Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN
" Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55189] |
Di., 08 Januarie 2002 03:48  |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Oud-digter
D.J.Opperman
Die panne is nie opgedroog. Die spoor
van die grootwild het ek 'n rukkie net verloor
en leef intussen van die enkel reël
wat springend ritsel om die oog en oor.
Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
en vlae reën lok as die gifpot kook.
Maar uit die pot spring net 'n dwarrelwind
en daagliks word ek doller van wildedagga rook.
Doller.... dan sterker as die jongeres gespier,
sien ek wat hulle nie kan sien: die koel rivier,
die gemsbok en reënvoël ..... opgeefselend
oor my Kalahari's wit papier.
|
|
|
|
|
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55204 is 'n antwoord op boodskap #55197] |
Di., 08 Januarie 2002 12:47   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
> Dié gedig spreek vir homself, sonder dat 'n mens iets hoef te weet van
> hoe Opperman gevoel het toe hy dit geskryf het
Dis natuurlik gegee. 'n Digter kan nooit
"vertrou" word dat hy dié dinge gevoel het
waaroor hy dig nie. Maar op 'n sekere vlak
sal. wat hy sê, die leser affekteer. Sulke
gedigte, wat aangryp, is dan gewoonlik
"goeie" gedigte, wat deur 'n liggaam van
bewonderaars as "groot" beskou word. Wat
is jou indruk van die hedendaagse Afrikaanse
letterkundige scéne? Is daar mense wat
gehuldig word as "goeie" digters. Hier van
ver af kan ek natuurlik nie oordeel nie.
Maar twee of drie wat ek as "goed" beskou,
is Charl-Pierre Naude, George Weideman en
miskien selfs Gert Vlok Nel.
> "Die panne is nie opgedroog" ... yeah right.
Jou opmerking spreek boekdele oor 'n baie
gekompliseerde saak. Wanneer Opperman karring
en karring oor hierdie "die kuns is boos"
onderwerp, en dan 'n gedig skryf soos "Oud-
Digter" - dink jy nie dat hy agter in sy
kop wens dat hy gedigte kan skryf oor dinge
wat waarlik inspireer en ophef nie ( wat dit
ookal beteken.) Wie skryf sulke gedigte?
En is hulle enigiets werd?
Gloudina
|
|
|
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55205 is 'n antwoord op boodskap #55201] |
Di., 08 Januarie 2002 12:54   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:
die vraag is, kan
> jy die storie vertel? tot dan hou jy jou maar besig met one liners
> soos woody allen maar gedoen het / nog doen.
Ja, jy slaan die spyker weer op die kop.
Die vraag is altyd, kan jy dig, kan jy die
goeie song skryf, is jou band 'n goeie band.
Erens is daar 'n deurslaggewende faktor. Ek
vra altyd van 'n goeie band dat ek na hulle
band sonder die sang moet kan luister en
geinteresseerd bly. So 'n band is U2. Dan
word Bono en wat hy sê maar net nog 'n
instrument.
Ek is bly jy weet ook dat Woody Allen maar
net in die small leagues is. Van watter soort
films hou jy?
Gloudina
|
|
|
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55206 is 'n antwoord op boodskap #55201] |
Di., 08 Januarie 2002 12:56   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:
> maar as jy eers eenmaal geleer het om die tekens te sien, sal jy dit
> weer erken as dit jou pad kruis terwyl minder gesoutes verby sal stap.
Ek wens jy wil hieroor uitwei. Hoe werk
dit by jou en jou songwriting?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55228 is 'n antwoord op boodskap #55205] |
Wo., 09 Januarie 2002 06:49  |
Threeships 'did you s
Boodskappe: 200 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 08 Jan 2002 12:54:25 GMT, "@rogers.com" sent the
following message to space station Earth:
> Ek is bly jy weet ook dat Woody Allen maar
> net in die small leagues is. Van watter soort
> films hou jy?
>
sci-fi. enigeiets met slym en goeters. the truth is out there!
Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Apr. 15 22:50:22 UTC 2025
|