Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit " Periandros van Korinthe " deur D.J. OPPERMAN
Uit " Periandros van Korinthe " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55401] Ma, 14 Januarie 2002 02:09
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Uit "Periandros van Korinthe"
D. J. Opperman

Ja Vader. Die rym neem ook 'n hele lewe in beslag:
jou doen en dink, jou soek na ander en jou wag.
Jy leer ou woorde kantel tot 'n nuwe samesyn
sodat hul dan presies bepaalde vreugdes wek of pyn.
Jy is die heerser.... maar jou gebied
is gans die skepping: die mens, die ster en riet.
Jy is die tamariskboom, die spreeus wat daarin sit,
sowel sluipmoordenaar as heilige wat staan en bid,
en jy skep na eie wil, maar tog na aangevoelde wet,
'n nuwe ryk wat langer lewe as die meeste ryke het.
Vorige onderwerp: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Johannesburg 1997 " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 17:30:02 MGT 2024