| "om die hoek" deur CHARL DURAND [boodskap #53681] |
Ma., 19 November 2001 15:23  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
om die hoek
Charl Durand
kan jy om 'n draai kyk
vertrek die trein te laat
weet jy waarom jy hier is
drink jy tot laat in die aand
soek jy in spieëls en draaiboeke
vergeet jy soms van hierso
weet jy wat die antwoorde is
eindig als as die bybel sê
stop
staan jy voor malheid se deur en skree
eindig als sonder 'n woord
erken jy iemand aan 'n kyk in die oë
gaan jy als laat soos dit hoort
so watter kleur is jou illusies
soek jy onder elke klip in elke kraal
kan jy om 'n draai kyk
begenadig in die soeke wat jou haal
|
|
|
|
|
|
| Re: "om die hoek" deur CHARL DURAND [boodskap #53724 is 'n antwoord op boodskap #53681] |
Di., 20 November 2001 15:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Tinkerbell wrote:
> ...
>> om die hoek
>> Charl Durand
>
>
> Mmmm...'n vreemde gevoel.
> EK kannie besluit of ek hiervan hou of nie.
>
> Gee my jou meening.
Ek sal my mening gee. Maar eerstens wil ek weet of die vreemde
gevoel kom oor wát hy sê of oor hoé hy dit
sê.
Ek hou ook nie soveel van hierdie gedig as
van sommige van sy ander nie. Maar dis
meestal gebaseer op die feit dat ek effens
ongemaklik voel oor die vorm van die gedig.
Boonop is hierdie gedig bietjie aggressief
in sy andervraging van die ander een se
motiewe. Een van die sterktes van die inhoud
van Charl Durand se gedigte is dat hy sy eie
emosies ( en dus ook ons s'n) so helder
kan ontleed en uitbeeld.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: "om die hoek" deur CHARL DURAND [boodskap #53774 is 'n antwoord op boodskap #53681] |
Wo., 21 November 2001 12:40  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Tinkerbell wrote:
> Ek dink ek klim teveel binnein die gedig.
> As hy daardie vra aan my moes vra ...as ek dit moet
> antwoord...sjoe...dan voel my binnkant woes en leeg...
> Het jy al so na die gedig gekyk?
> Geprobeer om die vrae te antwoord.
> By the way...mag mens dit met 'n gedig doen?
>
Ja, ek dink jy mag enigiets met 'n gedig doen.
Behalwe om vir die digter te vra of wat hy
skryf werklik sy opinies is. Mens mag net na
die woorde op die papier kyk en daarop jou
oordeel baseer.
Gloudina
|
|
|
|