Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Wintersklere vir oorsee
|
|
|
|
|
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52210 is 'n antwoord op boodskap #52067] |
Mon, 22 October 2001 20:26   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Tobie wrote:
> :Path: quagga.ru.ac.za (let op die universiteit waar die donkie
> is)
Wel, ek lag my 'n papie. Wanneer laas was jy in
Fort Beaufort, my donkie? Weet jy waar Healdtown
is? Het jy al die Hamekam-berge uitgeklim?
Tant Hessie van die agterste kwaggas.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52215 is 'n antwoord op boodskap #52067] |
Mon, 22 October 2001 23:23   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Piet Pompdonkie wrote:
>>> :Path: quagga.ru.ac.za (let op die universiteit waar die donkie is)
>
>> Wel, ek lag my 'n papie. Wanneer laas was jy in
>> Fort Beaufort, my donkie? Weet jy waar Healdtown
>> is? Het jy al die Hamekam-berge uitgeklim?
>>
>> Tant Hessie van die agterste kwaggas.
>
> Nee, ek ken nie dai plekke nie, antie.
> Maar hoekom vra jy dit, Rhodes is mos op Grahamstad
I rest my case.
Hessie Poirot
|
|
|
|
Re: Pompdonkies [boodskap #52219 is 'n antwoord op boodskap #52208] |
Tue, 23 October 2001 01:24   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Piet Pompdonkie wrote:
> Baie edel beroep wat ons pompdonkies het, Gloudina
> kan my maar kom traai...
Op die uiterste is jou naam Thys of Wouter, tydelikop besoek in
Grahamsstad, maar met 'n skokkende
onkunde oor die omtrek.
Hessie Poirot
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52234 is 'n antwoord op boodskap #52216] |
Tue, 23 October 2001 10:34   |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dankie, ek sal vir haar sê. Ons sal dat sy alles koop wat eetbaar is en nie
sal sleg word nie, vir ons bring! Hoop net nie sy bring 'n Duitser ook saam
nie. ;))
pop skryf in boodskap news:9r2bsc$2sr$1@slb1.atl.mindspring.net...
> Shannon, vra dat sy vir jou Ritter Sport bring, in die
> Mocha Sahne geur (sahne is room), dit is LEKKER!
>
> Pop
>
>
> Kekkelbek wrote in message
> news:3bd3c915.0@news1.mweb.co.za...
>> Dankie vir jul raad. Sy en haar pa wou met mag en mening die winkels
>> invlieg. Ek het self gevoel sy moet wag tot sy daar kom. Sy het 'n
>> splinter nuwe stel "sneakers" wat in die mode is en ook van die "slip-ons"
>> (sp?) (lelike goed) wat hulle nou so graag dra. Die "boots" kos hier 'n arm
>> en 'n been. Ek moet reeds addisioneel vir haar 'n treinkaartjie koop wat
>> amper 'n duisend rand kos, wat sy gebruik om tot by haar familie te reis.
>> Daarmee kan sy dan 50% afslag kry op enige ander treinkaartjies wat sy koop.
>>
>> Ons spot vanoggend met haar dat ons een minder het om voor kersgeskenke te
>> koop! Sy was nou nie juis beïndruk nie!
>>
>> Sy het ook 'n lekker waterdigte baadjie wat baie warm is. (en liggewig met
>> apologie aan Gloudina;) ) Sy is so lief vir die winkels en sal dit geniet om
>> saam met haar gasgesin se dogter te gaan "shop" vir klere.
>>
>> Bielefeld is redelik in die noorde van Duitsland, maar is baie hoog geleë.
>> Hoop maar vir haar part daar is sneeu. Sy sien baie uit na alles wat anders
>> gaan wees as wat ons hier het.
>>
>> Ek wil nou darem nie hê sy moet te veel klere neem en daar soveel klere koop
>> dat sy nie vir ons genoeg sjokolades en ander lekkertes kan terugbring nie!
>> ;))
>>
>> Kekkelbek wrote in message
>> news:3bd1a1f7.0@news1.mweb.co.za...
>>> Waar gaan ek iets te koop kry, name van winkels. Die dames van die
>>> nuusgroep sal seker weet. Met my meisiekind wat oorsee gaan, soek ons nou
>>> eers klere. Sy gaan Bielefeld toe, in Duitsland en dit word blykbaar lekker
>>> koud daar.
>>>
>>> dankie
>>>
>>> Shannon
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52263 is 'n antwoord op boodskap #52067] |
Tue, 23 October 2001 21:24   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Rico wrote:
> boud (bn.)
> 1 met zeer veel zelfvertrouwen => driest, onvervaard, stoutmoedig
>
> Dis uit die Van Dale, dus nie dialek nie, maar die Afrikaanse boude is nie
> dieselfde as die Nederlandse boude nie :-))
>
Ja, Rico praat van die Dietse woord "boud" wat
familie is van die Engelse "bold." Ek het dit altyd
so snaaks gevind om die naam van prins Boudewijn
van België te hoor, totdat ek uitvind wat daardie
"boud" beteken. In Afrikaans het ons geen teken
van daardie woord nie, dink ek. Ons praat van
"heldhaftig" of soiets, as ons "bold" wil sê. (Of
"voor op die wa" na gelang van wat ons eintlik
bedoel.)
Gloudina
|
|
|
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52264 is 'n antwoord op boodskap #52067] |
Tue, 23 October 2001 21:34   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> Frikkie op Rhodes - He he he ... nou't ek alles gehoor!
Ja, maar jy moet onthou hy het eenkeer gedreig om vir iemand wat van die
Rekenaars-departement
af dinge gesê het waarvan hy nie gehou het nie, te
gaan slaan. Miskien het hy toe uiteindelik, twee drie
jaar na die tyd, daar uitgekom. Ek het nog altyd
aangeneem hy is te papbroek om sy dreigement
uit te voer.
Tant Hessie Boksemdaais.
|
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52274 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Wed, 24 October 2001 11:29   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Wouter
> "Assumption" in die sin soos jy hom hier gebruik is "aanname"
> of "veronderstelling" in Afrikaans. "Aanneming" kan in verskeie
> kontektste gebruik word, dit beteken gewoonlik "adoption" of
> "acceptance" en sou dus hier nie 'n goeie keuse wees nie.
Ja, en die woord "aanneming" het ook nog die kultureel-gekleurde
betekenis van "toegelaat te word tot die NG Kerk
as jy sestien word. "
Gloudina
|
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52280 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Wed, 24 October 2001 13:52   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kekkelbek wrote:
> uit watter bus val jy? Vertel my meer, hier is iets waarvan ek nie bewus is
> nie.
>
>> Ja, en die woord "aanneming" het ook nog die kultureel-gekleurde
>> betekenis van "toegelaat te word tot die NG Kerk
>> as jy sestien word. "
Wel, Kekkel, ek weet nie of jy NG Kerk is nie, en ek weet
nie of die NG Kerk nou hulle reëls verander het nie. Maar
toe ek "aangeneem" moes word, moes ons wag tot ons
sestien was voordat ons "aangeneem" kon word. Omdat
ek eers in die laaste drie maande van my Standerd Tien
sestien was, kon ek nie aangeneem word terwyl ek nog
op skool was nie, en het verkies om nie in die eerste
jaar universiteit aangeneem te word nie, want dit het
nogal 'n hele tyd van katkisasie gekos voordat ons
"aangeneem" kon word. Dus is ek eers in my tweede
jaar "aangeneem" in die NG Kerk. Maar mens moes
eers sestien wees, voordat jy "aangeneem" kon word.
Nog 'n snaakse gewoonte: meisies het sokkies
gedra tot en met hulle "aanneming" en het daarna kouse
gedra. Ek moes hierdie "reël" volg terwyl ek nog tuis
op hoërskool was, maar het dit maar op universiteit
veronagsaam.
Gloudina
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52281 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Wed, 24 October 2001 14:26   |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3BD6C81E.60C82C88@home.com...
Kekkelbek wrote:
> uit watter bus val jy? Vertel my meer, hier is iets waarvan ek nie bewus is
> nie.
>
>> Ja, en die woord "aanneming" het ook nog die kultureel-gekleurde
>> betekenis van "toegelaat te word tot die NG Kerk
>> as jy sestien word. "
Gloudina:
Wel, Kekkel, ek weet nie of jy NG Kerk is nie, en ek weet
nie of die NG Kerk nou hulle reëls verander het nie. Maar
toe ek "aangeneem" moes word, moes ons wag tot ons
sestien was voordat ons "aangeneem" kon word. Omdat
ek eers in die laaste drie maande van my Standerd Tien
sestien was, kon ek nie aangeneem word terwyl ek nog
op skool was nie, en het verkies om nie in die eerste
jaar universiteit aangeneem te word nie, want dit het
nogal 'n hele tyd van katkisasie gekos voordat ons
"aangeneem" kon word. Dus is ek eers in my tweede
jaar "aangeneem" in die NG Kerk. Maar mens moes
eers sestien wees, voordat jy "aangeneem" kon word.
Shannon:
Ek is nie meer NG Kerk nie maar weet sake het BAIE verander vandat jy
daardeur is - jy moet onthou dit was net na neëntien voertsek ;)) Ek kan
egter nie onthou of daar in my tyd iets van 'n ouderdomsperk was nie, ek glo
nie.
Gloudina:
Nog 'n snaakse gewoonte: meisies het sokkies
gedra tot en met hulle "aanneming" en het daarna kouse
gedra.
Shannon:
Aan reëls het ek my nie veel gesteur nie en gedra waarin ek gemaklik gevoel
het. In die Gereformeerde Kerk is sake nou ook al baie anders. Die kinders
gaan al glad met denims (nuut) en ander langbroeke na die kerk
Ek weet nie of jy bewus is nie maar hoede is ook al vir eeue nie meer die
gebruik nie. Die kerke pas maar aan by die moderne eeu en verandering van
omstandighede. Dis juis dit wat jou laat wonder oor die baie rigiede reëls
van al die jare gelede en van hoeveel hulle nou al af gesien het. Sal dit
wat hulle nou so nougeset volg nie maar oor 10 jaar weer verval nie.
Gloudina:
Ek moes hierdie "reël" volg terwyl ek nog tuis
op hoërskool was, maar het dit maar op universiteit
veronagsaam.
Gloudina
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52282 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Wed, 24 October 2001 14:27   |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek aanvaar maar Kekkel is jou troetelnaam vir my en neem nie aanstoot nie ;)
skryf in boodskap news:3BD6C81E.60C82C88@home.com...
Kekkelbek wrote:
> uit watter bus val jy? Vertel my meer, hier is iets waarvan ek nie bewus is
> nie.
>
>> Ja, en die woord "aanneming" het ook nog die kultureel-gekleurde
>> betekenis van "toegelaat te word tot die NG Kerk
>> as jy sestien word. "
Wel, Kekkel, ek weet nie of jy NG Kerk is nie, en ek weet
nie of die NG Kerk nou hulle reëls verander het nie. Maar
toe ek "aangeneem" moes word, moes ons wag tot ons
sestien was voordat ons "aangeneem" kon word. Omdat
ek eers in die laaste drie maande van my Standerd Tien
sestien was, kon ek nie aangeneem word terwyl ek nog
op skool was nie, en het verkies om nie in die eerste
jaar universiteit aangeneem te word nie, want dit het
nogal 'n hele tyd van katkisasie gekos voordat ons
"aangeneem" kon word. Dus is ek eers in my tweede
jaar "aangeneem" in die NG Kerk. Maar mens moes
eers sestien wees, voordat jy "aangeneem" kon word.
Nog 'n snaakse gewoonte: meisies het sokkies
gedra tot en met hulle "aanneming" en het daarna kouse
gedra. Ek moes hierdie "reël" volg terwyl ek nog tuis
op hoërskool was, maar het dit maar op universiteit
veronagsaam.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Ek neem aan... [boodskap #52287 is 'n antwoord op boodskap #52273] |
Wed, 24 October 2001 19:01   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kekkelbek wrote:
> Ek kan
> egter nie onthou of daar in my tyd iets van 'n ouderdomsperk was nie, ek glo
> nie.
>
Onthou, ek het alleen gesê dat jy ten minste 16 moes wees
om "aangeneem" te word. Daarna was dit seker enige
ouderdom, solank jy eers "gekatkiseer" het. Ek sal baie
verbaas wees as die NG Kerk die minimum 16 jaar- reël
sou verslap het, want ek het menigmale NG Kerk mense
smalend hoor praat oor die gewoonte van die Katolieke
om kinders wat baie jonk is, hul "first communion" te laat
ondervind. Is daar nie 'n minimum-perk in jou kerk nie?
En hoekom vra jy nie 'n NG Kerk lid wat die toestand nou
is nie? Ek sou graag wou weet.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
DDonkies en DDinge [boodskap #52324 is 'n antwoord op boodskap #52229] |
Thu, 25 October 2001 19:45   |
Streepmuis
Boodskappe: 40 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Tue, 23 Oct 2001 10:05:53 +0200, "Tobie" wrote:
> ek weet jy gebruik dit Dani, maar jy gebruik nie saix nie, moet
> dit nou nie te moeilik maak nie, ek wil nou regtig nie in detail
> ingaan op die verskille nie, ek maak dit maar net maklik vir die
> persoon wat DD verdink as 'n donkie. die persoon wat dink DD is
> 'n donkie, verstaan nie al die terme nie, so ek probeer dit maar
> so min as moontlik 'ingewikkeld' laat lyk :-)
Oooooooooooooooooooooooo.....:-))))
Yep, die KISS metode is altyd die beste. :-)
Ek wou darem net nie hê dat mense my ALWEER moet verwar met iemand
anders nie - veral nie met DD nie. Arme DD - hy verdien beter! :-))
Danielle die pes, oba streepmuis
:-)
|
|
|
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52332 is 'n antwoord op boodskap #52067] |
Thu, 25 October 2001 21:12   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Swart Simon wrote:
>>> Rico wrote:
>
>>>> Na die keer dat Gloudina my 'n ou wit omie het genoem, kan zij wat mij
>>>> betreft de bout hachelen.
> Wat is fout met die Nederlanders hier? Ken hulle nie hulle eie taal nie of
> is hulle maar net preuts?
>
> In pittige Afrikaans sou 'n mens seker sê "hy kan gaan kak".
>
So Simon, Rico het vir my gesê ek moet gaan kak? So 'n ou wit omie!
Gloudina
|
|
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:50:00 UTC 2025
|