Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN
" Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55189] Di, 08 Januarie 2002 03:48 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Oud-digter
D.J.Opperman

Die panne is nie opgedroog. Die spoor
van die grootwild het ek 'n rukkie net verloor
en leef intussen van die enkel reël
wat springend ritsel om die oog en oor.

Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
en vlae reën lok as die gifpot kook.
Maar uit die pot spring net 'n dwarrelwind
en daagliks word ek doller van wildedagga rook.

Doller.... dan sterker as die jongeres gespier,
sien ek wat hulle nie kan sien: die koel rivier,
die gemsbok en reënvoël ..... opgeefselend
oor my Kalahari's wit papier.
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55197 is 'n antwoord op boodskap #55189] Di, 08 Januarie 2002 10:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C3A6CBD.5070106@rogers.com...

> Oud-digter
> D.J.Opperman
>
> Die panne is nie opgedroog. Die spoor
> van die grootwild het ek 'n rukkie net verloor
> en leef intussen van die enkel reël
> wat springend ritsel om die oog en oor.
>
> Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
> en vlae reën lok as die gifpot kook.
> Maar uit die pot spring net 'n dwarrelwind
> en daagliks word ek doller van wildedagga rook.
>
> Doller.... dan sterker as die jongeres gespier,
> sien ek wat hulle nie kan sien: die koel rivier,
> die gemsbok en reënvoël ..... opgeefselend
> oor my Kalahari's wit papier.

Dié gedig spreek vir homself, sonder dat 'n mens iets hoef te weet van
hoe Opperman gevoel het toe hy dit geskryf het nie. Dis obviously 'n
oud-digter wat nie meer kan dig nie, wat voos is, wat uitgedig is, en
wat terugverlang na die ou dae toe hy nog lekker kon dig. En as hy
dan nie kan dig nie, dan kan hy nog speel met die woorde en dinge doen
wat die nuwe geslag digters nie eens begryp nie (al is dit net wind).

"Die panne is nie opgedroog" ... yeah right.
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55201 is 'n antwoord op boodskap #55197] Di, 08 Januarie 2002 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> skryf in boodskap news:3C3A6CBD.5070106@rogers.com...
>
>> Oud-digter
>> D.J.Opperman

>> Die panne is nie opgedroog. Die spoor
>> van die grootwild het ek 'n rukkie net verloor
>> en leef intussen van die enkel reël
>> wat springend ritsel om die oog en oor.

ek dink sy bewering hier dat die panne nie opgedroog is nie is 100% in
die kol. die panne droog nooit op die ons sukkel net soms om dit raak
te sien of op te spoor. mense doen altyd stupid of great dinge om te
inspireer, daar is altyd vreugde of verdriet om jou. die vraag is, kan
jy die storie vertel? tot dan hou jy jou maar besig met one liners
soos woody allen maar gedoen het / nog doen.

>> Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
>> en vlae reën lok as die gifpot kook.

watter stront hy al alles aangejaag het sal net hy weet. daai bose
vuurtjie wat hy so onder die gifpot stook spreek boekdele van die
dinge wat oud-digter al kwyt geraak het. en die feit dat hy blyk dat
hy nog kan stook laat my wonder wie of wat dit volgende gaan vergeld.

>> Maar uit die pot spring net 'n dwarrelwind
>> en daagliks word ek doller van wildedagga rook.

te veel one liners en jy word sommer vinnig `n standup comic.

>> Doller.... dan sterker as die jongeres gespier,
>> sien ek wat hulle nie kan sien: die koel rivier,
>> die gemsbok en reënvoël ..... opgeefselend
>> oor my Kalahari's wit papier.

maar as jy eers eenmaal geleer het om die tekens te sien, sal jy dit
weer erken as dit jou pad kruis terwyl minder gesoutes verby sal stap.

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55204 is 'n antwoord op boodskap #55197] Di, 08 Januarie 2002 12:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

> Dié gedig spreek vir homself, sonder dat 'n mens iets hoef te weet van
> hoe Opperman gevoel het toe hy dit geskryf het

Dis natuurlik gegee. 'n Digter kan nooit
"vertrou" word dat hy dié dinge gevoel het
waaroor hy dig nie. Maar op 'n sekere vlak
sal. wat hy sê, die leser affekteer. Sulke
gedigte, wat aangryp, is dan gewoonlik
"goeie" gedigte, wat deur 'n liggaam van
bewonderaars as "groot" beskou word. Wat
is jou indruk van die hedendaagse Afrikaanse
letterkundige scéne? Is daar mense wat
gehuldig word as "goeie" digters. Hier van
ver af kan ek natuurlik nie oordeel nie.
Maar twee of drie wat ek as "goed" beskou,
is Charl-Pierre Naude, George Weideman en
miskien selfs Gert Vlok Nel.

> "Die panne is nie opgedroog" ... yeah right.

Jou opmerking spreek boekdele oor 'n baie
gekompliseerde saak. Wanneer Opperman karring
en karring oor hierdie "die kuns is boos"
onderwerp, en dan 'n gedig skryf soos "Oud-
Digter" - dink jy nie dat hy agter in sy
kop wens dat hy gedigte kan skryf oor dinge
wat waarlik inspireer en ophef nie ( wat dit
ookal beteken.) Wie skryf sulke gedigte?
En is hulle enigiets werd?

Gloudina
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55205 is 'n antwoord op boodskap #55201] Di, 08 Januarie 2002 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:

die vraag is, kan
> jy die storie vertel? tot dan hou jy jou maar besig met one liners
> soos woody allen maar gedoen het / nog doen.

Ja, jy slaan die spyker weer op die kop.
Die vraag is altyd, kan jy dig, kan jy die
goeie song skryf, is jou band 'n goeie band.
Erens is daar 'n deurslaggewende faktor. Ek
vra altyd van 'n goeie band dat ek na hulle
band sonder die sang moet kan luister en
geinteresseerd bly. So 'n band is U2. Dan
word Bono en wat hy sê maar net nog 'n
instrument.
Ek is bly jy weet ook dat Woody Allen maar
net in die small leagues is. Van watter soort
films hou jy?

Gloudina
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55206 is 'n antwoord op boodskap #55201] Di, 08 Januarie 2002 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:

> maar as jy eers eenmaal geleer het om die tekens te sien, sal jy dit
> weer erken as dit jou pad kruis terwyl minder gesoutes verby sal stap.

Ek wens jy wil hieroor uitwei. Hoe werk
dit by jou en jou songwriting?

Gloudina
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55207 is 'n antwoord op boodskap #55205] Di, 08 Januarie 2002 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Alle mapstieks - wat het van onse suiwere Afrikaanse kampvegter geword
Gloudina? "Band" en waarimpel ook "song" - ons betree 'n nuwe era.
Maar, ek het nog altyd geweet dat dit net skyn is ...
Die "drie skuite" kan 'n allemintige sielsmaatjie word - hy/sy poog so hard
om soos sy tienerkinders met die snuifprobleem te praat, dit jaag my
sinushoofpyn op ...
Lekker man - gaan vir goud ...
skryf in boodskap news:3C3AECC3.2030002@rogers.com...
>
> Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:
>
>
> die vraag is, kan
>> jy die storie vertel? tot dan hou jy jou maar besig met one liners
>> soos woody allen maar gedoen het / nog doen.
>
> Ja, jy slaan die spyker weer op die kop.
> Die vraag is altyd, kan jy dig, kan jy die
> goeie song skryf, is jou band 'n goeie band.
> Erens is daar 'n deurslaggewende faktor. Ek
> vra altyd van 'n goeie band dat ek na hulle
> band sonder die sang moet kan luister en
> geinteresseerd bly. So 'n band is U2. Dan
> word Bono en wat hy sê maar net nog 'n
> instrument.
> Ek is bly jy weet ook dat Woody Allen maar
> net in die small leagues is. Van watter soort
> films hou jy?
>
> Gloudina
>
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55209 is 'n antwoord op boodskap #55207] Di, 08 Januarie 2002 14:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Jan 2002 16:07:48 +0200, "Vusi" wrote:

> Die "drie skuite" kan 'n allemintige sielsmaatjie word - hy/sy poog so hard
> om soos sy tienerkinders met die snuifprobleem te praat, dit jaag my
> sinushoofpyn op ...
> Lekker man - gaan vir goud ...

Ooops, Jonas/Vusi nou hoe klink dit dan amper vir my asof jy jaloers
is op 3 skippies hmmm? :-)))

Danielle (nog in hewige skok omdat die "tannie" een van my
geliefkoosde bands- U2 as positiewe voorbeeld gebruik het - who woudda
thunk)
Toemaar Vusi - ek dink sy is net besig om vir 3 skippies uit te kyk -
om te sien wat hom laat tick. Sy sal jou nie vergeet nie - hou goeie
moed hoor. :-))
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55227 is 'n antwoord op boodskap #55207] Wo, 09 Januarie 2002 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Jan 2002 16:07:48 +0200, "Vusi" sent
the following message to space station Earth:

> Die "drie skuite" kan 'n allemintige sielsmaatjie word - hy/sy poog so hard
> om soos sy tienerkinders met die snuifprobleem te praat, dit jaag my
> sinushoofpyn op ...
> Lekker man - gaan vir goud ...

en hoes dit vir `n swift kick in the groin. duidelik het jy `n
probleem met wat ek doen maar my hartjie bloei vir jou.dalk moet jy
minder beesmis snuif dan sal jou sinus probleempie ook opklaar.
ek kry `n moerse kak van suiwer afrikaans of suiwer enigeiets maar
iets wat my `n nog groter een gee is boksies soos jy. get a live.

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55228 is 'n antwoord op boodskap #55205] Wo, 09 Januarie 2002 06:49 Na vorige boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 08 Jan 2002 12:54:25 GMT, "@rogers.com" sent the
following message to space station Earth:

> Ek is bly jy weet ook dat Woody Allen maar
> net in die small leagues is. Van watter soort
> films hou jy?
>

sci-fi. enigeiets met slym en goeters. the truth is out there!

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Vorige onderwerp: " Scriba van Egipte " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Uit " Periandros van Korinthe " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 22:59:49 MGT 2024