Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING
"Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #52382] Vr, 26 Oktober 2001 22:08
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park
Vir Susan

Winter het die gras geel gebrand
waar die park lê om ou grafte.
Die aand kom lê koud op die land.

Vergete op die park se kant
lê geslagte in dié grafte.
Winter het die gras geel gebrand.

Jy sê lewe het min sin, want
nie eens name bly op grafte
en aand kom lê koud op die land.

Wel, die verlede moet eers brand
voor daad kan vloei uit gedagte.
Winter het die gras geel gebrand.

En tyd móét alle lewe brand
en verdroog tot klip op grafte.
Die aand kom lê koud op die land.

So, sin lê daarin dat jóú hand
Móét krap en breek aan ou grafte.
Winter het die gras geel gebrand
en aand kom lê koud op die land.
Vorige onderwerp: "Swart Villanelle" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "2.4" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:11:59 MGT 2024