| Randskok [boodskap #54603] |
Vr., 14 Desember 2001 10:36  |
emmy[1]
Boodskappe: 865 Geregistreer: April 2001
|
Senior Lid |
|
|
Sent: Friday, December 14, 2001 9:46 AM
Subject: Rand-skok
> Rand-skok
> JACQUES DOMMISSE en THINUS FERREIRA
> KAAPSTAD. - Hoewel die rand gister tot nuwe rekordlaagtepunte van R11,60
> teenoor die dollar en R16,78 teenoor die pond verswak het, het mnr. Trevor
> Manuel, minister van finansies, by 'n gradeplegtigheidsonthaal op
> Stellenbosch gesê "ons het werklik rede om die land se sterk ekonomie te
> vier".
>
> Manuel se uitsprake staan in skrille kontras met dié van markontleders en
> ekonome wat gesê het die vryvalspiraal van die geldeenheid het so 'n
> krisisomvang aangeneem dat die regering se inflasieteikens vir aanstaande
> jaar hoegenaamd nie gehaal kan word nie.
>
> Me. Noelani King, ekonoom van PSG Beleggings, het gesê die vraag is nie meer
> óf die inflasieteikens (van tussen 3% en 6%) gehaal sal word nie.
>
> "Dit sal die kol met etlike persentasiepunte mis," het King gesê.
>
> Intussen het verskeie valutahandelaars aan Die Burger gesê die sentiment in
> die mark oor die geldeenheid is geheel en al negatief.
>
> Hulle het herbevestig dat handelaars die rand as 'n "eenrigtingweddenskap"
> beskou, veral omdat die regering en die Suid-Afrikaanse Reserwebank
> klaarblyklik niks doen om die geldeenheid te beskerm nie.
>
> 'n Handelaar van Standard Bank het gesê die Reserwebank kon vroeër dalk nog
> die geldeenheid probeer beskerm het, maar nou is dit in elk geval te laat.
>
> "Die rand het te ver geval," het die handelaar gesê.
>
> Dié handelaar en 'n handelaar van Deutsche Bank het gesê almal in die mark
> koop net dollar.
>
> Die vraag na oorsese beleggings is groot.
>
> Alle instellings, soos plaaslike finansiële groepe, handelsbanke, asook
> oorsese bankgroepe, plaas groot bestellings vir dollar om oorsese beleggings
> te doen.
>
> Ontleders het gesê in die lig van die kongres van Zimbabwe se Zanu-PF-party
> wat gister begin het, is die valutamark baie senuagtig en niemand in die
> plaaslike mark wil voor die naweek in 'n verkeerde randposisie betrap word
> nie.
>
> Die verwagting is dat die rand vandag die vlak van R11,80 teenoor die dollar
> kan toets en op swakker as R17 teenoor die pond kan verhandel.
>
> 'n Handelaar het gesê weens die skerp verswakking van gister is daar 'n
> moontlikheid dat die rand weens sy kwaai oorverkoopte posisie vandag effe
> veld kan wen, maar dit sal net gebeur as daar positiewe nuus vir Suid-Afrika
> is en negatiewe nuus - soos die krisis in Zimbabwe - tot die minimum beperk
> word.
>
> Gister se uitsprake van pres. Robert Mugabe - dat die land se amptelike
> opposisie terroriste is en dat Brittanje en die Verenigde State van Amerika
> net Zanu-PF wil verwoes - het die rand 'n verdere knou gegee, het handelaars
> gesê.
>
> Intussen het mnr. Dawie Roodt, ekonoom van PLJ Finansiële Dienste, gesê die
> Reserwebank moet teen dié tyd weet hy gaan nie sy inflasieteikens haal nie.
>
> "In die lig van die verswakkende rand is dit eenvoudig onmoontlik," het
> Roodt gesê. "Korttermyn-rentekoerse gaan styg en daar is geen kans dat die
> Reserwebank sy mikpunte gaan haal nie. Inflasie gaan definitief toeneem."
>
> Mnr. Mike Schüssler, ekonoom van Tradek.com, het gesê die swak rand het
> reeds langtermyn-rentekoerse opgestoot en Suid-Afrikaners voel reeds die
> onmiddellike uitwerking van die verswakkende geldeenheid.
>
> "Die Reserwebank gaan nie sy inflasieteikens haal nie. Dit gaan nader aan
> 10% wees.
>
> "Vergeet inflasieteikens vir minstens die volgende twee jaar.
>
> "Rentekoerse gaan nie help om die rand nou te stabiliseer nie," het
> Schüssler gesê.
>
> Hy het gesê indien rentekoerse binnekort verhoog word, sal die verbruiker
> twee keer gestraf word.
>
> Dit is nie Suid-Afrikaanse verbruikers se skuld dat die rand aanhou daal
> nie, het hy gesê.
>
> 'n Suid-Afrikaanse McDonald's-hamburger is vandag vier en 'n kwart keer
> goedkoper as 'n Switserse een en kos net 88 Amerikaanse sent.
>
> Intussen ondervind Suid-Afrika se grootste kleinhandelsbanke 'n toename in
> kliënte wat navraag doen oor die vaspen van hul huisverbandkoerse.
>
> "Daar is definitief 'n styging in die aantal kliënte wat hul koerse vaspen
> en dit hou verband met mense se siening van wat in die onmiddellike toekoms
> met rentekoerse gaan gebeur," het mnr. Clive Tasker, direkteur vir
> huislenings van Standard Bank, aan Die Burger gesê.
.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Randskok [boodskap #54619 is 'n antwoord op boodskap #54618] |
Sa., 15 Desember 2001 06:38   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek hoor mens kan sommer net plein 'n dollar-rekening hier by Absa oopmaak,
en net hier sit en kyk hoe jou geld vermeerder daagliks sonder enige verdere
deposito's.
Annette
Frikkie Potgieter skryf in boodskap news:3c1ae99f$0$227@hades.is.co.za...
> Julle Suid Afrikaners moet dankbaar wees en slim tewerk gaan met hierdie R $
> Pond (weet nie waar daai dingetjie is nie).
>
> Koop vir julle Ponde op in England vir so twee maande en verkoop dit weer.
> Nêrens in die Wêreld kan jy soveel rente verdien in `n maand nie.
> Ek het al "tonne" geld so gemaak en dit raak net lekkerder.
>
> KomPond, val tot oor die R100 asseblief....
>
> Groete
> Frikkie
>
>
> Jonas wrote in message
> news:9vdbt8$hf0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Brief van 'n leser aan 'n plaaslike (Pretoria) Engelse-koerant sê dat
>> alhoewel kenners (ekonome) nie weet waarom die rand val nie, ken die leke
>> die redes hiervoor: Misdaad, Vigs en Zimbabwe ....
>>
>> "TJ" wrote in message
>> news:3c19e88f$0$229@hades.is.co.za...
>>> R/$ 12.05
>>> R/£ 17.47
>>> R/Euro 10.69
>>>
>>> 14 Des 2001 12:49
>>>
>>>
>>> TJ
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Randskok [boodskap #54623 is 'n antwoord op boodskap #54622] |
Sa., 15 Desember 2001 08:22   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ag nee Frikkie man!!! Ver van jou goed, naby jou skade:)))
Annette
> Die probleem is net dat die geld veiliger is in die buiteland want hier gaan
> dit ook maar net gesteel raak.
>
> Frikkie
>
>
> Annette wrote in message
> news:9ver5e$elv6k$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek hoor mens kan sommer net plein 'n dollar-rekening hier by Absa oopmaak,
>> en net hier sit en kyk hoe jou geld vermeerder daagliks sonder enige
> verdere
>> deposito's.
>> Annette
>>
>>
>> Frikkie Potgieter wrote in message
>> news:3c1ae99f$0$227@hades.is.co.za...
>>> Julle Suid Afrikaners moet dankbaar wees en slim tewerk gaan met
hierdie
> R
>> $
>>> Pond (weet nie waar daai dingetjie is nie).
>>>
>>> Koop vir julle Ponde op in England vir so twee maande en verkoop dit
> weer.
>>> Nêrens in die Wêreld kan jy soveel rente verdien in `n maand nie.
>>> Ek het al "tonne" geld so gemaak en dit raak net lekkerder.
>>>
>>> KomPond, val tot oor die R100 asseblief....
>>>
>>> Groete
>>> Frikkie
>>>
>>>
>>> Jonas wrote in message
>>> news:9vdbt8$hf0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> 'n Brief van 'n leser aan 'n plaaslike (Pretoria) Engelse-koerant sê
> dat
>>>> alhoewel kenners (ekonome) nie weet waarom die rand val nie, ken die
>> leke
>>>> die redes hiervoor: Misdaad, Vigs en Zimbabwe ....
>>>>
>>>> "TJ" wrote in message
>>>> news:3c19e88f$0$229@hades.is.co.za...
>>>> > R/$ 12.05
>>>> > R/£ 17.47
>>>> > R/Euro 10.69
>>>> >
>>>> > 14 Des 2001 12:49
>>>> >
>>>> >
>>>> > TJ
>>>> >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Randskok [boodskap #54630 is 'n antwoord op boodskap #54627] |
Sa., 15 Desember 2001 14:47   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nie volgens Ernest nie.
Annette
Singrat skryf in boodskap news:9vfhsa$m04$1@mango.singnet.com.sg...
> Dis wat gebeur as 'n mens maak of iets soos Zim nie bestaan nie, en nie
> vroegtydig stappe neem om jou daarvan te distansieer nie.
>
> "Jonas" wrote in message
> news:9vdbt8$hf0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Brief van 'n leser aan 'n plaaslike (Pretoria) Engelse-koerant sê dat
>> alhoewel kenners (ekonome) nie weet waarom die rand val nie, ken die leke
>> die redes hiervoor: Misdaad, Vigs en Zimbabwe ....
>>
>> "TJ" wrote in message
>> news:3c19e88f$0$229@hades.is.co.za...
>>> R/$ 12.05
>>> R/£ 17.47
>>> R/Euro 10.69
>>>
>>> 14 Des 2001 12:49
>>>
>>>
>>> TJ
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Re: Randskok [boodskap #54633 is 'n antwoord op boodskap #54603] |
Sa., 15 Desember 2001 15:07   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Moet nou nie poer-poer met verhogings in sente nie. Ons stel net belang in
die dalings randsgewys.:)
Annette
in message news:9vff60$t3t$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Live Rates as of 2001.12.15 12:15:38 GMT.
>
> R/$: R12.19
> R/£: R 17.73
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Randskok [boodskap #54644 is 'n antwoord op boodskap #54640] |
So., 16 Desember 2001 14:31  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hoekom nie? Wat is die rede?
Ek het nie gesê ek het of ek sal nie - ek het net 'n alternatief deurgegee.
Annette
wrote in message
news:9vi1b8$gio$5@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> Ek stel voor dat jy die rekening liewer NIE by ABSA oopmaak nie.
>
>> Ek hoor mens kan sommer net plein 'n dollar-rekening hier by Absa oopmaak,
>> en net hier sit en kyk hoe jou geld vermeerder daagliks sonder enige verdere
>> deposito's.
>> Annette
>>
>>
>> Frikkie Potgieter wrote in message
>> news:3c1ae99f$0$227@hades.is.co.za...
>>> Julle Suid Afrikaners moet dankbaar wees en slim tewerk gaan met
hierdie R
>> $
>>> Pond (weet nie waar daai dingetjie is nie).
>
>>> Koop vir julle Ponde op in England vir so twee maande en verkoop dit weer.
>>> Nêrens in die Wêreld kan jy soveel rente verdien in `n maand nie.
>>> Ek het al "tonne" geld so gemaak en dit raak net lekkerder.
>
>>> KomPond, val tot oor die R100 asseblief....
>
|
|
|
|