Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 10 Desember 1999" deur TOAST COETZER
" 10 Desember 1999" deur TOAST COETZER [boodskap #54230] So, 02 Desember 2001 15:33
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

10 Desember 1999
Toast Coetzer

dis desember en god stuur sy swaeltjies elandsdrift toe
vierhonderd vyfhonderd miskien 'n duisend of twee
my karradio snuif en ritsel deur die statiese selfmoord
waar radio algoa se frekwensie spring tussen there she goes again
en lance klusener wat 100 slaan op st georges
arm by die venster uit ruik ek nog gister se reën
en my oë kyk verby laasjaar se karlisensie
na waar vandag s'n vandaan kan kom
want die draaie se armholtes lê vol plasse met paddas
die blouape span die drade slapper
en hardloop dapper oor die sinkplaatpad
so al asof alles hier hulle s'n is
die swaeltjies merk vloedmerke teen die telefoonpale
bel hulle kinders in europa
en maak die ou lug vol
met die vrugbaarheid van 1977
waarheen ons op pad is
waar ons vandaan kom
'n mercedes vat my verby
die gruis spat liggies
teen my sonbril vas
Vorige onderwerp: "Jeremia" deur ELMARIE OTTO
Volgende onderwerp: "In die Slamse buurt" deur I.D. DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 01:58:35 MGT 2024