Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Piriet/Kies
Piriet/Kies [boodskap #52718] Vr, 02 November 2001 03:52 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

'n Mens ondervind baie keer die volgende: jy kom 'n woord
of 'n feit of 'n naam teen wat vir jou totaal onbekend is, en
dan kom jy dieselfde dag weer dieselfde woord/feit/naam
teen. Dit laat jou dan 'n bietjie van 'n deja vu gevoel kry.
Vroeg vanoggend moes ek in die Afrikaanse woordeboek
naslaan om die regte spelling van "piriet" te kry. (Engels:
pyrite.) Vanaand sit ek en my man en wonder of daar tog nie
'n Engelse woord vir die Afrikaanse woord "kies" is nie. (Hy
wou iets in Engels skryf, maar sou verkies om 'n ander woord
as "cheek" te gebruik, 'n woord wat spesifiek die binnekant van
die mond beskryf.) Toe ons aan geen woord kon dink nie, toe
vat hy die Afrikaanse woordeboek en slaan "kies" na om te sien
of hulle nie vir hom 'n Engelse alternatief kon gee nie. En jou
waarlik: behalwe die Engelse "cheek" vir kies, is 'n ander betekenis
van "kies" ook "pyrites."
Ek dink nie ek het al ooit van so 'n woord vir "fool's gold"
gehoor nie. Is daar ander mense wat hierdie betekenis van "kies"
ken?

Gloudina
Re: Piriet/Kies [boodskap #52725 is 'n antwoord op boodskap #52718] Vr, 02 November 2001 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee jammer Gloudina - ken geen ander woord vir kies as kies self nie - maar
dit sê nie veel nie - ek sukkel gewoonlik nie om 'n ander woord te soek as
ek klaar een het nie.
Maar dit was nogal interessant om van die piriet-kieste te lees.
Annette

skryf in boodskap news:3BE218EA.54A7FBD3@home.com...
> 'n Mens ondervind baie keer die volgende: jy kom 'n woord
> of 'n feit of 'n naam teen wat vir jou totaal onbekend is, en
> dan kom jy dieselfde dag weer dieselfde woord/feit/naam
> teen. Dit laat jou dan 'n bietjie van 'n deja vu gevoel kry.
> Vroeg vanoggend moes ek in die Afrikaanse woordeboek
> naslaan om die regte spelling van "piriet" te kry. (Engels:
> pyrite.) Vanaand sit ek en my man en wonder of daar tog nie
> 'n Engelse woord vir die Afrikaanse woord "kies" is nie. (Hy
> wou iets in Engels skryf, maar sou verkies om 'n ander woord
> as "cheek" te gebruik, 'n woord wat spesifiek die binnekant van
> die mond beskryf.) Toe ons aan geen woord kon dink nie, toe
> vat hy die Afrikaanse woordeboek en slaan "kies" na om te sien
> of hulle nie vir hom 'n Engelse alternatief kon gee nie. En jou
> waarlik: behalwe die Engelse "cheek" vir kies, is 'n ander betekenis
> van "kies" ook "pyrites."
> Ek dink nie ek het al ooit van so 'n woord vir "fool's gold"
> gehoor nie. Is daar ander mense wat hierdie betekenis van "kies"
> ken?
>
> Gloudina
>
Re: Piriet/Kies [boodskap #52734 is 'n antwoord op boodskap #52718] Vr, 02 November 2001 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Is daar ander mense wat hierdie betekenis van "kies"
> ken?
>
> Gloudina
>

Slegs dat die Pompdonkie nou fools gold gekies het.

DD
Re: Piriet/Kies [boodskap #52743 is 'n antwoord op boodskap #52718] Vr, 02 November 2001 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Soos ek Nederlands leer, hoor ek ook soms "nuwe" woorde. As ek dan die woord
ken, hoor ek skielik dat almal dit gereeld gebruik... Laat mens wonder of jy
voor die tyd "doof" was vir die woord...
____________________________________________________

> 'n Mens ondervind baie keer die volgende: jy kom 'n woord
> of 'n feit of 'n naam teen wat vir jou totaal onbekend is, en
> dan kom jy dieselfde dag weer dieselfde woord/feit/naam
> teen. Dit laat jou dan 'n bietjie van 'n deja vu gevoel kry.
Re: Piriet/Kies [boodskap #52751 is 'n antwoord op boodskap #52743] Vr, 02 November 2001 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nie doof nie, bedag.
Skielik word die lewe om my oorval met villanelles:)
Annette

Happiness is a state of Mind.
Max skryf in boodskap news:9rtvi7$pa3$1@azure.nl.gxn.net...
> Soos ek Nederlands leer, hoor ek ook soms "nuwe" woorde. As ek dan die woord
> ken, hoor ek skielik dat almal dit gereeld gebruik... Laat mens wonder of jy
> voor die tyd "doof" was vir die woord...
> ____________________________________________________
>
>> 'n Mens ondervind baie keer die volgende: jy kom 'n woord
>> of 'n feit of 'n naam teen wat vir jou totaal onbekend is, en
>> dan kom jy dieselfde dag weer dieselfde woord/feit/naam
>> teen. Dit laat jou dan 'n bietjie van 'n deja vu gevoel kry.
>
Re: Piriet/Kies [boodskap #52760 is 'n antwoord op boodskap #52743] Vr, 02 November 2001 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hoe het jy Nederlands geleer?

Max skryf in boodskap news:9rtvi7$pa3$1@azure.nl.gxn.net...
> Soos ek Nederlands leer, hoor ek ook soms "nuwe" woorde. As ek dan die woord
> ken, hoor ek skielik dat almal dit gereeld gebruik... Laat mens wonder of jy
> voor die tyd "doof" was vir die woord...
> ____________________________________________________
>
>> 'n Mens ondervind baie keer die volgende: jy kom 'n woord
>> of 'n feit of 'n naam teen wat vir jou totaal onbekend is, en
>> dan kom jy dieselfde dag weer dieselfde woord/feit/naam
>> teen. Dit laat jou dan 'n bietjie van 'n deja vu gevoel kry.
>
Re: Piriet/Kies [boodskap #52768 is 'n antwoord op boodskap #52718] Vr, 02 November 2001 16:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> Slegs dat die Pompdonkie nou fools gold gekies het.
>

Ek dink jy is jaloers op die Pompdonkie.

Hessie Poirot
Re: Piriet/Kies [boodskap #52809 is 'n antwoord op boodskap #52718] Sa, 03 November 2001 10:09 Na vorige boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Ek dink nie ek het al ooit van so 'n woord vir "fool's gold"
> gehoor nie. Is daar ander mense wat hierdie betekenis van "kies"
> ken?

Van fool's gold heb ik wel eerder gehoord en het ik vermoed sterk dat jullie
woord "kies" in het Nederlands "kiezel" zou zijn. Mogelijk omdat piriet op
dezelfde manier in de bodem gevormd wordt als sommige kiezelformaties; door
kristallisatie van mineralen in het grondwater in scheuren van het
oorspronkelijke gesteente?

Groeten,
Arthur
Vorige onderwerp: ag ons lag ons byna dood om:
Volgende onderwerp: Vir die Hot-male
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 05:03:21 MGT 2024