Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ware kleure@ware sterre!
Ware kleure@ware sterre! [boodskap #56207] |
So., 27 Januarie 2002 12:33  |
Kinky[1]
Boodskappe: 193 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kinky: Na aanleiding van Tobie se kleur die volgende oor jou sterre!
;-)
Sê nou vir ons hoe naby dit aan jou kom en onder watter ster jy lê!
WATERDRAER (Jan 20 - Feb 18)
Jy is verbeeldingryk en geneig om progressief te wees. Verder lieg jy
baie en maak gedurig dieselfde foute. Almal dink jy is 'n
donnerse stront.
VIS (Feb 19 - Mar 20)
Jy verbeel jou allerhande dinge en dink dikwels dat jy deur die
polisie agtervolg word. Jy het baie min invloed oor jou vriende en
mense vang 'n gly in jou omdat jy jou mag misbruik. Jy het geen
selfvertroue nie en is oor die algemeen 'n lafaard. Jou soort
mishandel klein diertjies en krap in hul neuse.
RAM (Mar 21 - April 19)
Jy is die pionierstipe en dink baie min van ander mense. Jy is kort
van draad, ongeduldig en vee jou gat af aan goeie raad. Jy is
'n bliksem.
BUL (April 20 - Mei 20)
Jy is prakties, maar koppig. Jy is onwrikbaar en werk soos 'n
esel. Mense dink jy is hardnekkig en 'n oskop. Jy is niks
anders as 'n donnerse kommunis nie.
TWEELING (Mei 21 - Junie 21)
Jy is vinnig, intelligent en 'n denker. Mense hou van jou omdat
jy biseksueel is. Jy is geneig om te veel te verwag vir te min. Dus
is jy 'n goedkoop bliksem. Jou tipe poep graag aan tafel.
KREEF (Junie 22 - Julie 22)
Jy is simpatiek en het begrip vir ander mense se probleme. Hulle dink
jy is 'n koek. Jy stel gedurig dinge uit. Dis waarom jy altyd
van welsyn afhanklik sal wees en lewenslank 'n drol sal bly.
LEEU (Julie 23 - Augustus 22)
Jy dink jy is 'n gebore leier. Ander dink jy is voor op die wa.
Jou tipe is bullies. Jy dink te veel van jouself en aanvaar geen
kritiek nie. Jou windgat houding gee mense 'n kramp. Jy is
skelm en soen spieëls.
MAAGD (Augustus 23 - September 22)
Jy is die logiese tipe en haat wanorde. Jou kaksoekery maak jou
vriende naar. Jy is koud, toon geen emosies nie en raak dikwels aan
die slaap wanneer jy met seks besig is.
WEEGSKAAL (September 23 - Oktober 23)
Jy is die kunstige tipe en het 'n moeilike tyd met die
werklikheid. Kanse vir werk en geldmaak is goed. As jy 'n vrou
is, is jy waarskynlik 'n flerrie. As jy 'n man is, is jy
moontlik 'n "stud" en puik in die bed.
SKERPIOEN (Oktober 24 - November 21)
Jy is uitgeslape in besigheid en kan nie vertrou word nie. Jy sal die
hoogste sport in die lewe behaal weens jou totale gebrek aan
sedelikheid. Jy is wat hulle noem, 'n son-of-a-bitch. Meeste
van jou soort word vermoor.
BOOGSKUTTER (November 22 - Desember 21)
Jy is optimisties en entoesiasties. Jy maak op geluk staat omdat jy
geen talente het nie. Mense lag baie vir jou omdat jy ingeloop word.
Die meerderheid van julle is dronkgatte.
STEENBOK (Desember 22 - Januarie 19)
Jy is konserwatief en bang om risiko te loop. Jy is basies 'n
"chickenshit". Jou soort was nog nooit van enige belang
nie. Jy hoort nie in 'n blanke woonbuurt nie, die polisie sal
jou binnekort verwyder.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ware kleure@ware sterre! [boodskap #56313 is 'n antwoord op boodskap #56286] |
Ma., 28 Januarie 2002 20:53  |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 28 Jan 2002 02:36:47 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:
> Kinky: Drommetjie, as jy nou mooi vir my glimlag, sal ek vir jou sê
> dat ek n Bul is!
> (hoekom klink dit nie reg nie?) :-))
LOL!
Ai, dis lekker om jou hier te hê, Kinky! Hoop jy gaan lank bly, en
die manne op hulle tone hou! :-)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 08:37:03 UTC 2025
|