| "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND [boodskap #34713] |
Sa., 23 September 2000 00:00  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
KONTINENTALE DRYWING
Charles Durand
het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?
al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jyt saam met my verstedelik
jyt saam met my elke winter verjaar
en nou sê jy -
jou sandduin het verskuif
die lugfotos kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil
skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...
ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en
as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND [boodskap #53492 is 'n antwoord op boodskap #34713] |
Vr., 16 November 2001 12:27   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Tinkerbell wrote: ...
>> KONTINENTALE DRYWING
>> Charl Durand
>
> Dalk is ek teveel van 'n romantikus...maar eerlik hierdie is een van
> die mooiste gedigte wat ek nog ooit gelees het.
> Is dit 'n meer onlangse een?
> Hoekom vra jy hom nie waarom hy nog nie 'n bundel gemaak het nie.
> Ek sal dit vir hom bemark...persoonlik op straathoeke staan om dit te
> verkoop...ek dink dit is sonde om sulke goed te kan skryf en dit nie
> met almal wat kan lees te deel nie.
Nee, hierdie gedig is 'n hele paar jaar gelede geskryf.
Ek het vir hom 'n paar dae gelede geskryf
maar nie 'n antwoord gekry nie. Ek dink
hy is nie by die huis nie. Sal weer probeer.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die bloesie lui 'n klokkie [boodskap #53670 is 'n antwoord op boodskap #53667] |
Ma., 19 November 2001 12:16   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sheeeez!!! Loerboet se trieks loop ver!!
Tinkerbell se knopie wel in PietPompies op?:))))))
Annette
--
Piet Pompdonkie skryf in boodskap news:3bf8f0eb$0$233@hades.is.co.za...
> "Tinkerbell" wrote in message
> news:6ff1ece3.0111182235.3efce768@posting.google.com...
>>> Wil jy wydsbeen op my ry, Tinkerklokkie?
>>> Om die bundels te verkoop natuurlik ;-)
>
>>> Piet Dradonkie
>
>
>> Probeer jy nou opmaak vir my hartjie wat jy sommer so vlenters gebreuk het?
>
>
> Tinkerbell o Tinkerbell
> Wat wil jy my nou vertel?
> Kwyn jy oor jou donkieman?
> Hoekom wou jy my laat gaan?
>
> Maar Tinkerbell ja Tinkerbell
> Iets het in my opgewel
> Ek sien dit ja, want dit is oop
> Derde van bo, jou bloes se knoop ;-)
>
> Piet Verdriet
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die bloesie lui 'n klokkie [boodskap #53722 is 'n antwoord op boodskap #53667] |
Di., 20 November 2001 13:44  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Piet Pompdonkie wrote: >Vertel my hoe my oë lyk
>> Dis mos waar jy heeltyd kyk
>
> Jou oë? Natuurlik sal ek vertel
> Hulle is so mooi, they tink my bell :-)
>
> Piet Klokdonkie
Ek dink ons moet die Taliban uitnooi om in SA te kom nesgooi, noudat
hulle uitgeskop word. Julle word net
eenvoudig te -j- daar.
Tant Hessie van Konduz, wat die
hele kabul sal moet gaan kandahar
in hulle jallalalabad in.
|
|
|
|