Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts?
Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54888] |
Sun, 23 December 2001 06:51 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
david
Boodskappe: 35 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts?
Op Sondag 20 Desember 1914, vandag sewe en tagtig jaar gelede, het 'n
vuurpeloton van Jan Smuts Jopie Fourie koelbloedig in die agterplaas van die
tronk in Pretoria vermoor.
Hierdie moord was die gevolg van Jan Smuts en Louis Botha se besluit om die
Boerevolk op die offertafel van die Eerste Wêreldoorlog te plaas in hulle
drang om persoonlike aansien by die vyand van die Boerevolk te wen. Selfs
jongmanne wat die Britse moordkampe oorleef het, maar broers, susters en
moeders daar verloor het, is sinies opgevorder om as kanonkos vir Engeland
te dien en Duitswes-Afrika op 'n laakbare wyse binne te val.
Teen hierdie besluit het Jopie Fourie en ander rebelle in opstand gekom. Die
uiteinde van die saak is dat Jopie Fourie voor 'n vuurpeloton vermoor is.
Daarmee het Jopie Fourie en Jan Smuts na vore getree as twee uiterste tipes
in die bestaan van die Boerevolk: Die kolonialer, Smuts, wat enigiets sou
doen om tog maar net 'n kloppie op die skouer by die Engelse veroweraar te
verdien; wat vernederend voor sy vreemde base kruip; en wat die Boerevolk
sinies uitbuit en selfs laat vermoor om sy dienstigheid aan die vyand te
toon.
Daarteenoor die beginselvaste Jopie Fourie wat pal staan by God, volk en
vaderland; Jopie Fourie wat nie soos 'n banggeslaande hond die hand lek wat
die sweep vashou nie. En vandag, soveel jaar na sy dood, dien Jopie Fourie
nog steeds vir elke ware Boer as voorbeeld van onwankelbare trou.
Vandag kan elkeen van ons bepaal of ons op koers is deur onsself af te vra:
Tree ek soos Jopie Fourie op of soos Jan Smuts? Is ek getrou aan God, volk
en vaderland, of doen ek maar soos die vyand vir my voorskryf?
Praat ek Afrikaans, of papegaai ek maar die vyand se terme agterna? Praat ek
ook in die taal van die veroweraar van 'n siedie of seedee in plaas van
straalplaat of straalskyf, wat my Vlaamse neefs my bied? Of het die ou
Transvaal ook al vir my so 'n verleentheid geword dat ek van die vyand se
veroweringsnaam Gauteng of Mpumulanga praat? Is ek nog trots genoeg om my
eie simbole te vertoon, of leef ek al saam met die veroweraar se vlag en
volkslied?
Jopie Fourie het sonder huiwering die hoogste opoffering gemaak. Sou iemand
vir wie dit te veel van 'n opoffering is om 'n Afrikaanse woord of volkseie
simbool te gebruik, 'n Jopie Fourie genoem kon word? Daar is geen
inspanning, geen straf, geen geldverlies, geen gevaar vir iemand wat sy eie
respekteer en bevorder nie. Hoe sou iemand wat so maklik kapituleer en sy
eie taal en simbole prysgee, optree wanneer daar regtig gevaar is en regtig
opofferings vereis word?
Vir sy verraad en verengelsing het Jan Smuts 'n mooi uniform en die rang van
veldmaarskalk gekry. Hy is na vergaderings, onthale en konferensies genooi
en selfs die kans gegee om kruiperig om die Britse koningsgesin te kloek.
Diegene wat vandag Afrikaans versaak om ewe dienstig Engelse terme na te
praat kry niks! Hulle doen dit gratis! Ver van Jopie Fouries, kan hulle nie
eers Jan Smutse genoem word nie, want hy kon darem nog die verskoning van
vergoeding vir sy verraad aanvoor!
Mag die Boerevolk weer 'n volk van Jopie Fouries word! Jopie Fourie het sy
lewe gegee - mag die geskiedenis nie nodig hê om van ons geslag aan te teken
dat ons te pap en te pateties was om uit te staan vir ons eie nie.
|
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54891 is 'n antwoord op boodskap #54888] |
Sun, 23 December 2001 10:51 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sheeeeezzzz!!!! Behoede ons van die mense wat in die verlede vasgeval is!!
Nie een van daardie lot sou vandag hier enige hond haaraf gemaak het nie.
Ek wil nie een van daardie ou lot wees nie.
Chauviniste die lot van hulle.
Annette
in message news:a03us8$l9d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts?
>
> Op Sondag 20 Desember 1914, vandag sewe en tagtig jaar gelede, het 'n
> vuurpeloton van Jan Smuts Jopie Fourie koelbloedig in die agterplaas van die
> tronk in Pretoria vermoor.
>
> Hierdie moord was die gevolg van Jan Smuts en Louis Botha se besluit om die
> Boerevolk op die offertafel van die Eerste Wêreldoorlog te plaas in hulle
> drang om persoonlike aansien by die vyand van die Boerevolk te wen. Selfs
> jongmanne wat die Britse moordkampe oorleef het, maar broers, susters en
> moeders daar verloor het, is sinies opgevorder om as kanonkos vir Engeland
> te dien en Duitswes-Afrika op 'n laakbare wyse binne te val.
>
> Teen hierdie besluit het Jopie Fourie en ander rebelle in opstand gekom. Die
> uiteinde van die saak is dat Jopie Fourie voor 'n vuurpeloton vermoor is.
>
> Daarmee het Jopie Fourie en Jan Smuts na vore getree as twee uiterste tipes
> in die bestaan van die Boerevolk: Die kolonialer, Smuts, wat enigiets sou
> doen om tog maar net 'n kloppie op die skouer by die Engelse veroweraar te
> verdien; wat vernederend voor sy vreemde base kruip; en wat die Boerevolk
> sinies uitbuit en selfs laat vermoor om sy dienstigheid aan die vyand te
> toon.
>
> Daarteenoor die beginselvaste Jopie Fourie wat pal staan by God, volk en
> vaderland; Jopie Fourie wat nie soos 'n banggeslaande hond die hand lek wat
> die sweep vashou nie. En vandag, soveel jaar na sy dood, dien Jopie Fourie
> nog steeds vir elke ware Boer as voorbeeld van onwankelbare trou.
>
> Vandag kan elkeen van ons bepaal of ons op koers is deur onsself af te vra:
> Tree ek soos Jopie Fourie op of soos Jan Smuts? Is ek getrou aan God, volk
> en vaderland, of doen ek maar soos die vyand vir my voorskryf?
>
> Praat ek Afrikaans, of papegaai ek maar die vyand se terme agterna? Praat ek
> ook in die taal van die veroweraar van 'n siedie of seedee in plaas van
> straalplaat of straalskyf, wat my Vlaamse neefs my bied? Of het die ou
> Transvaal ook al vir my so 'n verleentheid geword dat ek van die vyand se
> veroweringsnaam Gauteng of Mpumulanga praat? Is ek nog trots genoeg om my
> eie simbole te vertoon, of leef ek al saam met die veroweraar se vlag en
> volkslied?
>
>
> Jopie Fourie het sonder huiwering die hoogste opoffering gemaak. Sou iemand
> vir wie dit te veel van 'n opoffering is om 'n Afrikaanse woord of volkseie
> simbool te gebruik, 'n Jopie Fourie genoem kon word? Daar is geen
> inspanning, geen straf, geen geldverlies, geen gevaar vir iemand wat sy eie
> respekteer en bevorder nie. Hoe sou iemand wat so maklik kapituleer en sy
> eie taal en simbole prysgee, optree wanneer daar regtig gevaar is en regtig
> opofferings vereis word?
>
> Vir sy verraad en verengelsing het Jan Smuts 'n mooi uniform en die rang van
> veldmaarskalk gekry. Hy is na vergaderings, onthale en konferensies genooi
> en selfs die kans gegee om kruiperig om die Britse koningsgesin te kloek.
>
> Diegene wat vandag Afrikaans versaak om ewe dienstig Engelse terme na te
> praat kry niks! Hulle doen dit gratis! Ver van Jopie Fouries, kan hulle nie
> eers Jan Smutse genoem word nie, want hy kon darem nog die verskoning van
> vergoeding vir sy verraad aanvoor!
>
> Mag die Boerevolk weer 'n volk van Jopie Fouries word! Jopie Fourie het sy
> lewe gegee - mag die geskiedenis nie nodig hê om van ons geslag aan te teken
> dat ons te pap en te pateties was om uit te staan vir ons eie nie.
>
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54898 is 'n antwoord op boodskap #54888] |
Sun, 23 December 2001 14:16 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
david wrote:
> Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts?
> Praat ek Afrikaans, of papegaai ek maar die vyand se terme agterna? Praat ek
> ook in die taal van die veroweraar
Ag, ou david, dit is 'n feit dat ons inwonende
lid van die Boerevolk, Frikkie Potgieter, 'n
Engelse pennaam in sy epos gebruik ( rsaboy)
en baie geradbraakte Afrikaans praat, en baie
in Engels pos op ons Afrikaanse nuusgroep. En
ek het rede om te dink dat hy nie enig is nie.
Ek het al agtergekom - hoe meer regs, hoe meer
boerevolkerig mense op hierdie nuusgroep is,
hoe slegter is hul Afrikaans, hoe meer vloek
hulle, en hoe meer seksuele verwysing gebruik
hulle. So julle ou Boerevolkers moet liewer in
julle eie boesem kyk voordat julle ons ander
Afrikaners in die gesit vat.
Tant Hessie, wat weet waar dawid die wortels
gegrawe het. ( Dawieb = Koi vir "wortel.")
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54900 is 'n antwoord op boodskap #54888] |
Sun, 23 December 2001 15:33 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
david wrote:
> Daarmee het Jopie Fourie en Jan Smuts na vore getree as twee uiterste tipes
> in die bestaan van die Boerevolk: Die kolonialer, Smuts, wat enigiets sou
> doen om tog maar net 'n kloppie op die skouer by die Engelse veroweraar te
> verdien;
Jy vergeet natuurlik dat die "kolonialer" Jan
Smuts 'n generaal in die Boere-oorlog was, dat
hy tot aan die einde in die Kaap-provinsie
ingeval het en soldate probeer werf het onder
die inwoners van die Kaap-provinsie. (My eie
pa het altyd vol bewondering vertel van hoe hy
as jong seun in Namakwaland geluister het na
Jan Smuts se versoek om te kom help.)
Maar Jan Smuts en Louis Botha het, anders
as die klomp wat sit en huil het oor hulle "verlore"
Republieke, 'n groter visie gehad van wat dit beteken
om Suid-Afrikaner te wees, en het voortgebou en uitgebou
en die afrikaner 'n krag gemaak waarmee rekening gehou
moes word in die eerste deel van die twintigste eeu, nie
net in SA nie, maar ook op die wêreldtoneel.
En wat het gebeur toe Malan en sy snare in 1948
kans kry om te wys waarvan hulle gemaak is? Binne 'n
dekade het hulle die Afrikaner se naam deur die modder
gesleep, en was hulle die oorsaak dat tagtig persent van
die inwoners van SA ( hulle wat al die harde werk gedoen
het maar van hulle menseregte beroof is) in opstand gekom
het en 'n burgeroorlog begin het wat deur jy en jou
geesgenote verloor is, omdat julle aan die kant van die
duiwel was. Julle was, na 1948, soos die Taliban, wat vir
al die ander reëls wou maak en nie gesien het dat julle eie
mense moord en doodslag gepleeg het nie.
So bly maar af van ons Afrikaanse nuusgroep met jou
gesnater. Op hierdie nuusgroep het ons nie tyd vir sulke
gepraat nie. Op hierdie nuusgroep is ons, net soos die
mense in Afghanistan, bly dat die Taliban uiteindelik
uitgeskop is. Jy en jou makkers is die laaste van die
Afrikaner-taliban.
Die Ruiter in die Dag.
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54909 is 'n antwoord op boodskap #54900] |
Mon, 24 December 2001 04:37 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Antie Tottie. Ek volg jou spoor op die ng reeds geruime tyd. Jy wat onder
die kakiekombers grootgeword het besoedel die naam Afrikaner en Boer. Jy was
nog nooit ene nie en wou tog nooit een wees nie. Jy is en was skaam vir jou
eie mense. Jy het Afrikaans bly praat omdat jy maklik daarin 'n ou graddtjie
kon kry aan 'n Engelse Universiteit. Ek skaam my vir jou onthalwe. Onthou -
jy is nie 'n Afrikaner nie - jy praat bloot Afrikaans.
Ek is nie regsgesind nie - mense wat sulke uitsprake lewer is diegene wat
die grondslag van apartheid gelê het - diegene onder Britse invloed.
David - jy laat my weer dink. Dankie.
Dit val my deesdae op oor radio en TV dat skeer Afrikaansspekendes gereeld
Engelse woorde laat "val" - om die indruk van "with it" te skep.
skryf in boodskap news:3C25FA02.3040301@rogers.com...
> david wrote:
>
>
>
>> Daarmee het Jopie Fourie en Jan Smuts na vore getree as twee uiterste tipes
>> in die bestaan van die Boerevolk: Die kolonialer, Smuts, wat enigiets sou
>> doen om tog maar net 'n kloppie op die skouer by die Engelse veroweraar te
>> verdien;
>
>
> Jy vergeet natuurlik dat die "kolonialer" Jan
> Smuts 'n generaal in die Boere-oorlog was, dat
> hy tot aan die einde in die Kaap-provinsie
> ingeval het en soldate probeer werf het onder
> die inwoners van die Kaap-provinsie. (My eie
> pa het altyd vol bewondering vertel van hoe hy
> as jong seun in Namakwaland geluister het na
> Jan Smuts se versoek om te kom help.)
> Maar Jan Smuts en Louis Botha het, anders
> as die klomp wat sit en huil het oor hulle "verlore"
> Republieke, 'n groter visie gehad van wat dit beteken
> om Suid-Afrikaner te wees, en het voortgebou en uitgebou
> en die afrikaner 'n krag gemaak waarmee rekening gehou
> moes word in die eerste deel van die twintigste eeu, nie
> net in SA nie, maar ook op die wêreldtoneel.
> En wat het gebeur toe Malan en sy snare in 1948
> kans kry om te wys waarvan hulle gemaak is? Binne 'n
> dekade het hulle die Afrikaner se naam deur die modder
> gesleep, en was hulle die oorsaak dat tagtig persent van
> die inwoners van SA ( hulle wat al die harde werk gedoen
> het maar van hulle menseregte beroof is) in opstand gekom
> het en 'n burgeroorlog begin het wat deur jy en jou
> geesgenote verloor is, omdat julle aan die kant van die
> duiwel was. Julle was, na 1948, soos die Taliban, wat vir
> al die ander reëls wou maak en nie gesien het dat julle eie
> mense moord en doodslag gepleeg het nie.
> So bly maar af van ons Afrikaanse nuusgroep met jou
> gesnater. Op hierdie nuusgroep het ons nie tyd vir sulke
> gepraat nie. Op hierdie nuusgroep is ons, net soos die
> mense in Afghanistan, bly dat die Taliban uiteindelik
> uitgeskop is. Jy en jou makkers is die laaste van die
> Afrikaner-taliban.
>
> Die Ruiter in die Dag.
>
|
|
|
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54932 is 'n antwoord op boodskap #54916] |
Mon, 24 December 2001 13:15 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Gloudina, wat presies bedoel jy onder burgeroorlog?
> Ek was nog heeltyd hier van my geboorte af, en ek was nog nooit by 'n
> burgeroorlog betrokke nie.
Wel, Annette, niemand is so blind as die
wat maak asof hulle nie kan sien nie.
> Ek dink ook jy is hopeloos verkeerd om almal wat hier is, en wat nie swart
> of ANC is nie, sien as mense wat van die duiwel is.
> Waarop grond jy jou growwe veralgemening?
Dis natuurlik jou eie verwronge stelling, dat
ek ALMAL wat nie swart of ANC is as van die
duiwel sien , wat jou probleem skep. Jy maak
hierdie stupid stelling, en dan gaan jy voort om
daarop te borduur. Hou op om so naief te reageer.
Dis hierdie soort denke wat mens immuun maak teen
die wereld in sy ware lig sien. Jy sê jy is 50 jaar
oud. Hoe het jy die jare, toe P.W. Botha hoogty
gevier het, die wêreld daar in SA bekyk? Ek neem
aan ook maar met 'n groot deel van die oogklappe
waarmee jy nou die wereld bekyk.
Tant Hessie van die Derde Republiek.
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54933 is 'n antwoord op boodskap #54909] |
Mon, 24 December 2001 13:33 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Antie Tottie. Ek volg jou spoor op die ng reeds geruime tyd. Jy wat onder
> die kakiekombers grootgeword het besoedel die naam Afrikaner en Boer. Jy was
> nog nooit ene nie en wou tog nooit een wees nie.
Dankie Jonas. Die dag as ek nie meer aandag van
jou kry nie, sal ek weet dat ek nie meer 'n
bedreiging is vir jou enge konsep van wie
Afrikaner is of nie. Intussen is ek 'n Afrikaner
soos Jan Smuts en Louis Botha Afrikaners was.
Intussen is ek Afrikaner soos Leipoldt en
Langenhoven Afrikaners was, soos Breyten Breytenbach
Afrikaner was, in die tronk vir sewe jaar, daar gesit
deur die Afrikaner-Taliban. Ek eer as my Afrikaner
helde manne soos Beyers Naude. Wie is jou helde?
Jy het Afrikaans bly praat omdat jy maklik daarin 'n ou graddtjie
> kon kry aan 'n Engelse Universiteit. Ek skaam my vir jou onthalwe. Onthou -
> jy is nie 'n Afrikaner nie - jy praat bloot Afrikaans.
Ho, ho. Hier kom ons weer by die aanval oor
akademiese agtergrond uit. Laat ek nou verstaan:
jy beskuldig my dat ek die Universiteit van
Natal gebruik het vir nagraadse werk, omdat hulle
'n slegte Afrikaanse departement gehad het? Ek dink
A.P. Grove sal jou in die agterent skop as jy vir
hom daarvan beskuldig ( hy was in Pietermaritzburg
terwyl ek daar was. ) En as jy Stoffel Nienaber
en G.S. Nienaber as tweederangs beskou, dan praat
jy deur jou neus.
Nou, om dinge reg te sit. Vertel nou weer vir
ons, liewe Jonas, wat is jou akademiese agtergrond?
As jy nie hierdie vraag antwoord nie, dan is jy 'n
papbroek, 'n muis en nie 'n man nie. Ek wag.
Tant Hessie van die bosuniversiteitse-Van Helsdingens.
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54943 is 'n antwoord op boodskap #54900] |
Tue, 25 December 2001 04:16 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Antie Tottie. Net een vraag aan jou. Was Jopie Fourie dus 'n verraaier
volgens jou?
Breytenbach se onnoselheid en nie sy dapperheid het hom in die tronk laat
beland. Ek het baie meer respek vir sy broer wat in SWA en Angola soos 'n
man kon baklei het - en steeds sy eie standpunte kon handhaaf.
Jou sogenaamde helde het 'n klomp korrupte ANC amptenare in hul setels
gevestig vanwaar hulle die mense van hierdie land daagliks wanbestuur. Hulle
(jou ANC/COSATU & SAKP) gee aan aprtheid 'n goeie naam...
Waar is jou helde nou wat regstellende aksies daagliks regverdig en die
beginsels van meriete begrawe het. Waar lê die verskil?
skryf in boodskap news:3C25FA02.3040301@rogers.com...
> david wrote:
>
>
>
>> Daarmee het Jopie Fourie en Jan Smuts na vore getree as twee uiterste tipes
>> in die bestaan van die Boerevolk: Die kolonialer, Smuts, wat enigiets sou
>> doen om tog maar net 'n kloppie op die skouer by die Engelse veroweraar te
>> verdien;
>
>
> Jy vergeet natuurlik dat die "kolonialer" Jan
> Smuts 'n generaal in die Boere-oorlog was, dat
> hy tot aan die einde in die Kaap-provinsie
> ingeval het en soldate probeer werf het onder
> die inwoners van die Kaap-provinsie. (My eie
> pa het altyd vol bewondering vertel van hoe hy
> as jong seun in Namakwaland geluister het na
> Jan Smuts se versoek om te kom help.)
> Maar Jan Smuts en Louis Botha het, anders
> as die klomp wat sit en huil het oor hulle "verlore"
> Republieke, 'n groter visie gehad van wat dit beteken
> om Suid-Afrikaner te wees, en het voortgebou en uitgebou
> en die afrikaner 'n krag gemaak waarmee rekening gehou
> moes word in die eerste deel van die twintigste eeu, nie
> net in SA nie, maar ook op die wêreldtoneel.
> En wat het gebeur toe Malan en sy snare in 1948
> kans kry om te wys waarvan hulle gemaak is? Binne 'n
> dekade het hulle die Afrikaner se naam deur die modder
> gesleep, en was hulle die oorsaak dat tagtig persent van
> die inwoners van SA ( hulle wat al die harde werk gedoen
> het maar van hulle menseregte beroof is) in opstand gekom
> het en 'n burgeroorlog begin het wat deur jy en jou
> geesgenote verloor is, omdat julle aan die kant van die
> duiwel was. Julle was, na 1948, soos die Taliban, wat vir
> al die ander reëls wou maak en nie gesien het dat julle eie
> mense moord en doodslag gepleeg het nie.
> So bly maar af van ons Afrikaanse nuusgroep met jou
> gesnater. Op hierdie nuusgroep het ons nie tyd vir sulke
> gepraat nie. Op hierdie nuusgroep is ons, net soos die
> mense in Afghanistan, bly dat die Taliban uiteindelik
> uitgeskop is. Jy en jou makkers is die laaste van die
> Afrikaner-taliban.
>
> Die Ruiter in die Dag.
>
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54946 is 'n antwoord op boodskap #54943] |
Tue, 25 December 2001 13:41 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Waar is jou helde nou wat regstellende aksies daagliks regverdig en die
> beginsels van meriete begrawe het.
Dierbaarheid, Jonas. Jy moet beter weet as om
hierdie vraag te vra. Vir 'n land waar tagtig
persent van die bevolking nie-blank is en tog
uitgesluit was van die land se regeringskultuur
en beduidende werkstruktuur, en dit in die hande
geplaas het van 'n paar miljoen Broederbonders
en hulle trawante, is jy die laaste persoon om
oor "meriete" te praat. Hoekom was "meriete" en
"regverdigheid in die werksplaas" voor 1990 nie
"moontlik" vir die hele bevolking nie, en nou
skielik maak jy "meriete" 'n godsdiens? En as ek
so na die nuus in die Afrikaanse koerante kyk,
is meer as vyftig persent van die top polisiejobs
nog altyd in die hande van mense met Afrikaanse
vanne. En as ek na die persoon se naam kyk wat
die nuwe wapenskild vir Suid-Afrika ontwerp het,
dan is dit 'n Afrikaanse naam. Om die waarheid te
sê, as mens so na die hele struktuur van SA se
middle managers kyk, dan is daar volgens persentasie
baie meer Afrikaners as wat Afrikaners se persentasie
van die Suid-Afrikaanse bevolking is. So waarom kerm
jy nou?
Totdat ag uit elke tien werke nie gevul word
deur die mense wat tevore nie gereserveerde jobs kon
vul nie, tot dan is daar nog 'n onregverdige sisteem
in SA en behoort die regering hom te skaam. Totdat
ag uit die tien mense wat plase besit nog nie aan 'n
ander "kleur" as "wit" behoort nie, behoort die SA
regering hom te skaam, en te weet dat wat in Zimbabwe
gebeur het ook in SA kan gebeur, as die mense moeg
word om te wag.
Tant Hessie van die Derde Republiek
|
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54949 is 'n antwoord op boodskap #54948] |
Tue, 25 December 2001 16:41 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur Hagen wrote:
> Je pleit voor een puur racistische benadering, Gloudina. Het klinkt allemaal
> wel heel rechtvaardig en moreel juist, zolang je er maar voldoende
> geschiedenis bij sleept en het maar van grote afstand bekijkt.
Arthur,jy kan argumenteer tot jy blou in die
gesig is, maar SA is en was basies 'n land waar
die koloniste uit Europa ( veral Nederland en
Engeland) 'n groot minderheid was, maar sedert
1652 vir hulle 'n nessie geskop het en die lokale
inwoners van SA opsy gestoot het. Sedert 1994
word hierdie onwettige dominansie van koloniste
uit Europa (veral uit Nederland en Engeland, maar
ook talle Duitsers en Franse en dies meer) reggestel.
Daar word egter nog te min gedoen om dit reg te stel.
Gaan kuier maar in SA en sien hoe die nasate van die
koloniste uit Europa nog vir SA domineer, veral
op die platteland. En jy moet onthou dat die
nasate van die bewoners van SA wat in 1652 die
instroming van die koloniste uit Europa aanskou het,
nog meer as tagtig persent van die bevolking van SA
uitmaak. Jy probeer appels en voëlent vergelyk. Dit
hou geen water nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54955 is 'n antwoord op boodskap #54946] |
Wed, 26 December 2001 05:40 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jammer Antie Tottie - ek het deur my hele bestaan meriete voorgestaan. Dit
was die rede waarom ek verandering ondersteun het. Dit is waarom ek weereens
ten gunste van verandering is.
Daardie ou klompie pienkies wat jy ondersteun was nog nooit Afrikaner leiers
nie. Hulle het hard probeer ...
Breyten probeer steeds deesdae maar kan nie verstaan waarom die breë
Afrikaanse publiek hom nie omhels nie. Bloot omdat hy, soos die res van jou
helde, deel is van 'n groepie intellektuele snobiste.
Ook, indien my geheue my nie in die steek laat nie was jou Beyers-Naude 'n
leiersfiguur in die Broederbond. Ook moderator van die NGK in Transvaal.
Watter Beyers-Naude is jou held? Of die een wat daarna onder die swartkaros
l�plek gemaak het?
Waarom noem jy nie ook Abraham Fischer as 'n held nie?
En, waarom ontwyk jy my vraag oor Jopie Fourie?
skryf in boodskap news:3C2882D5.6020902@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Waar is jou helde nou wat regstellende aksies daagliks regverdig en die
>> beginsels van meriete begrawe het.
>
>
> Dierbaarheid, Jonas. Jy moet beter weet as om
> hierdie vraag te vra. Vir 'n land waar tagtig
> persent van die bevolking nie-blank is en tog
> uitgesluit was van die land se regeringskultuur
> en beduidende werkstruktuur, en dit in die hande
> geplaas het van 'n paar miljoen Broederbonders
> en hulle trawante, is jy die laaste persoon om
> oor "meriete" te praat. Hoekom was "meriete" en
> "regverdigheid in die werksplaas" voor 1990 nie
> "moontlik" vir die hele bevolking nie, en nou
> skielik maak jy "meriete" 'n godsdiens? En as ek
> so na die nuus in die Afrikaanse koerante kyk,
> is meer as vyftig persent van die top polisiejobs
> nog altyd in die hande van mense met Afrikaanse
> vanne. En as ek na die persoon se naam kyk wat
> die nuwe wapenskild vir Suid-Afrika ontwerp het,
> dan is dit 'n Afrikaanse naam. Om die waarheid te
> sê, as mens so na die hele struktuur van SA se
> middle managers kyk, dan is daar volgens persentasie
> baie meer Afrikaners as wat Afrikaners se persentasie
> van die Suid-Afrikaanse bevolking is. So waarom kerm
> jy nou?
> Totdat ag uit elke tien werke nie gevul word
> deur die mense wat tevore nie gereserveerde jobs kon
> vul nie, tot dan is daar nog 'n onregverdige sisteem
> in SA en behoort die regering hom te skaam. Totdat
> ag uit die tien mense wat plase besit nog nie aan 'n
> ander "kleur" as "wit" behoort nie, behoort die SA
> regering hom te skaam, en te weet dat wat in Zimbabwe
> gebeur het ook in SA kan gebeur, as die mense moeg
> word om te wag.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54959 is 'n antwoord op boodskap #54955] |
Wed, 26 December 2001 18:44 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> En, waarom ontwyk jy my vraag oor Jopie Fourie?
Wel Jonas, my broer, laat ons nou bietjie na die
geskiedenis oor die kwessie van Jopie Fourie kyk.
Weet jy dat Langenhoven, tog seker 'n goeie
Afrikaner, gekant was teen die Rebellie, wat hy
(volgens die Langenhoven-biografie van Kannemeyer),
as " 'n wettelose en sinledige opstand" beskou
het. Langenhoven skryf oor die Rebellie. "Ons
moet groter wees als om ons deur wie ook, deur
jingoes of deur ons eie ontrouwe leiers, als ons
hulle so beskouw, tot wetbreuk en troubreek te laat
vertoorn." Hy beskuldig Afrikaner-leiers, en duidelik
vir Hertzog, van nie genoeg te gedoen het om die
rebellie te keer nie.
Dit is wel waar dat hy die fusillering van
Jopie Fourie sterk veroordeel het, maar hy het
NIE Jopie Fourie se dade goedgepraat nie. Jopie
Fourie en manne soos hy het 'n skeur in die
geledere van die Afrikaner veroorsaak wat deur die
twintigste eeu al groter en groter geword het.
Smuts en mense soos hy het vir die Afrikaner 'n vol-
waardige en gerespekteerde rol op die wereldtoneel
geskep. Jopie Fourie se geesgenote het na 1948 die
Afrikaner se naam deur die modder gesleep.
Nou vra ek vir jou, Jonas, is JY 'n Jan Smute
of 'n Jopie Fourie?
Gloudina
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54962 is 'n antwoord op boodskap #54950] |
Wed, 26 December 2001 21:38 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur Hagen wrote:
> En jij kunt argumenteren tot je een ons weegt, maar de maatregelen die jij
> voorstaat komen er op neer dat je puur op basis van huidskleur mensen op een
> zeker manier behandeld. In mijn woordenboek heet zoiets racisme.
Arthur, die nare waarheid is dat jy daar op jou
troontjie kan sit as 'n wit Nederlander (een van
die nageslagte van die Nederlanders wat in die
sewentiende eeu groot dele van die aardbol vir
hulself geroof het en vir hulle eie voordeel
uitgebuit het.) Nou sit en pontifikeer jy oor
"rassisme" en oor "kwalifikasies" en oor wie
voorkeur moet kry vir watter werk. Jy sou anders
gepraat het as jy van die nageslagte was van
daardie mense wat deur die Nederlanders van die
sewentiende eeu uitgebuit en geplunder was. Die
rekord van jou land gedurende die sewentiende eeu
maak jou ongekwalifiseerd om te sit en pontifikeer.
Dit maak my en talle ander Afrikaners ook ongekwali-
fiseer om nou te eis dat alle werk in SA moet gaan
aan diegene wat die "beste kwalifikasies" het. Dit
gaan nie oor kwalifikasies nie. Dit gaan oor die
regstelling van menseregte en dit gaan oor die
feit dat SA tagtig persent gevul is met mense wie
se voorvaders nie in die laaste drie eeue of so
uit Europa na SA gekom het nie. Dus 'n sosio-ekonomiese
regstelling van 'n onwettige en onheilige onbalans wat
daar in die laaste paar honderd jaar in SA ontstaan
het. En daaroor, my liewe Arthur, hoef jy niks te sê
nie. Dit gaan jou nie aan nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54964 is 'n antwoord op boodskap #54962] |
Wed, 26 December 2001 22:25 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Arthur
Boodskappe: 609 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina schreef...
> Arthur, die nare waarheid is dat jy daar op jou
> troontjie kan sit as 'n wit Nederlander
Het vervelende is dat ik mensen als mensen zie, niet als dingen met een
etiketje 'wit' of 'zwart'. Ik zie mezelf ook niet als een witte Nederlander.
Ik ben Nederlander.
Een mens anders behandelen vanwege zijn huidskleur is een vorm van
discriminatie die men 'racisme' noemt. Als je iemand zijn land afpakt
vanwege zijn huidskleur, dan maak je je daar aan schuldig. Of je nu Van
Riebeek heet of Mugabe.
> (een van die nageslagte van die Nederlanders wat in die
> sewentiende eeu groot dele van die aardbol vir
> hulself geroof het en vir hulle eie voordeel
> uitgebuit het.)
Je slaat me met 'n verleden om de oren waar ik part nog deel aan heb gehad
en waaraan ik met de beste wil ter wereld niets kan veranderen. Jij
daarentegen zit in Canada en oordeelt NU dat mensen hun land maar moet
worden ontnomen om de huidskleur die ze hebben. Moreel gezien ben jij het
meest verwerpelijk bezig, ondanks dat je jezelf waarschijnlijk heel nobel
acht.
Ik leef voor de toekomst en leer van het verleden. Jij gebruikt het verleden
als een wapen om mensen monddood te maken.
> Jy sou anders gepraat het as jy van die nageslagte was van
> daardie mense wat deur die Nederlanders van die
> sewentiende eeu uitgebuit en geplunder was. Die
> rekord van jou land gedurende die sewentiende eeu
> maak jou ongekwalifiseerd om te sit en pontifikeer.
Wat een ongelofelijk domme argumentatie. Ik ben wit, ik ben een Nederlander,
dus mag ik geen mening meer hebben. Zo kan en wil ik niet met je
diskusie�ren. Ik wist al dat je extreem in je denken bent, op het
meedogenloze af, maar hier schrik ik werkelijk van. Koester je asjeblieft in
je simplistische zwart-wit-wereldbeeld en laat je je daar door mij niet in
storen. Ik ben immers maar 'wit' en dus niet bekwaam om over dit soort zaken
mee te praten.
> Dit maak my en talle ander Afrikaners ook ongekwali-
> fiseer om nou te eis dat alle werk in SA moet gaan
> aan diegene wat die "beste kwalifikasies" het. Dit
> gaan nie oor kwalifikasies nie. Dit gaan oor die
> regstelling van menseregte en dit gaan oor die
> feit dat SA tagtig persent gevul is met mense wie
> se voorvaders nie in die laaste drie eeue of so
> uit Europa na SA gekom het nie. Dus 'n sosio-ekonomiese
> regstelling van 'n onwettige en onheilige onbalans wat
> daar in die laaste paar honderd jaar in SA ontstaan
> het.
Mooi en dat gaat nu binnen een paar jaar worden rechtgezet. Droom verder.
Over 50 jaar wil ik je er nog wel eens over spreken.
> En daaroor, my liewe Arthur, hoef jy niks te sê
> nie. Dit gaan jou nie aan nie.
Dat is waar, pas zodra het Westen in zal moeten grijpen om massamoorden in
het kader van ethnische zuiveringen onder de nieuwe diktatuur in te dammen
wordt het zeker onze zaak?
Groeten,
Arthur
|
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54966 is 'n antwoord op boodskap #54964] |
Thu, 27 December 2001 04:26 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur Hagen wrote:
> Het vervelende is dat ik mensen als mensen zie, niet als dingen met een
> etiketje 'wit' of 'zwart'. Ik zie mezelf ook niet als een witte Nederlander.
> Ik ben Nederlander.
Ag, dis so vreeslik maklik om so op die troontjie
te sit en te sê "ek sien mense nie as wit en swart
in SA nie." Maar dit is baie duidelik uit jou geskrifte
dat jy dink dat alle wit mense vreeslik bekwaam is en
alle swart mense nie baie bekwaam is nie. Laat ek maar
vir jou verseker: toe hulle die poswese in SA vir almal
oopstel vir poste, toe skielik moes 'n hele klomp wittes
maar 'n pakket vat, want hulle swart mededingers was
net baie vinniger en ook baie meer geleerd. Ek het dit
self gesien - die vrou van een van my swaers moes eenvoudig
ophou werk in die sorterings-afdeling van die poskantoor,
sy kon net nie byhou by die nuwe kollegas nie.
In die afgelope maande het 'n vriendin uit SA vir my
vertel dat sy vind dat meeste nie-wit verpleegsters waarmee
sy in aanraking kom, deegliker en vriendeliker is as die
deursnee "wit" verpleegster. (Daar is natuurlik altyd
uitsonderings.) So moet nou maar nie luister na al die
gesanik wat jy op hierdie nuusgroep hoor nie. Let op dat
Wouter Plaasvark gereeld die ekonomiese reëlings deesdae
verantwoordelik en deeglik vind. Vir wie gaan jy luister -
vir Wouter Plaasvark of vir die mense wat nie weet waar
david die wortels gegrawe het nie?
Gloudina
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54967 is 'n antwoord op boodskap #54964] |
Thu, 27 December 2001 04:39 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur Hagen wrote:
> Dat is waar, pas zodra het Westen in zal moeten grijpen om massamoorden in
> het kader van ethnische zuiveringen onder de nieuwe diktatuur in te dammen
> wordt het zeker onze zaak?
Sien jy hoe jy jouself wys as 'n hooghartige
"Europeër" wat dink dat jy en mense soos jy so
wonderlik is en Afrika so agterlik. Vireers
vergeet jy dat jy op 'n vasteland bly wat in
die laaste eeu etniese suiweringe gehad het
op 'n skaal wat dit nog nooit in Afrika plaas-
gevind het nie. Bo en behalwe die feit dat die
voorsate van Nederlanders in SA verantwoordelik
was vir die etniese suiwering op 'n groot skaal
van die Khoisan. Jy vergeet hierdie dinge lekker
maklik, nè?
En sedert wanneer het "die Weste" kom ingryp in
die massamoorde en etniese suiweringe wat daar in
Afrika plaasgevind het. Die probleem in Rwanda
is veroorsaak deur koloniale erfsondes, en toe die
Kanadese generaal in bevel van die handjievol VVO
soldate om hulp roep, toe is die VVO se hoofkantore
in New York skielik doof. Ek dink jy moet jou
geskiedenis, beide dit van eeue gelede en van die
onmiddellike verlede, bietjie beter leer ken. Tot
dan moet jy nie sit en cliches kwytraak oor die
superioriteit van die wit ras van Europa en hulle
skoon hande nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54968 is 'n antwoord op boodskap #54959] |
Thu, 27 December 2001 05:01 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat het Langenhoven van Smuts gesê?
Jy laat my dink aan skooldae - dan moes jy kies tussen 'n Chevrolet en 'n
Ford ...
Op dieselfde manier sal ek elkeen van jou sog. "helde" ook kan bykom - bloot
omdat elk 'n mens en feilbaar was.
Feit van die saak is dat Smuts hom nie as 'n leier van sy eie mense kon
vestig nie. Is 'n leier tog nie iemand wat 'n breër visie het as die van sy
mense nie, maar desnieteenstaande bereid is om hulle daar uit te lei nie.
Mense in die Afrikaanse politiek vir wie ek byvoorbeeld respek het is John
Vorster en Pres Swart. En, kan ek jou onmiddelik van elkeen se gebreke ook
vertel. So ook van dit wat my beindruk het ...
Maar noem jy vir my die sterkpunte van Vorster en Swart en demonstreer jou
objektiwiteit ...
skryf in boodskap news:3C2A1B37.9090808@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> En, waarom ontwyk jy my vraag oor Jopie Fourie?
>
> Wel Jonas, my broer, laat ons nou bietjie na die
> geskiedenis oor die kwessie van Jopie Fourie kyk.
> Weet jy dat Langenhoven, tog seker 'n goeie
> Afrikaner, gekant was teen die Rebellie, wat hy
> (volgens die Langenhoven-biografie van Kannemeyer),
> as " 'n wettelose en sinledige opstand" beskou
> het. Langenhoven skryf oor die Rebellie. "Ons
> moet groter wees als om ons deur wie ook, deur
> jingoes of deur ons eie ontrouwe leiers, als ons
> hulle so beskouw, tot wetbreuk en troubreek te laat
> vertoorn." Hy beskuldig Afrikaner-leiers, en duidelik
> vir Hertzog, van nie genoeg te gedoen het om die
> rebellie te keer nie.
> Dit is wel waar dat hy die fusillering van
> Jopie Fourie sterk veroordeel het, maar hy het
> NIE Jopie Fourie se dade goedgepraat nie. Jopie
> Fourie en manne soos hy het 'n skeur in die
> geledere van die Afrikaner veroorsaak wat deur die
> twintigste eeu al groter en groter geword het.
> Smuts en mense soos hy het vir die Afrikaner 'n vol-
> waardige en gerespekteerde rol op die wereldtoneel
> geskep. Jopie Fourie se geesgenote het na 1948 die
> Afrikaner se naam deur die modder gesleep.
> Nou vra ek vir jou, Jonas, is JY 'n Jan Smute
> of 'n Jopie Fourie?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54977 is 'n antwoord op boodskap #54967] |
Thu, 27 December 2001 09:46 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Arthur
Boodskappe: 609 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina schreef...
> Arthur Hagen wrote:
>> Dat is waar, pas zodra het Westen in zal moeten grijpen om massamoorden in
>> het kader van ethnische zuiveringen onder de nieuwe diktatuur in te dammen
>> wordt het zeker onze zaak?
>
> Sien jy hoe jy jouself wys as 'n hooghartige
> "Europeër" wat dink dat jy en mense soos jy so
> wonderlik is en Afrika so agterlik.
Weer een veronderstelling van jou die gebaseerd is op aannames vanwege mijn
huidskleur en mijn nationaliteit.
Verkeerd gelopen welwillende ingrepen zijn legio. Ik zou daarvoor ook zeker
niet naar Afrika hebben gewezen. Eerder naar het eind 18e eeuwse Frankrijk,
Rusland na 1917, China in de tijd van de culturele revolutie, Cambodja in de
jaren 70. Honderden miljoenen doden omdat mensen goede ideëen hadden. Wat
betreft het echte moordwerk kent Afrika maar heel weinig indrukwekkende
'successen'.
> Vireers
> vergeet jy dat jy op 'n vasteland bly wat in
> die laaste eeu etniese suiweringe gehad het
> op 'n skaal wat dit nog nooit in Afrika plaas-
> gevind het nie. Bo en behalwe die feit dat die
> voorsate van Nederlanders in SA verantwoordelik
> was vir die etniese suiwering op 'n groot skaal
> van die Khoisan. Jy vergeet hierdie dinge lekker
> maklik, nê?
Nee, waarom zou ik het vergeten? Het is gewoon van geen belang voor mij in
deze diskussie. Dat jij het ziet als een stok om mij mee te slaan, meer
belang heeft het niet. Ik zeg dat 1+1 twee is en jij zegt dat mijn
voorouders moordadige rotzakken en leugenaars waren.
Ik heb overigens nergens naar Afrika in zijn geheel gewezen. Rusland was het
enige voorbeeld dat ik voordien in deze diskussie heb aangehaald; Rusland
ligt in Europa, niet in Afrika. Weer iets dat alleen in jouw hoofd leeft.
Puur en alleen omdat ik, een witte Europeaan, kritiek lever op jouw
zienswijze over Zuid Afrika.
> Tot dan moet jy nie sit en cliches kwytraak oor die
> superioriteit van die wit ras van Europa en hulle
> skoon hande nie.
En steeds weer is jouw standpunt dat ik mijn mond moet houden omdat mensen
met dezelfde huidskleur als ikzelf in het verleden fouten hebben gemaakt.
Mooi niet dus. Vergeet huidskleur en denk in economische realiteiten.
Groeten,
Arthur
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54979 is 'n antwoord op boodskap #54968] |
Thu, 27 December 2001 12:28 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Maar noem jy vir my die sterkpunte van Vorster en Swart en demonstreer jou
> objektiwiteit ...
Jy vra nou vir die regte persoon omtrent President
Swart. Ek het hom persoonlik geken. Sy dogter Dalena
was my kamermaat in 1948 toe die Nasionale Party aan
bewind gekom het. Dalena en ek het saam met hom na
Robbeneiland gegaan toe hy vir die eerste keer die
eiland geinspekteer het. Ek kan nog onthou dat hy gesê
het dat dit te 'n mooi plek is vir 'n tronk en dat hy
iets daaraan sou wil doen.( Later, toe hulle vir Mandela
daar begin aanhou het, was ek bly dat hy dit nie gedoen
het nie. Ten minste het ek geweet dat Mandela elke dag
die mooi natuurskoon sal kon waardeer.)
Ek het by hulle aan huis gekuier. (Ek het altyd gedink
dit is hy wat so hard snork, totdat ek uitgevind het ek
hoor die leeus in die dieretuin.) Hy was 'n baie goeie
pa vir sy kinders en 'n baie dierbare man. Dis daarom dat
ek nie kan verstaan hoekom hy later so 'n aggressiewe
Minister van Justisie geword het nie.
Van John Vorster weet ek niks. Ek kan nie oordeel wat
hy as persoon was nie. Maar ek veroordeel al hierdie
Afrikaner-ministers wat vir die Afrikaner langs die afgrond
gelei het. Dis hulle wat die gemors geskep het, waaruit
die Afrikaner uiteindelik gered moes word. Onthou, dis die
klomp Broederbonders wat die gemors geskep het. En dis die
Broederbonders wat besluit het dat die gemors moet ophou.
Gloudina
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54980 is 'n antwoord op boodskap #54977] |
Thu, 27 December 2001 12:43 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur Hagen wrote:
Vergeet huidskleur en denk in economische realiteiten.
Dis presies wat ek doen, Arthur. Ek weet dat groot dele
van die voorheen benadeelde lede van die SA bevolking
(wat nie die regte tipe huid en die regte tipe hare gehad
het nie) nou ekonomies beter daaraan toe is. En dat die
algemene doel van die huidige regering van SA is om die
res van die mense ook sosio-ekonomies op te hef. Dat dit
moeilik is om mense, wat vir dekades nie alleen ekonomies
benadeel is, maar polities verneder en geterroriseer is
totdat hulle 'n intefada begin het, op te hef nie, is wel
waar. Die voorheen-benadeeldes van SA sal seker nog 'n halwe
eeu moet wag voordat alles normaal is.
Waar jy en ek verskil is oor wat normaal is.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54986 is 'n antwoord op boodskap #54981] |
Thu, 27 December 2001 13:41 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
> Ai Gloudina, as jy meer gereeld in SA kom sal jy ook sien dat daar nou meer
> as ooit armoede en crime ook heers tussen mense met die verkeerde velkleur
> en hare. Weet nie waar jy jou feite kry dat dit so goed gaan nie...
Ek het nog nooit gesê dat dit "nou goedgaan"
nie. SA sal nog vir lank ly onder die juk wat
die Broederbonders so koelbloedig op die skouers
van die mense van SA gesit het. Maar komaan, Max,
wees eerlik. Voor die nuwe bedeling mense meer
vry en oop laat leef het, het jy grootgeword in
'n wit laer, waar jy niks kon of mag sien van
wat met die tagtig persent van die SA se bevolking
aangaan, wat meer en meer gekontrolleer is deur
paswette en dies meer nie. As jy nie bewus onder
die swart bevolking gaan bly het nie ( soos sommige
dokters en onderwysers en sendelinge nie) dan was
jy eenvoudig nie bewus van wat om jou aangaan buite
jou eie wit milieu nie. Het jy meer as 'n handjievol
nie-wittes geken wat onderwysers en predikante en
dokters en verpleegsters was, en het jy sosiaal met
hulle omgegaan? Het jy geweet hoeveel hulle ly onder
die paswette en die grondbeheerstelsel, ensovoorts.
Kom, wees eerlik. En het jy geweet hoe hulle ly
onder die crime wat hoogty gevier het in die swart
woonbuurtes. Wat het die wittes omgegee vir die
geweld wat daar deur swart misdadigers op swart
mense uitgeoefen was. In plaas van om treine veiliger
te maak deur die tsotsis te bekamp, het die NP nog maar
net meer geweld op die treine toegelaat deur Inkatha
bendes daar toe te laat om ander groepe te terroriseer.
Is daar vandag nog so baie moord en doodslag op die
treine? Is daar nog vandag soldate op die strate van
Soweto? So hou op om vir my te vertel dat dit vandag
slegter gaan as byvoorbeeld in die tagtigerjare. Dis
alleen 'n witmens met blinkers aan wat so iets kan sê.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts? [boodskap #54998 is 'n antwoord op boodskap #54986] |
Fri, 28 December 2001 08:56 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
100% reg, Gloudina Bittergal, maar intussen sit ons in die 21ste eeu. En of
ons nou terugverlang, of verwyte terugslinger, ons gaan daar niks aan
verander nie. Wat saakmaak is die nou, en die toekoms...
Jy kan maar lekker gaan treinry deur SA, ek waag dit nie.
____________________________________________________
>
> Max wrote:
>
>> Ai Gloudina, as jy meer gereeld in SA kom sal jy ook sien dat daar nou meer
>> as ooit armoede en crime ook heers tussen mense met die verkeerde velkleur
>> en hare. Weet nie waar jy jou feite kry dat dit so goed gaan nie...
>
> Ek het nog nooit gesê dat dit "nou goedgaan"
> nie. SA sal nog vir lank ly onder die juk wat
> die Broederbonders so koelbloedig op die skouers
> van die mense van SA gesit het. Maar komaan, Max,
> wees eerlik. Voor die nuwe bedeling mense meer
> vry en oop laat leef het, het jy grootgeword in
> 'n wit laer, waar jy niks kon of mag sien van
> wat met die tagtig persent van die SA se bevolking
> aangaan, wat meer en meer gekontrolleer is deur
> paswette en dies meer nie. As jy nie bewus onder
> die swart bevolking gaan bly het nie ( soos sommige
> dokters en onderwysers en sendelinge nie) dan was
> jy eenvoudig nie bewus van wat om jou aangaan buite
> jou eie wit milieu nie. Het jy meer as 'n handjievol
> nie-wittes geken wat onderwysers en predikante en
> dokters en verpleegsters was, en het jy sosiaal met
> hulle omgegaan? Het jy geweet hoeveel hulle ly onder
> die paswette en die grondbeheerstelsel, ensovoorts.
> Kom, wees eerlik. En het jy geweet hoe hulle ly
> onder die crime wat hoogty gevier het in die swart
> woonbuurtes. Wat het die wittes omgegee vir die
> geweld wat daar deur swart misdadigers op swart
> mense uitgeoefen was. In plaas van om treine veiliger
> te maak deur die tsotsis te bekamp, het die NP nog maar
> net meer geweld op die treine toegelaat deur Inkatha
> bendes daar toe te laat om ander groepe te terroriseer.
> Is daar vandag nog so baie moord en doodslag op die
> treine? Is daar nog vandag soldate op die strate van
> Soweto? So hou op om vir my te vertel dat dit vandag
> slegter gaan as byvoorbeeld in die tagtigerjare. Dis
> alleen 'n witmens met blinkers aan wat so iets kan sê.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 03:03:02 UTC 2025
|