die volgende antwoord ontvang en toe val ek uit die boom uit. Meeste
maak nie sin nie "Net n' kort verduideliking. Sinergisme beteken dat almal
saamstem. Demokrasie beteken dat 50% plus 1 moet saamstem."

Dit gaan nie eintlik oor politiek nie maar oor van bestuurs tegnieke. Hier
word kortliks van twee style gebruik: a) Die voorsitter rammel iets af en
almal stem daarmee saam b) Die voorsitter gaan oor in stemming.

My eerste indruk is dat (a) 'n form van diktatorskap is maar na betragting
kan ek dink aan die Engelse 'concur' (of in Afrikaans 'akkoord'). Daarby is
'demokrasie' 'n bestuur deur die mense en dus moet hulle op een of ander
manier hulle stemme kan voortbring. Dus die nodigheid vir stemmery. '
Sinergisme' is suiwer maniere (of tegnieke) om meer werkverrigting/
produktiweteit (of samewerking) te kry.

So, nou sit ek met die volgende probleme: verstaan ek die antwoord? Nee! So
kan iemand (Tant Hessie?) miskien vertaal? En, wat sou dan 'n term wees vir
die berstuurstyl waar almal altyd saamstem? Bring maar die politiek by.
Miskien verduidelik dit beter.

Ernest

--
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56190 is 'n antwoord op boodskap #56189] Sa, 26 Januarie 2002 17:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ernest Bessinger" schreef...
> Ek het die volgende antwoord ontvang en toe val ek uit die boom uit. Meeste
> maak nie sin nie "Net n' kort verduideliking. Sinergisme beteken dat almal
> saamstem. Demokrasie beteken dat 50% plus 1 moet saamstem."
>
> Dit gaan nie eintlik oor politiek nie maar oor van bestuurs tegnieke. Hier
> word kortliks van twee style gebruik: a) Die voorsitter rammel iets af en
> almal stem daarmee saam b) Die voorsitter gaan oor in stemming.
>
> My eerste indruk is dat (a) 'n form van diktatorskap is maar na betragting
> kan ek dink aan die Engelse 'concur' (of in Afrikaans 'akkoord'). Daarby is
> 'demokrasie' 'n bestuur deur die mense en dus moet hulle op een of ander
> manier hulle stemme kan voortbring. Dus die nodigheid vir stemmery. '
> Sinergisme' is suiwer maniere (of tegnieke) om meer werkverrigting/
> produktiweteit (of samewerking) te kry.
>
> So, nou sit ek met die volgende probleme: verstaan ek die antwoord? Nee! So
> kan iemand (Tant Hessie?) miskien vertaal? En, wat sou dan 'n term wees vir
> die berstuurstyl waar almal altyd saamstem? Bring maar die politiek by.
> Miskien verduidelik dit beter.

??? Welke deel van jou plasing is 'die antwoord' en wat het jy gevraag?

Oor die bestuurstyl waar almal altyd saamstem; ons noem dit die
'poldermodel'. Jy praat en praat en praat en praat tot uiteintlik almal
saamstem .... ook al is dit net om jou eintlik te laat ophou met praat.
Hierdie bestuurstyl word baie effektief toegepas in Nederland ;-)

Oorigens 'sinergie' beteken dat 1+1 meer is as 2.

Groete,
Arthur
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56200 is 'n antwoord op boodskap #56189] So, 27 Januarie 2002 04:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Janneman  is tans af-lyn  Janneman
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
"Ernest Bessinger" skryf in boodskap news:a2uma0$g34$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het die volgende antwoord ontvang en toe val ek uit die boom uit. Meeste
> maak nie sin nie "Net n' kort verduideliking. Sinergisme beteken dat almal
> saamstem. Demokrasie beteken dat 50% plus 1 moet saamstem."

'n Demokrasie is inderwaarheid 'n stelsel waarin elke persoon 'n veto reg
het. Dus kan 'n besluit slegs deurgevoer word indien elke persoon saamstem.
Demokrasie het onstaan in die destydse Griekse stad-state waar dit prakties
ge-implementeer kon word (min genoeg kiesers). Aan die ander kant van die
spektrum is die Totalitêre stelsel waar slegs een persoon 'n veto reg het.
Wat in die populêre volksmond verwys na word as "demokrasie" is geen
demokrasie nie, maar 'n meerderheids stem stelsel. Indien jy die totale
koste in ag neem om 'n besluit te neem deur elke persoon se "ja" te kry, dan
neem die koste eksponensieel toe as 'n funksie van die aantal persone. As
jy die "ontevredenheids faktor" in ag neem van 'n besluit neem sonder dat
almal saamstem, dan neem die "faktor" eksponensieel af as 'n funksie van die
totale aantal persone (as 1 persoon alleen besluit is baie ontevrede, as
almal saamstem is almal tevrede). Wanneer die totale koste bereken word -
wat die som van die twee kurves is - vind mens dat die minimum koste tipies
is waar slegs 50 tot 60% van die kiesers moet "ja" stem. Dit is hoe die
meerderheids stem stelsel gebore is - as die mees koste effektiewe
besluitnemings stelsel. Nodeloos om te sê werk is so stelsel slegs stabiel
in 'n homogene bevolking (jy moet jou buurman kan vertrou al stem hy vir die
ander party).

Die sogenaamde "demokrasieë" in die weste is eintlik geen demokrasieë nie.
Die VSA bv. is 'n republiek waar besluite geneem word deur afgevaardiges
(Senate en House of Representatives). In die UK se parlementêre stelsel
word besluite ook geneem deur afgevaardiges (House of Commons - the have
nots, en House of Lords - the haves).
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56201 is 'n antwoord op boodskap #56189] So, 27 Januarie 2002 04:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Ernest Bessinger wrote:

Dit gaan nie eintlik oor politiek nie maar oor van bestuurs tegnieke. Hier
> word kortliks van twee style gebruik: a) Die voorsitter rammel iets af en
> almal stem daarmee saam b) Die voorsitter gaan oor in stemming.
> '
> Sinergisme' is suiwer maniere (of tegnieke) om meer werkverrigting/
> produktiweteit (of samewerking) te kry.
> En, wat sou dan 'n term wees vir
> die berstuurstyl waar almal altyd saamstem? Bring maar die politiek by.
> Miskien verduidelik dit beter.

Ek vind dit ook moeilik om te verstaan wat
die eintlike vraag hier is. Sinergisme word
gewoonlik gesien as die proses waar die eind-
produk groter is as wat daar deur die indivi-
duele komponente bereik kan word. Dit kan nie
as 'n bestuurstegniek beskou word nie, maar
daar is sekere bestuurstegnieke wat sinergisme
in die hand werk. Ek en iemand anders praat juis
vandag van hoekom sekere skole net baie meer
suksesvol is en "siel" het as ander skole. Dis
seker dieselfde ding. Die eindproduk is groter
as die som van die individuele bydraes.
Ek weet nie wat mens 'n bestuurstyl sal noem
"waar almal altyd saamstem nie." Maar daar is
seker die outokratiese model, waar dit wat die
bestuurder wil hê, gewoonlik deurgaan en die meer
"demokratiese" model, waar daar konsultasie is
voordat besluite geneem word. Dit is interessant
om te weet dat die "styl" van die Eerste Nasies
in Kanada se besluitstruktuur sodanig is, dat
hulle nie 'n belangrike besluit neem voordat
almal instem nie. Dit beteken 'n uitgerekte proses
van konsultasies en negosiasies en kompromiste wat
aangegaan moet word voordat hulle die eindbesluit
kan neem.

Gloudina
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56202 is 'n antwoord op boodskap #56201] So, 27 Januarie 2002 06:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernest Bessinger  is tans af-lyn  Ernest Bessinger
Boodskappe: 17
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina, Arthur en Janneman,
Jammer ek het julle so deurmekaar gehad. Eintlik het julle die vrae
geantwoord. Baie dankie. Dit is eintlik drie of meer vrae in een. Vrae:
1) Wat is demokrasie gesien in die lig van bestuurstegniek.
2) Wat noem mens 'n stelsel waar almal saamstem (behalwe vir fairy tales).
3) Het sinergisme enige ander betekenis as om te sê dat 'die totaal groter
is as die individuele saamgestelde totaal (of dan 1+1=meer as twee).
4) Is sinergisme 'n bestuurstegniek (dit gaan eintlik saam met 3).

Ernest.

skryf in boodskap news:3C5382FA.1040201@rogers.com...
> Ek vind dit ook moeilik om te verstaan wat
> die eintlike vraag hier is.
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56213 is 'n antwoord op boodskap #56200] So, 27 Januarie 2002 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Janneman wrote:

> Demokrasie het onstaan in die destydse Griekse stad-state waar dit prakties
> ge-implementeer kon word (min genoeg kiesers)

Hierdie "demokrasie" wat in Athene ontwikkel het,
was nie werklike demokrasie nie. Vroue was uitge-
sluit, en al die mense wat die Atheners gevang
het en slawe van gemaak het, kon ook nie stem nie.
Dus was dit maar die demokrasie-van-die-ou-omies.
Die woord "demokrasie" kan baie misbruik word.
Hoeveel keer moes ek gedurende die apartheids-era
hoor dat SA 'n "demokrasie" is.

Gloudina
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56215 is 'n antwoord op boodskap #56213] So, 27 Januarie 2002 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie - jammer, korreksie...
Jy moes gesê het "wit-ou omies" - nie?
skryf in boodskap news:3C5403E4.2000100@rogers.com...
>
> Janneman wrote:
>
>
>> Demokrasie het onstaan in die destydse Griekse stad-state waar dit prakties
>> ge-implementeer kon word (min genoeg kiesers)
>
>
> Hierdie "demokrasie" wat in Athene ontwikkel het,
> was nie werklike demokrasie nie. Vroue was uitge-
> sluit, en al die mense wat die Atheners gevang
> het en slawe van gemaak het, kon ook nie stem nie.
> Dus was dit maar die demokrasie-van-die-ou-omies.
> Die woord "demokrasie" kan baie misbruik word.
> Hoeveel keer moes ek gedurende die apartheids-era
> hoor dat SA 'n "demokrasie" is.
>
> Gloudina
>
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56220 is 'n antwoord op boodskap #56213] So, 27 Januarie 2002 17:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Janneman  is tans af-lyn  Janneman
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die punt wat hier gemaak word is dat in 'n demokratiese bestel het elke
stemgeregtige 'n veto reg. Wie nou stemgeregtig behoort te wees is 'n
heeltemalle aparte issue. In die konteks van hierdie thread word verwys na
besluitneming by 'n firma. Die stemgeregtiges sal tipies die aandeelhouers
wees. In 'n demokratiese bestel moet elke aandeelhouer instem voordat 'n
besluit deurgevoer word in kontras met slegs 50% + 1. Jy wat geen aandele
het nie, het nie 'n sê nie so bye-bye.

skryf in boodskap news:3C5403E4.2000100@rogers.com...
>
> Janneman wrote:
>
>
>> Demokrasie het onstaan in die destydse Griekse stad-state waar dit prakties
>> ge-implementeer kon word (min genoeg kiesers)
>
>
> Hierdie "demokrasie" wat in Athene ontwikkel het,
> was nie werklike demokrasie nie. Vroue was uitge-
> sluit, en al die mense wat die Atheners gevang
> het en slawe van gemaak het, kon ook nie stem nie.
> Dus was dit maar die demokrasie-van-die-ou-omies.
> Die woord "demokrasie" kan baie misbruik word.
> Hoeveel keer moes ek gedurende die apartheids-era
> hoor dat SA 'n "demokrasie" is.
>
> Gloudina
>
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56235 is 'n antwoord op boodskap #56201] So, 27 Januarie 2002 22:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ek weet nie wat mens 'n bestuurstyl sal noem
"waar almal altyd saamstem nie." Maar daar is
seker die outokratiese model, waar dit wat die
bestuurder wil hê, gewoonlik deurgaan en die meer
"demokratiese" model, waar daar konsultasie is
voordat besluite geneem word.

Wouter
Demokrasie en besigheid gaan nie saam nie. 'n Demokratiese
besigheid is 'n bankrot besigheid, want sy stadige besluitneming
en gebrek aan vlugvoetigheid em aanpasbaarheid maak hom 'n
maklike teiken vir sy konkurrente. Wat jy hier bo beskryf is 'n
outokratiese vs 'n deelnemende bestuurstyl. Maar die bestuurder
neem in albei gevalle volle verantwoordelikheid vir die besluite en
die resultate. As hy/sy nie glo dat die ander se insette reg is nie,
word dit bespreek en daarna geïgnoreer. Die bestuurder is alleen
verantwoordelik vir die resultate van sy afdeling of maatskappy.
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56236 is 'n antwoord op boodskap #56202] So, 27 Januarie 2002 22:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ernest" . Dit is eintlik drie of meer vrae in een. Vrae:

1) Wat is demokrasie gesien in die lig van bestuurstegniek?

Wouter
Soos ek elders sê is daar geen demokrasie in bestuur nie. 'n Goeie
bestuurder betrek sy span by besluite en kry hulle insette deurlopend, maar
daar is geen sprake van demokrasie nie. Slegs op die vlak van die direksie
sal daar soms en ook net by sommige maatskappye 'n stemming wees. En die
aandeelhouers kies natuurlik direkteure op die grondslag van een aandeel,
een stem, maar in my oë is dit nie demokrasie nie. (demos=volk, demokrasie =
die wil van die volk?)

2) Wat noem mens 'n stelsel waar almal saamstem (behalwe vir fairy tales)?

Wouter
Dit bestaan slegs in feëverhale. Deelnemende bestuur is die naaste wat jy
daaraan kom. Konsensusbestuur sou dit beskryf, maar dit oorleef nie in die
praktyk nie.

3) Het sinergisme enige ander betekenis as om te sê dat 'die totaal
groter is as die individuele saamgestelde totaal (of dan 1+1=meer as twee).

Wouter
Nee, dis wat dit beteken.

4) Is sinergisme 'n bestuurstegniek (dit gaan eintlik saam met 3).

Wouter
Sinergisme is nie 'n tegniek nie. Eerder een van die doele of strewes van
bestuur.
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56237 is 'n antwoord op boodskap #56220] Ma, 28 Januarie 2002 03:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Janneman wrote:

In die konteks van hierdie thread word verwys na
> besluitneming by 'n firma. Die stemgeregtiges sal tipies die aandeelhouers
> wees. Jy wat geen aandele
> het nie, het nie 'n sê nie

so bye-bye.

O. Toe jy nou hier van die
Griekse stadstate begin
praat, toe dink ek jy begin
nou praat van regerings-
stelsels. Nou sien ek jy
praat van maatskappye en
aandeelhouers.

Tant Hessie van Athene, wat ongelukkig
nie in Perikles se tyd 'n aandeelhouer
in die maatskappy was nie.
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56252 is 'n antwoord op boodskap #56235] Ma, 28 Januarie 2002 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3c547f7d.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
> Ek weet nie wat mens 'n bestuurstyl sal noem
> "waar almal altyd saamstem nie." Maar daar is
> seker die outokratiese model, waar dit wat die
> bestuurder wil hê, gewoonlik deurgaan en die meer
> "demokratiese" model, waar daar konsultasie is
> voordat besluite geneem word.
>
> Wouter
> Demokrasie en besigheid gaan nie saam nie. 'n Demokratiese
> besigheid is 'n bankrot besigheid, want sy stadige besluitneming
> en gebrek aan vlugvoetigheid em aanpasbaarheid maak hom 'n
> maklike teiken vir sy konkurrente. Wat jy hier bo beskryf is 'n
> outokratiese vs 'n deelnemende bestuurstyl. Maar die bestuurder
> neem in albei gevalle volle verantwoordelikheid vir die besluite en
> die resultate. As hy/sy nie glo dat die ander se insette reg is nie,
> word dit bespreek en daarna geïgnoreer. Die bestuurder is alleen
> verantwoordelik vir die resultate van sy afdeling of maatskappy.
>

In Engels werk dit lekker en ek gebruik dit heel dikwels:
"We are all responsible, but only I am accountable, so convince me."
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56292 is 'n antwoord op boodskap #56215] Ma, 28 Januarie 2002 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Antie Tottie - jammer, korreksie...
> Jy moes gesê het "wit-ou omies" - nie?

Nee, ou-omies hoef nie net wit te
wees nie. Ou-omies is lede van die
manlike geslag wat dink hulle is
God's gift to the universe. Die
manne van die Taliban is the mother
of all ou-omies. (Ek is nie seker
die ou Grieke sou in jou boek as
"wit" beskou word nie, Jonas.

Anti Taalbande.
Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56341 is 'n antwoord op boodskap #56236] Di, 29 Januarie 2002 09:23 Na vorige boodskap
Ernest Bessinger  is tans af-lyn  Ernest Bessinger
Boodskappe: 17
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Wouter,
Met so bekvol moet ek nou die voorsitter en hom laat weet hy praat k@k. As
ek tyd kry verduidelik ek hierdie punt in meer detail.

Ernest, van 'n bloedige vere Noord Provinsie (of die Limpopo streek).

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3c548239.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Ernest" . Dit is eintlik drie of meer vrae in een. Vrae:
>
> 1) Wat is demokrasie gesien in die lig van bestuurstegniek?
>
> Wouter
> Soos ek elders sê is daar geen demokrasie in bestuur nie. 'n Goeie
> bestuurder betrek sy span by besluite en kry hulle insette deurlopend, maar
> daar is geen sprake van demokrasie nie. Slegs op die vlak van die direksie
> sal daar soms en ook net by sommige maatskappye 'n stemming wees. En die
> aandeelhouers kies natuurlik direkteure op die grondslag van een aandeel,
> een stem, maar in my oë is dit nie demokrasie nie. (demos=volk, demokrasie =
> die wil van die volk?)
>
> 2) Wat noem mens 'n stelsel waar almal saamstem (behalwe vir fairy tales)?
>
> Wouter
> Dit bestaan slegs in feëverhale. Deelnemende bestuur is die naaste wat jy
> daaraan kom. Konsensusbestuur sou dit beskryf, maar dit oorleef nie in die
> praktyk nie.
>
> 3) Het sinergisme enige ander betekenis as om te sê dat 'die totaal
> groter is as die individuele saamgestelde totaal (of dan 1+1=meer as twee).
>
> Wouter
> Nee, dis wat dit beteken.
>
> 4) Is sinergisme 'n bestuurstegniek (dit gaan eintlik saam met 3).
>
> Wouter
> Sinergisme is nie 'n tegniek nie. Eerder een van die doele of strewes van
> bestuur.
>
Vorige onderwerp: nog meer stupid mense
Volgende onderwerp: Die Rugbyringkoppe kom bietjie by.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 10:49:03 MGT 2024