Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrolike Kersfees aan Julle Almal
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vrolike Kersfees aan Julle Almal [boodskap #54939 is 'n antwoord op boodskap #54917] |
Mon, 24 December 2001 20:05 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
*Sterrenkijker*
Boodskappe: 67 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"Annette" schreef:
> Aan almal hier, Reg of verkeerd, Regs of links, Reguit of skeef::))
>
> Dieselfde Vrolike Wens.
>
> Annette
Dankie, Annette. Ook 'n vrolike Kersfees toegewens weens meself.
En natuurlik ook 'n vrolike Kersfees vir al die andere deelnemers in
hierdie nuusgroep soos Arthur, Emmy, Frikkie, Jonas, Danielle,
Gloudina, Patrick, Sakkie, Hilde & Servaas, Voetleuce, Pompdonkie
en al die andere!
Ek het 'n wens en dit is dat al die mense in Nederland, Vlaanderen
en Suid-Afrika hulle eie in die toekoms altyd sal bly beskou as een
grote familie waarin almal mekaar kan bly verstaan. Ons is almal
bedreig en ons riskeer van uit te sterf. Die Nederlands is een van
die oudste tale van die Germaanse taalgroep en het 'n bysonder
kragtige en bondige woordvorming. Ons het literêr en wetenskaplik
heeltemal nie so 'n klein taaltjie nie. Nederlands-Vlaams is nog
steeds die grondslag maar die Afrikaans het ons geleer dit kan nog
eenvoudiger. Ek hoop in die toekoms daar kom weer 'n brug tussen
al die mense van Nederland, Vlaanderen en Suid-Afrika. Die moderne
kommunikasietegnologie gee daartoe die geleentheid maar dit gaan
nog nie ver genoeg nie. Ek wou dat die Suidafrikaanse televisie ook
in Vlaanderen kon gesien word en dat Nederland en Vlaanderen ook
hulle eie programmas kon terugstuur. Dan sou die isolasie wat door
die geskiedenis so gegroei is gou verdwyn. Twee weet meer dan een
en as twee nie meer weet uit watter hout hulle pyle moet draai dan kan
die derde nog steeds se mening sê. Dis soos ek die sake sien.
Met groete van
Norbert (uit Vlaanderen)
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 03:03:02 UTC 2025
|