Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Wintersklere vir oorsee
Re: Ek neem aan... [boodskap #52353 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Fri, 26 October 2001 06:49 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Het met een gepraat wat so 7 of wat jaar terug deur dit is. Hulle het in st
8 klasse geloop en in die begin van die st 9 jaar 'Voorgestel'.
Mens doen baie keer dinge soos wat al die ander dit doen, sonder om iets te
bevraagteken. Ek is nie bewus van 'n perk in ons kerk nie. Almal wat in st
9 is katkiseer saam. Hulle begin reeds in st 8 by die een predikant. Dit
maak die hoeveelheid leerwerk baie minder. Ek onthou ons het alles in een
maand gedoen, ons ore van ons koppe af geleer, elke aand klas gehad. Die
einde van die maand het jy alles uit jou kop geken.
Daar was 'n meisie wat geen 'Sondagskool' bygewoon het en toe wou katkiseer
saam met ons. Die dominee het haar vir ekstra klasse geneem, waarna sy by
ons kon aansluit.
skryf in boodskap news:3BD71063.C1E7AE5D@home.com...
Kekkelbek wrote:
> Ek kan
> egter nie onthou of daar in my tyd iets van 'n ouderdomsperk was nie, ek glo
> nie.
>
Onthou, ek het alleen gesê dat jy ten minste 16 moes wees
om "aangeneem" te word. Daarna was dit seker enige
ouderdom, solank jy eers "gekatkiseer" het. Ek sal baie
verbaas wees as die NG Kerk die minimum 16 jaar- reël
sou verslap het, want ek het menigmale NG Kerk mense
smalend hoor praat oor die gewoonte van die Katolieke
om kinders wat baie jonk is, hul "first communion" te laat
ondervind. Is daar nie 'n minimum-perk in jou kerk nie?
En hoekom vra jy nie 'n NG Kerk lid wat die toestand nou
is nie? Ek sou graag wou weet.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52370 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Fri, 26 October 2001 18:45 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kekkelbek wrote:
> Het met een gepraat wat so 7 of wat jaar terug deur dit is. Hulle het in st
> 8 klasse geloop en in die begin van die st 9 jaar 'Voorgestel'.
>
> Mens doen baie keer dinge soos wat al die ander dit doen, sonder om iets te
> bevraagteken. Ek is nie bewus van 'n perk in ons kerk nie. Almal wat in st
> 9 is katkiseer saam. Hulle begin reeds in st 8 by die een predikant. Dit
> maak die hoeveelheid leerwerk baie minder.
Wel, dit was algemene gewoonte by ons dat mense in Standerd 9 gekatkiseer het en
in Standerd 10 aangeneem en "voorgestel" word.
Maar daar was 'n baie spesifieke minimum ouderdom van 16 jaar.
Omdat ek eers in September van my Standerd 10 jaar sestien geword
het, was ek toe nie toegelaat om daardie jaar aangeneem te word nie,
en moes ek wag tot later. (Ek het nie kans gesien vir die katkisasie
saam met eerste-jaar-wees nie, en is toe eers in my tweede jaar
aangeneem, toe ek 17 was.) Ek is dus nog steeds geinteresseer in
of hulle hierdie reël verslap het.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52377 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Fri, 26 October 2001 21:18 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Danielle
Boodskappe: 157 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 26 Oct 2001 18:45:37 GMT, @home.com wrote:
> Wel, dit was algemene gewoonte by ons dat mense in Standerd 9 gekatkiseer het en
> in Standerd 10 aangeneem en "voorgestel" word.
> Maar daar was 'n baie spesifieke minimum ouderdom van 16 jaar.
> Omdat ek eers in September van my Standerd 10 jaar sestien geword
> het, was ek toe nie toegelaat om daardie jaar aangeneem te word nie,
> en moes ek wag tot later. (Ek het nie kans gesien vir die katkisasie
> saam met eerste-jaar-wees nie, en is toe eers in my tweede jaar
> aangeneem, toe ek 17 was.) Ek is dus nog steeds geinteresseer in
> of hulle hierdie reël verslap het.
Antwoord van 'n NG predikant:
Sovêr ek weet is dit nie verander nie. Ek het die idee dat as die
meeste van ons dominees kon kies ons eerder 'n LATER as 'n vroeër
ouderdom sou kies. In verreweg die meeste gevalle is die enigste rede
waarom by die huidge 16 gehou word dat dit "gerieflik" is dat die
belydenisaflegging tydens skooltyd gedoen word, omdat baie lidmate
daarna nie lank genoeg op een plek bly nie. Maar is dit ook nie
presies die rede waarom die meeste nie op daardie kritieke stadium die
belofte moet aflê om "aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te
neem nie" ?
Mens moet natuurlik net altyd onthou dat die aflegging van die
belydenis van geloof in die NGK NIE die sertifisering is dat jy 'n
Christen is nie (Jy moet 'n Christen wees om belydenis af te lê, maar
jy kan - en behoort eintlik - al 'n Christen wees lank daarvoor. Dit
is selfs nie eers 'n toelating as LIDMAAT van die kerk nie, want 'n
mens kan ook 'n dooplidmaat wees - m.a.w. iemand wat reeds gedoop is,
maar nog nie die belydenis afgelê het nie. Die idee met die belydenis
is dus dat 'n mens as VOLWASSENE die kans kry om te bevestig dat jy
dit glo wat by jou doop aan jou beloof is EN DAT JY 'N AKTIEWE LIDMAAT
VAN DIE KERK WIL WEES! Die ouderdom van 16 is gekies op 'n stadium
toe die meerderheid mense op 16 al op trou gestaan het! Ek wil nie sÃ
vandag se kinders is minder volwasse as toe nie, maar beslis minder
onafhanklik en minder geneig om hulle aan vaste "commitments" te
verbind. Daarom wat ek sê dat baie van ons eintlik 'n ouer ouderdom
sou verkies... nie om ons nasty is met die arme kindertjies nie, maar
juis omdat ons dink dat dit eintlik onregverdig is om op daardie
ouderdom sulke verreikende beloftes van 'n kind te vra.
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52383 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Fri, 26 October 2001 23:42 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Antwoord van 'n NG predikant:
>
> Sovêr ek weet is dit nie verander nie.
> . In verreweg die meeste gevalle is die enigste rede
> waarom by die huidge 16 gehou word dat dit "gerieflik" is dat die
> belydenisaflegging tydens skooltyd gedoen word, omdat baie lidmate
> daarna nie lank genoeg op een plek bly nie.
Dankie, Danielle.Nou Kekkel, onthou jy dat jy vir my aan die
begin van hierdie draad gevra het: "Van watter
bus val jy af?" Dink jy nie dis tyd dat jy bietjie
om verskoning vra vir hierdie frontaanval op
iemand wat eintlik geweet het waarvan sy praat
nie, hè?
Tant Hessie van Helsdingen-Calvyn
|
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52402 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Sat, 27 October 2001 12:03 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Arthur wrote:
> "Tobie" schreef...
>> ..... aanneming des persoons ...... ?
>
> Ek het nie baie verstand van protestanse gebruike nie.
Arthur, Tobie verwys na 'n uitdrukking in Afrikaans "sonder aanneming des
persoons"
(wat beteken dat mens almal oor dieselfde
kam skeer.) Dus nog 'n geval waar ons in
Afrikaans die woord "aanneming" gebruik,
alhoewel dit niks te doen het met die gebruike
van protestantse kerke nie.
Ek dink die uitdrukking is soms "sonder
aansiens des persoons." Ek neem aan julle
het ook so 'n uitdrukking in Nederlands, en
dis nogal interessant om te sien dat Afrikaans
in dié uitdrukking die ou grammatikale
struktuur uit Nederlands behou het.
Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52407 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Sat, 27 October 2001 13:50 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Arthur wrote:
> Die ou grammatikale struktuur uit Nederduits. In Nederlands is dit ook 'n
> grammatikale struktuur wat net gebruik word in ou uitdrukkings. Die derde
> naamval, soos wat in Duits ook teënwoordig nog gebruik word, het Nederlands
> ook baie lank geleë gelos.
>
Dis "baie lank gelede," Arthur.
"Geleë" word gebruik in die
volgende "dis ver geleë" of
"is dit 'n geleë tyd?"
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52486 is 'n antwoord op boodskap #52377] |
Mon, 29 October 2001 03:51 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
In die ou dae was daar altyd 'n klomp kinders wat eers moes gedoop geword
het voordat hulle aangeneem kon word. In die Karoo, synde die ver afstande
van niks, is dan op een naweek nagmaal, bazaar, doop en aanneming gehou.
Nou, soos julle weet, dooppakkies is 'n moderne ding - toentertyd is alle
kinders in dooprokke gedoop.
Oupa het juis vertel van die opgeskote seuns wat met wil rokke aan eers
gedoop is:)))
Annette
Danielle skryf in boodskap news:bkkjttsrp7jbfjm00olp7ka8vgsvt514t2@4ax.com...
> On Fri, 26 Oct 2001 18:45:37 GMT, @home.com wrote:
>
>> Wel, dit was algemene gewoonte by ons dat mense in Standerd 9 gekatkiseer het en
>> in Standerd 10 aangeneem en "voorgestel" word.
>> Maar daar was 'n baie spesifieke minimum ouderdom van 16 jaar.
>> Omdat ek eers in September van my Standerd 10 jaar sestien geword
>> het, was ek toe nie toegelaat om daardie jaar aangeneem te word nie,
>> en moes ek wag tot later. (Ek het nie kans gesien vir die katkisasie
>> saam met eerste-jaar-wees nie, en is toe eers in my tweede jaar
>> aangeneem, toe ek 17 was.) Ek is dus nog steeds geinteresseer in
>> of hulle hierdie reël verslap het.
>
> Antwoord van 'n NG predikant:
>
> Sovér ek weet is dit nie verander nie. Ek het die idee dat as die
> meeste van ons dominees kon kies ons eerder 'n LATER as 'n vroeër
> ouderdom sou kies. In verreweg die meeste gevalle is die enigste rede
> waarom by die huidge 16 gehou word dat dit "gerieflik" is dat die
> belydenisaflegging tydens skooltyd gedoen word, omdat baie lidmate
> daarna nie lank genoeg op een plek bly nie. Maar is dit ook nie
> presies die rede waarom die meeste nie op daardie kritieke stadium die
> belofte moet aflê om "aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te
> neem nie" ?
>
> Mens moet natuurlik net altyd onthou dat die aflegging van die
> belydenis van geloof in die NGK NIE die sertifisering is dat jy 'n
> Christen is nie (Jy moet 'n Christen wees om belydenis af te lê, maar
> jy kan - en behoort eintlik - al 'n Christen wees lank daarvoor. Dit
> is selfs nie eers 'n toelating as LIDMAAT van die kerk nie, want 'n
> mens kan ook 'n dooplidmaat wees - m.a.w. iemand wat reeds gedoop is,
> maar nog nie die belydenis afgelê het nie. Die idee met die belydenis
> is dus dat 'n mens as VOLWASSENE die kans kry om te bevestig dat jy
> dit glo wat by jou doop aan jou beloof is EN DAT JY 'N AKTIEWE LIDMAAT
> VAN DIE KERK WIL WEES! Die ouderdom van 16 is gekies op 'n stadium
> toe die meerderheid mense op 16 al op trou gestaan het! Ek wil nie sê
> vandag se kinders is minder volwasse as toe nie, maar beslis minder
> onafhanklik en minder geneig om hulle aan vaste "commitments" te
> verbind. Daarom wat ek sê dat baie van ons eintlik 'n ouer ouderdom
> sou verkies... nie om ons nasty is met die arme kindertjies nie, maar
> juis omdat ons dink dat dit eintlik onregverdig is om op daardie
> ouderdom sulke verreikende beloftes van 'n kind te vra.
>
|
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52529 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Mon, 29 October 2001 14:22 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kekkelbek wrote:
> Ek kan glo dat die preutse omies in jou tyd nog sou vaskleef aan die idee
> van jy moet 16 wees. Dis eintlik belaglik dat hulle jou nie maar kon
> oorsien nie.
> Danielle wrote:
>
>> Antwoord van 'n NG predikant:
>>
>> Sovêr ek weet is dit nie verander nie.
Kekkel, volgens die huidige NG Predikant wat Danielle
aanhaal, is dit nou nog 16. Moenie uit die argument
probeer uitwurm nie.
Tant Hessie van Helsdingen-Calvyn
|
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52576 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Tue, 30 October 2001 12:28 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kekkelbek wrote:
> Argument? Watter argument?
>
>> Danielle wrote:
>>
>>> Antwoord van 'n NG predikant:
>>>
>>> Sovêr ek weet is dit nie verander nie.
>
Of dit ek is wat van die bus afgeval het, of dit
jy is wat van die bus afgeval het.
Tant Hessie
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52579 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Tue, 30 October 2001 13:13 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Darem kon Danielle ons terug op die bus kry...;)
Shannon
skryf in boodskap news:3BDE9D77.BD166A3A@home.com...
Kekkelbek wrote:
> Argument? Watter argument?
>
>> Danielle wrote:
>>
>>> Antwoord van 'n NG predikant:
>>>
>>> Sovér ek weet is dit nie verander nie.
>
Of dit ek is wat van die bus afgeval het, of dit
jy is wat van die bus afgeval het.
Tant Hessie
|
|
|
Bladsye (3): [ 3] |
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:46:42 UTC 2025
|