Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Randskok
Randskok [boodskap #54603] Vr, 14 Desember 2001 10:36 na volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sent: Friday, December 14, 2001 9:46 AM
Subject: Rand-skok

> Rand-skok
> JACQUES DOMMISSE en THINUS FERREIRA
> KAAPSTAD. - Hoewel die rand gister tot nuwe rekordlaagtepunte van R11,60
> teenoor die dollar en R16,78 teenoor die pond verswak het, het mnr. Trevor
> Manuel, minister van finansies, by 'n gradeplegtigheidsonthaal op
> Stellenbosch gesê "ons het werklik rede om die land se sterk ekonomie te
> vier".
>
> Manuel se uitsprake staan in skrille kontras met dié van markontleders en
> ekonome wat gesê het die vryvalspiraal van die geldeenheid het so 'n
> krisisomvang aangeneem dat die regering se inflasieteikens vir aanstaande
> jaar hoegenaamd nie gehaal kan word nie.
>
> Me. Noelani King, ekonoom van PSG Beleggings, het gesê die vraag is nie meer
> óf die inflasieteikens (van tussen 3% en 6%) gehaal sal word nie.
>
> "Dit sal die kol met etlike persentasiepunte mis," het King gesê.
>
> Intussen het verskeie valutahandelaars aan Die Burger gesê die sentiment in
> die mark oor die geldeenheid is geheel en al negatief.
>
> Hulle het herbevestig dat handelaars die rand as 'n "eenrigtingweddenskap"
> beskou, veral omdat die regering en die Suid-Afrikaanse Reserwebank
> klaarblyklik niks doen om die geldeenheid te beskerm nie.
>
> 'n Handelaar van Standard Bank het gesê die Reserwebank kon vroeër dalk nog
> die geldeenheid probeer beskerm het, maar nou is dit in elk geval te laat.
>
> "Die rand het te ver geval," het die handelaar gesê.
>
> Dié handelaar en 'n handelaar van Deutsche Bank het gesê almal in die mark
> koop net dollar.
>
> Die vraag na oorsese beleggings is groot.
>
> Alle instellings, soos plaaslike finansiële groepe, handelsbanke, asook
> oorsese bankgroepe, plaas groot bestellings vir dollar om oorsese beleggings
> te doen.
>
> Ontleders het gesê in die lig van die kongres van Zimbabwe se Zanu-PF-party
> wat gister begin het, is die valutamark baie senuagtig en niemand in die
> plaaslike mark wil voor die naweek in 'n verkeerde randposisie betrap word
> nie.
>
> Die verwagting is dat die rand vandag die vlak van R11,80 teenoor die dollar
> kan toets en op swakker as R17 teenoor die pond kan verhandel.
>
> 'n Handelaar het gesê weens die skerp verswakking van gister is daar 'n
> moontlikheid dat die rand weens sy kwaai oorverkoopte posisie vandag effe
> veld kan wen, maar dit sal net gebeur as daar positiewe nuus vir Suid-Afrika
> is en negatiewe nuus - soos die krisis in Zimbabwe - tot die minimum beperk
> word.
>
> Gister se uitsprake van pres. Robert Mugabe - dat die land se amptelike
> opposisie terroriste is en dat Brittanje en die Verenigde State van Amerika
> net Zanu-PF wil verwoes - het die rand 'n verdere knou gegee, het handelaars
> gesê.
>
> Intussen het mnr. Dawie Roodt, ekonoom van PLJ Finansiële Dienste, gesê die
> Reserwebank moet teen dié tyd weet hy gaan nie sy inflasieteikens haal nie.
>
> "In die lig van die verswakkende rand is dit eenvoudig onmoontlik," het
> Roodt gesê. "Korttermyn-rentekoerse gaan styg en daar is geen kans dat die
> Reserwebank sy mikpunte gaan haal nie. Inflasie gaan definitief toeneem."
>
> Mnr. Mike Schüssler, ekonoom van Tradek.com, het gesê die swak rand het
> reeds langtermyn-rentekoerse opgestoot en Suid-Afrikaners voel reeds die
> onmiddellike uitwerking van die verswakkende geldeenheid.
>
> "Die Reserwebank gaan nie sy inflasieteikens haal nie. Dit gaan nader aan
> 10% wees.
>
> "Vergeet inflasieteikens vir minstens die volgende twee jaar.
>
> "Rentekoerse gaan nie help om die rand nou te stabiliseer nie," het
> Schüssler gesê.
>
> Hy het gesê indien rentekoerse binnekort verhoog word, sal die verbruiker
> twee keer gestraf word.
>
> Dit is nie Suid-Afrikaanse verbruikers se skuld dat die rand aanhou daal
> nie, het hy gesê.
>
> 'n Suid-Afrikaanse McDonald's-hamburger is vandag vier en 'n kwart keer
> goedkoper as 'n Switserse een en kos net 88 Amerikaanse sent.
>
> Intussen ondervind Suid-Afrika se grootste kleinhandelsbanke 'n toename in
> kliënte wat navraag doen oor die vaspen van hul huisverbandkoerse.
>
> "Daar is definitief 'n styging in die aantal kliënte wat hul koerse vaspen
> en dit hou verband met mense se siening van wat in die onmiddellike toekoms
> met rentekoerse gaan gebeur," het mnr. Clive Tasker, direkteur vir
> huislenings van Standard Bank, aan Die Burger gesê.
.
Re: Randskok [boodskap #54605 is 'n antwoord op boodskap #54603] Vr, 14 Desember 2001 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
R/$ 12.05
R/£ 17.47
R/Euro 10.69

14 Des 2001 12:49

TJ
Re: Randskok [boodskap #54609 is 'n antwoord op boodskap #54605] Vr, 14 Desember 2001 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Brief van 'n leser aan 'n plaaslike (Pretoria) Engelse-koerant sê dat
alhoewel kenners (ekonome) nie weet waarom die rand val nie, ken die leke
die redes hiervoor: Misdaad, Vigs en Zimbabwe ....

"TJ" skryf in boodskap news:3c19e88f$0$229@hades.is.co.za...
> R/$ 12.05
> R/£ 17.47
> R/Euro 10.69
>
> 14 Des 2001 12:49
>
>
> TJ
>
Re: Randskok [boodskap #54618 is 'n antwoord op boodskap #54609] Sa, 15 Desember 2001 06:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Julle Suid Afrikaners moet dankbaar wees en slim tewerk gaan met hierdie R $
Pond (weet nie waar daai dingetjie is nie).

Koop vir julle Ponde op in England vir so twee maande en verkoop dit weer.
Nêrens in die Wêreld kan jy soveel rente verdien in `n maand nie.
Ek het al "tonne" geld so gemaak en dit raak net lekkerder.

KomPond, val tot oor die R100 asseblief....

Groete
Frikkie

Jonas skryf in boodskap news:9vdbt8$hf0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Brief van 'n leser aan 'n plaaslike (Pretoria) Engelse-koerant sê dat
> alhoewel kenners (ekonome) nie weet waarom die rand val nie, ken die leke
> die redes hiervoor: Misdaad, Vigs en Zimbabwe ....
>
> "TJ" wrote in message
> news:3c19e88f$0$229@hades.is.co.za...
>> R/$ 12.05
>> R/£ 17.47
>> R/Euro 10.69
>>
>> 14 Des 2001 12:49
>>
>>
>> TJ
>>
>
Re: Randskok [boodskap #54619 is 'n antwoord op boodskap #54618] Sa, 15 Desember 2001 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek hoor mens kan sommer net plein 'n dollar-rekening hier by Absa oopmaak,
en net hier sit en kyk hoe jou geld vermeerder daagliks sonder enige verdere
deposito's.
Annette

Frikkie Potgieter skryf in boodskap news:3c1ae99f$0$227@hades.is.co.za...
> Julle Suid Afrikaners moet dankbaar wees en slim tewerk gaan met hierdie R $
> Pond (weet nie waar daai dingetjie is nie).
>
> Koop vir julle Ponde op in England vir so twee maande en verkoop dit weer.
> Nêrens in die Wêreld kan jy soveel rente verdien in `n maand nie.
> Ek het al "tonne" geld so gemaak en dit raak net lekkerder.
>
> KomPond, val tot oor die R100 asseblief....
>
> Groete
> Frikkie
>
>
> Jonas wrote in message
> news:9vdbt8$hf0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Brief van 'n leser aan 'n plaaslike (Pretoria) Engelse-koerant sê dat
>> alhoewel kenners (ekonome) nie weet waarom die rand val nie, ken die leke
>> die redes hiervoor: Misdaad, Vigs en Zimbabwe ....
>>
>> "TJ" wrote in message
>> news:3c19e88f$0$229@hades.is.co.za...
>>> R/$ 12.05
>>> R/£ 17.47
>>> R/Euro 10.69
>>>
>>> 14 Des 2001 12:49
>>>
>>>
>>> TJ
>>>
>>
>
Re: Randskok [boodskap #54622 is 'n antwoord op boodskap #54619] Sa, 15 Desember 2001 08:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit nie geweet nie,
Die probleem is net dat die geld veiliger is in die buiteland want hier gaan
dit ook maar net gesteel raak.

Frikkie

Annette skryf in boodskap news:9ver5e$elv6k$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek hoor mens kan sommer net plein 'n dollar-rekening hier by Absa oopmaak,
> en net hier sit en kyk hoe jou geld vermeerder daagliks sonder enige verdere
> deposito's.
> Annette
>
>
> Frikkie Potgieter wrote in message
> news:3c1ae99f$0$227@hades.is.co.za...
>> Julle Suid Afrikaners moet dankbaar wees en slim tewerk gaan met hierdie
R
> $
>> Pond (weet nie waar daai dingetjie is nie).
>>
>> Koop vir julle Ponde op in England vir so twee maande en verkoop dit weer.
>> Nêrens in die Wêreld kan jy soveel rente verdien in `n maand nie.
>> Ek het al "tonne" geld so gemaak en dit raak net lekkerder.
>>
>> KomPond, val tot oor die R100 asseblief....
>>
>> Groete
>> Frikkie
>>
>>
>> Jonas wrote in message
>> news:9vdbt8$hf0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> 'n Brief van 'n leser aan 'n plaaslike (Pretoria) Engelse-koerant sê dat
>>> alhoewel kenners (ekonome) nie weet waarom die rand val nie, ken die
> leke
>>> die redes hiervoor: Misdaad, Vigs en Zimbabwe ....
>>>
>>> "TJ" wrote in message
>>> news:3c19e88f$0$229@hades.is.co.za...
>>>> R/$ 12.05
>>>> R/� 17.47
>>>> R/Euro 10.69
>>>>
>>>> 14 Dec 2001 12:49
>>>>
>>>>
>>>> TJ
>>>>
>>>
>>
>
Re: Randskok [boodskap #54623 is 'n antwoord op boodskap #54622] Sa, 15 Desember 2001 08:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag nee Frikkie man!!! Ver van jou goed, naby jou skade:)))
Annette

> Die probleem is net dat die geld veiliger is in die buiteland want hier gaan
> dit ook maar net gesteel raak.
>
> Frikkie
>
>
> Annette wrote in message
> news:9ver5e$elv6k$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek hoor mens kan sommer net plein 'n dollar-rekening hier by Absa oopmaak,
>> en net hier sit en kyk hoe jou geld vermeerder daagliks sonder enige
> verdere
>> deposito's.
>> Annette
>>
>>
>> Frikkie Potgieter wrote in message
>> news:3c1ae99f$0$227@hades.is.co.za...
>>> Julle Suid Afrikaners moet dankbaar wees en slim tewerk gaan met
hierdie
> R
>> $
>>> Pond (weet nie waar daai dingetjie is nie).
>>>
>>> Koop vir julle Ponde op in England vir so twee maande en verkoop dit
> weer.
>>> Nêrens in die Wêreld kan jy soveel rente verdien in `n maand nie.
>>> Ek het al "tonne" geld so gemaak en dit raak net lekkerder.
>>>
>>> KomPond, val tot oor die R100 asseblief....
>>>
>>> Groete
>>> Frikkie
>>>
>>>
>>> Jonas wrote in message
>>> news:9vdbt8$hf0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> 'n Brief van 'n leser aan 'n plaaslike (Pretoria) Engelse-koerant sê
> dat
>>>> alhoewel kenners (ekonome) nie weet waarom die rand val nie, ken die
>> leke
>>>> die redes hiervoor: Misdaad, Vigs en Zimbabwe ....
>>>>
>>>> "TJ" wrote in message
>>>> news:3c19e88f$0$229@hades.is.co.za...
>>>> > R/$ 12.05
>>>> > R/£ 17.47
>>>> > R/Euro 10.69
>>>> >
>>>> > 14 Des 2001 12:49
>>>> >
>>>> >
>>>> > TJ
>>>> >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Randskok [boodskap #54627 is 'n antwoord op boodskap #54609] Sa, 15 Desember 2001 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Singrat  is tans af-lyn  Singrat
Boodskappe: 5
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Junior Lid
Dis wat gebeur as 'n mens maak of iets soos Zim nie bestaan nie, en nie
vroegtydig stappe neem om jou daarvan te distansieer nie.

"Jonas" skryf in boodskap news:9vdbt8$hf0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Brief van 'n leser aan 'n plaaslike (Pretoria) Engelse-koerant sê dat
> alhoewel kenners (ekonome) nie weet waarom die rand val nie, ken die leke
> die redes hiervoor: Misdaad, Vigs en Zimbabwe ....
>
> "TJ" wrote in message
> news:3c19e88f$0$229@hades.is.co.za...
>> R/$ 12.05
>> R/£ 17.47
>> R/Euro 10.69
>>
>> 14 Des 2001 12:49
>>
>>
>> TJ
>>
>
Re: Randskok [boodskap #54630 is 'n antwoord op boodskap #54627] Sa, 15 Desember 2001 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nie volgens Ernest nie.
Annette

Singrat skryf in boodskap news:9vfhsa$m04$1@mango.singnet.com.sg...
> Dis wat gebeur as 'n mens maak of iets soos Zim nie bestaan nie, en nie
> vroegtydig stappe neem om jou daarvan te distansieer nie.
>
> "Jonas" wrote in message
> news:9vdbt8$hf0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Brief van 'n leser aan 'n plaaslike (Pretoria) Engelse-koerant sê dat
>> alhoewel kenners (ekonome) nie weet waarom die rand val nie, ken die leke
>> die redes hiervoor: Misdaad, Vigs en Zimbabwe ....
>>
>> "TJ" wrote in message
>> news:3c19e88f$0$229@hades.is.co.za...
>>> R/$ 12.05
>>> R/£ 17.47
>>> R/Euro 10.69
>>>
>>> 14 Des 2001 12:49
>>>
>>>
>>> TJ
>>>
>>
>
Re: Randskok [boodskap #54633 is 'n antwoord op boodskap #54603] Sa, 15 Desember 2001 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Moet nou nie poer-poer met verhogings in sente nie. Ons stel net belang in
die dalings randsgewys.:)
Annette

in message news:9vff60$t3t$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Live Rates as of 2001.12.15 12:15:38 GMT.
>
> R/$: R12.19
> R/£: R 17.73
>
Re: Randskok [boodskap #54634 is 'n antwoord op boodskap #54605] Sa, 15 Desember 2001 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knormoer  is tans af-lyn  knormoer
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Live Rates as of 2001.12.15 12:15:38 GMT.

R/$: R12.19
R/£: R 17.73
Re: Randskok [boodskap #54639 is 'n antwoord op boodskap #54618] So, 16 Desember 2001 11:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hein...  is tans af-lyn  Hein...
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
Op hierdie stadium kan jy nie meer forex koop nie:
- 1. dis te duur
- 2. dis onverkrygbaar (ek kon vir die laaste 8 weke niks uit my kontake kry
nie. Almal how hulle dollars vas. Dis hoekom die Rand so verswak.

> Julle Suid Afrikaners moet dankbaar wees en slim tewerk gaan met hierdie R $
> Pond (weet nie waar daai dingetjie is nie).
>
> Koop vir julle Ponde op in England vir so twee maande en verkoop dit weer.
> Nêrens in die Wêreld kan jy soveel rente verdien in `n maand nie.
> Ek het al "tonne" geld so gemaak en dit raak net lekkerder.
>
> KomPond, val tot oor die R100 asseblief....
>
Re: Randskok [boodskap #54640 is 'n antwoord op boodskap #54619] So, 16 Desember 2001 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hein...  is tans af-lyn  Hein...
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek stel voor dat jy die rekening liewer NIE by ABSA oopmaak nie.

> Ek hoor mens kan sommer net plein 'n dollar-rekening hier by Absa oopmaak,
> en net hier sit en kyk hoe jou geld vermeerder daagliks sonder enige verdere
> deposito's.
> Annette
>
>
> Frikkie Potgieter wrote in message
> news:3c1ae99f$0$227@hades.is.co.za...
>> Julle Suid Afrikaners moet dankbaar wees en slim tewerk gaan met hierdie R
> $
>> Pond (weet nie waar daai dingetjie is nie).

>> Koop vir julle Ponde op in England vir so twee maande en verkoop dit weer.
>> Nêrens in die Wêreld kan jy soveel rente verdien in `n maand nie.
>> Ek het al "tonne" geld so gemaak en dit raak net lekkerder.

>> KomPond, val tot oor die R100 asseblief....
Re: Randskok [boodskap #54644 is 'n antwoord op boodskap #54640] So, 16 Desember 2001 14:31 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom nie? Wat is die rede?
Ek het nie gesê ek het of ek sal nie - ek het net 'n alternatief deurgegee.
Annette

wrote in message
news:9vi1b8$gio$5@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> Ek stel voor dat jy die rekening liewer NIE by ABSA oopmaak nie.
>
>> Ek hoor mens kan sommer net plein 'n dollar-rekening hier by Absa oopmaak,
>> en net hier sit en kyk hoe jou geld vermeerder daagliks sonder enige verdere
>> deposito's.
>> Annette
>>
>>
>> Frikkie Potgieter wrote in message
>> news:3c1ae99f$0$227@hades.is.co.za...
>>> Julle Suid Afrikaners moet dankbaar wees en slim tewerk gaan met
hierdie R
>> $
>>> Pond (weet nie waar daai dingetjie is nie).
>
>>> Koop vir julle Ponde op in England vir so twee maande en verkoop dit weer.
>>> Nêrens in die Wêreld kan jy soveel rente verdien in `n maand nie.
>>> Ek het al "tonne" geld so gemaak en dit raak net lekkerder.
>
>>> KomPond, val tot oor die R100 asseblief....
>
Vorige onderwerp: Goudprys (was Ekonomiese . . Hondswaai)
Volgende onderwerp: EKONOMIESE WANBESTUUR
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 05:13:32 MGT 2024