Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » OPE BRIEF
OPE BRIEF [boodskap #56307] Ma, 28 Januarie 2002 19:26 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
MISKENNING VAN VEILIGHEIDSMAGTE EN HULDE AAN SOLDATE WAT DIE STRYD GESTRY
HET - AFGETREDE GENERAAL JOEP JOUBERT SE SIENING

VERW: RAPPORT HOOFARTIKEL 10 JUNIE:
AMNESTIEPLAN VIR GENERAALS & ANC-HOËS

DIE LAASTE TREK 'N NUWE BEGIN - OUTOBIOGRAFIE - F.W.
DE KLERK

Daar is met groot belangstelling kennis geneem van een van Rapport, 10 Junie
2001, se hoofberigte, "Amnestieplan vir Generaals en ANC-Hoës. Ek het groot
vertroue dat die huidige regering die knoop sal deurhak, en amnestie aan
diesulkes onder andere President Mbeki en Genl. Malan sal toestaan.

Dit is na my mening 'n sinvolle oplossing vir die probleem, sodat
ons die verlede kan vergeet en, almal met hul normale lewe kan voortgaan.

Dit is net jammer dat die ou-regering onder leiding van
oud-president De Klerk nie ook sulke insigte aan die dag gelê het, en dit
reeds in die veelbesproke toespraak van 2 Februarie 1990 alreeds gedoen het
nie. Dit sou respek en vertoue onder die veiligheidsmagte afgedwing het.
Dink net aan al die elendes, geld en tyd wat dit sou uitskakel. Hierdie
fout erken De Klerk self in sy boek (bls. 305, 306 & 307).

Hierdie is egter nie die enigste geval waar daar tydens die
oorgangsproses teen die veiligheidsmagte gediskrimineer is nie. Om die
argument te staaf moet op die volgende gelet word: Die veiligheidsmagte se
volgehoue optrede teen die vyand aan die grens, in Angola asook in die
binneland, het verseker dat daar uiteindelik 'n demokratiese bestel in
Namibië sowel as Suid-Afrika gevestig kon word. Dit het tot gevolg gehad
dat daar uit 'n posisie van mag onderhandel kon word, hierdie feit is egter
misken.
A.g.v. die feit dat oud-president P.W. Botha tereg geglo het
dat stabiliteit 'n vereiste vir onderhandelinge moet wees, het hy 'n hoë
premie op die veiligheidsmagte geplaas, en is baie van hulle verwag. Sekere
ministers in die ou bestel het nie hiervan gehou nie, ek glo dit is omdat
hulle nie die wese van die stryd verstaan het nie. Dit het daar toe gelei
dat 'n gevestigde veiligheidsbestuurstelsel wat gewerk het, en wet en orde
onder sulke omstandighede gehandhaaf kon word, afgeskaf is. Daar kan
geargumenteer word dat indien die stelsel nie afgeskaf is nie, onstabiele
toestande wat tydens die onderhandelinge onstaan het, nie sou plaasvind nie.
Oud-president Nelson Mandela het per geleentheid oud-president De Klerk
beskuldig dat hy met die sterkste weermag en polisiemag in Afrika nie daarin
kon slaag om wet en orde te handhaaf nie, Biopatong is maar een voorbeeld
wat genoem kan word.

Om die argument dat teen die veiligheidsmagte gediskrimineer is, kan die
volgende aspekte ook vermeld word:
Aantygings van korrupte en krimenele toestande wat teen die BSB
gemaak is, is nooit bewys nie, nie deur die Harms Kommisie of die WVK nie,
geen regstappe is ingestel of in 'n hof bewys nie. Dit het tot gevolg gehad
dat a.g.v. politieke druk 'n hoogs gespesialiseerde eenheid van die ou
weermag moes ontbind.
Die Goldstone Kommisie is in die lewe geroep om omgerymdhede binne
die weermag en polisie te ondersoek. Hierdie ondersoeke het tot gevolg
gehad dat ongetoetse bewerings, dat lede van die weermag en die polisie
sonder enige verhoor die diens moes verlaat. Hierdie moes noodwendig tot
gevolg gehad het dat die veiligheidsmagte se vertroue in die politieke
leiers 'n knou gekry het.

Volgens De Klerk se boek het S.A oor 'n goeie kern biologiese oorlog
vermoë beskik, hy het dit as, oorbodig bestempel en van die tafel af gevee,
niemand sal egter ooit weet wat van die tegnologie geword het nie, die feit
is die vermoë is daarmee heen. Ek is van mening dat as De Klerk nie so 'n
houding teenoor die veiligheidsmagte ge-openbaar het nie, die
onderhandelinge veel vrugbaarder vir S.A. kon verloop het.

AFGETREDE GENERAAL BRING HULDE

Een saak wat my baie na aan die hart lê, en wat as ek nalaat om dit openbaar
te maak, ek nie saam met my gewete sal kan lewe nie, dan is dit om hulde aan
ons troepe te bring.

Nou waar begin 'n mens?. Ek wil graag een saak baie sterk
beklemtoon, en dit is dat ons nie die oorlog verloor , en ons nie verniet
geveg het nie, dit is eenvoudig nie waar nie. As dit nie vir die oorlog was
nie, sou ons beslis nie uit 'n posisie van mag na die onderhandelingstafel
kon gaan nie. Ons het nie vir apartheid geveg nie. Ek glo die persoon wat
dit die beste opgesom het is Tannie Ristie Viljoen, Genl. Constant Viljoen
se vrou, toe sy gesê het, "Ons het nie 'n enkele dag vir apartheid aan die
Grens geveg nie, maar teen kommunisme". Ek hoop dit laat 'n paar manne se
ore tuit. As dit nie vir ons op offeringe in die oorlog was nie, sou Suid
Afrika vandag heel anders gelyk het. Dink maar aan die situasie in die res
van Afrika waar die komminisme geseëvier het.

So manne glo dit, julle het nie die oorlog verloor nie, ons het dit
nie vir niks gedoen nie, ons het die komminisme oorwin. Om sodoende van
Suid Afrika 'n beter plek te maak. Ek wil dit vandag onomwonde stel dat ons
soldate die beste in die wêreld is, nie van die bestes nie, maar die beste!
Hoekom sê ek so, ek wil dit soos volg probeer ullistreer. Probeer uself in
hierdie situasie indink.

In my hele militêre loopbaan waarvan ongeveer 90% tydens operasies teen die
vyand was, het nooit een enkele persoon geweier om te veg nie. Nie een
enkele persoon het ooit tydens die hewigste van gevegte soos 'n verraaier
weggehardloop nie, nooit! Dink u in, bomme bars om jou, koeëls fluit oor
jou kop met die doel om jou te dood, en tog dink jy net aan een ding, en dit
is, om te wen.

'n Tenkbemanning word tydens 'n geveg in digte bosse op 'n afstand van
tussen tien en twintig meter deur 'n vyandelike tenk gekonfronteer. Hierdie
is nie 'n saak van weghardloop nie, hierdie is 'n saak van wen. Wil iemand
dit durf waag om te sê dit getuig nie van heldemoed nie! Hy moet sy kop
laat lees!.

Die medieseordenanse wat met hul draagbaar in hewige gevegte voorentoe beur
om 'n gewonde makker na veiligheid af te voer.

Die vegvlieënier wat sien hoe 'n grond tot lugmisiel op hom afpeil, maar
instede van om paniekbevange te raak, op die misiel afpeil om sodoende die
misiel in die war te stuur, en hom instaat te stel om die vliegtuig in 'n
veilige gebied te land. (Hierdie persoon is vandag 'n parapleeg.)

'n Vlootkaptein wat die lewe van sy bemanning en sy skip op die spel te
plaas om sy kamerade van die land af op te pik en na veiligheid te neem.

Die groot suksesse wat die Koevoetspanne van die S.A.Polisie behaal het.

Spesiale Magte (Reccies) wat hoogs sensitiewe operasies diep in vyandelike
gebied uitgevoer het, en hier sluit ek die BSB ook in. Hierdie take is met
baie min erkenning uitgevoer.

Ondersteuningspersoneel wat dag en nag gesorg het dat die manne aan die
"skerp kant" altyd genoeg voedsel, ammunisie ens. gehad het. 'n
Motorwerktuigkundige wat terwyl'n stukkende voertuig op sleep tou is tydens
die beweeg is, herstel het.

So is daar nog baie meer wat gemeld kan word, daar is reeds baie boeke
i.d.v. geskryf. Ek daag enige iemand uit om vir my te sê dat sulke optrede
nie van absolute lojaliteit teenoor die saak getuig nie.

Daarom wil ek net sê en ek glo daar is baie ander wat met my saamstem.

Baie dankie manne!
Julle is die beste!

Joep Joubert
Re: OPE BRIEF [boodskap #56310 is 'n antwoord op boodskap #56307] Ma, 28 Januarie 2002 19:43 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Frikkie Potgieter wrote:

- AFGETREDE GENERAAL JOEP JOUBERT SE SIENING

> AFGETREDE GENERAAL BRING HULDE
die komminisme
ons het die komminisme oorwin.

lugmisiel

die misiel
> Die groot suksesse wat die Koevoetspanne van die S.A.Polisie behaal het.

Of dit nou Frikkie is of Joep, die Derde
Vryheidsoorlog om Afikaans uit die hande
van die rsaboys en die hanskakies en die
misspellers te red, is egter besig om te
faal.
Die Ruiter in die Dag.
Vorige onderwerp: Annette weet jy...
Volgende onderwerp: Ware kleure@ware sterre!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 03:50:12 MGT 2024