| "2.4" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #52462] |
So., 28 Oktober 2001 16:21  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
2.4
Breyten Breytenbach
Die angelier slaan
haar rooi rok oop
asof sy enige oogknip nou
die flamenco gaan loop
n kwikkie kom verby
pootjie pootjie platformpolvy
ene pronkveer bolero en onderbaadjie
die vlerk so witmes in die sy
wie sal bly
staan die laaste op die baan?
|
|
|
|
|
|
| Re: "2.4" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #52518 is 'n antwoord op boodskap #52462] |
Ma., 29 Oktober 2001 12:12  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kinky wrote:
>> 2.4
>> Breyten Breytenbach
>>
>> Die angelier slaan
>> haar rooi rok oop
>> asof sy enige oogknip nou
>> die flamenco gaan loop
>>
>> ?n kwikkie kom verby
>> pootjie pootjie platformpolvy
>> ene pronkveer bolero en onderbaadjie
>> die vlerk so witmes in die sy
>>
>> wie sal bly
>> staan die laaste op die baan?
>
> Kinky: Ek neem aan die 2.4 is n gebou? Moontlik n hotel of dalk n
> straatnommer? En verstaan ek reg? Is hierdie twee dames van die
> skoenlapperhuisie wat meeding? Weet julle of raai ons saam?
>
Nee, ek dink die 2.4 is net 'n postmodernistiese manier om titels te
gee. Daar is ook ander gedigte
met sulke snaakse nommers.
Sover dit my aangaan, beskryf Breyten 'n angelier
en 'n kwikkie. Maar hy sien hulle as dansende 'n
Spaanse flamenco. En aan die einde van die gedig
haal hy uit 'n tradisionele volksliedjie aan:
"Wie sal staan, die laaste in die baan."
Gloudina
|
|
|
|